Israel word herstel.
1 DIE hand van die Here was op my, en Hy het my uitgebring deur die Gees van die Here en my neergesit in die laagte; en dit was vol bene.
2 En Hy het my by hulle laat verbygaan na alle kante toe; en kyk, daar het 'n groot menigte oor die laagte gelê, en kyk, hulle was baie dor.
3 Toe sê Hy vir my: Mensekind, kan hierdie bene lewendig word? En ek antwoord: Here Here, U weet dit.
4 Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die Here!
5 So spreek die Here Here tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word.
6 En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en 'n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die Here is.
7 Toe het ek geprofeteer soos my beveel was. En sodra ek geprofeteer het, was daar 'n geruis, en kyk — 'n beroering! En die bene het nader gekom, elke been na sy been.
8 Toe kyk ek en — daar was senings op hulle, en daar het vlees op gekom, en 'n vel is bo-oor hulle getrek, maar daar was geen gees in hulle nie.
9 Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here Here: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word.
10 En ek het geprofeteer soos Hy my beveel het. Toe het die gees in hulle gekom, en hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan — 'n ontsaglike groot leër!
11 Toe sê Hy vir my: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê: Ons bene is verdor, en ons verwagting is verlore; dit is klaar met ons!
12 Daarom, profeteer en sê aan hulle: So spreek die Here Here: Kyk, Ek sal julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! En Ek sal julle bring in die land van Israel.
13 En julle sal weet dat Ek die Here is as Ek julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk!
14 En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in jul land; en julle sal weet dat Ek, die Here, dit gespreek en gedoen het, spreek die Here.
15 Verder het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
16 En jy, mensekind, neem vir jou 'n stuk hout, en skrywe daarop: Vir Juda en vir die kinders van Israel, sy bondgenote; en neem 'n ander stuk hout en skrywe daarop: Vir Josef (die hout van Efraim) en die hele huis van Israel, sy bondgenote.
17 Voeg hulle dan vir jou bymekaar, die een by die ander, om een stuk hout te wees, en laat hulle een word in jou hand.
18 En as die kinders van jou volk met jou spreek en sê: Sal u ons nie te kenne gee wat u met hierdie dinge bedoel nie?
19 sê dan vir hulle: So spreek die Here Here: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand.
20 So moet dan die houte waar jy op skrywe, in jou hand wees voor hulle oë;
21 en sê vir hulle: So spreek die Here Here: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land.
22 En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie.
23 En hulle sal hul nie meer verontreinig met hulle drekgode en hulle verfoeisels en met al hulle oortredinge nie; en Ek sal hulle verlos uit al hulle woonplekke waarin hulle gesondig het, en sal hulle reinig. So sal hulle dan vir my 'n volk wees, en Ek vir hulle 'n God wees.
24 En my kneg Dawid sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal een herder hê; en hulle sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel.
25 En hulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, húlle sal daarin woon, hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid sal hulle vors wees vir ewig.
26 En Ek sal 'n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal 'n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig.
27 En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees en hulle vir my 'n volk wees.
28 En die nasies sal weet dat Ek die Here is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees.
A visão dum vale de ossos secos
1 Ez 1.3;33.22;40.1A mão de Jeová veio sobre mim, e ele Ez 8.3;11.24;43.5;At 8.39me levou para fora no Espírito de Jeová, e me pôs no meio do Jr 7.32—8.2vale que estava cheio de ossos, 2 e fez-me passar por toda a roda deles. Eis que havia muitíssimos sobre a face do vale; e eis que estavam em Ez 37.11extremo secos. 3 Ele me perguntou: Filho do homem, Is 26.19acaso, podem estes ossos reviver? Respondi: Senhor Jeová, Dt 32.39;1Sm 2.6tu sabes. 4 Disse-me mais: Ez 37.9,12;Nm 20.8;1Rs 13.2Profetiza sobre estes ossos e dize-lhes: Ossos secos, Ez 36.1;Is 42.18;Jr 22.29ouvi a palavra de Jeová. 5 Assim diz o Senhor Jeová a estes ossos: Eis que vou fazer entrar em vós Ez 37.9-10,14;Gn 2.7;Sl 104.29-30o fôlego, e vivereis. 6 Ez 37.8-10Porei sobre vós nervos, e farei crescer carnes sobre vós; porei em vós o fôlego, e vivereis; Ez 35.9;38.23;39.6;Is 49.23;Jl 2.27;3.17sabereis que eu sou Jeová.
Vivificação dos ossos secos
7 Assim profetizei, Jr 13.5-7como fui ordenado. Enquanto eu profetizava, houve um estrondo, e eis que se fez um Ez 38.19terremoto, e os ossos se achegaram osso ao seu osso. 8 Olhei, e eis que estavam nervos sobre eles, e cresceram as carnes, e a pele os cobriu por cima; porém não havia neles fôlego. 9 Então, ele disse-me: Profetiza ao Ez 37.5,14vento, profetiza, filho do homem, e dize ao vento: Assim diz o Senhor Jeová: Vem, ó fôlego, dos quatro ventos e assopra sobre estes mortos, para que Os 13.14vivam. 10 Assim profetizei, como ele me ordenou, e o Ez 37.5-6fôlego entrou neles, e viveram e se levantaram sobre os seus pés, um Jr 30.19;33.22exército grande em extremo.
