Joas laat die tempel herstel; sy afgodery ná die dood van Jójada. Hy bring Sagaría om die lewe, omdat dié sy afgodery bestraf het.
1 JOAS was sewe jaar oud toe hy koning geword het, en hy het veertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Sibja, uit Berséba.
2 En Joas het gedoen wat reg was in die oë van die Here, al die dae van die priester Jójada.
3 En Jójada het vir hom twee vroue geneem, en hy het die vader geword van seuns en dogters.
4 En daarna het Joas hom voorgeneem om die huis van die Here te herstel.
5 Daarom het hy die priesters en die Leviete versamel en aan hulle gesê: Gaan uit na die stede van Juda en versamel geld uit die hele Israel om van jaar tot jaar die huis van julle God te herstel; en júlle moet gou maak met die saak! Maar die Leviete het nie gou gemaak nie.
6 Toe roep die koning die hoofpriester Jójada en sê vir hom: Waarom het jy nie gesorg dat die Leviete uit Juda en uit Jerusalem die belasting van Moses, die kneg van die Here, en van die vergadering van Israel vir die tent van die Getuienis inbring nie?
7 Want die goddelose Atália — haar seuns het in die huis van God ingebreek en selfs al die heilige gawes van die huis van die Here vir die Baäls gebruik.
8 Op bevel van die koning maak hulle toe 'n kis en sit dit buitekant by die poort van die huis van die Here neer.
9 En hulle het uitgeroep in Juda en in Jerusalem om aan die Here die belasting wat Moses, die kneg van God, op Israel in die woestyn gelê het, te bring.
10 Toe was al die owerstes en die hele volk bly, en hulle het dit ingebring en in die kis gegooi totdat hulle klaar was.
11 En elke keer as hulle die kis deur die diens van die Leviete by die wag van die koning bring en hulle sien dat die geld baie is, kom die skrywer van die koning en die opsigter van die hoofpriester en hulle maak die kis leeg en bring dit weer na sy plek terug; so het hulle van dag tot dag gedoen en geld in menigte versamel.
12 En die koning en Jójada het dit aan die uitvoerders van die werk aan die huis van die Here gegee, en dié het klipkappers en skrynwerkers gehuur om die huis van die Here te herstel, en ook yster- en kopersmede om die huis van die Here te verbeter.
13 En die uitvoerders van die werk was ywerig besig, sodat die herstellingswerk deur hulle hand gevorder het, en hulle het die huis van God herstel volgens sy oorspronklike bouplan en dit reggemaak.
14 En toe hulle klaar was, het hulle die orige geld voor die koning en Jójada gebring, en hy het daarvan gereedskap laat maak vir die huis van die Here, diens- en offergereedskap en rookpanne en goue en silwervoorwerpe; en hulle was gedurigdeur besig om brandoffers te bring in die huis van die Here al die dae van Jójada.
15 En Jójada het oud geword en was afgeleef en het gesterwe; hy was honderd-en-dertig jaar oud toe hy gesterf het.
16 En hy is begrawe in die stad van Dawid by die konings; want hy het goed gedoen in Israel teenoor God sowel as teenoor sy huis.
17 Maar ná die dood van Jójada kom die owerstes van Juda en buig hulle voor die koning neer. Toe het die koning na hulle geluister,
18 en hulle het die huis van die Here, die God van hulle vaders, verlaat en het die heilige boomstamme en die afgode gedien. Toe kom daar 'n toorn oor Juda en Jerusalem weens hierdie skuld van hulle.
19 En Hy het profete onder hulle gestuur om hulle na die Here terug te bring; en dié het hulle gewaarsku, maar hulle het nie gehoor gegee nie.
20 Toe het die Gees van God Sagaría, die seun van die priester Jójada, vervul, en dié het voor die volk gaan staan en aan hulle gesê: So spreek God: Waarom oortree julle die gebooie van die Here en wil julle nie voorspoedig wees nie? Omdat julle die Here verlaat het, het Hy julle verlaat.
21 Daarop smee hulle 'n sameswering teen hom en stenig hom op bevel van die koning in die voorhof van die huis van die Here.
22 En koning Joas het nie gedink aan die guns wat sy vader Jójada aan hom bewys het nie en het sy seun vermoor. Maar toe dié sterwe, het hy gesê: Mag die Here dit sien en rekenskap vorder!
23 En by die wisseling van die jaar het 'n leër van Aram teen hom opgetrek, en hulle het in Juda en Jerusalem aangekom en al die volksowerstes onder die volk uitgeroei en al hulle buit na die koning van Damaskus gestuur.
24 Alhoewel die leër van Aram met 'n geringe aantal manne gekom het, het die Here tog 'n baie groot leër in hulle hand gegee, omdat hulle die Here, die God van hulle vaders, verlaat het. En hulle het strafgerigte geoefen teen Joas.
25 En toe hulle van hom wegtrek — want hulle het hom in hewige pyne agtergelaat — smee sy dienaars 'n sameswering teen hom vanweë die bloed van die seun van die priester Jójada; en hulle het hom op sy bed vermoor, sodat hy gesterf het; en hy is begrawe in die stad van Dawid, maar hulle het hom nie in die grafte van die konings begrawe nie.
26 En dít is hulle wat teen hom saamgesweer het: Sabad, die seun van Símeat, die Ammonitiese, en Jósabad, die seun van Simrit, die Moabitiese.
27 En sy seuns en die baie godsprake teen hom en die grondvesting van die huis van God — kyk, dit is beskrywe in die Uitleg van die boek van die konings. En sy seun Amásia het in sy plek koning geword.
