Gelykenis van die twee arende en van die wingerdstok.
1 EN die woord van die Here het tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, gee 'n raaisel op aan die huis van Israel en dra 'n gelykenis voor
3 en sê: So spreek die Here Here: Die groot arend met groot vleuels, met lang vlerke, vol vere wat veelkleurig was, het na die Líbanon gekom en die top van die seder weggeneem.
4 Hy het die boonste van sy jong takkies afgepluk en dit na die koopmansland gebring; hy het dit neergesit in die stad van koopmans.
5 Hy het ook van die saad van die land geneem en dit in 'n saailand geplant; hy het dit na baie waters weggeneem, dit as oewergewas geplant.
6 En dit het uitgespruit en 'n breë wingerdstok geword, laag van groei, sodat sy ranke na die arend kon draai en sy wortels onder hóm kon wees. So het dit dan 'n wingerdstok geword, en dit het lote gemaak en lootjies uitgeskiet.
7 En daar was nog 'n groot arend met groot vleuels en baie vere; en kyk, hierdie wingerdstok het sy wortels na hóm toe gebuig en sy ranke na hom toe uitgeskiet uit die beddings waar dit geplant was, dat hý dit sou bevogtig.
8 Dit was in 'n goeie land by baie waters geplant om ranke te maak en vrugte te dra, om 'n pragtige wingerdstok te word.
9 Sê: So spreek die Here Here: Sal dit voorspoedig wees? Sal hy nie die wortels daarvan uitruk en die vrugte daarvan afsny, sodat dit verdroog, ja, verdroog in al sy uitgespruite blaartjies nie? En dit nie deur 'n magtige arm en baie mense om dit van sy wortels af uit te lig nie.
10 Ja, kyk, dit is geplant — sal dit voorspoedig wees? Sal dit nie heeltemal verdroog as die oostewind hom aanraak, verdroog op die beddings waar dit uitgespruit het nie?
11 Daarna het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
12 Spreek tog met die wederstrewige huis: Weet julle nie wat hierdie dinge beteken nie? Sê: Kyk, die koning van Babel het na Jerusalem gekom en sy koning en sy vorste weggeneem en hulle na hom toe, na Babel gebring.
13 Toe het hy een uit die koninklike geslag geneem en met hom 'n verbond gesluit en hom 'n eed opgelê, maar die magtiges van die land het hy weggeneem;
14 sodat die koninkryk van geringe betekenis sou wees en hom nie sou verhef nie, maar dat dit, deur sy verbond te onderhou, in stand kon bly.
15 Maar hy het teen hom in opstand gekom deur sy gesante na Egipte te stuur, dat hulle hom perde en baie manskappe sou gee. Sal hy voorspoedig wees? Sal hy ontvlug wat sulke dinge doen? Sal hy die verbond verbreek en tog ontvlug?
16 So waar as Ek leef, spreek die Here Here, gewis, in die plek waar die koning woon wat hom koning gemaak het, wie se eed hy geminag en wie se verbond hy verbreek het, by hom, binne-in Babel, sal hy sterwe.
17 Ook sal Farao nie met hom saamspan in die oorlog met 'n groot leër en met baie mense nie, as hulle 'n wal opwerp en forte bou om baie siele uit te roei.
18 Want hy het die eed geminag deur die verbond te verbreek; en kyk, hy het sy hand gegee en tog al hierdie dinge gedoen; hy sal nie ontvlug nie.
19 Daarom, so sê die Here Here: So waar as Ek leef, Ek sal gewis my eed wat hy geminag het, en my verbond wat hy verbreek het, op sy hoof laat neerkom.
20 En Ek sal my net oor hom uitsprei, en in my strik sal hy gevang word; en Ek sal hom na Babel bring en daar met hom na die gereg gaan, weens die troubreuk wat hy teen My begaan het.
21 En al sy vlugtelinge in al sy leërs sal deur die swaard val, en die wat oorgebly het, sal na al die windstreke verstrooi word; en julle sal weet dat Ek, die Here, dit gespreek het.
22 So sê die Here Here: Dan sal Ek self van die verhewe top van die seder 'n steggie neem en dit insit — van die boonste van sy lootjies sal Ek 'n teer puntjie afpluk en self dit plant op 'n hoë en verhewe berg.
23 Op die hoë berg van Israel sal Ek dit plant, en dit sal takke voortbring en vrugte dra en 'n heerlike seder word, sodat al die voëls van allerhande vere daaronder kan woon; in die skaduwee van sy takke sal hulle woon.
24 En al die bome van die veld sal weet dat Ek, die Here, die hoë boom verneder, die nederige boom verhoog het; die groen boom laat verdroog en die droë boom laat bloei het. Ek, die Here, het dit gespreek en gedoen.
A parábola das duas águias e da videira
1 Veio a mim a palavra de Jeová, dizendo: 2 Filho do homem, Ez 20.49;24.3propõe um enigma e profere uma parábola à casa de Israel; 3 dize: Assim diz o Senhor Jeová: Uma grande Ez 17.12;Jr 48.40;Os 8.1águia de Dn 4.22grandes asas e de plumagem comprida, cheia de penas de várias cores, veio ao Jr 22.23Líbano, e tomou Ez 17.22o topo dum cedro; 4 arrancou o mais alto dos seus raminhos e levou-o à cidade do tráfico; pô-lo numa cidade de negociantes. 5 Também tomou da Ez 17.13semente da terra e a plantou num Dt 8.7-9solo frutífero; pô-la junto às muitas águas, e colocou-a como Is 44.4salgueiro. 6 Ela cresceu e tornou-se numa vide larga, Ez 17.14de pouca altura, para que os seus sarmentos se inclinassem para a tal águia, e as suas raízes estivessem debaixo dela; assim, se tornou uma vide, e produzia sarmentos, e brotava renovos.
