Die heilige waters.
1 DAARNA het hy my teruggebring na die ingang van die huis, en kyk, daar het waters uitgestroom onder die drumpel van die huis uit, na die ooste toe; want die voorkant van die huis was na die ooste toe; en die waters het weggevloei onder die regtersymuur van die huis uit, suid van die altaar.
2 En hy het my uitgebring deur die noordpoort en my buitekant om laat gaan na die buitenste poort wat na die ooste kyk; en kyk, die waters het gekabbel uit die regtersymuur uit.
3 Toe die man na die ooste uitgegaan het met 'n meetsnoer in sy hand, het hy duisend el gemeet; en hy het my deur die waters laat deurgaan — waters tot aan die enkels.
4 Toe het hy nog duisend gemeet en my deur die waters laat deurgaan — waters tot aan die knieë; en hy het nog duisend gemeet en my laat deurgaan — waters tot aan die heupe.
5 Verder het hy nog duisend gemeet — 'n stroom wat ek nie kon deurgaan nie! Want die waters het opgerys — waters om in te swem, 'n stroom waar 'n mens nie deur kan loop nie.
6 En hy het vir my gesê: Het jy dit gesien, mensekind? Toe het hy my weer terug laat loop aan die kant van die stroom.
7 Terwyl ek teruggaan, kyk, toe het ek aan die kant van die stroom 'n menigte bome gesien, aan altwee kante.
8 En hy het vir my gesê: Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die Vlakte af en gaan na die see; in die see word dit uitgelei, sodat die waters daarvan gesond kan word.
9 En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe; en daar sal 'n menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen gekom het; en dié waters sal gesond word, en alles sal lewe waar die stroom kom.
10 Ook sal vissers daaraan staan, van Éngedi af tot by En-Eglaim: 'n droogmaakplek vir die nette sal dit wees; na hulle soorte sal daar visse in wees soos die visse van die Groot See, 'n menigte.
11 Die moerasse en kuile daarvan — húlle sal nie gesond word nie: vir sout is hulle bestem.
12 En by die stroom sal aan altwee kante allerhande bome groei om van te eet, waarvan die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak nie; elke maand sal hulle nuwe vrugte dra; want die waters waar hulle aan staan — uit die heiligdom stroom hulle; en hulle vrugte sal wees om te eet en hulle blare om te genees.
Die grense van die land.
13 SO sê die Here Here: Dit moet die grondgebied wees waarin julle die land as erfdeel sal verwerf volgens die twaalf stamme van Israel — vir Josef twee dele.
14 En julle moet dit erwe, die een soos die ander, omdat Ek my hand opgehef het om dit aan julle vaders te gee; en hierdie land moet julle as erfenis toeval.
15 En dit moet die grens van die land wees: aan die noordekant van die Groot See af, langs die weg van Hetlon, tot by die ingang na Sedad toe:
16 Hamat, Berota, Sibraim, wat tussen die gebied van Damaskus en die gebied van Hamat lê, die middelste Haser, wat op die grens van Hauran is.
17 So moet dan die grens van die See af wees tot by Hasar-Enon, die gebied van Damaskus, en wat die noorde betref noordwaarts, is Hamat die grens; dit is die noordekant.
18 En aan die oostekant: tussen Hauran en Damaskus en Gílead en die land van Israel uit — die Jordaan; van dié grens af tot by die Oostelike See moet julle dit meet; dit is die oostekant.
19 En aan die suidekant na die suide toe van Tamar af tot by die twiswaters van Kades, dan na die spruit van Egipte tot by die Groot See; dit is die suidekant na die suide toe.
20 En aan die westekant die Groot See, van die grens af tot reg teenoor die plek waar die ingang na Hamat is; dit is die westekant.
21 En julle moet hierdie land aan julle uitdeel volgens die stamme van Israel.
22 En julle moet dit as erfenis laat toeval aan julle en aan die vreemdelinge wat onder julle vertoef, wat kinders onder julle verwek het; en hulle sal vir julle wees soos 'n kind van die land onder die kinders van Israel; saam met julle moet hulle 'n erfdeel ontvang onder die stamme van Israel.
23 En in die stam waar die vreemdeling by vertoef, daar moet julle hom sy erfdeel gee, spreek die Here Here.
A torrente das águas purificadoras
1 Ele me fez voltar para a Ez 41.2,23-25porta da casa, e eis que saíam Sl 46.4;Is 30.25;55.1;Jr 2.13;Jl 3.18;Zc 13.1;14.8;Ap 22.1,17águas de Ez 47.12debaixo do limiar da casa para o oriente (pois a face da casa olha para o oriente), e as águas desciam de debaixo, do lado direito da casa, ao sul do altar. 2 Então, me levou para fora, pelo caminho da Ez 44.4porta para a banda do norte, e fez-me dar uma volta pelo caminho de fora até a porta exterior, pelo caminho da Ez 44.1-2porta que olha para o oriente, e eis que saíam águas ao lado direito. 3 Saindo para o oriente Ez 40.3o homem que tinha na sua mão o cordel, mediu mil cúbitos e fez-me passar pelas águas, águas que me davam pelos artelhos. 4 De novo, mediu mil cúbitos e fez-me passar pelas águas que me davam pelos joelhos. Outra vez mediu mil cúbitos, e fez-me passar pelas águas, águas que me davam pelos lombos. 5 Depois, mediu mil cúbitos, e era já um rio que eu não pude passar. Pois as águas tinham crescido, águas para nelas nadar, um Is 11.9;Hc 2.14rio que não se podia passar.
