Job gee te kenne dat hy die grootheid van God net so goed ken as Bildad.
1 MAAR Job het geantwoord en gesê:
2 Hoe goed het jy die onmagtige bygestaan, die kragtelose arm gehelp!
3 Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak!
4 Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan?
5 Die skimme is beangs onder die waters en onder die bewoners daarvan.
6 Naak lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie —
7 voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor 'n niks;
8 wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;
9 wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.
10 Hy het 'n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.
11 Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.
12 Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.
13 Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor.
14 Kyk, dit is maar die uitlopers van sy weë, en wat 'n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?
Jó repreende a Bildade e exalta o poder de Deus
1 Então, respondeu Jó:
2 Como sabes ajudar ao que Jó 6.11-12não tem poder!
Como prestar socorro ao braço Sl 71.9que não tem força!
3 Que bons conselhos dás ao que não tem sabedoria
e em quão grande cópia revelas o verdadeiro conhecimento!
4 A quem diriges palavras?
E de quem é o espírito que fala em ti?
5 Tremem debaixo das águas
Jó 3.13, ref.;Sl 88.10os manes e os que ali habitam.
6 Jó 26.6-14;9.5-10;38.17;41.11O Sheol está nu diante dele,
e Jó 28.22;31.12Abadom não tem o que lhe cubra.
7 Ele Jó 9.8, ref.estende o norte sobre o vácuo
e suspende a terra sobre o nada.
8 Jó 37.11;Pv 30.4Encerra as águas nas suas nuvens grossas
e com elas não se rasga a nuvem.
9 Jó 22.14;Sl 97.2;105.39Encobre a face do seu trono
e sobre ele estende a sua nuvem.
10 Descreve Jó 38.8-11;Pv 8.29um limite circular sobre a superfície das águas,
onde Jó 38.19-20,24a luz e as trevas se confinam.
11 As colunas do céu tremem
E se espantam das suas ameaças.
12 Com o seu poder, Is 51.15;Jr 31.35agita o mar
e, pelo seu Jó 12.13, ref.entendimento, traspassa a Jó 9.13Raabe.
13 Pelo seu sopro, Jó 9.8os céus são embelezados,
a sua mão fere Is 27.1a serpente veloz.
14 Eis que essas coisas são somente as bordas dos seus caminhos.
Quão pequeno é o Jó 4.12sussurro que dele ouvimos!
Porém o Jó 36.29;37.4-5trovão dos seus grandes feitos, quem o poderá entender?