Die hoer; afskuwelikhede van Jerusalem.
1 VERDER het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
2 Mensekind, maak aan Jerusalem sy gruwels bekend
3 en sê: So spreek die Here Here tot Jerusalem: Jou afkoms en jou geboorte is uit die land van die Kanaäniete; jou vader was 'n Amoriet en jou moeder 'n Hetitiese vrou.
4 En wat jou geboorte aangaan — die dag toe jy gebore is, is jou nawelstring nie afgesny nie; en jy is nie met water gewas om jou te reinig nie; ook is jy nie met sout ingevrywe of in doeke toegedraai nie.
5 Geen oog het medelyde met jou gehad om vir jou een van hierdie dinge te doen, om vir jou jammer te wees nie; maar jy is op die oop veld gegooi uit afsku vir jou lewe, die dag toe jy gebore is.
6 En Ek het by jou verbygegaan en jou sien spartel in jou bloed; toe het Ek vir jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!
7 Ontelbaar, soos die uitspruitsels van die veld, het Ek jou gemaak! En jy het gegroei en groot geword en die hoogste bloei bereik; jou borste het styf geword, en jou hare het gegroei, maar jy was naak en bloot.
8 En Ek het by jou verbygegaan en jou gesien, en kyk, jou tyd was die tyd van liefde. Toe het Ek my vleuel oor jou uitgesprei en jou naaktheid toegedek. Ja, Ek het vir jou gesweer en met jou 'n verbond aangegaan, spreek die Here Here, en jy het myne geword.
9 Daarop het Ek jou met water gewas en jou bloed van jou afgespoel en jou met olie gesalf.
10 Ook het Ek jou beklee met veelkleurige klere en vir jou skoene van robbevel gemaak, en Ek het jou gehul in fyn linne en jou oordek met sy.
11 Verder het Ek jou met sierade versier en armbande aan jou hande gesit en 'n ketting om jou hals.
12 En Ek het 'n ring aan jou neus gesit en oorringe aan jou ore en 'n pragtige kroon op jou hoof.
13 Ja, jy het jou versier met goud en silwer, en jou klere was fyn linne en sy en veelkleurige stowwe; jy het fynmeel en heuning en olie geëet, en jy was buitengewoon mooi en so voorspoedig dat jy koninklike waardigheid bereik het.
14 Daarby het daar 'n naam van jou af uitgegaan onder die nasies vanweë jou skoonheid, want dit was volmaak deur my versiersels wat Ek op jou aangebring het, spreek die Here Here.
15 Maar jy het vertrou op jou skoonheid en gehoereer vanweë jou naam; en jy het jou hoererye uitgestort op elkeen wat verbygegaan het, dat dit syne sou wees.
16 En jy het van jou klere geneem en vir jou kleurige hoogtes gemaak en op hulle gehoereer — dinge wat nie voorgekom het nie en nie moet wees nie.
17 Daarby het jy jou versiersels uit my goud en my silwer geneem wat Ek jou gegee het, en jy het vir jou beelde van manne gemaak en daarmee gehoereer.
18 En jy het jou veelkleurige klere geneem en dié beelde omhul; jy het ook my olie en my reukwerk voor hulle neergesit.
19 En my brood wat Ek jou gegee het — fynmeel en olie en heuning waarmee Ek jou gespysig het — dit het jy voor hulle neergesit as 'n lieflike reuk; ja, so was dit, spreek die Here Here.
20 Verder het jy jou seuns en jou dogters geneem wat jy vir My gebaar het, en dié aan hulle geoffer om verteer te word. Was dit nie genoeg met jou hoererye nie,
21 dat jy my kinders geslag en dié oorgegee het deurdat jy hulle vir hulle deur die vuur laat gaan het?
22 Ook het jy by al jou gruwels en jou hoererye nie gedink aan die dae van jou jeug nie, toe jy naak en bloot was en gelê en spartel het in jou bloed.
23 En ná al jou boosheid — wee, wee jou! spreek die Here Here —
24 het jy vir jou 'n verwulf gebou en vir jou 'n hoogte gemaak op elke plein;
25 by elke uitdraaiplek het jy jou hoogte gebou en jou skoonheid geskend en jou sonder skaamte aangebied aan elkeen wat verbygaan, en jy het jou hoererye vermenigvuldig.
26 Jy het ook gehoereer met die kinders van Egipte, jou baie sinlike nabure; en jy het jou hoerery vermenigvuldig om My te terg.
