Jóahas, Jójakim en Jójagin konings van Juda.
1 EN die volk van die land het Jóahas, die seun van Josía, geneem en hom koning gemaak in die plek van sy vader in Jerusalem.
2 Drie-en-twintig jaar was Jóahas oud toe hy koning geword het, en drie maande het hy in Jerusalem geregeer.
3 En die koning van Egipte het hom in Jerusalem afgesit en die land 'n boete opgelê van honderd talente silwer en 'n talent goud.
4 Daarop het die koning van Egipte sy broer Éljakim koning gemaak oor Juda en Jerusalem en sy naam verander in Jójakim; maar Nego het sy broer Jóahas saamgeneem en hom na Egipte gebring.
5 Vyf-en-twintig jaar was Jójakim oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here sy God.
6 Nebukadnésar, die koning van Babel, het teen hom opgetrek en hom met koperkettings geboei om hom na Babel te vervoer.
7 Ook van die voorwerpe van die huis van die Here het Nebukadnésar na Babel gebring en dit in sy tempel in Babel gesit.
8 Die verdere geskiedenis van Jójakim en sy gruwels wat hy bedryf het, en wat verder by hom gevind is, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda; en sy seun Jójagin het in sy plek koning geword.
9 Agttien jaar was Jójagin oud toe hy koning geword het, en drie maande en tien dae het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here.
10 By die wisseling van die jaar het koning Nebukadnésar gestuur en hom na Babel laat bring, saam met die kosbare voorwerpe van die huis van die Here, en sy broer Sedekía koning oor Juda en Jerusalem gemaak.
Sedekía die laaste koning van Juda. Nebukadnésar verwoes Jerusalem en voer die volk weg in gevangenskap.
11 EEN-EN-TWINTIG jaar was Sedekía oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer.
12 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here sy God; hy het hom nie verootmoedig nie voor Jeremia, die profeet, wat gespreek het uit die mond van die Here.
13 En hy het ook gerebelleer teen koning Nebukadnésar wat hom by God laat sweer het; maar hy was hardnekkig en het sy hart verhard, sodat hy hom nie tot die Here, die God van Israel, bekeer het nie.
14 Ook al die owerstes van die priesters en die volk het baie ontrou gehandel, volgens al die gruwels van die heidene, en die huis van die Here wat Hy in Jerusalem geheilig het, verontreinig.
15 En die Here, die God van hulle vaders, het vroeg en laat na hulle gestuur deur die diens van sy boodskappers; want Hy het medelyde met sy volk en met sy woning gehad.
16 Maar hulle het die boodskappers van God uitgelag en sy woorde verag en met sy profete gespot, totdat die grimmigheid van die Here teen sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.
17 So het Hy dan die koning van die Chaldeërs teen hulle laat optrek, en dié het hulle jongmanne met die swaard in die huis van hulle heiligdom gedood en geen jongman of jongmeisie, oue of gryse, verskoon nie: Hy het alles in sy hand gegee.
18 En al die voorwerpe van die huis van God, groot en klein, en die skatte van die huis van die Here en die skatte van die koning en van sy vorste, alles het hy na Babel gebring.
19 En hulle het die huis van God verbrand en die muur van Jerusalem omgegooi en al die paleise daarvan met vuur verbrand, sodat al die kosbare voorwerpe daarvan vernietig is.
20 En die wat van die swaard oorgebly het, het hy na Babel in ballingskap weggevoer, en hulle het vir hom en sy seuns slawe geword, totdat die koninkryk van Persië tot heerskappy gekom het,
21 sodat die woord van die Here deur die mond van Jeremia vervul sou word: totdat die land vir sy sabbatte vergoeding gekry het; al die dae van die verwoesting het dit gerus om sewentig jaar vol te maak.
Kores gee die Jode verlof om na hulle land terug te gaan.
22 EN in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die Here — sodat die woord van die Here deur die mond van Jeremia in vervulling sou gaan — die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy 'n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:
23 So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die Here, die God van die hemel, aan my gegee, en Hý het my opgedra om vir Hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort — mag die Here sy God met hom wees, en laat hom optrek!
Jeoacaz é levado cativo para o Egito
1 2Rs 23.30-34Então, o povo da terra tomou a Jr 22.11Jeoacaz, filho de Josias, e o constituíram rei de Jerusalém, em lugar de seu pai. 2 Tinha Jeoacaz vinte e três anos quando começou a reinar e reinou três meses em Jerusalém. 3 O rei do Egito o depôs em Jerusalém e condenou a terra a pagar cem talentos de prata e um talento de ouro. 4 O rei do Egito constituiu a Eliaquim, irmão de Jeoacaz, rei sobre Judá e sobre Jerusalém e mudou-lhe o nome em Jeoaquim. Jr 22.10-12Neco temeu a Jeoacaz, irmão dele, e levou-o para o Egito.
