Klagte, gebed en dank.
1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
2 By U, o Here, skuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u geregtigheid.
3 Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my 'n rots om in te vlug, 'n baie vaste huis om my te verlos.
4 Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.
5 U sal my laat uitgaan uit die net wat hulle vir my gespan het, want U is my toevlug.
6 In u hand gee ek my gees oor; U het my verlos, Here, God van trou.
7 Ek haat die wat nietige afgode vereer, maar ék vertrou op die Here.
8 Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het
9 en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan.
10 Wees my genadig, Here, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam.
11 Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag struikel deur my ongeregtigheid, en my gebeente teer uit.
12 Vanweë al my teëstanders het ek 'n voorwerp van smaad geword, ja, grootliks vir my bure, en 'n voorwerp van skrik vir my bekendes; die wat my op straat sien, vlug weg van my af.
13 Ek is vergeet uit die hart, soos 'n dooie; ek het geword soos 'n ding wat lê en vergaan.
14 Want ek het die skindertaal van baie gehoor — skrik rondom! — terwyl hulle saam raad hou teen my; hulle is van plan om my lewe te neem.
15 Maar ék vertrou op U, o Here! Ek sê: U is my God.
16 My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.
17 Laat u aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid.
18 Here, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, laat hulle verstom in die doderyk!
19 Laat die valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige.
20 o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!
21 U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in 'n hut vir die twis van die tonge.
22 Geloofd sy die Here, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar gemaak, in 'n vaste stad.
23 Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn, weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp.
24 Julle moet die Here liefhê, al sy gunsgenote! Die Here bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel.
25 Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die Here wag!
Um Salmo de queixa e de louvor
Ao cantor-mor. Salmo de Davi
1 Sl 31.1-3;71.1-3Em ti, Jeová, me refugio; Sl 25.2não seja eu jamais envergonhado.
Livra-me Sl 143.1na tua retidão.
2 Sl 17.6;86.1;102.2Inclina para mim os teus ouvidos, livra-me depressa.
Sê para mim uma Sl 18.2;71.3rocha fortificada,
uma casa de defesa que me salve.
3 Porquanto tu és a minha rocha e a Sl 18.2minha fortaleza.
Sl 25.11Por amor do teu nome, me conduzirás e me guiarás.
4 Sl 25.15Tirar-me-ás do laço que me armaram às escondidas,
pois tu és a minha Sl 46.1fortaleza.
5 Lc 23.46;At 7.59Nas tuas mãos entrego o meu espírito;
Sl 55.18;71.23tu me remiste, Jeová, Sl 71.22;Dt 32.4Deus de verdade.
6 Aborreço os que Sl 144.11;Jn 2.8observam vaidades mentirosas;
eu, porém, Sl 52.8confio em Jeová.
7 Alegrar-me-ei e Sl 90.14regozijar-me-ei na tua benignidade,
pois Sl 10.14tens visto a minha aflição.
Tens conhecido as adversidades da minha alma
8 e não me Dt 32.30;Sl 37.33tens deixado entregue às mãos do inimigo;
tens posto os meus pés Sl 4.1num lugar espaçoso.
9 Compadece-te de mim, Sl 66.14;69.17porque me sinto atribulado;
Sl 6.7os meus olhos estão consumidos de tristeza, sim, a Sl 63.1minha alma e o meu corpo.
10 Pois está gasta Sl 13.2de pesar a minha vida,
e, de suspirar, os meus anos;
por causa da minha iniquidade, Sl 39.11desfalece a minha força,
e consumidos estão Sl 32.3;38.3;102.3os meus ossos.
11 Por causa de todos os meus adversários, tornei-me um Sl 69.19opróbrio,
sim, sobremodo o sou para Sl 38.11;88.8,18;Jó 19.13os meus vizinhos
e horror para os meus conhecidos.
Os que me viam na rua fugiam de mim.
12 Sl 88.5Sou esquecido como um morto posto fora do pensamento,
sou como um vaso quebrado.
13 Pois tenho ouvido Sl 50.20;Jr 20.10a difamação de muitos,
terror por todos os lados.
Enquanto juntamente Sl 62.4;Mt 27.1consultavam contra mim,
Sl 41.7maquinaram para me tirar a vida.
14 Quanto a mim, porém, em ti confio, Jeová.
Eu disse: Sl 140.6Tu és meu Deus.
15 Na tua mão estão Jó 14.5;24.1os meus dias;
Sl 143.9livra-me das mãos dos meus inimigos e dos que me perseguem.
16 Sl 4.6;80.3;Nm 6.25Faze brilhar o teu rosto sobre o teu servo;
Sl 6.4salva-me na tua benignidade.
17 Sl 25.20Não seja eu envergonhado, Jeová, porque te hei invocado;
Sl 25.3envergonhados sejam os iníquos, Sl 94.17;115.17;1Sm 2.9fiquem mudos no Sheol.
18 Sl 109.2;120.2Emudeçam os lábios mentirosos,
1Sm 2.3;Jd 15que falam insolentemente contra o justo,
Sl 94.4com orgulho e desprezo.
19 Oh! Quão grande é Sl 65.4;145.7;Rm 2.4;11.22a tua bondade, que reservaste para os que te temem,
a qual, Sl 5.11perante os filhos dos homens, preparaste para aqueles que Sl 23.5em ti se refugiam!
20 No lugar Sl 27.5oculto da tua presença, tu os esconderás Sl 37.12das tramas dos homens;
num pavilhão, os ocultarás Sl 31.13;Jó 5.21da contenda de línguas.
21 Sl 28.6Bendito seja Jeová,
porque tem feito Sl 17.7maravilhosa a sua benignidade para comigo numa Sl 87.5;1Sm 23.7cidade fortificada!
22 Quanto a mim, porém, Sl 116.11disse em meu sobressalto:
Sl 88.5;Is 38.11-12;Lm 3.54Estou cortado de diante dos teus olhos.
Não obstante, Sl 18.6;66.19;145.19ouviste a voz das minhas súplicas quando a ti clamava por socorro.
23 Amai a Jeová, Sl 30.4;37.28;50.5vós todos os que sois seus santos.
Jeová Sl 145.20;Ap 2.10preserva os que são fiéis
Sl 94.2;Dt 32.41e retribui abundantemente ao que usa de soberba.
24 Sl 27.14Sede fortes, e fortaleça-se o vosso coração,
vós todos os que esperais em Jeová.