27 En kyk, Ek het my hand teen jou uitgestrek en die vir jou bestemde deel verminder; en Ek het jou oorgegee aan die hebsug van die wat jou haat, die dogters van die Filistyne wat hulle geskaam het oor jou ontugtige wandel.
28 Verder het jy gehoereer met die kinders van Assur, omdat jy nie bevredig was nie; ja, jy het met hulle gehoereer en is tog nie bevredig nie.
29 En jy het jou hoerery vermenigvuldig na die koopmansland, na Chaldéa; en ook daarmee is jy nie bevredig nie.
30 Hoe smagtend is jou hart, spreek die Here Here, dat jy al hierdie dinge gedoen het, die werk van 'n onbeskaamde hoer;
31 dat jy jou verwulf by elke uitdraaiplek gebou en jou hoogte op elke plein gemaak het! Maar jy was nie eens soos 'n hoer nie, deurdat jy hoereloon gering geag het.
32 o Die vrou wat owerspel bedrywe! Terwyl sy onder haar man staan, het sy vreemdes aangeneem.
33 Hulle gee geskenke aan al die hoere, maar jy het jou geskenke aan al jou minnaars gegee en hulle gifte aangebied om van alle kante na jou te kom in jou hoererye.
34 So was daar dan by jou in jou hoererye net die teendeel van die vroue, omdat hulle jou nie agternageloop het om te hoereer nie, en deurdat jy hoereloon gegee het terwyl aan jou geen hoereloon gegee is nie; daarom was jy die teendeel.
35 Daarom, o hoer, hoor die woord van die Here.
36 So sê die Here Here: Omdat jou koper uitgestort is en jou skaamte ontbloot is deur jou hoererye met jou minnaars en met al jou afskuwelike drekgode, en vanweë die bloed van jou kinders wat jy aan hulle gegee het,
37 daarom, kyk, Ek sal al jou minnaars versamel vir wie jy aangenaam was, en almal wat jy liefgehad het, saam met almal wat jy gehaat het; en Ek sal hulle van alle kante teen jou versamel en jou naaktheid vir hulle ontbloot, sodat hulle jou hele naaktheid kan sien.
38 En Ek sal jou oordeel volgens die verordeninge van vroue wat owerspel bedrywe en bloed vergiet, en sal jou oorgee aan die bloedige dood van grimmigheid en naywer.
39 En Ek sal jou in hulle hand oorgee, en hulle sal jou verwulf afbreek en jou hoogtes omgooi en jou jou klere uittrek en jou versiersels wegneem en jou naak en bloot laat staan.
40 Dan sal hulle teen jou 'n menigte laat optrek en jou stenig en jou met hulle swaarde stukkend kap.
41 Hulle sal ook jou huise met vuur verbrand en strafgerigte teen jou oefen voor die oë van baie vroue; en Ek sal 'n einde aan jou hoerery maak, en jy sal ook nie meer hoereloon gee nie.
42 En Ek sal my grimmigheid tot rus bring teen jou — dan sal my ywer van jou afwyk, en Ek sal stil word en nie meer toornig wees nie.
43 Omdat jy nie gedink het aan die dae van jou jeug nie en my toorn opgewek het met al hierdie dinge — kyk, so sal Ek dan ook jou wandel op jou hoof laat neerkom, spreek die Here Here; en het jy dan nie die skandelike daad gedoen bo al jou gruwels nie?
44 Kyk, elkeen wat spreekwoorde maak, sal 'n spreuk op jou toepas, naamlik: Soos die moeder, so haar dogter.
45 Jy is die dogter van jou moeder, wat 'n afsku gehad het van haar man en haar kinders; en jy is die suster van jou susters, wat 'n afsku gehad het van hulle mans en hulle kinders: julle moeder was 'n Hetitiese vrou, en julle vader 'n Amoriet.
46 En jou groot suster is Samaría, sy met haar dogters wat woon aan jou linkerkant; maar jou suster wat kleiner as jy is, wat aan jou regterkant woon, is Sodom met haar dogters.
47 Maar jy het nie gewandel in hulle weë en nie gehandel volgens hulle gruwels nie; net 'n kort rukkie — en jy het verderfliker gehandel as hulle in al jou weë.
48 So waar as Ek leef, spreek die Here Here, gewis, jou suster Sodom, sy met haar dogters, het nie gehandel soos jy gehandel het, jy met jou dogters nie.