Joás dá ordens para consertar o templo
1 2Rs 11.21;12.1-16Tinha Joás sete anos quando começou a reinar e reinou quarenta anos em Jerusalém. Sua mãe chamava-se Zíbia, de Berseba. 2 2Cr 26.4-5Joás fez o que era reto aos olhos de Jeová todos os dias do sacerdote Joiada. 3 Tomou-lhe Joiada duas mulheres, das quais teve filhos e filhas.
4 Depois disso, resolveu Joás 2Cr 24.7restaurar a Casa de Jeová. 5 Congregou os sacerdotes e os levitas e disse-lhes: Saí pelas cidades de Judá, e levantai de todo o 2Cr 21.2Israel dinheiro para reparardes a casa de vosso Deus de ano em ano, e fazei isso depressa. Contudo, os levitas não o fizeram depressa. 6 O rei mandou chamar o sacerdote Joiada e perguntou-lhe: Por que não tens obrigado os levitas a trazerem de Judá e de Jerusalém Êx 30.12-16o imposto que Moisés, servo de Jeová, pôs sobre a congregação de Israel, Nm 1.50para a tenda do Testemunho? 7 Pois 2Cr 21.17os filhos de Atalia, essa mulher ímpia, tinham arruinado a Casa de Deus; e usaram todas as coisas sagradas da Casa de Jeová no serviço dos Baalins.
8 Mandou o rei, e fizeram um cofre e puseram-no do lado de fora, à porta da Casa de Jeová. 9 2Cr 36.22Publicou-se em Judá e em Jerusalém que trouxessem para Jeová 2Cr 24.6o imposto que Moisés, servo de Deus, tinha lançado sobre Israel no deserto. 10 Regozijaram-se todos os príncipes e todo o povo, e trouxeram o imposto, e o lançaram no cofre, até ficar cheio. 11 Quando o cofre era levado para o rei examiná-lo por meio dos levitas, na ocasião em que estes viam que havia muito dinheiro, vinham o escrivão do rei e o deputado do sumo sacerdote e esvaziavam o cofre e, tomando-o, tornaram a levá-lo para o seu lugar. Assim, faziam dia após dia e ajuntaram dinheiro em abundância. 12 O rei e Joiada deram-no aos que estavam encarregados do serviço da Casa de Jeová, os quais alugaram pedreiros e carpinteiros para restaurarem a Casa de Jeová, bem como os que trabalhavam em ferro e em bronze para repararem a Casa de Jeová. 13 Assim, trabalhavam os oficiais, e por eles a obra era levada à perfeição, e restituíram a Casa de Deus ao seu estado e a consolidaram. 14 Tendo eles acabado a obra, trouxeram ao rei e a Joiada o resto do dinheiro, de que se fizeram vasos para a Casa de Jeová, vasos para se usar no ministério e nas ofertas, e colheres, e vasos de ouro e de prata. Ofereceram holocaustos continuamente na Casa de Jeová, durante todos os dias de Joiada.
Apostasia do povo
15 Joiada, porém, envelheceu e, cheio de dias, morreu. Tinha ele cento e trinta anos quando morreu. 16 Sepultaram-no com os reis 2Cr 21.20na Cidade de Davi, porque tinha feito o bem em 2Cr 21.2Israel e para com Deus e sua casa. 17 Ora, depois da morte de Joiada, vieram os príncipes de Judá e prostraram-se diante do rei. Então, o rei lhes deu ouvidos. 18 2Cr 24.4Abandonaram a Casa de Jeová, Deus de seus pais, e Êx 34.12-14serviram aos Aserins e os ídolos; e, por esta sua culpa, veio Js 22.20grande ira sobre Judá e sobre Jerusalém. 19 Contudo, Jr 7.25Jeová lhes enviou profetas para os reconduzir a si; estes protestaram contra eles, que não lhes quiseram, porém, dar ouvidos.
Zacarias repreende ao povo
20 2Cr 20.14O Espírito de Deus apoderou-se de Zacarias, filho do sacerdote Joiada, que se pôs em pé acima do povo e lhe disse: Assim diz Deus: Nm 14.41Por que transgredis vós os mandamentos de Jeová, de modo que não possais prosperar? 2Cr 15.2Porque abandonastes a Jeová, ele também vos abandonará. 21 Ne 9.26;Mt 23.34-35Conspiraram contra ele e, por ordem do rei, o apedrejaram no átrio da Casa de Jeová. 22 Assim, o rei Joás não se lembrou da bondade que Joiada, pai de Zacarias, lhe mostrara, mas matou-lhe o filho. Este, quando expirava, disse: Gn 9.5Veja-o Jeová e o retribua.
23 Decorrido o ano, subiu contra ele 2Rs 12.17o exército dos siros; e, vindo a Judá e a Jerusalém, destruíram dentre o povo a todos os seus príncipes, cujo despojo remeteram todo ao rei de Damasco. 24 Veio o exército dos siros composto de poucos homens; mas 2Cr 16.7-8Jeová entregou-lhes nas mãos um exército mui grande, 2Cr 24.20porque tinham deixado a Jeová, Deus de seus pais. Assim, executaram juízos sobre Joás.
25 2Rs 12.20-21Quando os siros se retiraram dele (pois o deixaram muito doente), conspiraram contra ele os seus servos, por causa do sangue dos filhos do sacerdote Joiada, e o mataram no seu leito, e ele morreu. Sepultaram-no na Cidade de Davi, porém não o sepultaram nos sepulcros dos reis. 26 Estes são os que conspiraram contra ele: Zebade, filho de Simeate, amonita, e Jozabade, filho de Sinrete, moabita. 27 Ora, quanto a seus filhos, e ao número das profecias de que foi objeto, 2Cr 24.12e à restauração da Casa de Deus, eis que estão escritos 2Cr 13.22no Comentário do Livro dos Reis. Em seu lugar, reinou seu filho Amazias.