Die Here vervul die tempel met sy heerlikheid. Inwydingsofferandes en -plegtighede. Die huttefees.
1 EN net toe Salomo sy gebed voleindig het, het die vuur uit die hemel neergedaal en die brandoffer en die slagoffers verteer, en die heerlikheid van die Here het die huis vervul;
2 en die priesters kon nie in die huis van die Here ingaan nie, want die heerlikheid van die Here het die huis van die Here vervul.
3 En toe al die kinders van Israel sien hoe die vuur en die heerlikheid van die Here op die huis neerdaal, het hulle gekniel met die aangesig na die aarde toe, op die plaveisel, en aanbid en die Here geprys dat Hy goed is, dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is.
4 En die koning en die hele volk was besig om slagoffers voor die aangesig van die Here te slag.
5 Koning Salomo het naamlik die slagoffer van twee-en-twintigduisend beeste en honderd-en-twintigduisend stuks kleinvee geslag; en die koning en die hele volk het die huis van God ingewy,
6 terwyl die priesters op hulle poste gestaan het, ook die Leviete met die musiekinstrumente van die Here, wat koning Dawid gemaak het, om die Here te loof dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is, met die loflied van Dawid wat deur hulle voorgedra is. Intussen het die priesters teenoor hulle op die trompette geblaas, en die hele Israel het gestaan.
7 En Salomo het die middel van die voorhof geheilig wat voor die huis van die Here was; want daar het hy die brandoffers en die vetstukke van die dankoffers berei, omdat die koperaltaar wat Salomo gemaak het, die brandoffer en die spysoffer en die vetstukke nie kon bevat nie.
8 So het Salomo dan in dié tyd die fees gehou, sewe dae lank, en die hele Israel saam met hom, 'n baie groot vergadering, van die ingang na Hamat tot by die spruit van Egipte.
9 En op die agtste dag het hulle 'n feestyd gehou, want die inwyding van die altaar het hulle sewe dae lank gevier en die fees sewe dae lank.
10 En op die drie-en-twintigste dag van die sewende maand het hy die volk na hul tente laat gaan, verheug en vrolik van hart oor die goeie dinge wat die Here aan Dawid en aan Salomo en aan sy volk Israel gedoen het.
11 En toe Salomo die huis van die Here en die huis van die koning voltooi het, en alles wat in Salomo se hart gekom het om in die huis van die Here en in sy huis te maak, voorspoedig uitgevoer het,
12 verskyn die Here in die nag aan Salomo en sê vir hom: Ek het jou gebed gehoor en hierdie plek vir My as 'n offerhuis verkies.
13 As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur,
14 en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
15 Nou sal my oë oop wees en my ore luister na die gebed van hierdie plek.
16 So het Ek dan nou hierdie huis verkies en geheilig, dat my Naam daar kan wees tot in ewigheid, en my oë en my hart sal altyd daar wees.
17 En wat jou betref, as jy wandel voor my aangesig soos jou vader Dawid gewandel het, deur naamlik te doen net soos Ek jou beveel het, en my insettinge en my verordeninge onderhou,
18 dan sal Ek die troon van jou koningskap bevestig, soos Ek dit jou vader Dawid beloof het deur te sê: Daar sal vir jou nooit 'n man ontbreek wat in Israel sal heers nie.
19 Maar as júlle afkerig word en my insettinge en my gebooie wat Ek julle voorgehou het, verlaat en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig,
20 dan sal Ek hulle uitruk uit my land wat Ek aan hulle gegee het, en hierdie huis wat Ek vir my Naam geheilig het, sal Ek van my aangesig wegwerp en daarvan 'n spreekwoord en 'n spotlied maak onder al die volke.
21 En hierdie huis wat so hoog was — elkeen wat daarlangs verbygaan, sal verstom staan en vra: Waarom het die Here so gedoen met hierdie land en met hierdie huis?
22 Dan sal hulle sê: Omdat hulle die Here, die God van hulle vaders, verlaat het wat hulle uit Egipteland uitgelei het, en ander gode aangehang en voor hulle neergebuig en hulle gedien het, daarom het Hy al hierdie onheil oor hulle gebring.