49 Kyk, dít was die ongeregtigheid van jou suster Sodom: In trotsheid, oorvloed van brood en sorgelose rus het sy en haar dogters geleef, maar sy het die hand van die arme en behoeftige nie versterk nie.
50 En toe hulle hoogmoedig was en gruwelikheid voor my aangesig bedryf het, het Ek, toe Ek dit sien, hulle weggeruim.
51 Samaría het ook nie die helfte van jou sondes gedoen nie: jy het gruwels vermenigvuldig, meer as hulle, en jy het jou susters geregverdig deur al jou gruwels wat jy gedoen het.
52 Dra dan ook jou skande, jy wat vir jou susters ingetree het: deur jou sondes wat jy gruweliker gemaak het as hulle, is hulle regverdiger as jy. Skaam jou dan ook, en dra jou skande, omdat jy jou susters geregverdig het.
53 En Ek sal hulle lot verander, die lot van Sodom en haar dogters, en die lot van Samaría en haar dogters; en Ek sal jou lot verander tussen dié twee in;
54 dat jy jou skande kan dra en jou kan skaam oor alles wat jy gedoen het deur hulle te troos.
55 En jou susters, Sodom met haar dogters, sal na hulle vorige toestand terugkeer; en Samaría met haar dogters sal na hulle vorige toestand terugkeer; en jy met jou dogters sal na julle vorige toestand terugkeer.
56 Ja, die naam van jou suster Sodom is in jou mond nie gehoor in die dag van jou trotsheid nie,
57 voordat jou boosheid geopenbaar is, soos in die tyd van versmading deur die dogters van Aram en deur almal wat daar rondom was — die dogters van die Filistyne — wat jou van alle kante verag het.
58 Jou skandelike daad en jou gruwels moet jý dra, spreek die Here Here.
59 Want so sê die Here Here: Ja, Ek doen aan jou soos jy gedoen het, wat die eedswering geminag het deur die verbond te verbreek.
60 Ewenwel sal Ek dink aan my verbond met jou in die dae van jou jeug, en Ek sal met jou 'n ewige verbond oprig.
61 Dan sal jy aan jou weë dink en skaam wees, as jy jou susters aanneem wat groter is as jy, by dié wat kleiner is as jy, en Ek hulle aan jou as dogters gee; al is dit nie kragtens die verbond met jou nie.
62 En Ek sal my verbond met jou oprig, en jy sal weet dat Ek die Here is;
63 sodat jy kan nadink en beskaamd staan en jou mond nie meer oopmaak vanweë jou skande nie, as Ek vir jou versoening sal bewerk oor alles wat jy gedoen het, spreek die Here Here.
A baixa origem de Jerusalém
1 Veio a mim a palavra de Jeová, dizendo: 2 Filho do homem, Ez 20.4;22.2;Is 58.1faze conhecer a Jerusalém todas as suas Ez 8.9-17abominações, 3 e dize: Assim diz o Senhor Jeová a Jerusalém: A tua origem e a tua natividade, vem da terra dos cananeus; Ez 16.45;Gn 11.25-29;15.16;Dt 7.1;Js 24.14-15o amorreu era teu pai, e tua mãe era Ez 16.45;Dt 7.1;Jz 1.26heteia. 4 Quanto à tua natividade, no dia em que nasceste, não te foi cortado o umbigo, nem foste lavada na água para te limpar; não foste esfregada com sal, nem envolta em faixas. 5 Não se apiedou de ti olho algum, para te fazer alguma dessas coisas, compadecendo-se de ti; porém no dia em que nasceste, foste arrojado Dt 32.10fora no campo, porque tiveram nojo de ti.
