Pular para o conteúdo
Publicidade

Salmos 119

TB

Heerlikheid van die goddelike Woord.

Alef.

1 WELGELUKSALIG is die opregtes van weg, wat in die wet van die Here wandel.

2 Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;

3 ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel.

4 Ú het u bevele gegee om dit trou te onderhou.

5 Ag, was my weë maar vas om u insettinge te onderhou!

6 Dan sal ek nie beskaamd staan as ek op al u gebooie let nie.

7 Ek sal U loof in opregtheid van hart as ek u regverdige verordeninge leer.

8 Ek sal u insettinge onderhou; verlaat my nie geheel en al nie.

Bet.

9 Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.

10 Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie.

11 Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.

12 Lofwaardig is U, o Here! Leer my u insettinge!

13 Ek het met my lippe vertel al die verordeninge van u mond.

14 Ek is vrolik in die weg van u getuienisse soos oor allerhande rykdom.

15 Ek wil u bevele oordink en op u paaie let.

16 Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie.

Gimel.

17 Doen goed aan u kneg, sodat ek kan lewe; dan wil ek u woord bewaar.

18 Open my , dat ek kan sien die wonders uit u wet.

19 Ek is 'n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie.

20 My siel vergaan van verlange na u verordeninge altyddeur.

21 U dreig die vermeteles as gevloektes wat van u gebooie afdwaal.

22 Wentel smaad en veragting van my af, want u getuienisse het ek bewaar.

23 Al sit vorste en beraadslaag teen my u kneg oordink u insettinge.

24 Ja, u getuienisse is my verlustiging, my raadsmanne.

Dalet.

25 My siel kleef aan die stof; maak my lewend na u woord.

26 My weë het ek vertel, en U het my verhoor; leer my u insettinge!

27 Laat my die weg van u bevele verstaan, dat ek u wonders kan oordink.

28 My siel drup weg van kommer; rig my op na u woord.

29 Verwyder van my die weg van leuens, en verleen my genadiglik u wet.

30 Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel.

31 Ek kleef u getuienisse aan; o Here, maak my nie beskaamd nie!

32 Ek sal op die weg van u gebooie wandel, want U verruim my hart.

He.

33 Here, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar.

34 Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte.

35 Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek 'n behae.

36 Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie.

37 Wend my af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë.

38 Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees.

39 Wend my smaadheid af wat ek vrees, want u verordeninge is goed.

40 Gewis, ek het 'n begeerte tot u bevele; maak my lewend deur u geregtigheid.

Wau.

41 En laat u goedertierenhede oor my kom, o Here, u heil volgens u belofte,

42 sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord.

43 En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek.

44 Dan wil ek u wet altyddeur onderhou, vir ewig en altyd,

45 en in die ruimte wandel, want ek soek u bevele.

46 Ook wil ek voor konings van u getuienisse spreek en my nie skaam nie.

47 En ek wil my verlustig in u gebooie wat ek liefhet,

48 en my hande ophef na u gebooie wat ek liefhet, en u insettinge oordink.

Sajin.

49 Gedenk die woord aan u kneg, omdat U my laat hoop het.

50 Dit is my troos in my ellende, dat u belofte my lewend maak.

51 Vermeteles het baie met my gespot; van u wet het ek nie afgewyk nie.

52 Ek het gedink, o Here, aan u oordele van ouds, en ek het my getroos.

53 Toorngloed het my aangegryp vanweë die goddelose wat u wet verlaat.

54 U insettinge was gesange vir my in die huis van my vreemdelingskap.

55 Here, in die nag het ek gedink aan u Naam, en ek het u wet onderhou.

56 Dit het my deel geword, omdat ek u bevele bewaar het.

Get.

57 Die Here is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar.

58 Ek het U van ganser harte om genade gesmeek; wees my genadig volgens u belofte.

59 Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse.

60 Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou.

61 Die strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie.

62 Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge.

63 Ek is 'n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat u bevele onderhou.

64 Here, die aarde is vol van u goedertierenheid; leer my u insettinge.

Tet.

65 U het goed gedoen aan u kneg, Here, na u woord.

66 Leer my 'n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie.

67 Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord.

