Voorspelling van die toekomstige beleg van Jerusalem.
1 EN jy, mensekind, neem vir jou 'n baksteen en sit dit voor jou neer, en teken daarop 'n stad, naamlik Jerusalem;
2 maak dan 'n beleëring daarteen en bou forte daarteen en gooi 'n wal daarteen op en stel laers daarteen op en lê stormramme daarteen aan rondom.
3 Verder, neem jy vir jou 'n ysterpan en sit dit as 'n ystermuur tussen jou en die stad; en rig jou aangesig daarop, en dit sal beleër wees, en jy moet dit beleër. 'n Teken is dit vir die huis van Israel.
4 Gaan lê ook op jou linkerkant, en sit daarop die ongeregtigheid van die huis van Israel; volgens die getal dae dat jy daarop lê, moet jy hulle ongeregtigheid dra.
5 En Ék lê jou die jare van hulle ongeregtigheid op volgens die getal dae, driehonderd-en-negentig dae, dat jy die ongeregtigheid van die huis van Israel moet dra.
6 En as jy met hierdie dae klaar is, moet jy, vir die tweede keer, op jou regterkant gaan lê en die ongeregtigheid van die huis van Juda dra, veertig dae lank: vir elke jaar lê Ek jou een dag op.
7 En op die beleëring van Jerusalem moet jy jou aangesig rig terwyl jou arm ontbloot is; en jy moet daarteen profeteer.
8 En kyk, Ek sit vir jou toue aan, sodat jy jou nie kan omdraai van die een kant na die ander nie, totdat jy klaar is met die dae van jou beleëring.
9 En neem jy vir jou koring en gars en boontjies en lensies en broodmanna en spelt, en gooi dit in een skottel, en maak vir jou daarvan brood; volgens die getal dae dat jy op jou sy lê, driehonderd-en-negentig dae, moet jy daarvan eet.
10 En jou voedsel wat jy moet eet, sal in gewig wees twintig sikkels elke dag; van tyd tot tyd moet jy dit eet.
11 Jy moet ook water by die maat drink, die sesde deel van 'n hin; van tyd tot tyd moet jy dit drink.
12 En as garskoeke moet jy dit eet en dit op die mis van mensedrek bak voor hulle oë.
13 Toe sê die Here: So sal die kinders van Israel hulle brood onrein eet onder die nasies waarheen Ek hulle sal verdrywe.
14 En ek sê: Ag, Here Here! Kyk, my siel is nooit verontreinig nie, en ek het van my jeug af tot nou toe geen aas of iets wat verskeur is, geëet nie, en daar het geen bedorwe vleis in my mond gekom nie.
15 Toe sê Hy vir my: Kyk, Ek het vir jou beesmis gegee in plaas van mensedrek; daarop moet jy jou brood klaarmaak.
16 Ook het Hy vir my gesê: Mensekind, kyk, Ek verbreek die staf van die brood in Jerusalem, en hulle sal brood by die gewig en met kommer eet en water by die maat en in stomme smart drink;
17 sodat hulle gebrek aan brood en water het, en die een met die ander verstom staan en in hulle ongeregtigheid wegkwyn.
Predição simbólica do cerco de Jerusalém
1 Tu, pois, filho do homem, Ez 5.1;12.3;Is 20.2;Jr 13.1;18.2;19.1toma um tijolo e, pondo-o diante de ti, desenha nele uma cidade, a cidade de Jerusalém; 2 Ez 21.22;Jr 6.6põe-lhe a ele sítio, e edifica contra ele fortificações, e levanta contra ele uma trincheira; põe também arraiais contra ele e coloca contra ele aríetes ao redor. 3 Toma também uma panela de ferro e põe-na como um muro de ferro entre ti e a cidade; olha para a cidade, Ez 5.2;Jr 39.1-2e ela será sitiada, e tu a sitiarás. Isso servirá de Ez 12.6,11;24.24-27;Is 8.18;20.3sinal para a casa de Israel.
4 Tu também deita-te sobre o teu lado esquerdo e põe sobre ele a iniquidade da casa de Israel; conforme o número dos dias em que deitarás sobre ele, Lv 10.17;16.22;Nm 18.1levarás a iniquidade deles. 5 Pois eu dei os anos da iniquidade deles para que te sejam contados em dias, a saber, trezentos e noventa Ez 4.6dias; assim, levarás a iniquidade da casa de Israel. 6 Quando tiveres cumprido esses dias, deitar-te-ás sobre o teu lado direito, levando a iniquidade da casa de Judá. Quarenta dias te dei, Nm 14.34;Dn 9.24-26;12.11-12;Ap 11.2-3cada dia por um ano. 7 Ez 4.3;Ez 6.2Voltarás o teu rosto para o cerco de Jerusalém, tendo o teu braço estendido, Ez 21.2e profetizarás contra ela. 8 Eis que Ez 3.25porei sobre ti cordas, e não te voltarás dum lado para o outro, até que tenhas cumprido os dias do teu cerco.
9 Toma também trigo, e cevada, e favas, e lentilhas, e milho miúdo, Êx 9.32;Is 28.25e espelta, e mete-os num só vaso, e deles faze pão para ti. Comerás dele, conforme o número de dias que te deitarás sobre o teu lado, a saber, Ez 4.5trezentos e noventa dias. 10 A tua comida, que hás de comer, será, Ez 4.16por peso, Ez 45.12vinte siclos por dia; de tempo em tempo, a comerás. 11 Hás de beber água por medida, a sexta parte dum him; de tempo em tempo, beberás. 12 Tu a comerás na forma de pão de cevada, assado ao borralho, e à vista deles a assarás com Is 36.12o excremento que sai do homem. 13 Disse Jeová: Assim comerão os filhos de Israel o seu pão Dn 1.8;Os 9.3imundo, entre as nações para onde os lançarei. 14 Então, disse eu: Ez 9.8;20.49;Jr 1.6Ah! Senhor Deus! Eis que a minha alma At 10.14nunca foi contaminada, pois, desde a minha mocidade até agora, não comi do animal Ez 44.31;Lv 17.15;22.8que morre de si mesmo ou que é dilacerado por feras; Dt 14.3;Is 65.4;66.17nem entrou na minha boca carne abominável. 15 Então, ele me disse: Vê, dei-te bosta de bois em lugar de excremento humano; e sobre ela prepararás o teu pão. 16 Disse-me mais: Filho do homem, eis Ez 5.16;14.13;Lv 26.26;Is 3.1que quebrarei o báculo de pão em Jerusalém. Comerão o pão Ez 4.10-11;Ez 12.19por peso e com ansiedade e beberão a água Ez 12.18-19;Lm 5.4por medida e com espanto, 17 para que lhes falte o pão e a água, e se espantem uns com os outros Ez 24.23;33.10;Lv 26.39e se consumam na sua iniquidade.