6 Então, passei junto de ti e, vendo-te Ez 16.22envolta no teu sangue, te disse: Ainda que estás no teu sangue, Êx 19.4;Sl 105.10-15vive. 7 Eu Êx 1.7;Dt 1.10te fiz multiplicar como o renovo do campo, cresceste, e te engrandeceste, e chegaste à grande formosura. Formaram-se os teus peitos, e cresceram os teus cabelos; contudo, estavas Ez 16.22nua e despida. 8 Então, passei junto de ti, olhei para ti, e eis que o teu tempo era tempo de amores. Rt 3.9;Jr 2.2Estendi sobre ti a minha capa e cobri a tua nudez; sim, Gn 22.16-18dei-te juramento Êx 24.7-8e entrei em aliança contigo, diz o Senhor Jeová, Ez 20.5;Êx 19.5;Os 2.19-20e tu ficaste sendo minha. 9 Então, te lavei na água, e te limpei do teu sangue, Rt 3.3e te ungi com óleo. 10 Também te vesti de Ez 16.13,18;Ez 26.16;27.7,16;Êx 26.36roupas bordadas, e te calcei de pele de focas, e te cingi de linho fino, e te cobri de Ez 16.13seda. 11 Também Ez 23.40te enfeitei com adornos e te pus Ez 23.42;Gn 24.22,47;Is 3.19braceletes nas mãos e um Gn 41.42;Pv 1.9colar ao redor do teu pescoço. 12 Eu te pus Gn 24.47;Is 3.21um pendente no nariz, e arrecadas nas orelhas, Ez 16.14;Is 28.5;Jr 13.18e uma bela coroa na cabeça. 13 Assim, foste enfeitada de Ez 16.17;Sl 45.13-14ouro e prata; o teu vestido era de linho fino, Ez 16.10de seda e de bordados; nutriste-te Ez 16.19da flor de farinha, e de mel, e de azeite; eras em Ez 16.14extremo formosa e chegaste a ter 1Sm 10.1;1Rs 4.21estado real. 14 Espalhou-se o teu 1Rs 10.1-24renome entre as nações, por causa da tua formosura; porque era Sl 50.2;Lm 2.15perfeita devido à minha Ez 16.12-13majestade que eu tinha posto em ti, diz o Senhor Jeová.
15 Porém Ez 16.25;Ez 27.3confiaste na tua formosura, e fornicaste por causa do teu renome, e Ez 23.8derramaste as tuas fornicações sobre todo o que passava; estavas ao seu dispor. 16 Tomaste dos teus Ez 16.10vestidos, e te fizeste Ez 6.3,6;20.29-30altos, enfeitados de diversas cores, e fornicaste sobre eles. Coisas semelhantes não virão, nem assim sucederão. 17 Também tomaste as tuas belas Ez 16.11-12joias, feitas do meu ouro e da minha prata que eu te havia dado, Ez 7.20e te fizeste imagens de homens, e fornicaste com elas; 18 tomaste os Ez 16.10teus vestidos bordados, e as cobriste, e puseste diante delas o meu azeite e o meu incenso. 19 Puseste diante delas em suave cheiro o meu pão que te dei, Ez 16.13a flor de farinha, e o azeite, e o mel com que te nutri, e assim se fez, diz o Senhor Jeová. 20 Demais, tomaste teus filhos e tuas filhas, Dt 29.11-12;Is 43.6;2Co 6.18que me geraste, e lhos Ez 20.31;23.37;Sl 106.37-38;Jr 7.31sacrificaste para serem devorados pelas chamas. Acaso, foram as tuas fornicações coisa de tão pouca monta, 21 que mataste os meus filhos e os entregaste, 2Rs 17.17;Jr 19.5fazendo que para elas passassem pelo fogo? 22 Em todas as tuas abominações e fornicações, não te lembraste dos dias da tua mocidade, quando estavas Ez 16.6-7nua, e despida, e envolta no teu sangue.
Descrição da sua grosseira infidelidade
23 Depois de toda a tua maldade Ez 24.6,9(ai, ai de ti! — diz o Senhor Jeová), 24 edificaste para ti Ez 16.31,39;Ez 20.28-29;Jr 11.13lugares altos em todas as ruas. 25 Edificaste a cada canto do caminho Sl 78.58;Is 57.5,7o teu lugar alto, e prostituíste a Ez 16.15tua formosura, e alargaste os teus pés a todo o que passava, e multiplicaste as tuas fornicações. 26 Também fornicaste com Ez 20.7-8;23.19-21os egípcios, teus vizinhos, homens corpulentos; e multiplicaste a tua fornicação, para Ez 8.17;Jr 7.18-19me provocares à ira. 27 Eis que, portanto, Ez 14.13;20.33-34estendi sobre ti a minha mão, e diminuí a tua Ez 16.13porção, Ez 16.37;Ez 23.22-23,28e te entreguei à vontade Ez 16.57;Is 9.12das que te odeiam, das filhas dos filisteus, as quais se envergonhavam do teu caminho depravado. 28 Também fornicaste com os Ez 23.12;2Rs 16.7,10-18;2Cr 28.16,20-23;Jr 2.18,36;Os 10.6assírios, porquanto eras insaciável; sim, fornicaste com eles; contudo, nem ainda ficaste satisfeita. 29 Demais, multiplicaste a tua fornicação na terra de Canaã até Ez 23.14-17Caldeia e nem ainda com isso ficaste satisfeita.