68 U is goed en doen goed; leer my u insettinge.

69 Vermeteles het my leuens toegedig; maar ék bewaar van ganser harte u bevele.

70 Hulle hart is ongevoelig soos vet; maar ék verlustig my in u wet.

71 Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer.

72 Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer.

Jod.

73 U hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer.

74 Die wat U vrees, sien my, en hulle is bly; want op u woord wag ek.

75 Ek weet, Here, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het.

76 Laat tog u goedertierenheid wees om my te troos volgens u belofte aan u kneg.

77 Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe; want u wet is my verlustiging.

78 Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het; maar ék oordink u bevele.

79 Laat die wat U vrees, na my terugkeer, en die wat u getuienisse ken.

80 Laat my hart opreg wees in u insettinge, sodat ek nie beskaamd hoef te staan nie.

Kaf.

81 My siel smag na u heil; op u woord wag ek.

82 My smag na u belofte en : Wanneer sal U my vertroos?

83 Want ek het geword soos 'n leersak in die rook; u insettinge het ek nie vergeet nie.

84 Hoeveel sal die dae van u kneg wees? Wanneer sal U gerig oefen onder my vervolgers?

85 Vermeteles het vir my kuile gegrawe, hulle wat nie lewe na u wet nie.

86 Al u gebooie is waarheid; hulle vervolg my sonder oorsaak; help my!

87 Hulle het my amper vernietig op die aarde; maar ék het u bevele nie verlaat nie.

88 Maak my lewend na u goedertierenheid, dat ek die getuienis van u mond kan onderhou.

Lamed.

89 Vir ewig, o Here, staan u woord vas in die hemele.

90 U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde bevestig, en dit bly staan.

91 Volgens u verordeninge bly hulle vandag nog staan, want alle dinge is u knegte.

92 As u wet nie my verlustiging was nie, dan het ek omgekom in my ellende.

93 Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak.

94 Aan U behoort ek: verlos my, want ek soek u bevele.

95 Die goddelose en wag op my, om my om te bring; ek gee ag op u getuienisse.

96 Aan alle volmaaktheid het ek 'n einde gesien, maar u gebod is baie wyd.

Mem.

97 Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag.

98 U gebooie maak my wyser as my vyande, want hulle is myne vir ewig.

99 Ek is verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing.

100 Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele.

101 Ek het my voete teruggehou van elke verkeerde pad, dat ek u woord kan bewaar.

102 Ek het van u verordeninge nie afgewyk nie, want Ú het my geleer.

103 Hoe soet is u beloftes vir my verhemelte, meer as heuning vir my mond.

104 Uit u bevele kry ek verstand; daarom haat ek elke leuenpad.

Noen.

105 U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.

106 Ek het gesweer, en dit gehou, om u regverdige verordeninge te onderhou.

107 Ek is baie diep neergedruk; Here, maak my lewend na u woord!

108 Laat tog die vrywillige offerandes van my mond U behaag, o Here, en leer my u verordeninge.

109 My lewe is altyddeur in my hand; nogtans vergeet ek u wet nie.

110 Die goddelose het vir my 'n vangnet gespan; nogtans het ek van u bevele nie afgedwaal nie.

111 Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang, want hulle is die vreugde van my hart.

112 Ek het my hart geneig, om u insettinge te betrag, vir ewig, tot die einde toe.

Samek.

113 Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief.

114 U is my skuilplek en my skild; op u woord wag ek.

115 Gaan weg van my, kwaaddoeners, dat ek die gebooie van my God kan bewaar!

116 Ondersteun my volgens u belofte, dat ek kan lewe; en maak my nie beskaamd vanweë my hoop nie.

117 Steun my, dat ek verlos word; dan sal ek altyddeur op u insettinge let.

118 U verag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is leuens.

119 U ruim al die goddelose van die aarde weg soos skuim; daarom het ek u getuienisse lief.

120 My vlees sidder van skrik vir U, en ek vrees vir u oordele.

Ajin.

121 Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie.

122 Wees borg vir u kneg ten goede; laat vermeteles my nie verdruk nie.

123 My smag na u heil en na die belofte van u geregtigheid.

124 Handel met u kneg na u goedertierenheid, en leer my u insettinge.

125 Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken.

