1 VERDER het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here Here: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is 'n god, ek bewoon 'n godewoning in die hart van die seë — terwyl jy tog 'n mens is en geen god nie — en jou hart gemaak het soos die hart van 'n god;
3 kyk, jy is wyser as Daniël, alles wat verborge is, is vir jou nie te duister nie!
4 Deur jou wysheid en deur jou verstand het jy vir jou rykdom verkry, ja, jy het goud en silwer in jou skatkamers verwerf;
5 deur die grootheid van jou wysheid in jou koophandel het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart het hoogmoedig geword deur jou rykdom;
6 daarom, so sê die Here Here: Omdat jy jou hart gemaak het soos die hart van 'n god,
7 daarom, kyk, Ek bring vreemdes oor jou, die geweldigste nasies, en hulle sal hul swaarde trek teen die skoonheid wat jou wysheid verwerf het, en jou glans ontheilig.
8 In die kuil sal hulle jou laat neerdaal, en jy sal in die hart van die seë die bittere dood sterwe van een wat verslaan is.
9 Sal jy werklik sê, in die aangesig van hom wat jou doodmaak: Ek is 'n god! — terwyl jy tog 'n mens is in die hand van hulle wat jou deurboor, en geen god nie?
10 Jy sal die dood van onbesnedenes sterwe, deur die hand van vreemdes; want Ek het dit gesê, spreek die Here Here.
11 Verder het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
12 Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So spreek die Here Here: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid.
13 Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei.
14 Jy was 'n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op 'n heilige berg; 'n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes.
15 Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is.
16 Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut!
17 Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien.
18 Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek 'n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.
19 Al jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het 'n verskrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.
Teen Sidon.
20 VERDER het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
21 Mensekind, rig jou aangesig teen Sidon en profeteer teen hom
22 en sê: So spreek die Here Here: Kyk, Ek het dit teen jou, o Sidon, en Ek sal My verheerlik in jou midde; en hulle sal weet dat Ek die Here is as Ek in hom strafgerigte voltrek en My in hom as die Heilige laat ken.
23 En Ek sal die pes in hom stuur en bloed op sy strate, en die gewondes sal in hom val deur die swaard wat teen hom is van alle kante, en hulle sal weet dat Ek die Here is.
24 En daar sal vir die huis van Israel geen steekdoring en smartlike distel meer wees onder almal wat rondom hulle is nie, wat hulle verag; en hulle sal weet dat Ek die Here Here is.
25 So sê die Here Here: As Ek die huis van Israel versamel uit die volke onder wie hulle verstrooi is, en Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies, dan sal hulle in hul land woon wat Ek aan my kneg Jakob gegee het.
26 En hulle sal daarin veilig woon en huise bou en wingerde plant; ja, hulle sal veilig woon as Ek strafgerigte voltrek teen almal wat hulle van alle kante verag; en hulle sal weet dat Ek die Here hulle God is.
Profecia contra o rei de Tiro
1 De novo, veio a mim a palavra de Jeová, dizendo: 2 Filho do homem, dize ao príncipe de Tiro: Assim diz o Senhor Jeová: Porquanto o teu coração se elevou, e disseste: Ez 28.9;Is 14.13-14;47.8;2Ts 2.4Eu sou um deus, na cadeira de Deus me assento, Ez 27.25-27no meio dos mares; todavia, tu és Ez 28.9;Sl 9.20;82.6-7;Is 31.3homem e não Deus, embora Ez 28.6pusesses o teu coração como o coração de Deus, 3 eis que tu és Ez 28.12mais sábio que Dn 1.20;2.20-23,28;5.11-12Daniel; não há segredo que se possa esconder de ti: 4 pela tua sabedoria e pelo teu entendimento, adquiriste para ti Ez 27.33;Zc 9.2-3riquezas e puseste ouro e prata nos teus tesouros; 5 pela tua grande sabedoria e pelo teu Ez 27.12, etc.;Os 12.7-8tráfico, aumentaste as tuas riquezas, e o teu Ez 28.2;Jó 31.24-25;Sl 52.7;Os 13.6coração acha-se exaltado por causa das tuas riquezas. 6 Portanto, assim diz o Senhor Jeová: Porquanto Ez 28.2;Êx 9.17puseste o teu coração como o coração de Deus, 7 eis que trarei sobre ti Ez 26.7estrangeiros, Ez 30.11;31.12;32.12;Hc 1.6-8os terríveis dentre as nações; eles desembainharão as suas espadas contra a Ez 28.17formosura da tua sabedoria e mancharão o teu resplendor. 8 Far-te-ão Ez 32.30descer à cova, e Ez 27.26-27,34morrerás da morte dos que são mortos no coração dos mares. 9 Diante daquele que te matar, porventura, ainda dirás: Ez 28.2Eu sou Deus? Porém tu és homem e não Deus, na mão do que te mata. 10 Pela mão dos estrangeiros, morrerás da morte dos Ez 31.18;32.30;1Sm 17.26,36incircuncisos, porque eu o falei, diz o Senhor Jeová.