7 Também houve Ez 17.15outra grande águia de grandes asas e de muitas penas; eis que essa vide inclinou as suas raízes para ela e brotou os seus sarmentos para ela, desde as aréolas Ez 31.4em que estava plantada, para que ela a regasse. 8 Numa Ez 17.5boa terra junto a muitas águas estava ela plantada, para produzir sarmentos e dar fruto, a fim de que fosse uma vide excelente. 9 Dize: Assim diz o Senhor Jeová: Acaso, Ez 17.10,15-21prosperará ela? Porventura, a águia não lhe arrancará as raízes e não lhe cortará o fruto, para que seque, para que sequem todas as suas folhas recém-nascidas? Não será necessário nem grande poder nem muita gente para a arrancar pelas suas raízes. 10 Eis que, depois de plantada, acaso, Ez 17.15prosperará ela? Não Ez 19.14;Os 13.15se secará de todo, quando a tocar o vento oriental? Secar-se-á nas aréolas onde cresceu.
Interpretação da parábola das águias e da videira
11 Demais, veio a palavra de Jeová, dizendo: 12 Dize, pois, Ez 2.3-5à casa rebelde: Ez 12.9-11;24.19Não sabeis o que significam essas coisas? Dize-lhes: Eis que veio Ez 17.3;Ez 1.2;2Rs 24.11-12,15o rei de Babilônia a Jerusalém, tomou o seu rei e os seus príncipes e fê-los recolher a si, a Babilônia; 13 tomou um Ez 17.5;2Rs 24.17da estirpe real e fez aliança com ele; também recebeu dele 2Cr 36.13juramento e levou 2Rs 24.15-16os poderosos da terra, 14 para que o reino se conservasse Ez 17.6;Ez 29.14abatido, de modo a não poder levantar-se; contudo, continuasse a existir, guardando a sua aliança. 15 Porém ele Ez 17.7;2Rs 24.20;2Cr 36.13;Jr 52.3se rebelou contra o rei de Babilônia, enviando os seus embaixadores ao Is 30.1-4;Jr 37.5-7Egito, para que lhe desse cavalos e muita gente. Ez 17.9-10Acaso prosperará ele? Ez 17.18;Jr 34.3;38.18,23Porventura, escapará aquele que faz tais coisas? 16 Pela minha vida, diz o Senhor Jeová, certamente, morrerá no lugar em que habita o rei que o fez reinar, cujo juramento Ez 17.13,18-19;Ez 16.59;2Rs 24.17,20desprezou e cuja aliança violou, sim, morrerá com ele Ez 12.13;Jr 52.11no meio de Babilônia. 17 Nem o ajudará na guerra Ez 29.6-7;Is 36.6;Jr 37.5,7Faraó com o seu exército poderoso e companhia numerosa, quando se levantarem trincheiras e edificarem fortes, para a destruição de muitas pessoas. 18 Pois Ez 17.16desprezou ao juramento, rompendo a aliança; eis que ele tinha Lm 5.6dado a sua mão; contudo, fez todas essas coisas; Ez 17.15não escapará. 19 Portanto, assim diz o Senhor Jeová: Pela minha vida, certamente, farei recair sobre a cabeça dele Ez 17.13,16;Ez 16.59;21.23;Jr 7.9o meu juramento que desprezou e a minha aliança que violou. 20 Estenderei sobre ele a Ez 12.13;32.3minha rede, e será Jr 39.5-7apanhado no meu laço, e fá-lo-ei vir à Babilônia Ez 20.35-36;Jr 2.35e lá entrarei em juízo com ele por causa Ez 15.8;18.24da sua transgressão que cometeu contra mim. 21 Todos os seus Ez 5.2,10,12-14;2Rs 25.5,11fugitivos, em todas as suas tropas, cairão à espada, e os que ficarem serão espalhados a todos os ventos; Ez 6.7,10;13.14,23e sabereis que eu, Jeová, o disse.
22 Assim diz o Senhor Jeová: Também eu tomarei do alto do topo do cedro Ez 34.29e o plantarei; e do mais alto dos seus raminhos quebrarei um que seja tenro Ez 36.36e o plantarei sobre um Ez 20.40;37.22;Sl 72.16alto e elevado monte. 23 No alto monte de Israel, o plantarei; ele produzirá ramos, dará fruto e far-se-á Sl 92.12;Is 27.6um cedro excelente. Ez 31.6;Os 14.5-7;Mt 13.31-32Debaixo dele, habitarão todas as aves de toda a sorte; à sombra dos seus ramos, habitarão. 24 Todas Sl 96.12;Is 55.12as árvores do campo saberão que eu, Jeová, Ez 21.26;1Sm 2.7-8;Is 2.13humilhei a árvore alta, exaltei a árvore baixa, Ez 19.12sequei a árvore verde e fiz Ez 37.3,13;Am 9.11reverdecer a árvore seca; eu, Jeová, falei e o fiz.