Die derde strafrede: klaaglied oor Israel.
1 HOOR hierdie woord wat Ek oor julle as klaaglied aanhef, o huis van Israel!
2 Die jonkvrou van Israel het geval, sy sal nie weer opstaan nie; neergewerp lê sy op haar land, niemand rig haar op nie.
3 Want so sê die Here Here: Die stad wat met duisend uitgetrek het, hou honderd oor; en die wat met honderd uitgetrek het, hou tien oor vir die huis van Israel.
4 Want so sê die Here aan die huis van Israel: Soek My, dan sal julle lewe!
5 Maar soek Bet-el nie, en kom nie na Gilgal nie en trek nie deur na Berséba nie. Want Gilgal sal gewis in ballingskap gaan, en Bet-el sal tot niks word nie.
6 Soek die Here, dan sal julle lewe, sodat Hy nie teen die huis van Josef uitbreek soos 'n vuur wat verteer sonder dat iemand dit vir Bet-el kan blus nie.
7 Julle wat die reg in wildeals verander en die geregtigheid teen die grond gooi!
8 Hy wat die Sewe-ster en die Oríon gemaak het en die duisternis in môrelig verander en die dag tot nag verduister, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die oppervlakte van die aarde — Here is sy Naam!
9 Hy wat verwoesting laat aanblits oor die sterke, en verwoesting kom oor die vesting!
10 Hulle haat die man wat in die poort die reg handhaaf, en hulle het 'n afsku van hom wat in opregtheid spreek.
11 Daarom, omdat julle die arm man vertrap en van hom 'n heffing van koring neem, het julle huise van gekapte klippe gebou, maar julle sal nie daarin woon nie; julle het pragtige wingerde geplant, maar julle sal die wyn daarvan nie drink nie.
12 Want Ek weet dat julle oortreding menigvuldig en julle sondes geweldig is, julle wat die vyande is van die regverdige, wat omkoopgeld aanneem en die behoeftiges wegstoot in die poort.
13 Daarom swyg die verstandige in so 'n tyd, want dit is 'n onheilspellende tyd.
14 Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie, sodat julle kan lewe en die Here, die God van die leërskare, só met julle kan wees soos julle sê.
15 Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is, en handhaaf die reg in die poort — miskien sal die Here, die God van die leërskare, Hom ontferm oor die oorblyfsel van Josef.
16 Daarom, so sê die Here, die God van die leërskare, die Here: Op al die pleine weeklag! En op al die strate sal hulle sê: Ag, ag! En hulle sal na die landbouer roep om te treur, en te weeklaag na die wat verstaan om treurliedere te sing.
17 Ook sal daar in al die wingerde weeklag wees wanneer Ek in jou midde deurtrek, sê die Here.
18 Wee die wat na die dag van die Here verlang! Wat sal tog die dag van die Here vir julle wees? Dit sal duisternis wees en geen lig nie.
19 Soos wanneer iemand vlug vir 'n leeu, maar 'n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en 'n slang byt hom!
20 Is die dag van die Here nie duisternis en geen lig nie, ja, donkerheid sonder 'n ligstraal?
21 Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie.
22 Want al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers, Ek het daar geen welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie.
23 Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie.
24 Maar laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos 'n standhoudende stroom.
25 Het julle aan My slagoffers en spysoffers gebring veertig jaar lank in die woestyn, o huis van Israel,
26 en ook gedra Sakkut, julle koning, en Kewan, julle beelde, julle stergod wat julle vir julle gemaak het?
27 Daarom sal Ek julle anderkant Damaskus in ballingskap wegvoer, sê die Here wie se Naam God van die leërskare is.
Israel é aconselhado a buscar a Jeová
1 Ouvi esta palavra que levanto com Jr 7.29;9.10,17;Ez 19.1pranto sobre vós, ó casa de Israel: 2 Caiu Jr 14.17a virgem de Israel; Am 8.14não se levantará mais; atirada está sobre a sua terra; Is 51.18;Jr 50.32não há quem a levante. 3 Pois assim diz o Senhor Jeová: A cidade que saiu à guerra em número de mil terá de resto Is 6.13cem, e a que saiu em número de cem terá Am 6.9dez, para a casa de Israel.
