Hoe kan 'n mens by God regverdig wees? vra Job. Die hele natuur wys aan dat Hy onverstaanbaar is en ook geen rekenskap gee van sy dade nie.
1 MAAR Job het geantwoord en gesê:
2 Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan 'n mens regverdig wees by God?
3 As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie.
4 Hy is wys van hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly?
5 Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn;
6 wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril;
7 wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter 'n seël wegsluit;
8 wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see;
9 wat die Beer gemaak het, die Oríon en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide;
10 wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal.
11 Gaan Hy by my langs, dan sien ek Hom nie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk.
12 Sleep Hy weg — wie sal Hom teëhou? Wie vir Hom sê: Wat maak U?
13 God wend sy toorn nie af nie; onder Hom moet die helpers van Rahab kruip.
Daarom sal niemand, hoe onskuldig ook, voor God vrygepleit word nie.
14 HOEVEEL minder sal ék Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom;
15 Hom wat ek nie kan antwoord nie, al was ek regverdig: ek kan my regter net om genade smeek!
16 As ek dagvaar en Hy my antwoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal luister nie.
17 Hy wat my deur 'n stormwind sou vernietig en my wonde sonder oorsaak sou vermeerder;
18 my nie sou toelaat om asem te skep nie, maar my sou versadig met bitterhede.
19 Kom dit aan op die krag van die sterkste — hier is Ek! En kom dit op reg aan — wie kan My dagvaar?
20 Al was ek regverdig, my eie mond sou my veroordeel; al was ek onskuldig, Hy sou my as 'n verkeerde reken.
21 Vroom is ek! Ek gee niks om myself nie: ek verfoei my lewe!
Onreg het oral op aarde die oorhand, sê Job; ook in sy geval.
22 DIT is net eenders — daarom sê ek: Die vrome en die goddelose vernietig Hy.
23 As die gésel skielik doodmaak, spot Hy met die vertwyfeling van die onskuldiges.
24 Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesig van die regters bind Hy toe. Is dit nie Hy nie, wie dan anders?
25 Ja, my dae was gouer as 'n hardloper; hulle het weggevlug sonder om voorspoed te sien.
26 Hulle het verbygegly soos skepe van biesies, soos 'n arend wat neerskiet op sy prooi.
27 As ek sê: Ek wil my geklaag vergeet, my droewige gesig laat vaar en vrolik word,
28 dan is ek al bang vir al my smarte: ek weet dat U my nie sal vryspreek nie.
29 Ek sal tog skuldig wees — waarom sal ek my dan tevergeefs afmat?
30 Al was ek my met sneeu en reinig ek my hande met loog,
31 dan sou U my in 'n poel indompel, sodat my klere van my 'n afsku kry.
32 Want Hy is nie 'n man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoord, dat ons saam na die gereg sou kan gaan nie.
33 Daar is geen skeidsregter tussen ons wat sy hand op ons twee kan lê nie.
34 Laat Hy sy roede van my wegneem, en laat sy verskrikking my nie beangstig nie;
35 dan wil ek spreek sonder dat ek vir Hom bevrees is; want só is dit met my nie gesteld nie.
Jó confessa a justiça de Deus e pede alívio à sua miséria
1 Então, respondeu Jó:
2 Na verdade, sei que assim é.
Mas como pode um Jó 4.17;25.4homem ser justo para com Deus?
3 Se alguém quisesse Jó 10.2;13.19;23.6;40.2contender com ele,
de mil coisas não lhe poderia Jó 9.15,32responder nem sequer uma.
4 Jó 11.6;12.13;28.23;38.36-37Sábio é ele de coração e Jó 9.19;23.6poderoso em força.
2Cr 13.12;Pv 29.1Quem se endureceu contra ele e foi bem sucedido?
5 Ele é Jó 9.5-10;26.6-14;41.11quem remove os montes, sem que o saibam,
quando os transtorna na sua ira.
6 Ele Is 2.19,21;13.13;Ag 2.6move a terra do seu lugar,
e as Sl 75.3suas colunas estremecem.
