Inwendige stryd en troosryke herinneringe.
1 VIR die musiekleier; op die wysie van: „Jedútun." 'n Psalm van Asaf.
2 My stem is tot God en ek roep; my stem is tot God, dat Hy na my kan luister.
3 Op die dag van my benoudheid soek ek die Here; snags bly my hand uitgestrek sonder om moeg te word; my siel weier om getroos te word.
4 As ek aan God dink, moet ek steun; peins ek, dan versmag my gees. Sela.
5 U hou my ooglede oop; ek is onrustig en kan nie spreek nie.
6 Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare.
7 Ek wil dink aan my snarespel in die nag, wil peins met my hart, en my gees deurvors:
8 Sal die Here vir altyd verstoot en verder nie meer goedgunstig wees nie?
9 Hou sy goedertierenheid vir altyd op? Is dit met die belofte gedaan van geslag tot geslag?
10 Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela.
11 Toe het ek gesê: Dit is my grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander!
12 Ek dink aan die dade van die Here; ja, ek wil dink aan u wonders uit die voortyd
13 en al u werk oordink, en ek wil peins oor u dade.
14 o God, u weg is in heiligheid. Wie is 'n groot God soos God?
15 U is die God wat wonders doen; U het u sterkte onder die volke bekend gemaak.
16 U het u volk met 'n sterk arm verlos, die kinders van Jakob en van Josef. Sela.
17 Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien, hulle het gebewe; ja, die watervloede het gesidder.
18 Die wolke het water uitgegiet, die hemele het donder laat hoor, ook het u pyle rondgevlieg.
19 U rollende donder het weerklink; bliksems het die wêreld verlig; die aarde het gesidder en gebewe.
20 U weg was in die see en u paaie in groot waters, en u spore was nie te beken nie.
21 U het u volk soos skape gelei deur die hand van Moses en Aäron.
O salmista anima a sua alma pela consideração das grandes obras e da misericórdia de Deus
Ao cantor-mor, #Sl 62, títulosegundo Jedutum. Salmo de Asafe
1 Com a minha voz Sl 3.4;142.1clamarei a Deus;
com a minha voz a Deus clamarei, e ele me escutará.
2 Sl 50.15;86.7No dia da minha angústia, busquei ao Senhor;
Sl 63.6;Is 26.9de noite, a minha mão Sl 88.9;Jó 11.13ficou estendida e não afrouxou;
a minha alma Gn 37.35recusou ser consolada.
3 Lembro-me de Deus e fico em Sl 42.5,11;43.5desassossego;
Sl 55.2;142.2ponho-me a cismar, e Sl 61.2;143.4desfalece o meu espírito. (Selá)
4 Não me deixaste fechar os olhos;
estava perturbado e Sl 39.9não podia falar.
5 Pensava nos Sl 44.1;143.5;Dt 32.7;Is 51.9dias de outrora,
nos anos dos tempos passados.
6 Lembro-me do Sl 42.8meu cântico à noite;
Sl 4.4consulto com o meu coração,
e o meu espírito perscruta.
7 Acaso Sl 44.9, ref.rejeitará o Senhor para sempre?
Não tornará ele a ser Sl 85.1,5favorável?
8 Já cessou para sempre a sua Sl 89.49benignidade?
2Pe 3.9Acabou-se a sua promessa para todas as gerações?
9 Is 49.15Esqueceu-se Deus de ser compassivo?
Encerrou ele na ira as suas Sl 25.6;40.11;51.1ternas misericórdias?
10 Então, disse eu: Sl 31.22;73.15Esta é a minha enfermidade,
mas eu me lembrarei dos anos Sl 44.2-3da destra do Altíssimo.
11 Comemorarei os Sl 105.5;143.5feitos de Jeová,
sim, me lembrarei das tuas maravilhas da antiguidade.
12 Sl 145.5Meditarei também em todas as tuas obras
e ponderarei os teus feitos.
13 O teu caminho é, ó Deus, em santidade.
Sl 71.19;86.8;Êx 15.11Quem é deus grande como Deus?
14 Tu és Sl 72.18o Deus que fazes maravilhas.
Sl 106.8Tens feito notória a tua força entre os povos.
15 Com o teu braço, Sl 74.2;78.42;Êx 6.6;Dt 9.29remiste o teu povo,
os filhos de Jacó e de Sl 80.1José. (Selá)
16 Sl 114.3;Êx 14.21;Hc 3.8,10Viram-te as águas, ó Deus;
viram-te as águas e temeram.
Os abismos também se abalaram.
17 Desfizeram-se em águas Jz 5.4as nuvens;
os céus Sl 68.33fizeram soar a sua voz.
Também as Sl 18.14suas setas correram duma para outra parte.
18 Sl 18.13;104.7A voz do teu trovão estava no redemoinho;
Sl 97.4os relâmpagos alumiaram o mundo;
Sl 18.7;Jz 5.4a terra tremeu e estremeceu-se.
19 Is 51.10;Hc 3.15O teu caminho foi no mar,
as tuas veredas, nas grandes águas,
e os teus passos não foram conhecidos.
20 Sl 78.52;80.1;Êx 13.21;14.19;Is 63.11-13Conduziste o teu povo, como um rebanho,
pela mão de Sl 105.26;Êx 6.26Moisés e de Arão.