Aanneming van die persoon word veroordeel.
1 MY broeders, laat julle geloof in onse Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid, nie wees met aanneming van die persoon nie.
2 Want as daar in julle vergadering 'n man inkom met goue ringe aan die vingers, met 'n pragtige kleed aan, en daar kom ook 'n arm man in met vuil klere aan;
3 en as julle opsien na hom wat die pragtige kleed dra, en vir hom sê: Gaan u op hierdie goeie plek sit, en vir die arme sê julle: Gaan jy daar staan of hier onder my voetbank sit —
4 het julle dan nie by julleself onderskeid gemaak en regters met verkeerde oorlegginge geword nie?
5 Luister, my geliefde broeders — het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgename van die koninkryk wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie?
6 Maar julle het die arm man oneer aangedoen. Is dit nie juis die rykes wat julle oorweldig en julle voor die regbanke sleep nie?
7 Is dit nie hulle wat die edele Naam belaster wat oor julle aangeroep is nie?
8 As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself — dan doen julle goed.
9 Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf.
10 Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.
11 Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy 'n oortreder van die wet geword.
12 Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word.
13 Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.
Nutteloosheid van geloof sonder werke.
14 WAT baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie?
15 As daar nou 'n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het,
16 en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie — wat baat dit?
17 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.
18 Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.
19 Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.
20 Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?
21 Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie?
22 Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?
23 En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is 'n vriend van God genoem.
24 Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?
25 En is Ragab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met 'n ander pad weggestuur het nie?
26 Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.
Não vos deixeis levar pelos respeitos humanos
1 vd.Tg 1.16Meus irmãos, não tenhais cp.Hb 12.2a fé em nosso Senhor Jesus Cristo, 1Co 2.8; cp.At 7.2Senhor da glória, com Tg 2.9; vd.At 10.34respeitos humanos. 2 Pois, se entrar na vossa reunião algum homem que tem anel de ouro e com cp.Lc 23.11;Tg 2.3vestido esplêndido, e se entrar também um pobre com Zc 3.3s.vestido sujo, 3 e se tratardes com deferência ao que tem o vestido esplêndido e lhe disserdes: Senta-te aqui neste bom lugar, e disserdes ao pobre: Fica-te para ali em pé ou senta-te abaixo do escabelo dos meus pés, 4 não fazeis, porventura, distinções entre vós mesmos e não vos tornais juízes de cp.Lc 18.6; vd.Jo 7.24maus pensamentos? 5 Escutai, meus amados irmãos. 1Co 1.27s.; cp.Jó 34.19Não escolheu Deus os pobres do mundo para fazê-los cp.Lc 12.21;Ap 2.9ricos na fé e vd.Mt 5.3;25.34herdeiros do reino que ele vd.Tg 1.12prometeu aos que o amam? 6 Vós, porém, desprezastes o pobre. Não são os ricos os que vos oprimem e os que vos At 8.3; vd.16.19arrastam perante os tribunais? 7 cp.1Pe 4.16;At 11.26Não são eles os que blasfemam o bom Nome pelo qual sois chamados? 8 Se vós, porém, Mt 7.12;Lv 19.18cumpris a lei real segundo a Escritura:
Amarás ao teu próximo como a ti mesmo,
fazeis bem; 9 mas, se vos deixais levar de respeitos humanos, cometeis um pecado, Dt 1.17sendo condenados pela Lei como transgressores. 10 Pois quem guardar a Lei toda, porém Tg 3.2;2Pe 1.10;Jd 24; cp.Gl 5.3;Mt 5.19tropeçar em um só ponto tem-se tornado culpado de todos. 11 O mesmo que disse: Êx 20.13s.;Dt 5.17s.Não adulterarás, disse também: Não matarás. Ora, se não cometes adultério, mas és homicida, te hás tornado transgressor da Lei. 12 Falai de tal sorte e de tal sorte procedei como aqueles que hão de ser julgados pela vd.Tg 1.25lei da liberdade. 13 Pois o Mt 5.7;18.32-35;Lc 6.37s.; cp.Pv 21.13juízo é sem misericórdia para aquele que não tem usado de misericórdia; a misericórdia triunfa do juízo.
A fé sem obras para nada aproveita
14 cp.Tg 1.22ss.De que serve, meus irmãos, se alguém disser que tem fé se não tiver obras? Acaso, pode essa fé salvá-lo? 15 Mt 25.35s.; cp.Lc 3.11Se um irmão ou uma irmã estiverem nus e necessitarem do pão quotidiano, 16 e algum de vós lhes disser: 1Jo 3.17s.Ide em paz, aquentai-vos e saciai-vos, e não lhes derdes o que é necessário para o corpo, que lhes aproveita? 17 Assim também vd.Gl 5.6;Tg 2.20,26a fé, se não tiver obras, é morta em si mesma. 18 vd.Rm 9.19Mas alguém dirá: Tu tens fé, e eu tenho obras; mostra-me a Rm 3.28;4.6; cp.Hb 11.33tua fé sem as obras, e eu cp.Tg 3.13te mostrarei a minha fé Mt 7.16s.;Gl 5.6pelas minhas obras. 19 Crês tu que Dt 6.4; cp.Mc 12.29Deus é um só? cp.Tg 2.8Fazes bem; Mt 8.29;Mc 1.24;5.7;Lc 4.34; cp.At 19.15os demônios também o creem e estremecem. 20 Mas queres saber, cp.Rm 9.20;1Co 15.36ó homem vão, que a vd.Tg 2.17fé sem as suas obras é estéril? 21 Gn 22.9-10,12,16-18Não foi pelas obras que Abraão, nosso pai, foi justificado, quando ofereceu a seu filho Isaque sobre o altar? 22 Vês que Hb 11.17;Jo 6.29a fé cooperou com as suas obras e que cp.1Ts 1.3pelas suas obras a fé foi consumada, 23 e cumpriu-se o que diz a Escritura:
E vd.Rm 4.3;Gn 15.6Abraão creu a Deus, e isso lhe foi imputado para justiça; e: Ele foi chamado amigo de Deus.
24 Vedes que é pelas obras que o homem é justificado e não somente pela fé. 25 Do mesmo modo, também não Hb 11.31foi Raabe, a meretriz, justificada pelas obras, Js 2.4,6,15quando recebeu os espias e os fez partir por outro caminho? 26 Pois, assim como o corpo sem espírito é morto, assim também a fé sem obras é morta.