Die swaard van die Here.
1 EN die woord van die Here het tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, rig jou aangesig teen Jerusalem en laat jou rede druppel teen die heiligdomme en profeteer teen die land van Israel;
3 en sê aan die land van Israel: So spreek die Here: Kyk, Ek het dit teen jou, en Ek sal my swaard uit sy skede trek en uit jou uitroei die regverdige en die goddelose.
4 Omdat Ek uit jou uitroei die regverdige en die goddelose, daarom sal my swaard uit sy skede uitgaan teen alle vlees, van die suide tot die noorde.
5 En alle vlees sal weet dat Ek, die Here, my swaard uit sy skede getrek het; dit sal nie meer daarin terugkeer nie.
6 Maar jy, o mensekind, sug; sug voor hulle oë met verbreking van lendene en bitterheid.
7 En as hulle vir jou sê: Waarom sug jy? dan moet jy antwoord: Oor die tyding, want dit kom; en elke hart sal versmelt, en al die hande sal slap word en elke gees sal verstomp en al die knieë sal wegvloei soos water. Kyk, dit kom, en dit sal gebeur, spreek die Here Here.
8 En die woord van die Here het tot my gekom en gesê:
9 Mensekind, profeteer en sê: So spreek die Here. Sê: 'n Swaard, 'n swaard is skerpgemaak en ook geskuur;
10 om 'n slagting aan te rig, is dit skerpgemaak, om soos weerlig te wees, is dit geskuur. (Of moet ons bly wees deur te sê: Die septer van my seun verag elke hout?)
11 En Hy het dit gegee om te skuur, dat hulle dit in die hand kan vat; dit is skerpgemaak, die swaard, en dit is geskuur om dit in die hand te gee van hom wat doodslaan.
12 Skreeu en huil, mensekind; want dit gaan teen my volk, dit gaan teen al die vorste van Israel: aan die swaard is hulle oorgelewer saam met my volk; daarom, slaan op die heup.
13 Want die proef is gemaak — en hoe dan as ook die septer wat verag, daar nie meer sal wees nie? spreek die Here Here.
14 En jy, mensekind, profeteer en slaan hand teen hand, sodat die swaard verdubbel word, tot drievoudig toe, 'n moordende swaard is dit, 'n moorddadige swaard, die grote, wat hulle omsweef.
15 Ek het die slagbank van die swaard opgestel teen al hulle poorte, dat die hart kan smelt en die struikelblokke baie kan wees. Ag, dit is gemaak tot 'n weerligstraal, dit is glad gemaak om te slag.
16 Bly aanmekaar, o swaard! Gaan regs, maak 'n aanval, gaan links, waarheen jou snykant ook al gerig is.
17 So sal Ek dan ook my hand teen my hand slaan en my grimmigheid tot rus bring; Ek, die Here, het dit gespreek.
18 Verder het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
19 En jy, mensekind, maak vir jou twee paaie waarlangs die swaard van die koning van Babel kan kom; uit een land moet altwee uitgaan; en sny 'n wegwyser uit; sny dit uit by die begin van die pad na 'n stad;
20 jy moet 'n pad maak, dat die swaard kan kom na Rabba, van die kinders van Ammon, en na Juda, in die versterkte stad Jerusalem.
21 Want die koning van Babel gaan staan waar die paaie uitmekaarloop, by die begin van die twee paaie, om van waarsêery gebruik te maak: hy skud die pyle, raadpleeg die huisgode, bekyk die lewer.
22 In sy regterhand is die lot: Jerusalem, om stormramme op te stel, om die mond met geskreeu oop te maak, om die stem te verhef met krygsgeroep, om stormramme op te stel teen die poorte, om 'n wal op te werp, om forte te bou.
23 Maar dit is vir hulle soos 'n bedrieglike waarsêery in hul oë (die plegtigste eedsweringe tog is hulle s’n!); maar hy bring die ongeregtigheid in herinnering, dat hulle gegryp kan word.
24 Daarom, so sê die Here Here: Omdat julle jul ongeregtigheid in herinnering bring deurdat julle oortredinge openbaar word, sodat julle sondes in al jul handelinge gesien word — omdat julle in herinnering gebring is, sal julle met die hand gegryp word.
25 En jy, onheilige, goddelose, vors van Israel, wie se dag gekom het in die tyd van die uiteindelike afrekening —
26 so sê die Here Here: Die tulband moet weg, en die kroon moet af! Dit bly nie so nie: Na bo met wat nederig is! Na onder met wat hoog is!