O fogo e a glória de Deus são os sinais da sua aprovação
1 1Rs 8.54Tendo Salomão acabado de orar, 1Rs 18.24,38desceu do céu o fogo e consumiu o holocausto e os sacrifícios; e a glória de Jeová encheu a casa. 2 Os sacerdotes não podiam entrar na Casa de Jeová, porque a glória de Jeová encheu a sua casa. 3 Todos os filhos de Israel viram quando desceu o fogo e ficou a glória de Jeová sobre a casa; prostraram-se com o rosto em terra, sobre o pavimento, adoraram e deram graças a Jeová, dizendo: 2Cr 5.13;20.21Porque ele é bom, porque a sua misericórdia dura para sempre.
4 1Rs 8.62-63Então, o rei e todo o povo ofereceram sacrifícios diante de Jeová. 5 O rei Salomão ofereceu um sacrifício de vinte e dois mil bois e cento e vinte mil ovelhas. Assim, o rei e todo o povo consagraram a Casa de Deus. 6 Os sacerdotes assistiam segundo os seus cargos; também 1Cr 15.16-21os levitas com os instrumentos musicais de Jeová, que o rei Davi tinha feito para com eles dar graças a Jeová (porque a sua misericórdia dura para sempre), quando Davi o louvava pelo ministério deles; 2Cr 5.12os sacerdotes tocavam trombetas diante deles, e todo o Israel estava em pé. 7 1Rs 8.64-66Também Salomão consagrou o meio do átrio que estava diante da Casa de Jeová; pois ali ele ofereceu os holocaustos e a gordura das ofertas pacíficas; porque o altar de bronze que Salomão tinha feito não podia conter o holocausto, a oferta de cereais e a gordura.
8 Salomão celebrou, nesse tempo, a festa por sete dias, com todo o Israel, uma mui grande congregação, 1Rs 8.65desde a entrada de Hamate até a torrente do Egito. 9 Ao oitavo dia, celebraram Lv 23.36uma assembleia solene, porque celebraram por sete dias a dedicação do altar e, por sete dias, a festa. 10 No vigésimo terceiro dia do sétimo mês, despediu o povo para as suas tendas, alegre e contente pela bondade que Jeová tinha usado para com Davi, Salomão e o seu povo de Israel.
Deus aparece a Salomão pela segunda vez e lhe faz promessas
11 1Rs 9.1-9Assim, acabou Salomão a Casa de Jeová e a casa do rei; tudo o que Salomão intentou fazer na Casa de Jeová e na sua própria casa, o efetuou prosperamente. 12 De noite, apareceu Jeová a Salomão e lhe disse: Eu ouvi a tua oração e Dt 12.5,11escolhi para mim este lugar para casa de sacrifício. 13 2Cr 6.26-28Se eu fechar o céu, de sorte que não haja chuva, ou se ordenar aos gafanhotos que devorem a terra, ou se enviar a peste entre o meu povo, 14 2Cr 6.37-39se o meu povo, sobre quem foi invocado o meu nome, se humilhar, e orar, e buscar a minha face, e se desviar dos seus maus caminhos, eu ouvirei do céu, e perdoarei os seus pecados, e curarei a sua terra. 15 2Cr 6.20,40Agora, estarão abertos os meus olhos e atentos os meus ouvidos à oração que se fizer neste lugar. 16 Pois 2Cr 7.12agora escolhi e santifiquei esta casa para que nela esteja o meu nome para sempre; e nela estarão fixos os meus olhos e o meu coração em todo o tempo. 17 Quanto a ti, se andares diante de mim, como andou teu pai Davi, e fizeres conforme tudo o que te hei ordenado e guardares os meus estatutos e os meus juízos, 18 estabelecerei o trono do teu reino, conforme a aliança que fiz com teu pai Davi, dizendo: 2Cr 6.16Não te faltará varão que seja príncipe em Israel.
19 Lv 26.14,33;Dt 28.15Mas, se vos desviardes, e deixardes os meus estatutos e os meus mandamentos que vos propus, e fordes, e servirdes a outros deuses, e os adorardes, 20 Dt 29.28;1Rs 14.15arrancar-vos-ei da minha terra que vos dei; e esta casa que santifiquei ao meu nome, lançá-la-ei da minha presença e farei que ela seja Dt 28.37provérbio e motejo entre todos os povos. 21 Desta casa, que é tão exaltada, se espantará todo o que por ela passar e dirá: Dt 29.24-25Por que se houve Jeová assim com esta terra e com esta casa? 22 Responder-lhe-ão: Porque deixaram a Jeová, Deus de seus pais, que os tirou da terra do Egito, e se apegaram a outros deuses, e os adoraram, e serviram; por isso, Jeová trouxe sobre eles todo este mal.