Die goeie herder en die slegtes.
1 EN die woord van die Here het tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, profeteer teen die herders van Israel; profeteer en sê vir hulle, die herders: So spreek die Here Here: Wee die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! Moet die herders nie die skape laat wei nie?
3 Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie;
4 julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid.
5 So het hulle dan verstrooid geraak, omdat daar geen herder was nie; en hulle het die voedsel geword vir al die wilde diere van die veld en het verstrooid geraak.
6 My skape dwaal rond op al die berge en op al die hoë heuwels; ja, oor die hele oppervlakte van die aarde is my skape verstrooi, sonder dat iemand na hulle vra of hulle soek.
7 Daarom, o herders, hoor die woord van die Here:
8 So waar as Ek leef, spreek die Here Here, gewis, omdat my skape 'n prooi geword het en my skape as voedsel gedien het van al die wilde diere van die veld, omdat daar geen herder was nie, en my herders na my skape nie vra nie; en die herders aan hulleself weiding verskaf, maar my skape nie laat wei nie —
9 daarom, o herders, hoor die woord van die Here!
10 So sê die Here Here: Kyk, Ek het dit teen die herders! En Ek sal my skape van hulle hand eis en maak dat hulle geen skape meer oppas nie, sodat die herders aan hulleself nie meer weiding sal verskaf nie; en Ek sal my skape uit hulle mond uitruk, sodat dit hulle nie as voedsel sal dien nie.
11 Want so sê die Here Here: Kyk, hier is Ek, en Ek sal na my skape vra en vir hulle sorg.
12 Soos 'n herder vir sy trop skape sorg op die dag as hy onder sy verspreide skape is, so sal Ek vir my skape sorg; en Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is, op die dag van wolke en donkerheid.
13 En Ek sal hulle uitlei uit die volke en versamel uit die lande en hulle bring in hul land; en Ek sal hulle laat wei op die berge van Israel, in die klowe en in al die bewoonbare plekke van die land.
14 Op 'n goeie weiveld sal Ek hulle laat wei, en op die hoë berge van Israel sal hulle weiplek wees. Daar sal hulle lê op 'n goeie plek en wei in 'n geil weiveld op die berge van Israel.
15 Ek self sal my skape oppas, en Ek self sal hulle laat lê en rus, spreek die Here Here.
16 Die wat verlore is, sal Ek soek, en wat weggedryf is, sal Ek terugbring, en wat gewond is, sal Ek verbind, en die siekes sal Ek versterk; maar die vettes en die sterkes sal Ek verdelg: Ek sal hulle oppas soos dit reg is.
17 En wat julle aangaan, my skape, so sê die Here Here, kyk, Ek sal oordeel tussen skape en skape, die ramme en die bokramme.
18 Is dit vir julle nie genoeg dat julle die goeie weiveld afwei nie? En moet julle die orige van jul weiveld met jul pote vertrap? En moet julle die helder water drink, terwyl julle die wat oorbly, met jul pote troebel maak?
19 En moet my skape afwei wat met julle pote vertrap is, en drink wat met julle pote troebel gemaak is?
20 Daarom, so sê die Here Here vir hulle: Kyk, hier is Ek, en Ek sal oordeel tussen die vet skape en die maer skape.
21 Omdat julle al die swakkes met skof en skouer wegdruk en met julle horings stoot, totdat julle hulle uitgejaag het,
22 daarom sal Ek my skape red, sodat hulle nie meer 'n prooi sal wees nie; en Ek sal oordeel tussen skape en skape.
23 En Ek sal een enkele herder oor hulle verwek, en hy sal hulle laat wei, naamlik my kneg Dawid; hy sal hulle laat wei, en hy sal vir hulle 'n herder wees.
24 En Ek, die Here, Ek sal vir hulle 'n God wees, en my kneg Dawid 'n vors in hulle midde. Ek, die Here, het dit gespreek.
25 En Ek sal 'n verbond van vrede met hulle sluit en die wilde diere uit die land laat verdwyn; en hulle sal veilig bly in die woestyn en slaap in die bosse.
26 En Ek sal hulle en die plekke rondom my heuwel tot 'n seën maak en die stortreën laat val op sy tyd; stortreëns van seën sal dit wees.
27 En die bome van die veld sal hulle vrugte gee, en die land sal sy opbrings gee, en hulle sal veilig wees in hul land; en hulle sal weet dat Ek die Here is as Ek hulle jukskeie stukkend breek en hulle red uit die hand van die wat hulle diensbaar gemaak het.
