Pular para o conteúdo
Publicidade

Salmos 37

TB

Geluk van die goddelose is maar skyn.

1 'n PSALM van Dawid.

Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;

2 want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.

3 Bet. Vertrou op die Here, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,

4 en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.

5 Gimel. Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en sal dit uitvoer;

6 en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.

7 Dalet. Swyg voor die Here en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.

8 He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig.

9 Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die Here verwag, hulle sal die aarde besit.

10 Wau. En nog 'n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.

11 Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.

12 Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom.

13 Die Here lag oor hom, want Hy sien dat sy dag kom.

14 Get. Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van weg.

15 Hulle swaard sal in hul hart gaan, en hulle boë sal verbreek word.

16 Tet. 'n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose;

17 want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die Here ondersteun die regverdiges.

18 Jod. Die Here ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.

19 Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.

20 Kaf. Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die Here soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn.

21 Lamed. Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee;

22 want die wat deur Hom geseën word, sal die aarde besit; maar die wat deur Hom vervloek word, sal uitgeroei word.

23 Mem. Deur die Here word die gange van 'n man bevestig, en Hy het 'n welbehae in sy weg.

24 As hy val, dan stort hy nie neer nie; want die Here ondersteun sy hand.

25 Noen. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.

26 Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is 'n seën.

27 Samek. Wyk af van wat kwaad is, en doen wat goed is, en jy sal vir ewig woon;

28 want die Here het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.

29 Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.

30 Pe. Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek wat reg is.

31 Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie.

32 Sade. Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak.

33 Die Here gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy gerig word nie.

34 Kof. Wag op die Here en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.

35 Resj. Ek het die goddelose gesien, 'n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos 'n groen inlandse boom.

36 Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.

37 Sjin. Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is 'n toekoms vir die man van vrede.

38 Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny.

39 Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die Here, hulle toevlug in tyd van benoudheid.

40 En die Here help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.

A prosperidade dos pecadores acaba, mas somente os justos serão felizes

Salmo de Davi

1 Pv 23.17;24.19Não te indignes por causa dos malfeitores,

nem tenhas Sl 73.3;Pv 3.31inveja dos que obram a iniquidade.

2 Pois cedo serão Jó 14.2;Sl 90.6;92.7ceifados como a relva

e Sl 129.6murcharão como a erva verde.

3 Sl 62.8Confia em Jeová e faze o bem;

Dt 30.20habita na terra e Is 40.11;Ez 34.13-14segue a fidelidade.

4 Sl 94.19;Jó 22.26;Is 58.14Assim te deleitarás em Jeová,

e ele Sl 21.2;145.19;Mt 7.7-8concederá os desejos do teu coração.

5 Sl 55.22;Pv 16.3;1Pe 5.7Entrega a Jeová o teu caminho;

põe também nele a confiança, e ele fará,

6 sim, ele fará sair como a luz Sl 97.11;Is 58.8,10;Mq 7.9a tua retidão

e, Jó 11.17como o meio-dia, o teu direito.

7 Sl 62.5Descansa em Jeová e Sl 40.1com paciência espera por ele;

Sl 37.1,8não te enfades por causa daquele que Jr 12.1prospera no seu caminho,

por causa do homem que executa maus desígnios.

8 Deixa a ira e Ef 4.31;Cl 3.8abandona o furor;

não te enfades; isso leva à pratica do mal.

9 Pois serão exterminados Sl 37.2,22os malfeitores,

mas os que esperam por Jeová, esses Sl 25.13;Pv 2.21;Is 60.21herdarão a terra.

10 Ainda Jó 24.24um pouco de tempo, e não existirá o iníquo;

poderás observar diligentemente Sl 37.35-36;Jó 7.10o seu lugar, e ele não é.

11 Mas Mt 5.5os mansos herdarão a terra

e se deleitarão na Sl 72.7abundância de paz.

12 O iníquo Sl 31.13,20urde tramas contra o justo

e contra ele Sl 35.16range os dentes.

13 Dele Sl 2.4se rirá o Senhor,

pois que se 1Sm 26.10;Jó 18.20está aproximando o seu dia.

14 Desembainham a espada os iníquos e Sl 11.2;Lm 2.4armam o arco,

para derrubarem o Sl 35.10;86.1aflito e o necessitado,

Sl 11.2para matarem aqueles cujo caminho é reto.