Jeoaquim reina
5 2Rs 23.36-37;Jr 22.13-19Jeoaquim tinha vinte e cinco anos quando começou a reinar e reinou onze anos em Jerusalém. Fez o mal à vista de Jeová, seu Deus. 6 2Rs 24.1Contra ele subiu Nabucodonosor, rei da Babilônia, e 2Cr 33.11o amarrou com cadeias, Jr 22.18-19a fim de o levar para Babilônia. 7 2Rs 24.13Nabucodonosor também levou vasos da Casa de Jeová para Babilônia e pô-los no seu templo, em Babilônia. 8 2Rs 24.5Ora, o resto dos atos de Jeoaquim, e as abominações que ele cometeu, e o que se achou nele estão escritos no Livro dos Reis de Israel e de Judá. Em lugar dele, reinou seu filho Joaquim.
9 Tinha 2Rs 24.8-17Joaquim oito anos quando começou a reinar, e reinou três meses e dez dias em Jerusalém. Fez o mal à vista de Jeová. 10 2Sm 11.1Decorrido o ano, enviou o rei Nabucodonosor e mandou trazê-lo a Babilônia, juntamente com os vasos da Casa de Jeová, e constituiu a Jr 37.1Zedequias, irmão de Joaquim, rei sobre Judá e sobre Jerusalém.
Zedequias reina
11 2Rs 24.18-20;Jr 52.1Zedequias tinha vinte e um anos quando começou a reinar e reinou onze anos em Jerusalém. 12 Fez o mal à vista de Jeová, seu Deus; 2Cr 33.23não se humilhou Jr 21.3-7diante do profeta Jeremias, que lhe falava da parte de Jeová. 13 Jr 52.3;Ez 17.15Rebelou-se também contra o rei Nabucodonosor, que o tinha ajuramentado por Deus. 2Cr 30.8Fez rija a sua cerviz e endureceu o seu coração, para não voltar para Jeová, seu Deus. 14 Além disso, todos os principais dos sacerdotes e o povo transgrediram muitíssimo, segundo todas as abominações das nações; e profanaram a casa que Jeová tinha santificado em Jerusalém. 15 Jeová, Deus de seus pais, Jr 7.13;25.3falou-lhes por meio dos seus mensageiros, levantando-se cedo para lhes falar; porque teve compaixão do seu povo e da sua morada. 16 Eles, porém, 2Cr 30.10;Jr 5.12-13zombavam dos mensageiros de Deus, e Pv 1.24-32desprezavam as suas palavras, e mofavam dos seus profetas, Ed 5.12até que o furor de Jeová se levantou contra o seu povo, e não houve remédio algum.
Jerusalém devastada
17 2Rs 25.1-7Por isso, fez vir sobre eles o rei dos caldeus, que matou os seus mancebos à espada, na casa do seu santuário, e não teve compaixão nem do moço nem da donzela, nem do velho nem do decrépito; entregou-lhos todos nas mãos. 18 2Cr 36.7,10Todos os vasos da Casa de Deus, assim grandes como pequenos, e os tesouros da Casa de Jeová, e os tesouros do rei e dos seus príncipes, tudo ele levou para Babilônia. 19 2Rs 25.9;Jr 52.13Queimaram a Casa de Deus, derribaram o muro de Jerusalém, puseram fogo a todos os seus palácios e destruíram todos os seus vasos custosos. 20 Os que escaparam da espada, a esses 2Rs 25.11levou ele para Babilônia; e Jr 27.7tornaram-se seus servos e de seus filhos até o império do reino da Pérsia, 21 Jr 29.10para se cumprir a palavra de Jeová por boca de Jeremias, até ter Lv 26.33a terra gozado dos seus sábados. Pois Lv 25.4enquanto ela jazia desolada, guardava os sábados para se completarem setenta anos.
Ciro decreta a reconstrução do templo
22 Ed 1.1-3Ora, no primeiro ano de Ciro, rei da Pérsia, para que se cumprisse a palavra de Jeová Jr 25.12;29.10por boca de Jeremias, Is 44.28moveu Jeová o espírito de Ciro, rei da Pérsia, para fazer por todo o reino de viva voz e por escrito este pregão: 23 Assim diz Ciro, rei da Pérsia: Jeová, Deus do céu, deu-me todos os reinos da terra e encarregou-me de lhe edificar uma casa em Jerusalém de Judá. Quem entre vós é do seu povo, seja com ele Jeová, seu Deus, e suba.