27 Puinhoop, puinhoop, puinhoop sal Ek dit maak. Ook dit sal nie bly nie — totdat Hy kom wat daarop reg het, en aan Hom sal Ek dit gee.
28 En jy, mensekind, profeteer en sê: So spreek die Here Here aangaande die kinders van Ammon en hulle smaadrede; en jy moet sê: 'n Swaard, 'n swaard is getrek om te slag; dit is geskuur tot die uiterste toe om soos 'n weerligstraal te wees —
29 onderwyl hulle vir jou, o swaard, 'n bedrieglike gesig sien, onderwyl hulle vir jou leuens voorspel — dat jy gesit sou word op die nekke van goddelose wat onheilig is, wie se dag gekom het in die tyd van uiteindelike afrekening!
30 Steek dit weer in die skede. In die plek waar jy geskape is, in die land van jou oorsprong, sal Ek jou oordeel.
31 En Ek sal oor jou my toorn uitgiet; Ek sal op jou blaas met die vuur van my grimmigheid en jou oorgee in die hand van barbare, mense wat verderf smee.
32 Voedsel sal jy wees vir die vuur; jou bloed sal binne-in die land wees; aan jou sal nie meer gedink word nie; want Ek, die Here, het dit gespreek.
A espada afiada do Senhor
1 Veio a mim a palavra de Jeová, dizendo: 2 Filho do homem, Ez 20.46;25.2;28.21olha para Jerusalém, Ez 20.46;Jó 29.22e deixa cair a tua palavra para os santuários, e profetiza contra a Ez 4.7;Jr 26.11-12terra de Israel. 3 Dize à terra de Israel: Assim diz Jeová: Eis Ez 5.8;Jr 21.13;Na 2.13;3.5que sou contra ti, e tirarei a minha Ez 21.9-11,19;Jr 47.6-7espada da sua bainha, e exterminarei do meio de ti Is 57.1o justo e Ez 3.18-19o ímpio. 4 Visto, pois, que exterminarei do meio de ti o justo e o ímpio, por isso a minha espada sairá da sua bainha contra Ez 7.2;20.47;Jr 12.12toda carne, desde o Sul até o Norte; 5 e saberá Ez 20.48;Nm 14.21-23toda a carne que eu, Jeová, tirei da bainha a minha espada; para lá Ez 21.30;1Sm 3.12;Jr 23.20;Na 1.9não se tornará mais. 6 Ez 21.12;Ez 9.4;Is 22.4;Jr 30.6Suspira, pois, filho do homem; aos olhos deles, com quebrantamento dos lombos e com amargura, darás suspiros. 7 Quando te disserem: Por que suspiras tu? Dirás: Por causa das Ez 7.26novas, porque elas vêm. Is 13.7;Na 2.10Todos os corações se derreterão, todas as Ez 7.17;22.14;Jr 50.43mãos se enfraquecerão, e todos os joelhos ficarão fracos como água; eis que elas vêm e se cumprirão, diz o Senhor Jeová.
8 Veio a mim a palavra de Jeová, dizendo: 9 Filho do homem, profetiza e dize: Assim diz o Senhor: Ez 21.19,28;Ez 5.1,12A espada, a espada, está afiada e polida; 10 está afiada para fazer uma Is 34.5-6matança; está polida para ser Ez 21.15como relâmpago. Havemos, pois, de nos alegrar? A vara de meu filho Ez 20.47;Sl 110.5-6despreza todas as árvores. 11 Ela se dá a polir, para que seja manejada; esta espada está afiada, está polida, para se meter na Ez 21.15,19mão de quem vai fazer a matança. 12 Ez 21.6;Jl 1.13Grita e uiva, filho do homem, pois ela está sobre o meu povo, está sobre todos os Ez 21.25;Ez 22.6príncipes de Israel. Estes, juntamente com o meu povo, estão entregues à espada; portanto, Ez 21.14;Ez 6.11;Jr 31.19dá pancadas na tua coxa. 13 Pois há uma prova; e que será, se não mais subsistir Ez 21.10a vara que despreza tudo? — diz o Senhor Jeová. 14 Tu, pois, filho do homem, profetiza Ez 21.17;Ez 6.11;22.13;Nm 24.10e bate com as mãos uma na outra; Lv 26.21,24;2Rs 24.1,10-16;25.1e dobre-se a espada três vezes, a espada Ez 21.25;Ez 30.24dos mortalmente feridos. É a espada do grande que está mortalmente ferido, a que os rodeia. 15 Pus a ponta da espada contra todas Ez 21.19;Jr 17.27as suas portas, para que se lhes Ez 21.7;Js 2.11;2Sm 17.10;Sl 22.14derreta o coração e se lhes multiplique Is 59.10;Jr 13.16;18.15o tropeçar. Ah! Ela está feita Ez 21.10como relâmpago, está aguçada para matar. 16 Une as tuas forças, ó espada, vai-te para a direita; prepara-te, e vai-te para a esquerda, para onde quer que o teu rosto se dirigir. 17 Também eu Ez 21.14;Ez 22.13baterei as mãos uma na outra, Ez 5.13e satisfarei o meu furor. Eu, Jeová, o disse.