4 Pois assim diz Jeová à casa de Israel: Dt 4.29;32.46-47Buscai-me e vivereis; 5 não busqueis, porém, Am 3.14;4.4;7.10,13;1Rs 12.28-29a Betel, nem entreis em 1Sm 7.16;11.14Gilgal, nem passeis a Am 8.14;Gn 21.31-33Berseba, porque Gilgal, certamente, irá ao cativeiro, e Betel ficará reduzida a nada. 6 Am 5.14;Is 55.3,6,7Buscai a Jeová e vivereis, para que ele não irrompa como Dt 4.24fogo na casa de José, e o fogo devore, e não haja quem o apague Am 3.14em Betel. 7 Vós que converteis o Am 5.12;Am 2.3;6.12juízo em absinto e lançais por terra a justiça, 8 buscai aquele que faz Jó 9.9;38.31as Plêiades e Órion, e que Jó 12.22;38.12;Is 42.16troca em manhã a sombra da morte, e com Am 8.9as trevas transforma o dia em noite; o que Am 9.6;Sl 104.6-9chama as águas do mar e as derrama sobre a face da terra; Am 4.13Jeová é o seu nome. 9 Ele é o que faz cair Am 2.14;Jó 5.3;Is 29.5repentina destruição sobre o forte, de sorte que venha Mq 5.11a destruição sobre a fortaleza.
10 Aborrecem ao que na porta Am 5.15;Is 29.21usa de repreensões Is 59.15;Jr 17.16-18e abominam o que fala sinceramente. 11 Por isso, porque Am 3.9;8.6pisais aos pés o pobre e dele recebeis exações de trigo, tendes edificado Am 3.15;6.11casas de pedras lavradas, porém nelas não habitareis; tendes plantado vinhas deliciosas, porém Mq 6.15não bebereis do vinho delas. 12 Pois sei quão numerosas são as vossas transgressões e quão grandes, os vossos pecados, vós que Is 1.23;5.23afligis o justo, que aceitais peitas, e que na porta rejeitais o Am 2.6-7necessitado. 13 Portanto, o prudente Ec 3.7;Os 4.4se calará naquele tempo, porque é tempo mau.
14 Am 5.6Buscai o bem e não o mal, para que vivais; e assim Jeová, Deus dos Exércitos, será convosco, Is 48.1-2como dizeis. 15 Sl 97.10Aborrecei o mal, e amai o bem, e estabelecei na porta o juízo. Jl 2.14Pode ser que Jeová, Deus dos Exércitos, se compadeça do Mq 5.3,7,8resto de José.
16 Portanto, assim diz Jeová, Deus dos Exércitos, o Senhor: Em todas as praças haverá Am 8.3;Jr 9.10,18-20pranto; e em todas as ruas dirão: Ai! Ai! Eles chamarão Jl 1.11o lavrador para o pranto e, para o choro, os que 2Cr 35.25sabem carpir. 17 Em todas Is 16.10;Jr 48.33as vinhas haverá pranto, porque passarei pelo meio de ti, diz Jeová.
O Dia de Jeová
18 Ai de vós que desejais Is 5.19;Jl 1.15;2.1,11,31o Dia de Jeová! Para que desejais vós o Dia de Jeová? Ele é Is 5.30;9.19;Jr 30.7trevas e não luz. 19 É como se um homem Jó 20.24;Is 24.17-18;Jr 15.2-3fugisse de diante dum leão, e lhe saísse ao encontro um urso; ou como se entrasse em casa e encostasse a mão à parede, e o mordesse uma cobra. 20 Acaso, não será o Dia de Jeová Is 13.10;Sf 1.15trevas e não luz? Sim, bem escuro, sem que haja nele resplendor algum.
21 Am 4.4-5;8.10;Is 1.11-16;66.3Aborreço, desprezo as vossas festas Lv 26.31;Jr 14.12;Os 5.6e não me deleitarei nas vossas assembleias solenes. 22 Pois, ainda Mq 6.6-7que me ofereçais os vossos holocaustos e as vossas ofertas de cereais, não os aceitarei, nem atentarei para Am 4.5;Lv 7.11-15as ofertas pacíficas dos vossos animais cevados. 23 Aparta de mim Am 6.4-5;8.10o estrépito dos teus cânticos, porque não ouvirei a melodia das tuas liras. 24 Porém desça Jr 22.3;Ez 45.9;Mq 6.8o juízo como águas, e a justiça, como uma torrente poderosa.
25 Porventura, ó casa de Israel, Dt 32.17-19;Js 24.14;Ne 9.18,21;At 7.42-43oferecestes-me sacrifícios e ofertas no deserto durante quarenta anos? 26 Sim, levastes Sicute, vosso rei, e Quium, vossas imagens, a estrela do vosso deus, que fizestes para vós. 27 Portanto, vos levarei cativos para Am 7.11,17;Mq 4.10além de Damasco, diz Am 4.13Jeová, cujo nome é o Deus dos Exércitos.