15 A sua espada lhes entrará no coração,

Sl 46.9;1Sm 2.4e os seus arcos serão quebrados.

16 Sl 4.7;Pv 15.16;16.8Mais vale o pouco que o justo tem

do que a abundância de muitos iníquos.

17 Sl 10.15;Jó 38.15;Ez 30.21Pois os braços dos iníquos serão quebrados,

mas Jeová Sl 71.6;145.14sustém os justos.

18 Jeová Sl 1.6;31.7conhece os dias dos íntegros,

e a Sl 37.27,29herança deles permanecerá para sempre.

19 Não serão envergonhados no tempo do mal,

Sl 33.19;Jó 5.20e, nos dias da fome, serão fartos.

20 Os Sl 73.27iníquos, porém, perecerão,

e os inimigos de Jeová serão como as mais belas pastagens.

Eles se desfarão; Sl 68.2;102.3em fumaça se desfarão.

21 O iníquo toma emprestado e não paga;

mas o justo se Sl 112.5compadece e .

22 Pois os que por ele são abençoados Sl 37.9herdarão a terra;

mas os que por ele são Jó 5.3amaldiçoados serão exterminados.

23 Por Jeová são firmados Sl 40.2;66.9;119.5;1Sm 2.9os passos do homem,

em cujo caminho Sl 147.11se deleita.

24 Ainda que Sl 145.14;Pv 24.16;Mq 7.8caia, não ficará prostrado,

pois Sl 147.6Jeová lhe segura a mão.

25 Fui mancebo, e sou velho;

Sl 37.28;Is 41.17;Hb 13.5não vi ainda o justo abandonado,

nem a Sl 109.10sua descendência mendigando o pão.

26 Sl 37.21Compadece-se o dia todo e empresta,

e a sua Sl 147.13descendência é abençoada.

27 Sl 34.14Desvia-te do mal e faze o bem.

Assim, Sl 37.18;102.28possuirás para sempre a tua morada.

28 Pois Jeová Sl 11.7;33.5ama a justiça

e não Sl 37.25desampara os seus santos.

Eles serão Sl 31.23preservados para sempre,

mas a Sl 21.10;37.9;Pv 2.22;Is 14.20descendência dos iníquos será exterminada.

29 Os justos Sl 37.9herdarão a terra

e nela Sl 37.18habitarão para sempre.

30 A boca do justo Sl 49.3;Pv 10.13profere a sabedoria,

e a sua língua Sl 101.1;119.13fala o juízo.

31 Sl 40.8;119.11;Dt 6.6;Is 51.7;Jr 31.33A lei do seu Deus está no seu coração;

não resvalarão Sl 26.1;37.23os seus passos.

32 Sl 10.8;17.11O iníquo espreita ao justo

Sl 37.14e busca tirar-lhe a vida.

33 Jeová não o Sl 31.8;2Pe 2.9deixará ao seu dispor,

nem o Sl 34.22;109.31condenará, quando for julgado.

34 Sl 27.14;37.9Espera em Jeová e segue o seu caminho,

e ele te exaltará para herdares a terra.

Quando os Sl 52.5-6;91.8iníquos forem exterminados, tu o verás.

35 Jó 5.3;Jr 12.2Vi o iníquo cheio de prepotência

e espalhando-se como Jó 8.16a árvore verde na terra natal.

36 Mas passei, e eis que Sl 37.10;Jó 20.5desaparecera;

procurei-o, mas ele não pôde ser encontrado.

37 Nota o Sl 37.18homem perfeito, considera o Sl 7.10reto;

Porque para o homem de paz Is 57.1-2um porvir.

38 Quanto aos transgressores, serão, Sl 37.20,28à uma, destruídos;

a posteridade dos iníquos 9;37.9;73.17será exterminada.

39 Mas Sl 3.8;62.1a salvação dos justos vem de Jeová;

ele é a sua fortaleza, Sl 9.9;37.19no tempo da tribulação.

40 Sl 54.4Jeová ajuda-os e livra-os;

Sl 22.4;Dn 3.17;6.23livra-os dos iníquos e salva-os,

porque nele Sl 34.22se refugiaram.

Veja também