28 En hulle sal nie meer 'n prooi vir die nasies wees nie, en die wilde diere van die land sal hulle nie opeet nie; maar hulle sal veilig woon sonder dat iemand hulle verskrik.
29 En Ek sal vir hulle plante van naam verwek, sodat hulle nie meer deur hongersnood in die land weggeruk sal word nie en die smaad van die nasies nie meer sal dra nie.
30 Maar hulle sal weet dat Ek, die Here hulle God, met hulle is, en dat hulle, die huis van Israel, my volk is, spreek die Here Here.
31 En julle is my skape, die skape van my weide; julle is mense, Ek is julle God, spreek die Here Here.
Profecia contra os pastores infiéis de Israel
1 Veio a mim a palavra de Jeová, dizendo: 2 Filho do homem, profetiza contra os Jr 2.8;3.15;10.21;12.10pastores de Israel, profetiza e dize aos pastores: Ai dos pastores de Israel que se apascentam Ez 34.8-10;Ez 22.25;Jr 23.1;Mq 3.1-3,11a si mesmos! Não devem os pastores apascentar as Ez 34.14-15;Sl 78.71-72;Is 40.11;Jo 10.11;21.15-17ovelhas? 3 Zc 11.5,16Comeis a gordura, e vos vestis de lã, e Ez 22.25,27matais as cevadas; porém não apascentais as ovelhas. 4 Não fortalecestes Ez 34.16as adoentadas, nem curastes a que estava enferma, nem Zc 11.15-16ligastes a que estava quebrada, nem tornastes a trazer a que estava desgarrada, nem Mt 9.36;10.6;18.12-13;Lc 15.4buscastes a que estava perdida; mas dominastes sobre elas com força e com rigor. 5 Assim, Jr 10.21;50.6-7se espalharam, por não haver pastor; tornaram-se Ez 34.8,28;Jr 23.2pasto para todos os animais do campo e espalharam-se. 6 As minhas ovelhas Ez 7.16;Jr 40.11-12;1Pe 2.25andaram desgarradas por todos os montes e em todo o alto outeiro; Jo 10.16as minhas ovelhas foram espalhadas por toda a face da terra; Sl 142.4não havia quem as procurasse ou as buscasse.
7 Portanto, ó pastores, ouvi a palavra de Jeová: 8 Pela minha vida, diz o Senhor Jeová, porquanto as minhas ovelhas At 20.29foram entregues à rapina e as minhas ovelhas serviram Ez 34.5de pasto para todos os animais do campo, por não haver pastor, nem os meus pastores procuraram as minhas ovelhas, mas se apascentaram Ez 34.2a si mesmos e não apascentaram as minhas ovelhas, 9 portanto, ó pastores, ouvi a palavra de Jeová. 10 Assim diz o Senhor Jeová: Eis que sou Ez 34.2;Ez 5.8;13.8;Jr 21.13;Zc 10.3contra os pastores; das suas mãos Ez 33.6,8requererei as minhas ovelhas e farei 1Sm 2.29-30;Jr 52.24-27que cessem de apascentar as minhas ovelhas. Os pastores Ez 34.2,8não se apascentarão mais a si mesmos; da sua boca Ez 13.23;Sl 72.12-14livrarei as minhas ovelhas, para que não lhes sirvam de pasto.
11 Pois assim diz o Senhor Jeová: Eis que Ez 11.17;20.41;Is 51.12eu, eu mesmo, hei de procurar as minhas ovelhas e hei de buscá-las. 12 Jr 31.10Como o pastor busca o seu rebanho no dia em que se acha no meio das suas ovelhas que estão espalhadas, assim Is 40.11;56.8;Jr 23.3;31.8;Lc 19.10;Jo 10.16buscarei as minhas ovelhas. Livrá-las-ei de todos os lugares para onde se espalharam Ez 30.3;Jr 13.16;Jl 2.2no dia nublado e de escuridade. 13 Ez 28.25;36.24;Is 11.11-16;66.20;Am 9.14Tirá-las-ei para fora dos povos, e as congregarei dos países, e as introduzirei na sua terra; Ez 34.23;Ez 36.29-30;Mq 7.14apascentá-las-ei sobre Ez 37.22os montes de Israel, junto Is 30.25às correntes de água e em todos os lugares habitados do país. 14 Sl 23.1-2;Jr 31.12-14,25;Jo 10.9De bom pasto as apascentarei, e sobre os Ez 20.40montes da altura de Israel será o seu curral; ali, se deitarão Ez 34.26-27num bom curral e, em Ez 28.25-26;36.20,30pastos gordos, pastarão sobre os montes de Israel. 15 Ez 34.23;Sl 23.1-2Eu mesmo apascentarei as minhas ovelhas e eu as farei deitar-se, diz o Senhor Jeová. 16 Ez 34.4Buscarei a que estava perdida, e tornarei a trazer a que estava desgarrada, e ligarei a que estava quebrada, e fortalecerei a que estava enferma; mas destruirei Is 10.16a gorda e a forte. Apascentá-la-ei com Is 49.26justiça.