126 Dit is tyd vir die Here om te handel: hulle het u wet verbreek.

127 Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud.

128 Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek.

Pe.

129 U getuienisse is wonderbaar; daarom bewaar my siel hulle.

130 Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.

131 Ek maak my mond wyd oop en hyg, want na u gebooie verlang ek.

132 Wend U tot my en wees my genadig volgens die reg van die wat u Naam liefhet.

133 Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.

134 Verlos my van die mens se verdrukking, sodat ek u bevele kan onderhou.

135 Laat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge.

136 My loop af in strome van water, omdat hulle u wet nie onderhou nie.

Sade.

137 Here, U is regverdig, en reg is u verordeninge.

138 In geregtigheid het U u getuienisse beveel en in louter trou.

139 My ywer verteer my, omdat my teëstanders u woorde vergeet het.

140 U woord is deur en deur gelouter, en u kneg het dit lief.

141 Ek is klein en verag, maar u bevele vergeet ek nie.

142 U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en u wet is waarheid.

143 Benoudheid en angs het my getref, maar u gebooie is my verlustiging.

144 U getuienisse is geregtigheid tot in ewigheid; maak my verstandig, dat ek kan lewe.

Kof.

145 Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o Here! Ek wil u insettinge bewaar.

146 Ek het U aangeroep; verlos my, dat ek u getuienisse kan onderhou.

147 Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek.

148 My is die nagwake voor om u woord te oordink.

149 Hoor my stem na u goedertierenheid; o Here, maak my lewend volgens u verordeninge.

150 Hulle kom nader wat skandelike dade najaag, hulle wat ver van u wet af is.

151 U, o Here, is naby, en al u gebooie is waarheid.

152 Lankal het ek geweet uit u getuienisse dat U hulle vir ewig gegrond het.

Resj.

153 Sien my ellende aan en red my, want u wet vergeet ek nie.

154 Verdedig my regsaak en verlos my; maak my lewend volgens u belofte.

155 Die heil is ver van die goddelose, want hulle soek u insettinge nie.

156 Here, u barmhartighede is menigvuldig; maak my lewend volgens u verordeninge.

157 My vervolgers en my teëstanders is talryk; van u getuienisse wyk ek nie af nie.

158 Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie.

159 Aanskou dat ek u bevele liefhet; o Here, maak my lewend na u goedertierenheid.

160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

Sin, Sjin.

161 Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord.

162 Ek is vrolik oor u belofte soos een wat 'n groot buit vind.

163 Leuens haat ek en het daar 'n afsku van; u wet het ek lief.

164 Ek loof u sewe maal elke dag oor u regverdige verordeninge.

165 Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie.

166 oHere, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie.

167 My siel onderhou u getuienisse, en ek het hulle baie lief.

168 Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want al my weë is voor U.

Tau.

169 oHere, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord.

170 Laat my smeking voor u aangesig kom; red my volgens u belofte.

171 My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer my u insettinge.

172 My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid.

173 Laat u hand my tot hulp wees, want ek het u bevele verkies.

174 oHere, ek verlang na u heil, en u wet is my verlustiging.

175 Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help.

176 Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie.

A excelência da lei do Senhor e a felicidade daquele que a observa

Álefe

1 Felizes são aqueles cuja vida é Sl 101.2,6;Pv 11.20;13.6íntegra,

que Sl 128.1;Ez 11.20;18.17;Mq 4.2andam na lei de Jeová.

2 Felizes são os que Sl 25.10;99.7;119.22,168guardam os seus testemunhos,

que o Sl 119.10;Dt 4.29buscam Dt 6.5;10.12;11.13;13.3;30.2de todo o seu coração;

3 que não 1Jo 3.9;5.18praticam iniquidade

e andam nos seus caminhos.

4 Tu nos Dt 4.13;Ne 9.13ordenaste os teus preceitos,

para que os observemos à risca.

5 Oxalá que os meus Sl 40.2;Pv 4.26caminhos fossem dispostos,

para Dt 12.1;2Cr 7.17observarem os teus estatutos!

6 Então, Sl 119.80não serei envergonhado,

quando tiver respeito a todos os teus mandamentos.

7 Sl 119.62Dar-te-ei graças com integridade de coração,

quando aprender os teus retos juízos.