18 De novo, veio a mim a palavra de Jeová, dizendo: 19 Também tu, filho do homem, Ez 4.1-3;Jr 1.10traça dois caminhos por onde venha Ez 21.15a espada do rei de Babilônia. De uma só terra sairão ambos; marca um lugar; marca-o no princípio do caminho da cidade. 20 Faze um caminho por onde virá a espada a Ez 25.5;Dt 3.11;Jr 49.2;Am 1.14Rabá dos filhos de Amom, e a Judá, e a Jerusalém, Sl 48.12-13;125.1-2a fortificada. 21 Pois o rei de Babilônia para na encruzilhada, no princípio dos dois caminhos, para usar de Nm 22.7;23.23adivinhações; Pv 16.33;21.1sacode as setas, consulta Gn 31.19,30;Jz 17.5os terafins, examina os rins. 22 Na sua mão direita, achava-se a adivinhação sobre Jerusalém, Ez 4.2para dispor os aríetes, para abrir a boca com ordens de matar, para levantar a voz com alarido, Ez 26.9para pôr os aríetes contra as portas, para levantar terraplenos, para edificar fortes. 23 E será isso como adivinhação vã aos olhos daqueles Ez 17.16,18que lhes fizeram juramentos, porém Ez 21.24;Ez 29.16;Nm 5.15ele se lembrará da iniquidade, para que sejam apanhados.
24 Portanto, assim diz o Senhor Jeová: Porque fizestes que seja lembrada a vossa iniquidade, sendo descobertas as vossas transgressões, de maneira que em todos os vossos feitos aparecem os vossos pecados; porquanto sois lembrados, Ez 17.20sereis apanhados com a mão. 25 Ó tu, Ez 21.14,29ímpio mortalmente ferido, príncipe de Israel, cujo Ez 7.2-3,7;Sl 37.13dia é chegado, Ez 35.5no tempo em que termina a iniquidade; 26 assim diz o Senhor Jeová: Remove o diadema e tira a Ez 16.12;Jr 13.18coroa; o que é não mais será o mesmo; Ez 17.24;Sl 75.7exalte-se o que está abatido, e abata-se o que está exaltado. 27 Eu o Ag 2.21-22transtornarei, transtornarei, transtornarei; também o que é Ez 21.26não continuará, até que venha aquele Ez 34.24;37.24;Sl 2.6;72.7,10;Jr 23.5-6a quem pertence o direito; e lho darei a ele.
28 Tu, filho do homem, profetiza e dize: Assim diz o Senhor Jeová acerca dos filhos de Ez 21.20;Ez 25.2-3;Jr 49.1-5;Am 1.13-15Amom e acerca Ez 36.15;Sf 2.8-10do opróbrio deles; dize: Ez 21.9-10A espada, a espada está desembainhada, para a matança está polida, a fim de que Is 31.8;Jr 12.12;46.10,14devore, que seja como relâmpago; 29 no tempo em que para ti veem Ez 13.6-9;22.28;Jr 27.9vaidade e adivinham mentiras, para te porem sobre os pescoços dos ímpios que estão Ez 21.25mortalmente feridos, cujo dia é chegado, Ez 21.25;Ez 35.5no tempo em que termina a iniquidade. 30 Jr 47.6-7Torna-a para a bainha. Ez 25.5No lugar em que foste criado, na terra da tua natividade, eu te julgarei. 31 Ez 14.19;25.7;Na 1.6Derramarei sobre ti a minha indignação, Ez 22.20-21;Sl 18.15;Is 30.33;Ag 1.9assoprarei sobre ti com o fogo do meu furor e te entregarei nas mãos de homens brutais, Jr 4.7;6.22-23;51.20-21;Hc 1.6-10destros para destruírem. 32 Servirás Ez 20.47-48;Ml 4.1de pasto ao fogo; o teu sangue será no meio da terra; Ez 25.10não serás mais lembrado. Pois eu, Jeová, o disse.