Oorwinning van Jósafat oor die Moabiete en Ammoniete. Einde van sy regering.
1 EN daarna het die kinders van Moab en die kinders van Ammon, en saam met hulle 'n deel van die Meüniete teen Jósafat gekom om te veg.
2 Toe hulle kom en aan Jósafat berig bring en sê: Daar kom 'n groot menigte teen u van anderkant die see, van Edom af, en kyk, hulle is al in Háseson-Tamar — dit is Éngedi —
3 het Jósafat bevrees geword en sy aangesig daarop gerig om die Here te soek, en hy het oor die hele Juda 'n vasdag uitgeroep.
4 En Juda het byeengekom om van die Herehulp te soek; selfs uit al die stede van Juda het hulle gekom om die Here te soek.
5 Toe gaan Jósafat in die vergadering van Juda en Jerusalem staan, in die huis van die Here, voor die nuwe voorhof;
6 en hy sê: Here, God van ons vaders, is Ú nie God in die hemel nie, en is Ú nie Heerser oor al die koninkryke van die nasies nie? Ja, in u hand is krag en sterkte, sodat niemand teen U kan standhou nie.
7 Het Ú, onse God, nie die inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdrywe en dit vir altyd aan die nageslag van Abraham, u vriend, gegee nie?
8 En hulle het daarin gaan woon en daarin vir U 'n heiligdom tot eer van u Naam gebou, met die gedagte:
9 As daar oor ons onheil kom — swaard, straf of pes of hongersnood — sal ons voor hierdie huis en voor u aangesig gaan staan; want u Naam is in hierdie huis; en ons sal U aanroep uit ons benoudheid, dat U kan hoor en verlos.
10 En hier is nou die kinders van Ammon en Moab en die mense van die gebergte Seïr, onder wie U Israel nie toegestaan het om te trek by hulle koms uit Egipteland nie; want hulle het van hulle weggedraai en hulle nie verdelg nie.
11 Ja, kyk, hulle vergeld ons dit deur te kom om ons uit u besitting te verdrywe wat U aan ons as 'n eiendom gegee het.
12 Onse God, sal U nie teen hulle strafgerig oefen nie? Want in ons is geen krag teenoor hierdie groot menigte wat teen ons gekom het nie; en ons weet nie wat ons moet doen nie, maar ons oë is op U.
13 En die hele Juda het voor die Here gestaan, ook hulle kinders, hulle vroue en hulle seuns.
14 Toe kom die Gees van die Here in die midde van die vergadering op Jahásiël, die seun van Sagaría, die seun van Benája, die seun van Jeï-el, die seun van Mattánja, die Leviet uit die kinders van Asaf;
15 en hy het gesê: Luister, almal wat uit Juda is en inwoners van Jerusalem en u, koning Jósafat! So sê die Here aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.
16 Trek môre af teen hulle: kyk, hulle kom op met die hoogte Hassis, en julle sal hulle aantref aan die kant van die dal voor die woestyn Jerúel.
17 Julle hoef daarby nie te veg nie; staan gereed, bly staan en aanskou die redding van die Here by julle, Juda en Jerusalem! Vrees nie en wees nie verskrik nie; trek môre teen hulle uit, en die Here sal met julle wees.
18 Toe buig Jósafat hom met die aangesig na die aarde toe, en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het voor die aangesig van die Here neergeval om die Here te aanbid.
19 En die Leviete uit die kinders van die Kehatiete en uit die kinders van die Koragiete het opgestaan om die Here, die God van Israel, met 'n baie groot stem te prys.
20 Daarop maak hulle die môre vroeg klaar en trek na die woestyn van Tekóa uit; en terwyl hulle uittrek, het Jósafat gaan staan en gesê: Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem! Glo in die Here julle God, dan sal julle bevestig word; glo aan sy profete, dan sal julle voorspoedig wees.
21 En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die Here sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die Here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
22 En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die Here 'n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is.
23 Die kinders van Ammon en Moab het naamlik opgetree teen die inwoners van die gebergte Seïr om uit te roei en te verdelg; en toe hulle met die inwoners van Seïr klaar was, het hulle mekaar in die verderf gehelp.
24 En toe Juda op die wagkop by die woestyn kom en hulle na die menigte kyk, lê hulle daar dood op die grond; en niemand het vrygeraak nie.
25 Daarop het Jósafat en sy manskappe gekom om die buit in te samel en hulle het by hulle 'n menigte goed en klere en kosbare voorwerpe gekry, en het soveel vir hulle gebuit dat hulle dit nie kon wegdra nie; en hulle was drie dae lank besig om die buit in te samel, want dit was groot.
26 En op die vierde dag het hulle in die Lofdal byeengekom, want daar het hulle die Here geloof; daarom het hulle dié plek Lofdal genoem tot vandag toe.