8 Observarei os teus estatutos;

não me Sl 38.21;71.9,18desampares de todo.

Bete

9 Como poderá o mancebo guardar puro o seu caminho?

1Rs 2.4;8.25;2Cr 6.16Observando-o segundo a tua palavra.

10 Sl 119.2,145De todo o meu coração te hei buscado;

não me deixes Sl 119.21,118desviar dos teus mandamentos.

11 No meu coração, Sl 37.31;40.8;Lc 2.19,51tenho entesourado a tua palavra,

para não pecar eu contra ti.

12 Bendito és tu, Jeová!

Sl 119.26,64,68,108,124,135,171Ensina-me os teus estatutos.

13 Com os meus lábios, Sl 40.9tenho narrado

Sl 119.72todos os juízos da tua boca.

14 Sl 119.111,162Regozijo-me no caminho dos teus testemunhos,

tanto como em todas as riquezas.

15 Nos teus preceitos, Sl 1.2;23;28;78;97;148meditarei

e, Sl 25.4;27.11;Is 58.2às tuas veredas, terei respeito.

16 Nos teus estatutos, Sl 119.24,35,47,70,77,92,143,174deleitar-me-ei;

Sl 119.93não me esquecerei da tua palavra.

Guímel

17 Sl 13.6liberal para com o teu servo, para que eu viva;

assim, observarei a tua palavra.

18 Desvenda os meus olhos, para que eu contemple

as maravilhas que se derivam da tua lei.

19 Sou Sl 119.54;39.12;Gn 47.9;Lv 25.23;1Cr 29.15;Hb 11.13peregrino na terra;

não escondas de mim os teus mandamentos.

20 A minha alma está quebrantada Sl 119.40,131pelo desejo

que, em todo o tempo, tem sentido por teus juízos.

21 Sl 68.30Increpaste os soberbos, os Sl 37.22;Dt 27.26malditos,

que se Sl 119.10-118desviam dos teus mandamentos.

22 Sl 119.39Tira de sobre mim o opróbrio e o desprezo,

pois tenho Sl 119.2guardado os teus testemunhos.

23 Sl 119.161Príncipes assentaram-se e falaram contra mim,

mas o teu servo Sl 119.15meditou nos teus estatutos.

24 Demais, os teus testemunhos são as minhas Sl 119.16delícias,

os meus conselheiros.

Dálete

25 A minha Sl 44.25alma está apegada ao ;

Sl 119.37,40,88,93,107,149,154,156,159vivifica-me Sl 119.65segundo a tua palavra.

26 Expus os meus caminhos, e me respondeste.

Sl 119.12Ensina-me os teus estatutos.

27 Faze-me compreender os caminhos dos teus preceitos;

assim, Sl 105.2meditarei nas tuas maravilhas.

28 A minha Sl 22.14;107.26alma consome-se de tristeza;

Sl 20.2;1Pe 5.10fortalece-me segundo a tua palavra.

29 Afasta de mim o caminho da mentira

e concede-me a graça de seguir a tua lei.

30 Escolhi o caminho da fidelidade;

diante de mim, pus os teus juízos.

31 Aos teus testemunhos Dt 11.22me apego;

não me cubras, Jeová, de vergonha.

32 Percorrerei os caminhos dos teus mandamentos,

quando 1Rs 4.29;Is 60.5;2Co 6.11,13dilatares o meu coração.

33 Sl 119.5,12Ensina-me, Jeová, o caminho dos teus estatutos,

que eu o reterei até o fim.

34 Sl 119.27,73,125,144,169Dá-me entendimento, e 1Cr 22.12;Ez 44.24guardarei a tua lei;

sim, Sl 119.2,69de todo o coração, a observarei.

35 Guia-me Sl 25.4;Is 40.14pela senda dos teus mandamentos,

porque nela Sl 119.16;112.1me comprazo.

36 1Rs 8.58Inclina o meu coração para os teus testemunhos

e não para a Lc 12.15;Hb 13.5avareza.

37 Desvia os meus Is 33.15olhos de verem a vaidade

e Sl 119.25;71.20vivifica-me nos teus caminhos.

38 2Sm 7.25Confirma ao teu servo a tua promessa,

que provém do temor a ti.

