Die Heilige en die Allerheiligste.
1 VERDER het hy my in die hoofvertrek gebring; en hy het die deurposte gemeet: ses el die breedte aan die een en ses el die breedte aan die ander kant, die breedte van die tent.
2 En die breedte van die ingang: tien el, en die symure van die ingang: vyf el aan weerskante; ook het hy die lengte daarvan gemeet: veertig el, en die breedte: twintig el.
3 Daarop het hy ingegaan na die binneste, en hy het die deurpos van die ingang gemeet: twee el, en die ingang: ses el, en die breedte by die ingang: sewe el.
4 Ook het hy die lengte daarvan gemeet: twintig el, en die breedte: twintig el na die kant van die hoofvertrek. En hy het vir my gesê: Dit is die Allerheiligste.
5 En hy het die muur van die huis gemeet: ses el, en die breedte van die aanbousel: vier el, aan alle kante rondom die huis.
6 En die sykamers het in drie verdiepinge bo mekaar gelê, in rye van dertig; en daar was in die muur van die huis rondom inspringinge vir die sykamers, om daarop te dra; maar hulle het nie gedra op die muur van die huis nie;
7 en die omgewende sykamers het op elke verdieping breër geword; die ombou van die huis het steeds hoër opgerys rondom die huis; so het die huis 'n verbreding na boontoe gekry; en so is uit die onderste na die boonste opgegaan deur die middelste.
8 En ek het gesien aan die huis rondom 'n verhoging as onderbou van die sykamers; dit was 'n volle roede hoog: ses el, tot aan die verbinding.
9 Die breedte van die muur wat die sykamers buitentoe gehad het, was vyf el, en so ook wat oopgelaat is, die ruimte vir die sykamers wat by die huis behoort het.
10 En tussen die kamers was 'n breedte van twintig el, aan alle kante rondom die huis.
11 En die deuropening van die sykamers was na die plek toe wat oopgelaat is: een deur na die noorde en een deur na die suide; en die breedte van die plek wat oopgelaat is: vyf el al rondom.
12 En die bouwerk wat teenoor die afgeslote ruimte na die westekant toe lê, was sewentig el breed, en die muur van die bouwerk vyf el breed al rondom, en die lengte daarvan negentig el.
13 Verder het hy die huis gemeet: die lengte honderd el; ook die afgeslote ruimte en die gebou en die mure daarvan: die lengte honderd el.
14 En die breedte van die voorkant van die huis en van die afgeslote ruimte na die ooste toe: honderd el.
15 So het hy dan gemeet die lengte van die gebou teenoor die afgeslote ruimte, wat aan die agterkant daarvan lê, en die galerye daarvan aan weerskante: honderd el, en die binneste van die tempel en die voorportale van die voorhof;
16 die drumpels en die vensters van latwerk en die galerye rondom al drie — teenoor die drumpel was geskaafde hout al rondom — en die grond tot by die vensters (die vensters was bedek),
17 die plek bokant die deur tot in die binneste huis sowel as buitekant, en op die hele muur al rondom, binnekant en buitekant — oral was daar vaste mate.
18 En aangebring is gérubs en palmbome, en daar was 'n palmboom tussen gérub en gérub; en elke gérub het twee aangesigte gehad:
19 die aangesig van 'n mens na die palmboom toe aan die een, en die aangesig van 'n jong leeu na die palmboom toe aan die ander kant; in die hele huis al rondom is dit aangebring;
20 van die grond af tot bokant die deur is die gérubs en die palmbome aangebring, en wel aan die muur van die hoofvertrek.
21 Die deurposte van die hoofvertrek was vierkantig; en die voorkant van die heiligdom het dieselfde voorkoms gehad.
22 Die altaar was van hout, drie el hoog, en sy lengte twee el, en dit het sy hoekstukke gehad; en sy voetstuk en sy sykante was van hout. En hy het vir my gesê: Dit is die tafel wat voor die aangesig van die Here is.
23 En die hoofvertrek en die heiligdom het elkeen twee deure gehad.
24 En die deure het twee vleuels gehad, twee vleuels wat kon draai; twee vir die een deur en twee vleuels vir die ander een.
25 En daarop, op die deure van die hoofvertrek, is gérubs en palmbome aangebring soos daar op die mure aangebring is; en daar was 'n afdak van hout vooraan die voorportaal buitekant.
26 En daar was vensters van latwerk en palmbome aan weerskante aan die symure van die voorportaal; en aan die sykamers van die huis en die afdakke.
A restauração do templo: o santuário
1 Ez 40.2-3,17Levou-me ao Ez 41.21,23;Ez 42.8templo e mediu as Ez 41.3;Ez 40.9ombreiras: seis cúbitos de largura duma parte e seis cúbitos de largura da outra, que era a largura do tabernáculo. 2 A largura da entrada era de dez cúbitos; e os lados da entrada: cinco cúbitos duma parte e cinco cúbitos da outra. Ele mediu o seu comprimento: era de 1Rs 6.2,17;2Cr 3.3quarenta cúbitos, e a sua largura: de vinte cúbitos. 3 Então, entrou Ez 40.16para dentro e mediu cada Ez 41.1ombreira da entrada: dois cúbitos; e a entrada: seis cúbitos; e a largura da entrada: sete cúbitos. 4 Mediu o seu comprimento: vinte cúbitos; e a largura: 1Rs 6.20vinte cúbitos, diante do 1Rs 6.5templo; e disse-me: Este Êx 26.33-34;Hb 9.3-8é o Santo dos Santos.