Os ossos secos são tipos do povo de Deus
11 Então, me disse: Filho do homem, estes ossos são Ez 36.10;39.25;Jr 33.24toda a casa de Israel.
Eis que dizem: Sl 141.7;Is 40.27Os nossos ossos secaram-se, e está perdida a nossa esperança.
Somos inteiramente Sl 88.5;Lm 3.54exterminados. 12 Portanto, profetiza e dize-lhes: Assim diz o Senhor Jeová: Eis que vou abrir as vossas sepulturas, Dt 32.39;1Sm 2.6;Is 26.19;66.14;Os 13.14e vos farei subir das vossas sepulturas, ó povo meu, e vos introduzirei na Ez 37.25;Ez 28.25;36.24;Ed 1.2;Am 9.14-15terra de Israel. 13 Ez 17.24;Sl 126.2-3Sabereis que eu sou Jeová, quando Ez 37.6,12eu tiver aberto as vossas sepulturas, e vos tiver feito subir das vossas sepulturas, ó povo meu. 14 Ez 37.9;Ez 11.19;36.27;39.29;Is 32.15;Jl 2.28-29;Zc 12.10Porei em vós o meu Espírito, e vivereis, e vos meterei na vossa terra.
Sabereis Ez 36.36que eu, Jeová, o falei e o cumpri, diz Jeová.
Reunião de Judá e Israel
15 De novo a palavra de Jeová veio a mim, dizendo: 16 Tu, filho do homem, toma Nm 17.2-3um pau, e escreve nele: 2Cr 10.17;11.11-17;15.9Para Judá e para os filhos de Israel, seus companheiros; depois, toma outro pau, e escreve nele: 1Rs 12.16-20;2Cr 10.19Para José, pau de Efraim, e para toda a casa de Israel, seus companheiros; 17 Ez 37.22-24;Is 11.13;Jr 50.4;Os 1.11;Sf 3.9e unindo-os um ao outro, faze deles um só pau, para que se tornem um só na tua mão. 18 Quando vos disseram os filhos do teu povo: Porventura, não nos descobrirás Ez 12.9;17.12;20.49;24.19o que queres dizer com isso? 19 Dize-lhes: Assim diz o Senhor Jeová: Eis que vou Ez 37.16-17tomar o pau de José, que está na mão de Efraim, e as tribos de Israel, seus companheiros; e ajuntá-los-ei com ele, a saber, com o pau de Judá, e deles farei um só pau, e serão um só na minha mão. 20 Os paus, em que escreves estarão na tua mão diante dos seus olhos. 21 Dize-lhes: Assim diz o Senhor Jeová: Eis que vou Ez 36.24;39.27;Is 43.5-6;Jr 29.14;Am 9.14-15tomar dentre as nações os filhos de Israel para onde eles tiverem ido, e os congregarei de todos os lados, e os introduzirei na sua terra. 22 Deles farei Ez 36.10;Jr 3.18;50.4-5uma só nação na terra, sobre os mortos de Israel; Ez 37.24;Ez 34.23-24e um só rei reinará sobre eles todos. Nunca mais serão duas nações, nem de maneira alguma se dividirão para o futuro em dois reinos; 23 nem Ez 11.18;43.7se contaminarão mais com os seus ídolos, nem com as suas abominações, nem com qualquer uma das suas transgressões; mas eu os livrarei de todas as Ez 6.6,14suas habitações em que têm pecado e Ez 36.25os purificarei. Assim, eles serão Ez 37.27;Ez 36.28o meu povo, e eu serei o seu Deus.
Davi será seu rei
24 O meu servo Ez 37.25;Ez 34.24;Jr 30.9;Os 3.5Davi será rei sobre eles; e todos eles terão Ez 34.23;Sl 78.71;Is 40.11um só pastor.
Também andarão nos meus juízos, e guardarão os meus estatutos, e os praticarão. 25 Habitarão Ez 28.25na terra que dei ao meu servo Jacó, na qual vossos pais habitaram; nela habitarão, eles, e seus filhos, e os filhos de seus filhos, para sempre; e o Ez 37.24;Is 11.1;Zc 6.12meu servo Davi será para sempre o seu príncipe. 26 Demais, farei com eles Ez 16.62;20.37;34.25uma aliança de paz; será com eles uma Ez 16.60;Sl 89.3-4;Is 55.3;59.21aliança perpétua. Estabelecê-los-ei, e os Ez 36.10-11,37;Jr 30.19multiplicarei, e porei para sempre o Ez 20.40;43.7meu santuário no meio deles. 27 Também Jo 1.14o meu tabernáculo estará com eles; Ez 37.23;2Co 6.16eu serei o seu Deus, e eles serão o meu povo. 28 As nações saberão que eu sou Jeová que Ez 20.12;Êx 31.13santifico a Israel, quando o meu santuário estiver para sempre no meio deles.