39 Sl 119.22Aparta de mim o opróbrio de que tenho medo,

porque os teus juízos são bons.

40 Eis que tenho Sl 119.20suspirado pelos teus preceitos;

vivifica-me na tua justiça.

Vau

41 Venham também a mim Sl 119.77as tuas benignidades, Jeová,

a tua salvação Sl 119.58,76,116,170segundo a tua palavra.

42 Assim, terei Pv 27.11que responder ao que Sl 119.39;102.8me afronta,

pois confio na tua palavra.

43 Não tires de todo da minha boca a palavra da verdade,

pois tenho Sl 119.49,74,81,114,147esperado nos teus juízos.

44 Assim, Sl 119.33observarei de contínuo a tua lei,

para todo o sempre.

45 Pv 4.12Andarei em liberdade,

pois Sl 119.94,155busco os teus preceitos.

46 Falarei dos teus testemunhos Mt 10.18;At 26.1-2diante de reis

e não me envergonharei.

47 Sl 119.16Comprazer-me-ei nos teus mandamentos,

que tenho Sl 119.97,127,159amado.

48 Levantarei as minhas mãos para os teus mandamentos, que tenho Sl 119.15amado,

e meditarei nos teus estatutos.

Zain

49 Lembra-te da palavra dada ao teu servo,

porque me fizeste nutrir esperança.

50 Este é o meu Jó 6.10;Rm 15.4conforto na minha aflição:

que a tua palavra me vivifica.

51 Jó 30.1;Jr 20.7Muito zombaram de mim os soberbos;

contudo, não me Sl 119.157;44.18;Jó 23.11desviei da tua lei.

52 Sl 103.18Lembro-me, Jeová, dos teus juízos no passado

e me conforto.

53 A Sl 119.158;Êx 32.19;Ed 9.3;Ne 13.25indignação apoderou-se de mim,

por causa dos perversos que Sl 89.30abandonam a tua lei.

54 Os teus estatutos têm sido os meus cânticos

na casa da Sl 119.19;Gn 47.9minha peregrinação.

55 Sl 119.62;42.8;92.2;Is 26.9;At 16.25De noite, Sl 63.6lembro-me do teu nome, Jeová,

e observo a tua lei.

56 Isso é o que comigo se tem dado,

porque Sl 119.22,69,100guardo os teus preceitos.

Hete

57 Jeová é o meu Sl 16.5, ref.quinhão.

Eu disse que Dt 33.9observaria as tuas palavras.

58 De Sl 119.2todo o meu coração, 1Rs 13.6implorei a tua graça;

Sl 41.4;56.1;57.1compadece-te de mim Sl 119.41segundo a tua palavra.

59 Mc 14.72;Lc 15.17Considerei os meus caminhos

e voltei os meus pés para os teus testemunhos.

60 Dei-me pressa e não me demorei

em observar os teus mandamentos.

61 Sl 140.5;Jó 36.8Enleiaram-me os laços dos perversos,

porém Sl 119.83,141,153,176não me esqueci da tua lei.

62 Sl 119.55À meia-noite, me levantarei para te dar graças,

Sl 119.7por causa dos teus justos juízos.

63 Sl 101.6Companheiro sou de todos os que te temem

e dos que observam os teus preceitos.

64 Cheia está Sl 33.5a terra, Jeová, da tua benignidade.

Sl 119.12Ensina-me os teus estatutos.

Tete

65 Tens procedido bem com o teu servo,

segundo a tua palavra, ó Jeová.

66 Ensina-me Fp 1.9bom juízo e conhecimento,

pois creio em teus mandamentos.

67 Sl 119.71,75;Jr 31.18-19;Hb 12.5-11Antes de ser afligido, eu me extraviei;

mas, agora, observo a tua palavra.

68 Tu és Sl 86.5;100.5;106.1bom e Sl 125.4;Dt 8.16;28.63;30.5fazes o bem;

Sl 119.12ensina-me os teus estatutos.

69 Os soberbos têm Jó 13.4forjado mentiras contra mim;

eu, de todo o meu coração, Sl 119.56guardarei os teus preceitos.

70 O seu Sl 17.10;Dt 32.15;Jó 15.27;Is 6.10;Jr 5.28coração é insensível como a graxa.

Eu, porém, Sl 119.16me deleito na tua lei.

