Skeuring van die ryk: Rehábeam koning van Juda, Jeróbeam koning van Israel.
1 EN Rehábeam het na Sigem gegaan, want die hele Israel het na Sigem gekom om hom koning te maak.
2 En net toe Jeróbeam, die seun van Nebat, dit hoor — hy was in Egipte waarheen hy vir koning Salomo weggevlug het — het Jeróbeam uit Egipte teruggekom.
3 En hulle het gestuur en hom laat roep. Toe kom Jeróbeam met die hele Israel, en hulle het Rehábeam toegespreek en gesê:
4 U vader het ons juk hard gemaak; maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien.
5 En hy sê vir hulle: Kom oor drie dae na my terug. En die volk het gegaan.
6 Daarop hou koning Rehábeam raad met die oudstes wat voor sy vader Salomo gedurende sy lewe gestaan het, en hy vra: Wat raai u aan om hierdie volk te antwoord?
7 En hulle het met hom gespreek en gesê: As u vir hierdie volk goed is en hulle behaag en hulle met vriendelike woorde toespreek, sal hulle altyd u dienaars wees.
8 Maar hy het die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gehou met die jongmanne wat saam met hom grootgeword en in sy diens gestaan het.
9 En hy vra hulle: Wat raai julle aan dat ons hierdie volk sal antwoord wat my toegespreek en gesê het: Maak die juk wat u vader ons opgelê het, ligter?
10 En die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, antwoord hom en sê: Só moet u die volk antwoord wat met u gespreek en gesê het: U vader het ons juk swaar gemaak, maar maak u dit ligter oor ons — só moet u hulle antwoord: My pinkie is dikker as my vader se lendene.
11 Het my vader dan nou 'n swaar juk op julle gelaai — ék sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig — ék sal julle met gésels tugtig.
12 Toe Jeróbeam en die hele volk dan op die derde dag by Rehábeam kom soos die koning gespreek en gesê het: Kom na my terug op die derde dag —
13 het die koning hulle 'n harde antwoord gegee; koning Rehábeam het die raad van die oudstes in die wind geslaan
14 en met hulle gespreek volgens die raad van die jongmanne en gesê: Het my vader julle juk swaar gemaak — ék sal daar nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig — ék sal julle met gésels tugtig.
15 So het die koning dan nie na die volk geluister nie, want dit was 'n beskikking van God, sodat die Here sy woord sou vervul wat Hy gespreek het deur die diens van Ahía, die Siloniet, tot Jeróbeam, die seun van Nebat.
16 Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter aandeel het ons aan Dawid? En daar is geen erfdeel aan die seun van Ísai nie! Elkeen na sy tente toe, Israel! Sorg vir jou eie huis, Dawid! Daarop het die hele Israel na sy tente gegaan.
17 Maar oor die kinders van Israel wat in die stede van Juda gewoon het, oor hulle was Rehábeam koning.
18 Toe stuur koning Rehábeam Hadóram wat oor die dwangarbeid was, maar die kinders van Israel het hom gestenig, sodat hy gesterf het, en koning Rehábeam het hom geweer om op 'n wa te klim, om na Jerusalem te vlug.
19 So het die Israeliete dan afvallig geword van die huis van Dawid tot vandag toe.
Roboão segue maus conselhos
1 1Rs 12.1-20Partiu Roboão para Siquém, pois todo o Israel se tinha ajuntado ali para o constituir rei. 2 O que tendo ouvido Jeroboão, filho de Nebate (pois 1Rs 11.40estava no Egito, para onde tinha fugido da presença do rei Salomão), voltou do Egito. 3 Mandaram chamá-lo; Jeroboão e todo o Israel vieram e falaram a Roboão: 4 Teu pai fez duro o nosso jugo; agora, alivia a dura servidão de teu pai e o jugo pesado que nos impôs, e te serviremos. 5 Ele lhes respondeu: Tornai a vir ter comigo depois de três dias. Então, o povo se foi.
6 Teve Roboão conselho com os homens idosos que tinham assistido diante de seu pai Salomão, quando ainda vivia, dizendo: Que me aconselhais vós que responda a este povo? 7 Responderam-lhe eles: Se te fizeres benigno para com este povo, e lhes agradares, e lhes falares boas palavras, eles te servirão para sempre. 8 Mas ele desaprovou o conselho que os homens idosos lhe haviam dado e teve conselho com os moços que haviam crescido com ele e lhe assistiam. 9 Perguntou-lhes: Que aconselhais vós que respondamos a este povo que me disse: Alivia o jugo que teu pai nos impôs? 10 Responderam-lhe os moços que haviam crescido com ele: Assim dirás a este povo que te falou: Teu pai fez pesado o nosso jugo, mas alivia-o tu; assim lhes responderás: O meu dedo mínimo é mais grosso do que os lombos de meu pai. 11 Agora, visto que meu pai vos carregou dum jugo pesado, eu acrescentarei ainda sobre o vosso jugo; meu pai castigou-vos com açoites; eu vos castigarei com escorpiões.
Revolta de Israel sob Jeroboão
12 Vieram Jeroboão e todo o povo ter com Roboão no terceiro dia, como o rei tinha ordenado, dizendo: Vinde ter comigo ao terceiro dia. 13 O rei respondeu-lhes asperamente. O rei Roboão desaprovou o conselho dos homens idosos 14 e falou-lhes segundo o conselho dos moços: Meu pai fez pesado o vosso jugo, mas eu lhes acrescentarei mais; meu pai castigou-vos com açoites; eu, porém, vos castigarei com escorpiões. 15 Assim, o rei não deu ouvidos ao povo, 2Cr 25.16-20porque era da vontade de Deus, 1Rs 11.29-39para que Jeová estabelecesse a sua palavra, que, por meio de Aías, silonita, falou a Jeroboão, filho de Nebate.
16 Vendo todo o Israel que o rei não lhes dava ouvidos, respondeu o povo ao rei: 2Sm 20.1Que parte temos com Davi? Nem temos herança no filho de Jessé; cada um às suas tendas, ó Israel! Agora, cuida da tua casa, Davi! 2Cr 10.19Assim, se foi todo o Israel para as suas tendas. 17 Mas, quanto aos filhos de Israel que habitavam nas cidades de Judá, sobre eles reinou Roboão. 18 O rei Roboão enviou a 1Rs 4.6;5.14Hadorão, que era superintendente da gente de trabalhos forçados, e os filhos de Israel o apedrejaram, de modo que morreu. O rei Roboão, apressadamente, montou no seu carro e fugiu para Jerusalém. 19 Assim, se rebelou Israel contra a casa de Davi até o dia de hoje.