My God, waarom het U my verlaat?
1 VIR die musiekleier; op die wysie van: „Die hert van die dageraad." 'n Psalm van Dawid.
2 My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?
3 My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.
4 Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!
5 Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.
6 Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.
7 Maar ek is 'n wurm en geen man nie, 'n smaad van die mense en verag deur die volk.
8 Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê:
9 Laat dit aan die Here oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!
10 Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.
11 Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.
12 Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.
13 Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring.
14 Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos 'n leeu wat verskeur en brul.
15 Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande.
16 My krag is verdroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.
17 Want honde het my omsingel; 'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.
18 Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!
19 Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.
20 Maar U, Here, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!
21 Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.
22 Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!
23 Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.
24 Julle wat die Here vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!
25 Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.
26 Van U kom my lof in 'n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.
27 Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die Here prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!
28 Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die Here bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.
29 Want die koninkryk behoort aan die Here, en Hy heers oor die nasies.
30 Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.
31 'n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die Here aan die volgende geslag.
32 Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen.
Um grito de angústia e um salmo de louvor
Ao cantor-mor. Adaptado a aijelete-has-saar. Salmo de Davi
1 Mt 27.46;Mc 15.34Deus meu, Deus meu, por que me desamparaste?
Por que Sl 10.1estás afastado de me auxiliar e das palavras do meu Sl 6.6;32.3;38.8;Jó 3.24bramido?
2 Deus meu, a ti Sl 42.3;88.1clamo de dia, porém não me respondes;
também de noite, porém não acho descanso.
3 Contudo, Sl 99.9tu és santo,
entronizado sobre os Sl 148.14louvores de Israel.
4 Em ti Sl 78.53confiaram nossos pais;
confiaram, e os Sl 107.6livraste.
5 A ti clamaram e foram salvos;
em ti confiaram e não foram envergonhados.
6 Eu, porém, sou Jó 25.6;Is 41.14verme e não homem;
Sl 31.11opróbrio dos homens e Is 49.7desprezado do povo.
7 Todos os que me veem Sl 79.4;Is 53.3zombam de mim;
arreganham os beiços, Mt 27.39;Mc 15.29meneiam a cabeça, dizendo:
8 Entrega-te a Jeová! Mt 27.43Que ele o livre!
Que ele o salve, visto que nele tem prazer!
9 Tu, porém, és quem me Sl 71.5-6tirou da madre;
fizeste-me confiar, estando eu aos peitos de minha mãe.
10 Sobre ti fui lançado Is 46.3;49.1desde a madre;
desde o ventre de minha mãe, tu és meu Deus.
11 Sl 71.12Não te alongues de mim, porque perto está a tribulação,
porque não 2Rs 14.26;Sl 72.12;Is 63.5há quem acuda.
12 Muitos Sl 22.21touros se acercaram de mim;
fortes touros de Dt 32.14;Am 4.1Basã me rodearam.
13 Sl 35.21;Jó 16.10;Lm 2.16;3.46Abrem contra mim as suas bocas,
como um Sl 10.9;17.12leão que despedaça e que ruge.
14 Como água, estou Jó 30.16derramado,
e todos os meus Sl 31.10;Dn 5.6ossos estão desconjuntados.
O meu Sl 73.26;Js 7.5;Jó 23.16;Na 2.10coração é como cera,
derrete-se no meio das minhas entranhas.
15 Está ressequido, como um caco, Sl 38.10o meu vigor,
e a minha língua se me apega às fauces;
e Sl 104.29pões-me no pó da morte.
16 Porquanto Sl 59.6-7cães me cercaram;
a assembleia de malfeitores me rodeou;
Mt 27.35;Jo 20.25traspassaram-me as mãos e os pés.
17 Posso contar todos os meus ossos;
eles estão me encarando e mirando.
18 Mt 27.35;Lc 23.34;Jo 19.24Repartem entre si os meus vestidos
e deitam sortes sobre a minha vestidura.
19 Tu, porém, Jeová, Sl 22.11não te afastes.
Socorro meu, Sl 70.5dá-te pressa em me ajudar.
20 Sl 37.14Livra da espada a minha vida;
do poder do cão, Sl 35.17a minha predileta.
21 Salva-me Sl 22.13da boca do leão;
sim, dos chifres dos Sl 22.12bois bravios; Sl 34.4;118.5;120.1tu me respondeste.
22 A meus irmãos Sl 40.10;Hb 2.12declararei o teu nome;
no meio da congregação te louvarei.
23 Sl 135.20Vós que temeis a Jeová, louvai-o;
Sl 86.12glorificai-o, vós todos, semente de Jacó;
Sl 33.8reverenciai-o, vós todos, semente de Israel.
24 Pois ele não Sl 69.33desprezou, nem abominou a aflição do aflito,
Sl 27.9;69.17;102.2nem dele escondeu o seu rosto;
mas, Sl 31.22;Hb 5.7quando lhe chamou por socorro, ouviu.
25 Sl 35.18;40.9-10De ti vem o meu louvor na grande congregação;
Sl 61.8cumprirei os meus votos na presença dos que o temem.
26 Os mansos comerão e Sl 107.9se fartarão;
Sl 40.16louvarão a Jeová os que o buscam.
Sl 69.32Viva o vosso coração para sempre.
27 Lembrar-se-ão e converter-se-ão a Jeová Sl 2.8;82.8todos os confins da terra;
adorarão perante ti Sl 86.9todas as famílias das nações.
28 Pois de Jeová é o Sl 47.7;Ob 21;Zc 14.9reino,
e é ele quem Sl 47.8domina sobre as nações.
29 Comerão e adorarão todos os Sl 17.10;Is 10.16;Hc 1.16opulentos da terra;
dobrarão os joelhos diante dele Sl 28.1todos os que descem ao pó,
Ainda o que Sl 89.48não pode preservar a própria vida.
30 Servi-lo-á Sl 102.28a posteridade;
falar-se-á do Senhor Sl 102.18à geração vindoura.
31 Virão e Sl 40.9;71.18declararão a justiça dele;
a um povo que Sl 78.6há de nascer, anunciarão o que ele fez.