27 Toe draai al die manne van Juda en Jerusalem om, met Jósafat aan hulle hoof, om met vreugde na Jerusalem terug te gaan; want die Here het aan hulle vreugde verskaf oor hul vyande.
28 En hulle het Jerusalem ingetrek met harpe en siters en trompette, na die huis van die Here.
29 En die skrik vir God was op al die koninkryke van die lande toe hulle hoor dat die Here teen die vyande van Israel gestry het.
30 Verder het die koninkryk van Jósafat gerus, en sy God het hom rondom rus verskaf.
31 En Jósafat het oor Juda geregeer; hy was vyf-en-dertig jaar oud toe hy koning geword het, en vyf-en-twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Asúba, die dogter van Silhi.
32 En hy het gewandel in die weg van sy vader Asa en daar nie van afgewyk nie, en het gedoen wat reg was in die oë van die Here.
33 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie: die volk het nog nie hulle hart op die God van hulle vaders gerig nie.
34 En die verdere geskiedenis van Jósafat, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van Jehu, die seun van Hanáni, wat opgeneem is in die Boek van die konings van Israel.
35 Maar daarna het Jósafat, die koning van Juda, 'n bondgenootskap aangegaan met Ahásia, die koning van Israel, wat goddeloos gehandel het.
36 En hy het hom as bondgenoot geneem om skepe te bou om na Tarsis te vaar; en hulle het skepe gebou in Éseon-Geber.
37 Maar Eliëser, die seun van Dódawa, uit Marésa, het teen Jósafat geprofeteer en gesê: Omdat u 'n bondgenootskap met Ahásia aangegaan het, verbreek die Here u werk. En die skepe het skipbreuk gely, sodat hulle nie in staat was om na Tarsis te vaar nie.
Josafá ora a Deus por auxílio contra Moabe e Amom
1 Depois disso, os filhos de Moabe e os filhos de Amom, com alguns dos amonitas, vieram contra Josafá para lhe fazerem guerra. 2 Então, vieram alguns que avisaram a Josafá, dizendo: Uma grande multidão vem contra ti dalém do mar, da Síria; eis que já estão em Gn 14.7Hazazom-Tamor, que é En-Gedi. 3 Josafá teve medo, e 2Cr 19.3pôs-se a buscar a Jeová, e 1Sm 7.6;Ed 8.21fez publicar um jejum em todo o Judá. 4 Judá ajuntou-se para pedir socorro a Jeová; de todas as cidades de Judá vieram a buscar a Jeová.
5 Josafá pôs-se em pé diante da congregação de Judá e de Jerusalém, na Casa de Jeová, diante do átrio novo, 6 e disse: Jeová, Deus de nossos pais, Dt 4.39não és tu Deus no céu? 1Cr 29.11Não és tu que dominas sobre todos os reinos das nações? E na tua mão está o poder e a força, de modo que ninguém te pode resistir. 7 Não desapossaste tu, nosso Deus, os habitantes desta terra de diante do teu povo de Israel e Is 41.8não a deste para sempre à semente de Abraão, teu amigo? 8 Habitaram nela e te edificaram um santuário ao teu nome, dizendo: 9 2Cr 6.28-30Se nos sobrevier algum mal, espada, juízo, peste ou fome, nós nos apresentaremos diante desta casa e diante de ti (pois 2Cr 6.20o teu nome está nesta casa) e clamaremos a ti em nossa aflição, e tu nos ouvirás e salvarás. 10 Agora, eis que 2Cr 20.1-22os filhos de Amom, de Moabe e do monte Seir, Nm 20.17-21cujas terras não permitiste a Israel invadir, quando saíam da terra do Egito, mas deles se desviaram e não os destruíram; 11 eis como nos dão o pago, vindo para nos lançarem fora da tua possessão, que nos deste em herança. 12 Jz 11.27Não os julgarás, nosso Deus? Porque não temos força para resistirmos a esta grande multidão que vem contra nós, nem sabemos o que havemos de fazer; Sl 25.15;121.1-2mas voltamos para ti os nossos olhos. 13 Todo o Judá estava em pé, diante de Jeová, com os seus pequeninos, mulheres e filhos.