5 Então, mediu a parede da casa: seis cúbitos; e a largura de cada Ez 41.6-11;1Rs 6.5câmara lateral: quatro cúbitos, ao redor da casa de todos os lados. 6 As câmaras eram de três andares, câmara sobre câmara, e trinta em cada andar; 1Rs 6.6,10e, na parede que pertencia à casa, entravam para as câmaras laterais ao redor, a fim de pegarem nela e não pegarem na parede da casa. 7 As câmaras laterais eram mais largas à proporção que iam rodeando a casa mais e mais para cima (1Rs 6.8o rodear da casa ia subindo mais e mais alto ao redor da casa); por isso, a largura da casa se aumentava para cima; e assim, da câmara mais baixa, se subia pela da média até a câmara mais alta. 8 Vi também que a casa tinha ao redor um pavimento levantado; as câmaras laterais tinham fundamentos da medida duma cana inteira, de Ez 40.5seis cúbitos até a juntura. 9 A grossura da parede, que era para as câmaras laterais, do lado de fora, era de cinco cúbitos; e Ez 41.11o que sobrava era o lugar das câmaras laterais, que pertenciam à casa. 10 Entre as Ez 40.17câmaras, havia a largura de vinte cúbitos ao redor da casa, por todos os lados. 11 As portas das câmaras laterais olham para o lugar Ez 41.9que sobrava: uma porta para o norte e outra porta para o sul; e a largura do lugar que sobrava era de cinco cúbitos ao redor.
12 O Ez 41.13,15;Ez 42.1edifício que estava em frente do Ez 41.13-15;Ez 42.1,10,13lugar separado ao lado que olha para o ocidente tinha setenta cúbitos de largura; e a parede do edifício tinha cinco cúbitos de grossura ao redor, e o seu comprimento era de noventa cúbitos. 13 Assim, mediu a casa: cem cúbitos de comprido; o lugar separado, e o edifício, e as suas paredes: Ez 40.47cem cúbitos de comprido; 14 também a largura da dianteira da casa e do lugar separado que olha para o oriente: cem cúbitos.
15 Mediu o comprimento do edifício, em frente do lugar separado que estava por detrás dele, e as suas Ez 41.16;Ez 42.3,5galerias duma e da outra parte: cem cúbitos; e o templo, interior, e os vestíbulos do átrio. 16 Ez 41.25;Ez 10.18;40.6;Is 6.4Os limiares, e as Ez 41.26;Ez 40.16,25;1Rs 6.4janelas fechadas, e Ez 41.15as galerias ao redor nos Ez 42.3três andares, defronte do limiar 1Rs 6.15forrado de madeira ao redor, e desde o chão até as janelas (Ora, as janelas estavam cobertas); 17 até o espaço por cima da porta, sim, até a casa interior, e pelo lado de fora, e por toda a parede de dentro e de fora, tudo por medida. 18 Fizeram-se Ez 41.20,25;1Rs 6.29,32,35;7.36querubins e Ez 40.16;2Cr 3.5palmeiras (entre querubim e querubim havia uma palmeira), e cada querubim tinha dois rostos, 19 de sorte que o rosto de homem olhava para a palmeira duma parte, e o rosto de Ez 1.10;10.14leão novo, para a palmeira da outra; assim se fez pela casa toda ao redor. 20 Desde o chão até por cima da porta, estavam feitos Ez 41.18querubins e palmeiras; assim era a parede do templo.
21 Quanto ao Ez 41.1templo, as Ez 41.1;Ez 40.9,14,16;1Rs 6.33ombreiras das portas eram quadradas; e, quanto à dianteira do santuário, a sua aparência era como a aparência do templo. 22 De madeira era Êx 30.1-3;1Rs 6.20;Ap 8.3o altar, de três cúbitos de altura, e o seu comprimento, de dois cúbitos; e os seus cantos, e o seu comprimento, e as suas paredes eram de madeira; e disse-me: Esta é a Ez 23.41;44.16;Êx 25.23,30;Lv 24.6;Ml 1.7,12mesa que está diante de Jeová. 23 O Ez 41.1templo e o Ez 41.4santuário tinham duas 1Rs 6.31-35portas. 24 As portas tinham cada uma dois batentes, dois 1Rs 6.34batentes que viravam; dois batentes para uma porta e dois batentes para a outra. 25 Nelas, a saber, nas portas do templo, foram feitos Ez 41.18querubins e palmeiras, como se fizeram nas paredes; e havia Ez 41.16grossas traves de madeira na dianteira do vestíbulo pelo lado de fora. 26 Havia Ez 41.16janelas fechadas e Ez 40.16palmeiras duma e da outra parte pelos lados do Ez 40.9,48vestíbulo; assim eram as Ez 41.5câmaras laterais da casa e as grossas traves.