Die lewe is swaar, dié van Job veral.
1 HET die mens nie 'n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van 'n dagloner nie?
2 Soos 'n slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos 'n dagloner wat wag op sy werkloon,
3 so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem.
4 As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môreskemering toe.
5 My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer.
6 My dae is vinniger as 'n wewerspoel en verdwyn sonder verwagting.
7 Bedink tog dat my lewe wind is; my oog sal die voorspoed nie weer sien nie.
8 Die oog van hom wat my sien, sal my nie meer aanskou nie. U oë is op my — en ek is daar nie!
9 Die wolk verdwyn en gaan heen — so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie.
10 Hy sal nie meer teruggaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie.
Daarom wil hy klae en vra waarom God hom só besoek.
11 SO wil dan ook ék my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel.
12 Is ek 'n see, of 'n groot seedier, dat U 'n wag teen my opstel?
13 As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra,
14 dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte,
15 sodat ek die verwurging verkies, die dood meer as hierdie geraamte van my.
16 Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid.
17 Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee?
18 En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel?
19 Hoe lank sal U nie van my af wegkyk nie, my nie laat staan nie, totdat ek my speeksel insluk?
20 As ek gesondig het, wat doen ek U aan, o Mensebewaker? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot 'n las is?
21 En waarom vergeef U nie my oortreding en neem my ongeregtigheid nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lê; dan sal U my soek, maar ek sal daar nie wees nie.
1 Não é a sorte do homem sobre a terra Jó 5.7;10.17;14.1,14a dum soldado?
Não são os seus dias como os dum Jó 14.6jornaleiro?
2 Como o escravo que suspira pela sombra
e como o jornaleiro que espera pela sua paga,
3 assim se me fez passar meses de vaidade,
Jó 16.7e noites trabalhosas me são apontadas.
4 Jó 7.13-14;Dt 28.67Ao deitar-me, digo:
Quando me levantarei? Mas comprida é a noite;
estou farto de me revolver até o romper da alva.
5 Jó 2.7, ref.A minha carne está vestida de vermes e de crostas terrosas;
a minha pele solda-se e, de novo, rebenta.
6 Os meus dias são Jó 9.25mais velozes do que a lançadeira do tecelão
e gastam-se Jó 13.15;14.19;17.15-16;19.10sem esperança.
7 Lembra-te de que a minha vida é Jó 7.16vento;
os meus olhos Jó 9.25não tornarão a ver a felicidade.
8 Jó 8.18;20.9Os olhos do que me vê não me contemplarão mais;
os teus olhos estarão sobre mim, porém Jó 7.21não serei mais.
9 Assim como a Jó 30.15nuvem se desfaz e passa,
assim Jó 3.13-19, ref.aquele que desce ao Jó 11.8;14.13;17.13,16Sheol não subirá mais.
10 Nunca mais tornará à sua casa,
nem Jó 8.18;20.9;27.21,23o lugar onde habita o conhecerá jamais.
11 Portanto, Jó 10.1;21.4;23.2eu não reprimirei a minha boca,
falarei na angústia do meu espírito
e queixar-me-ei na amargura da minha alma.
12 Sou eu o mar ou Ez 32.2-3monstro do mar,
para que me ponhas guarda?
13 Dizendo eu: Jó 7.4;Sl 6.6Consolar-me-á o meu leito,
a minha cama aliviará a minha queixa;
14 então, me assustas com sonhos,
e, com visões, me atemorizas;
15 de sorte que a minha alma escolhe a sufocação
e a morte antes do que estes meus ossos.
16 Jó 6.9;9.21;10.1Abomino a minha vida; não quero viver para sempre.
Deixa-me, pois, porque Jó 7.7os meus dias são vaidade.
17 Jó 22.2;Sl 8.4;144.3;Hb 2.6Que é o homem, para tu o engrandeceres,
e pores nele o teu coração,
18 Jó 14.3e o visitares todos os dias,
e o experimentares a todo o momento?
19 Até quando Jó 9.18;10.20;14.6não apartará de mim a tua vista,
até quando não me darás tempo de engolir a minha saliva?
20 Jó 35.3,6Se pequei, que é o que te pude fazer, ó vigia dos homens?
Por que Jó 10.14;16.12me puseste como tropeço a ti,
de sorte que me tornei pesado a mim mesmo?
21 Por que Jó 9.28;10.14não perdoas a minha transgressão
e não tiras a minha iniquidade?
Pois, agora, Jó 10.9me deitarei no pó;
tu me buscarás com empenho, Jó 8.8porém eu não serei mais.