14 Então, no meio da congregação 2Cr 15.1;24.20veio o Espírito de Jeová sobre Jaaziel, filho de Zacarias, filho de Benaia, filho de Jeiel, filho de Matanias, levita, dos filhos de Asafe; 15 e disse: Ouvi todos vós, povo de Judá, e vós os que habitais em Jerusalém, e tu, ó rei Josafá; assim vos diz Jeová: 2Cr 32.7-8;Êx 14.13Não tenhais medo, nem vos assusteis por causa desta grande multidão, 1Sm 17.47pois não é vossa a peleja, mas sim de Deus. 16 Amanhã, descereis contra eles. Eis que sobem pela subida de Ziz; achá-los-eis na extremidade do vale, defronte do deserto de Jeruel. 17 Nesta batalha, não tereis que pelejar; postai-vos, Êx 14.13ficai parados e vede a salvação que Jeová vos dará, ó Judá e Jerusalém. Não tenhais medo, nem vos assusteis; amanhã saí-lhes ao encontro, 2Cr 15.2pois Jeová está convosco. 18 2Cr 7.3Josafá prostrou-se com o rosto em terra; e todo o Judá e os moradores de Jerusalém prostraram-se diante de Jeová, adorando-o. 19 Os levitas dos filhos Êx 6.18;1Cr 9.19dos coatitas e dos filhos dos coreítas levantaram-se para louvarem a Jeová, Deus de Israel, em voz bem alta.
O inimigo é derrotado
20 Levantando-se cedo de manhã, saíram para o deserto de Tecoa. Ao saírem eles, pôs-se em pé Josafá e disse: Ouvi-me, Judá e vós os que habitais em Jerusalém. Crede em Jeová, vosso Deus e assim sereis estabelecidos; Is 7.9crede os seus profetas e assim prosperareis. 21 Tendo ele tomado conselho com o povo, designou os que haviam de cantar a Jeová, e 1Cr 16.29;Sl 29.2louvar a beleza da santidade, quando saíram diante do exército, e dizer: 1Cr 16.34Dai graças a Jeová, porque a sua misericórdia dura para sempre. 22 Quando começaram a cantar e a dar louvores, 2Cr 13.13pôs Jeová emboscadas contra os filhos de 2Cr 20.10Amom, de Moabe e do monte Seir, que tinham vindo contra Judá; e foram desbaratados. 23 Porque os filhos de Amom e de Moabe se levantaram contra os habitantes do monte Seir, para os matar e destruir por completo; e, tendo acabado com os habitantes do monte Seir, Jz 7.22;1Sm 14.20feriram-se uns aos outros.
Moabe e Amom saqueadas
24 Tendo Judá chegado à atalaia do deserto, olharam para a multidão. Eis que tudo eram corpos mortos jazendo em terra, e não houve ninguém que escapasse. 25 Quando Josafá e seu povo vieram para tirar os despojos deles, acharam entre eles fazenda, e cadáveres em abundância, e joias preciosas que tomaram para si, mais do que podiam levar; e gastaram três dias em saquearem o despojo, tão grande era. 26 Ao quarto dia, eles se ajuntaram no vale de Beraca, pois ali bendisseram a Jeová. Por isso, aquele lugar ficou sendo chamado o vale de Beraca até o dia de hoje. 27 Então, voltaram para Jerusalém com alegria todos os homens de Judá e de Jerusalém, com Josafá à frente, porque Jeová os tinha feito regozijar-se sobre os seus inimigos. 28 Vieram a Jerusalém com alaúdes, harpas e trombetas para a Casa de Jeová. 29 2Cr 14.14;17.10O terror da parte de Deus veio sobre todos os reinos dos países, quando ouviram que Jeová tinha pelejado contra os inimigos de Israel. 30 Assim, o reino de Josafá ficou em paz, 2Cr 14.6-7;15.15porque o seu Deus lhe deu repouso ao redor.
31 1Rs 22.41-43Josafá reinou sobre Judá. Ele tinha trinta e cinco anos quando começou a reinar e reinou vinte e cinco anos em Jerusalém. Sua mãe chamava-se Azuba, filha de Sili. 32 Ele andou nos caminhos de seu pai Asa, e deles não se afastou, fazendo o que era reto aos olhos de Jeová. 33 2Cr 17.6Contudo, os altos não se tiraram; 2Cr 19.3nem tinha ainda o povo disposto o seu coração para o Deus de seus pais. 34 Ora, o restante dos atos de Josafá, tanto os primeiros como os últimos, eis que estão escritos na História de 2Cr 19.2Jeú, filho de Hanani, 1Rs 16.1,7que está inserta no Livro dos Reis de Israel.
35 1Rs 22.48-49Depois disso, aliou-se Josafá, rei de Judá, com Acazias, rei de Israel, que procedeu mui iniquamente. 36 Aliou-se com ele para construírem navios que fossem 2Cr 9.21a Társis; e construíram os navios em Eziom-Geber. 37 Então, Eliézer, filho de Dodava, de Maresa, profetizou contra Josafá, dizendo: Pois que te aliaste com Acazias, destruiu Jeová as tuas obras. Os navios despedaçaram-se e não puderam ir a Társis.