6 Disse-me: Ez 2.1Filho do homem, Ez 8.6;40.4;44.5viste isso? Então, me levou e me fez voltar à ribanceira do rio. 7 Tendo eu voltado, eis que havia na ribanceira do rio muitíssimas Ez 47.12;Is 60.13,21;61.3árvores duma e da outra banda. 8 Então, me disse: Estas águas saem para a região oriental, e, descendo, entrarão na Dt 3.17;Is 35.6-7;41.17-19;44.3Arabá, e irão em direção do mar; Js 3.16no mar, entrarão as águas que se fizeram sair, e as águas ficarão saudáveis. 9 Todo, o ser vivente que vive em enxames viverá por toda a parte aonde chegarem os rios, e haverá mui grande multidão de peixes; porque lá são vindas estas águas, e as águas do mar ficarão saudáveis, e Is 12.3;55.1;Jo 4.14;7.37-38;Ap 21.7tudo viverá aonde chegar o rio. 10 Achar-se-ão junto a ele Mt 4.19;13.47;Lc 5.10pescadores; Gn 14.7;Js 15.62;1Sm 23.29;24.1;2Cr 20.2desde En-Gedi até En-Eglaim, haverá um lugar para Ez 26.5,14se estenderem redes; o seu peixe será segundo as suas espécies, como o peixe do Ez 47.15;Ez 48.28;Nm 34.6;Sl 104.25grande mar, Lc 5.5-9;Jo 21.6em multidão excessiva. 11 Porém os seus charcos e os seus pântanos não serão feitos saudáveis; serão destinados para Dt 29.23o sal. 12 Ez 47.7;Ap 22.2Junto ao rio, sobre a sua ribanceira, duma e da outra banda, nascerá Gn 2.9toda árvore que dá fruto para se comer, cuja Sl 1.3;Jr 17.8folha não murchará, nem faltará o seu fruto. Produzirá novos frutos todos os meses, porque as suas águas saem do santuário; o seu fruto servirá de comida, e a sua Ap 22.2folha, de remédio.
As fronteiras da terra de Israel
13 Assim diz o Senhor Jeová: Este será Nm 34.2-12o termo, pelo qual repartireis a terra em herança, segundo as doze tribos de Israel. José terá Ez 48.4-5;Gn 48.5;49.26porções. 14 Vós a herdareis, tanto um como o outro, terra sobre a qual Ez 20.6;Dt 1.8levantei a minha mão, para a dar a vossos pais. Esta terra vos cairá a vós em herança.
15 Este será o termo da terra: Nm 34.7-9da banda do norte, desde Ez 47.10,19o grande mar pelo caminho de Ez 48.1Hetlom, até a entrada de Nm 34.8Zedade, 16 Ez 47.17,20;Ez 48.1;Nm 13.21;Is 10.9;Zc 9.2Hamate, Berota, Sibraim, que está entre o termo de Ez 47.17-18;Ez 48.1;Gn 14.15Damasco e o termo de Hamate; Hazer-Haticom, que está junto ao termo de Ez 47.18Haurã. 17 Da banda do mar o termo será Ez 48.1Hazar-Enom, junto ao termo de Ez 47.16Damasco, e do lado do norte para o norte, acha-se o termo de Hamate. Este é o lado do norte. 18 Nm 34.10-12O lado do oriente, entre Ez 47.16Haurã, e Ez 47.16Damasco, e Gn 37.25;Jr 50.19Gileade, e a terra de Israel, será o Gn 13.10-11Jordão. Desde o termo do norte até o mar oriental, medireis. Este é o lado do oriente. 19 O Nm 34.3-5lado do sul para o meio-dia será desde Ez 48.28Tamar até as águas de Dt 32.51Meribá-Cades, até Nm 34.5;1Rs 8.65;Is 27.12a torrente do Egito, até Ez 47.10,15o grande mar. Este é o lado do sul para o meio-dia. 20 O Nm 34.6lado do ocidente será Ez 47.10,15o grande mar desde o termo do sul até defronte da Ez 48.1;Jz 3.3;2Cr 7.8;Am 6.14entrada de Ez 47.16Hamate. Este é o lado do ocidente.
21 Assim, repartireis esta terra entre vós, segundo as tribos de Israel. 22 Reparti-la-eis em herança Nm 26.55-56por sortes entre vós e entre os Is 14.1;56.6-7estrangeiros que peregrinam no meio de vós, os quais gerarão filhos no meio de vós; e vós os tereis como os naturais entre os filhos de Israel; convosco entrarão em herança no meio das tribos de Israel. 23 Em qualquer tribo em que peregrinar o estrangeiro, vós lhe dareis ali a sua herança, diz o Senhor Jeová.