30 Quão Pv 9.13;Is 1.3;Jr 4.22enfraquecido está o teu coração, diz o Senhor Jeová, fazendo tu todas essas coisas, obras duma Is 3.9;Jr 3.3mulher meretriz e desenfreada, 31 edificando a tua câmara abobadada Ez 16.24no canto de todos os caminhos e fazendo o teu lugar alto em todas as ruas! Não tens sido como a meretriz, visto que Is 52.3desprezas a paga. 32 Mulher que comete adultério, que, em lugar do marido recebe os estrangeiros! 33 A todas as prostitutas se dá a sua paga, mas Ez 16.41;Is 57.9;Os 8.9-10tu pagas a todos os teus amantes e lhes dás peitas, para que de todos os lados venham para fornicarem contigo. 34 A ti sucede o contrário do que sucede a outras mulheres; tu fornicas, e ninguém anda após ti para fornicar; Ez 16.33tu dás a paga, e a ti não se te dá a paga; por isso, és diferente das outras.
O castigo de Jerusalém
35 Portanto, ó meretriz, ouve a palavra de Jeová: 36 Assim diz o Senhor Jeová: Porquanto foi excessiva Ez 16.15;Ez 23.10,18,29a tua lascívia e descoberta a tua nudez nas tuas fornicações com os teus amantes; por causa também de todos Ez 20.31;23.37;Jr 19.5os ídolos das tuas abominações e do sangue de teus filhos que lhes deste, 37 portanto, eis que Ez 23.9,22;Jr 13.22,26;Os 2.3,10;Na 3.5-6ajuntarei todos os teus amantes, com os quais te deleitaste, e todos os que amaste, juntamente com todos os que Ez 23.17,28aborreceste; ajuntá-los-ei de todas as partes contra ti e Is 47.3descobrir-lhes-ei a tua nudez, para que vejam toda a tua nudez. 38 Ez 23.45Julgar-te-ei como são julgadas as adúlteras e as que derramam sangue; e te entregarei ao sangue de Ez 23.25;Sl 79.3,5;Jr 18.21;Sf 1.17furor e de ciúme. 39 Também Ez 21.31;23.9,28te entregarei nas mãos dos teus inimigos, que derribarão a tua Ez 16.24,31câmara abobadada e demolirão os teus lugares altos; que te despirão os teus Ez 16.10,16vestidos, tomarão as tuas Ez 16.11-12,17belas joias e te deixarão nua e despida. 40 Também convocarão contra ti Ez 23.47;Hc 1.6-10uma assembleia, e com pedras te apedrejarão, e te traspassarão com as suas espadas. 41 2Rs 25.9;Jr 39.8;52.13Abrasarão com fogo as tuas casas e executarão sobre ti juízos à vista de muitas mulheres. Ez 23.48Farei que cesses de fornicar, e não tornarás mais a dar paga. 42 Ez 5.13;21.17;2Sm 24.25;Zc 6.8Assim, satisfarei em ti o meu furor, e se desviarão de ti os meus ciúmes; ficarei tranquilo Ez 39.29;Is 40.1-2;54.9-10e não me tornarei mais a irar. 43 Porque Ez 16.22;Sl 78.42;106.13não te lembraste dos dias da tua mocidade, mas me Ez 6.9;Is 63.10irritaste por todas estas coisas; por isso, eis que Ez 11.21;22.31farei recair o teu caminho sobre a tua cabeça, diz o Senhor Jeová; e, a todas as suas abominações não acrescentarás esta depravidade.