O cuidado de Jeová pelo seu rebanho
17 Quanto a vós, rebanho meu, assim diz o Senhor Jeová: Eis que Ez 34.20-22;Ez 20.38;Ml 4.1;Mt 25.32julgo entre ovelhas e ovelhas, entre carneiros e bodes. 18 Acaso, parece-vos Nm 16.9,13;2Sm 7.19;Is 7.13pouca coisa o terdes pastado o bom pasto, senão que haveis de Mt 23.13;Lc 11.52pisar aos vossos pés o resto do vosso pasto? E o terdes bebido Ez 32.14as águas claras, senão que haveis de Ez 32.2sujar o resto com os vossos pés? 19 Quanto às minhas ovelhas, elas pastam o que haveis pisado com os vossos pés e bebem o que haveis sujado com os vossos pés.
20 Portanto, assim lhes diz o Senhor Jeová: Eis que eu, eu mesmo, Ez 34.17julgarei entre as ovelhas gordas e as ovelhas magras. 21 porquanto com o lado e com o ombro, dais empurrões e, com os vossos Dt 33.17;Dn 8.4;Lc 13.14-16chifres, impelis todas as adoentadas, até as terdes espalhado por toda a parte, 22 portanto Ez 34.10;Sl 72.12-14;Jr 23.2-3salvarei o meu rebanho, e ele não servirá mais de Ez 34.5,8presa; e Ez 34.17julgarei entre ovelhas e ovelhas. 23 Suscitarei sobre elas Ez 37.24um só pastor, que as Ez 34.13-15apascentará, meu servo Ez 34.24Davi. Ele as apascentará e lhes servirá de pastor. 24 Ez 34.30-31;Ez 36.28;Is 43.3Eu, Jeová, serei o seu Deus, e o meu servo Ez 37.24-25;Is 55.3-5;Jr 30.9;Os 3.5Davi será príncipe no meio deles.
Jeová e sua aliança de paz
25 Farei com eles uma Ez 16.60;20.37;37.26aliança de paz e farei cessar da terra Jó 5.22;Is 11.6-9as feras; Ez 34.27-28;Ez 28.26;Jr 33.16habitarão seguros no deserto e dormirão nos bosques. 26 Deles e dos lugares ao redor do meu outeiro farei uma Ez 34.14;Gn 12.2bênção; farei cair Dt 11.13-15;28.12as chuvas a seu tempo; haverá Lv 25.21;Is 44.3chuvas de bênção. 27 As árvores do campo darão o seu fruto, e a terra dará a sua novidade, e estarão Ez 38.8,11seguros na sua terra; saberão que eu sou Jeová, quando eu tiver Lv 26.13;Is 52.2-3;Jr 30.8quebrado as varas do seu jugo e os tiver livrado das mãos dos que se serviam deles. 28 Não servirão mais Ez 34.8de presa aos pagãos, nem os devorarão mais Ez 34.25os animais da terra; mas habitarão Ez 39.26;Jr 30.10seguros, e não haverá quem os amedronte. 29 Suscitar-lhes-ei um Is 4.2;60.21;61.3plantio para renome, e nunca serão consumidos pela Ez 34.26-27;Ez 36.29fome na terra, nem Ez 36.6,15levarão mais sobre si o opróbrio dos pagãos. 30 Saberão que Ez 14.11;36.28;Sl 46.7,11eu Jeová, seu Deus, sou com eles, e que eles, casa de Israel, são o meu povo, diz o Senhor Jeová. 31 Vós, Ez 36.38;Sl 78.52;80.1ovelhas minhas, ovelhas Sl 100.3;Jr 23.1do meu pasto, sois homens, e eu sou o vosso Deus, diz o Senhor Jeová.