Lamentação sobre o rei de Tiro
11 Demais, veio a mim a palavra de Jeová, dizendo: 12 Filho do homem, Ez 19.1;26.17;27.2faze uma lamentação sobre o rei de Tiro e dize-lhe: Assim diz o Senhor Jeová: Tu eras o selo da simetria e Ez 28.3a perfeição da sabedoria e da Ez 27.3formosura. 13 Estiveste no Ez 31.8-9,16;36.35;Gn 2.8;Is 51.3Éden, jardim de Deus; cobrias-te de Ez 27.16,22todas as pedras preciosas: o Êx 28.17-20sárdio, o topázio, o diamante, o berilo, o ônix, o jaspe, a safira, a esmeralda, o carbúnculo e o ouro. Em ti se faziam os teus Is 24.8;30.32tambores e os teus pífaros; no dia em que foste criado foram preparados. 14 Tu eras o Ez 28.16;Êx 25.17-20;30.26;40.9querubim ungido que cobre, Is 10.6,15;Ez 37.26-27e estabeleci-te, de sorte que estivesses sobre Ez 28.16;Ez 20.40o monte santo de Deus; andaste no meio das Ez 28.13,16;Ap 18.16pedras de fogo. 15 Tu eras Ez 28.3-6,12;Ez 27.3-4perfeito nos teus caminhos desde o dia em que foste criado até que a Ez 28.17-18;Is 14.12iniquidade se achou em ti. 16 Pela Ez 26.17;27.12, etc.abundância do teu tráfico, Ez 8.17;Hc 2.8,17encheram de violência o teu interior, e pecaste; portanto Gn 3.24te lancei, profanado, do Ez 28.14monte de Deus, e te exterminei, Ez 28.14ó querubim cobridor, do meio das pedras de fogo. 17 Elevou-se o teu Ez 28.2,5;Ez 31.10coração por causa da tua Ez 28.7;Ez 27.3-4formosura, Is 19.11corrompeste a tua sabedoria por causa do teu resplendor; lancei-te por terra, diante dos Ez 26.16reis te pus, para que te contemplem. 18 Pela multidão das tuas Ez 28.16iniquidades, na injustiça do teu tráfico, tens profanado os meus santuários; portanto, fiz sair do meio de ti Am 1.9-10fogo, que te devorou, e te reduzi a Ml 4.3cinzas sobre a terra, à vista de todos os que te contemplam. 19 Todos os que te conhecerem entre os povos ficarão Ez 26.16;27.35espantados de ti; tu te tornas Ez 26.21;27.36em pavor Jr 51.64e tu não subsistirás mais.
Profecia contra Sidom
20 Veio a mim a palavra de Jeová, dizendo: 21 Filho do homem, Ez 6.2;25.2vira o teu rosto Ez 27.8;Gn 10.15,19;Is 23.2,4para Sidom, e profetiza contra ela, 22 e dize: Assim diz o Senhor Jeová: Eis que sou Ez 26.3contra ti, Sidom, e serei Ez 39.13glorificado no meio de ti. Saberão que eu sou Jeová, quando nela eu tiver Ez 28.26;Ez 30.19executado juízos e nela for Ez 38.16santificado. 23 Pois lhe enviarei Ez 5.17peste e sangue nas suas ruas; Jr 51.52os feridos cairão no meio dela, estando a espada sobre ela por todos os lados; Ez 28.24,26e saberão que eu sou Jeová. 24 Para a casa de Israel não haverá Ez 2.6;Nm 33.55;Js 23.13;Is 55.13espinho que pique, nem abrolho que cause dor, entre os que se acham ao redor deles e os tratam Ez 25.6;36.5com despeito; e saberão que eu sou o Senhor Jeová.
25 Assim diz o Senhor Jeová: Quando eu Ez 20.41;34.13,27;Sl 106.47;Is 11.12-13;Jr 32.37tiver ajuntado a casa de Israel, tirando-os dentre os povos entre os quais se acham espalhados e Ez 28.22;Ez 36.23for santificado neles à vista das nações, Jr 23.8;27.11habitarão na sua terra que eu Ez 37.25dei ao meu servo Jacó. 26 Nela, Ez 34.25-28;38.8;Jr 23.6habitarão seguros, Jr 32.15,43-44;Am 9.13-14plantarão vinhas e habitarão seguros, quando eu Ez 28.22;Ez 25.11tiver executado juízos sobre todos os que os tratarem Ez 28.24com despeito ao redor deles; e saberão que eu sou Jeová, seu Deus.