Jerusalém, pior do que Sodoma ou Samaria
44 Eis que todo o que usa Ez 12.22-23;18.2-3;1Sm 24.13de provérbios usará contra ti este provérbio: Tal mãe, tal filha. 45 Tu és filha de tua mãe, que tem nojo de seu marido e de seus filhos; e tu és Ez 23.2irmã de tuas irmãs, que Ez 23.37-39;Gn 18.20;Is 1.4;Zc 11.8tinham nojo de seus maridos e de seus filhos; Ez 16.3vossa mãe era heteia, e vosso pai, amorreu. 46 Ez 23.4;Jr 3.8-11Tua irmã maior é Samaria, que habita à tua mão esquerda, juntamente com suas filhas; e tua irmã menor, que habita à tua mão direita, Ez 16.48-49,53-56,61;Gn 13.11-13;18.20é Sodoma e suas filhas. 47 Contudo, não andaste Ez 5.7nos seus caminhos, nem fizeste conforme as suas abominações; porém, como se isso fora 1Rs 16.31coisa de pouca monta, foste Ez 16.48,51;Ez 5.6;2Rs 21.9mais corrompida do que elas em todos os teus caminhos. 48 Pela minha vida, diz o Senhor Jeová, Mt 11.23-24não fez Sodoma, tua irmã, nem ela nem suas filhas, como fizeste tu e tuas filhas. 49 Eis que esta era a iniquidade de Sodoma, tua irmã: Ez 28.2,9,17;Gn 19.9;Sl 138.6;Is 3.9a soberba, Gn 13.10;Is 22.13;Am 6.4-6a fartura de pão e Lc 12.16-20;16.19a próspera tranquilidade achavam-se nela e em suas filhas, porém não segurava ela a mão do Ez 18.7,12,16pobre e do necessitado. 50 Eram Ez 7.10arrogantes e cometeram abominações diante de mim; portanto, ao ver isso, Gn 19.24-25as removi do seu lugar. 51 Também Samaria não cometeu a Ez 5.6;23.11metade dos teus pecados, mas tu multiplicaste as tuas abominações mais do que elas e Jr 3.8-11;Mt 12.41-42justificaste tuas irmãs por todas as tuas abominações que praticaste. 52 Tu também, que deste sentença favorável a tuas irmãs, Ez 16.54,61;Ez 23.35;36.6-7leva a tua vergonha; pelos teus pecados que cometeste Ez 16.47-48,51mais abomináveis do que elas, são elas Ez 16.51mais justas do que tu; confunde-te também e leva a tua vergonha, pois Ez 16.51justificaste tuas irmãs.
53 Ez 16.61;Ez 29.14;39.25;Jr 48.47;49.6,39Farei voltar o cativeiro delas, o cativeiro de Sodoma e de suas filhas, e o cativeiro de Samaria e de suas filhas, e o cativeiro dos teus cativos Is 19.24-25no meio delas, 54 para que Ez 16.52,61leves a tua vergonha e sejas Jr 2.26envergonhada por causa de tudo o que tens feito, servindo-lhes de Ez 14.22;31.16conforto. 55 Tuas irmãs, Sodoma e suas filhas, tornarão ao seu estado primitivo, e Samaria e suas filhas tornarão ao seu estado primitivo, e tu e tuas filhas tornareis ao vosso Ez 16.53;Ez 36.11;Ml 3.4estado primitivo. 56 Pois tua irmã Sodoma Is 65.5;Lc 15.28-30não foi mencionada pela tua boca no dia da tua soberba, 57 antes que fosse descoberta Ez 16.36-37a tua maldade, como ela o foi no tempo Ez 5.14-15;22.4;2Rs 16.5-7;2Cr 28.5-6,18-23do opróbrio das filhas da Síria e de todos os que estão ao redor dela, isto é, Ez 16.27das filhas dos filisteus, que te desprezam. 58 A tua depravidade e as tuas abominações, Ez 23.49levaste-as tu, diz Jeová. 59 Pois assim diz o Senhor Jeová: Também te farei a ti Ez 7.3;18.30como fizeste, tu que Ez 17.19;Is 24.5desprezaste o juramento, invalidando a aliança.
Deus lembra-se da sua aliança
60 Contudo, eu me lembrarei da minha Ez 16.8;Sl 105.8;Jr 2.2;Os 2.15aliança contigo nos dias da tua mocidade e estabelecerei contigo uma Ez 37.26;Is 55.3;Jr 32.38-41aliança eterna. 61 Então, te Ez 6.9;Jr 50.4-5lembrarás dos teus caminhos e ficarás envergonhada, quando receberes as tuas irmãs, as irmãs mais velhas e bem assim as irmãs mais moças; e tas darei por filhas, porém não pela tua aliança. 62 Ez 20.37;34.25;37.26Eu estabelecerei a minha aliança contigo e Ez 20.43-44;Jr 24.7saberás que eu sou Jeová, 63 para Ez 36.31-32;Dn 9.7-8que te lembres, e fiques confundida, Sl 39.9;Rm 3.19e não abras mais a tua boca por causa da tua vergonha, quando eu Sl 65.3;78.38;79.9te houver perdoado tudo o que fizeste, diz o Senhor Jeová.