71 Foi-me Sl 119.67,75bom ter sido aflito,

para que eu aprendesse os teus estatutos.

72 Mais vale para mim Sl 119.127;19.10;Pv 8.10-11,19a lei da tua boca

do que milhares de ouro e de prata.

Iode

73 Sl 138.8;139.15-16;Jó 10.8;31.15As tuas mãos me fizeram e me formaram;

Sl 119.34Dá-me entendimento para aprender os teus mandamentos.

74 Aqueles que te temem Sl 34.2;35.27;107.42me verão e se alegrarão,

porque na tua palavra tenho Sl 119.43esperado.

75 Conheço, Jeová, que os teus juízos são Sl 119.138justos

e Hb 12.10que, com fidelidade, me atribulaste.

76 Seja, pois, a tua benignidade para o meu conforto,

segundo a tua palavra ao teu servo.

77 Sobre mim venham Sl 119.41as tuas ternas misericórdias, para que eu viva,

porque a tua lei é a Sl 119.16minha delícia.

78 Envergonhados sejam Jr 50.32os soberbos, por me terem subvertido Sl 119.86com mentiras;

eu, porém, Sl 119.15meditarei nos teus preceitos.

79 Voltem-se para mim os que te temem,

para que conheçam os teus testemunhos.

80 Seja o meu coração Sl 119.1perfeito nos teus estatutos,

para que eu não Sl 119.46seja envergonhado.

Cafe

81 A minha Sl 84.2alma desfalece, aguardando a tua salvação;

Sl 119.43espero na tua palavra.

82 Desfalecem Sl 119.123;69.3;Is 38.14;Lm 2.11os meus olhos, aguardando a tua palavra,

enquanto digo: Quando me confortarás?

83 Pois me Jó 30.30tornei qual um odre na fumaça;

contudo, não Sl 119.61me esqueço dos teus estatutos.

84 Quantos são os Sl 39.4dias do teu servo?

Quando Ap 6.10proferirás sentença sobre os que me perseguem?

85 Sl 7.15;57.6;Jr 18.22Abriram-me covas os soberbos,

que não andam segundo a tua lei.

86 Todos os teus mandamentos são Sl 119.138fiéis;

eles me Sl 119.78,161;35.19perseguem injustamente; Sl 109.26ajuda-me.

87 Quase que me consumiram sobre a terra;

eu, porém, não Is 58.2abandonei os teus preceitos.

88 Vivifica-me segundo a tua benignidade;

assim, observarei o testemunho da tua boca.

Lâmede

89 Sl 119.160;Is 40.8;Mt 24.35;1Pe 1.25Para sempre, Jeová,

a tua palavra está firmada no céu.

90 A tua Sl 36.5;89.1-2fidelidade estende-se a todas as gerações;

Sl 148.6estabeleceste a terra, e ela Ec 1.4permanece firme.

91 Tudo permanece firme, hoje, conforme os teus Jr 31.35juízos,

pois Sl 104.2-4todas as coisas te servem.

92 Se a tua lei não houvera sido Sl 119.16a minha delícia,

eu teria, então, perecido Sl 119.50na minha aflição.

93 Sl 119.16,83Nunca me esquecerei dos teus preceitos,

porque, com eles, me Sl 119.25tens vivificado.

94 Sl 119.146Sou teu; salva-me,

porque Sl 119.45busco os teus preceitos.

95 Os perversos me têm Sl 40.14;Is 32.7espreitado para me prenderem;

considerarei os teus testemunhos.

96 Tenho visto que em toda a perfeição limites;

O teu mandamento é ilimitado.

Mem

97 Quanto Sl 119.47-48,127,163,165amo a tua lei!

Ela é a Sl 119.15minha meditação de contínuo.

98 Os teus Sl 119.130;Dt 4.6mandamentos fazem-me mais sábio que os meus inimigos,

pois sempre estão comigo.

99 Mais discernimento tenho do que todos os que me ensinam,

porque os teus testemunhos são Sl 119.15a minha meditação.

100 Mais entendo eu Jó 32.7-9do que os idosos,

porque tenho Sl 119.22,56guardado os teus preceitos.