7 Ele dá ordens ao Is 13.10;Ez 32.7-8sol, e o sol não nasce;
e sela as estrelas.
8 Ele sozinho Jó 37.18;Gn 1.1;Sl 104.2;Is 40.22estende os céus
Jó 38.16;Sl 77.19e anda sobre as ondas do mar.
9 Ele faz a Jó 38.31-32;Am 5.8Ursa, o Órion e as Plêiades
e as Jó 37.9câmaras do Sul.
10 Ele Jó 5.9faz grandes coisas inescrutáveis
e maravilhas sem número.
11 Eis que ele passa junto a mim, e eu Jó 23.8-9;35.14não o vejo;
ele segue o seu caminho, mas eu não o percebo.
12 Eis que toma a presa! Jó 10.7;11.10Quem o pode proibir?
Quem lhe dirá: Is 45.9Que é o que fazes?
13 Deus não retirará a sua ira.
Debaixo dele, curvam-se os que ajudam a Jó 26.12;Sl 89.10;Is 30.7;51.9Raabe.
14 Quanto menos lhe Jó 9.3,32responderei eu
e escolherei as minhas palavras para discutir com ele?
15 Jó 9.20-21;10.15Ainda que eu fosse justo, todavia, não lhe responderia;
Jó 8.5faria súplicas ao meu adversário.
16 Se eu tivesse chamado, e ele me tivesse respondido,
ainda assim eu não creria que ele me desse ouvidos à minha voz.
17 Pois ele Jó 16.12,14;30.22me desfaria com uma tempestade
e multiplicaria as minhas feridas sem causa.
18 Jó 7.19;10.20Não me permitiria respirar,
mas me encheria de Jó 13.26;27.2amargura.
19 Se falais da força do poderoso,
Jó 9.4, ref.eis-me aqui, diz ele.
E, se do juízo: Quem me citará para comparecer?
20 Jó 9.15Ainda que eu seja justo, a minha própria boca me Jó 9.29;15.6condenará;
21 embora seja eu sincero, ela me convencerá de perverso.
Eu sou Jó 1.1;12.4;13.18sincero; não me estimo a mim mesmo,
Jó 7.16desprezo a minha vida.
22 Para mim, tudo é o mesmo. Portanto, digo:
Jó 10.7-8Ele destrói o sincero e o iníquo.
23 Se o flagelo mata de repente,
ele Jó 24.12zombará do desespero dos inocentes.
24 A terra Jó 10.3;12.6;16.11está entregue nas mãos dos iníquos.
Ele Jó 12.17cobre os rostos dos juízes dela;
se não é ele, quem é, logo?
25 Jó 7.6Os meus dias são mais velozes do que um correio;
Fogem e Jó 7.7não veem a felicidade.
26 Eles têm passado como Is 18.2navios de papiro,
como a Jó 39.29;Hc 1.8águia que se lança sobre a presa.
27 Se digo: Esquecer-me-ei da Jó 7.11, ref.minha queixa,
deixarei o meu ar triste e tomarei alento;
28 tenho Jó 3.25medo de todas as minhas tristezas,
sei que Jó 7.21;10.14não me terás por inocente.
29 Eu serei Jó 10.2;Sl 37.33condenado;
por que, pois, trabalho eu debalde?
30 Se eu Jr 2.22me lavar com a água de neve
e limpar Jó 31.7as minhas mãos o mais possível,
31 todavia, me submergirás no fosso,
Jó 7.17, ref.E os meus próprios vestidos me abominarão.
32 Pois ele não é homem, como eu, para Jó 9.3eu lhe responder,
para nos encontrarmos em juízo.
33 Não há entre nós um Jó 9.19;1Sm 2.25;Is 1.18árbitro,
para pôr a sua mão sobre ambos.
34 Jó 13.21Tire ele a sua vara de cima de mim,
e não me amedronte o seu terror;
35 então, Jó 13.22eu falarei e não o temerei,
pois eu não sou assim em mim mesmo.