101 De todo mau caminho Pv 1.15retiro os meus pés,

a fim de observar a tua palavra.

102 Dos teus juízos, Dt 17.20;Js 23.6;1Rs 15.5não me desvio,

porque és tu quem me instrui.

103 Quão Sl 19.10;Pv 24.13-14doces são as tuas palavras ao meu paladar!

Sim, mais doces do que o mel à minha boca.

104 Por meio dos teus preceitos, Sl 119.130consigo entendimento;

pelo que Sl 119.128aborreço todo caminho de falsidade.

Nun

105 Pv 6.23Lâmpada para os meus pés é a tua palavra

e luz, para a minha vereda.

106 Ne 10.29Jurei e confirmei o meu juramento

de observar os teus justos juízos.

107 Estou Sl 119.25,50aflitíssimo;

Sl 119.25vivifica-me, Jeová, segundo a tua palavra.

108 Aceita, te rogo, Jeová, Os 14.2;Hb 13.15as ofertas voluntárias da minha boca

e Sl 119.12ensina-me os teus juízos.

109 Estou continuamente em perigo Jz 12.3;Jó 13.14de vida;

contudo, não me Sl 119.16esqueço da tua lei.

110 Os perversos Sl 91.3;140.5;141.9armaram-me laço;

todavia, não me Sl 119.10desvio dos teus preceitos.

111 Tomei os teus testemunhos Dt 33.4como herança para sempre,

pois eles são Sl 119.14,162o gozo do meu coração.

112 Sl 119.36Inclino o meu coração para cumprir os teus estatutos,

para sempre, Sl 119.33até o fim.

Sâmeque

113 Aborreço os 1Rs 18.21;Tg 1.8;4.8irresolutos,

mas amo a Sl 119.47tua lei.

114 Tu és o meu Sl 31.20;32.7;61.4;91.1refúgio e Sl 84.9o meu escudo;

na tua palavra, Sl 119.74espero.

115 Sl 6.8;139.19;Mt 7.23Apartai-vos de mim, malfeitores,

para que eu Sl 119.22guarde os mandamentos do meu Deus.

116 Sl 37.17,24;54.4Ampara-me segundo a tua palavra, para que eu viva;

e não me Sl 25.2,20;31.1,17;Rm 5.5;9.33;Fp 1.20deixes ser envergonhado no que espero.

117 Sustenta-me, e serei Sl 12.5;Pv 29.25salvo

e, de contínuo, Sl 119.6,15terei respeito aos teus estatutos.

118 Desprezas todos Sl 119.10,21os que se afastam dos teus estatutos,

porque falsidade é a astúcia deles.

119 Deitas fora, como Is 1.22,25;Ez 22.18-19escória, todos os perversos da terra;

por isso, Sl 119.47amo os teus testemunhos.

120 Jó 4.14;Hc 3.16Arrepia-se-me a carne com temor de ti.

E tenho Sl 119.161medo dos teus juízos.

Ain

121 Tenho 2Sm 8.15;Jó 29.14feito juízo e justiça;

não me abandones aos meus opressores.

122 Jó 17.3fiador do teu servo para o bem;

não me Sl 119.134oprimam os soberbos.

123 Desfalecem Sl 119.82os meus olhos, aguardando a tua salvação

e a promessa da tua justiça.

124 Procede com o teu servo Sl 51.1;106.45;109.26;119.88,149,159segundo a tua benignidade

e Sl 119.12ensina-me os teus estatutos.

125 Eu Sl 116.16sou o teu servo; Sl 119.27dá-me entendimento,

para que eu conheça os teus testemunhos.

126 É tempo de Jeová Jr 18.23;Ez 31.11entrar em ação,

pois eles violaram a tua lei.

127 Sl 119.47Amo os teus mandamentos

mais do que o ouro, sim, mais do que o ouro fino.

128 Portanto, retos em tudo considero Sl 19.8todos os teus preceitos

e Sl 119.104aborreço todo o caminho da falsidade.

129 Sl 119.18Maravilhosos são os teus testemunhos;

por isso, é que a minha alma os Sl 119.22guarda,

130 A Pv 6.23revelação das tuas palavras alumia;

Sl 19.7entendimento aos simples.

131 Sl 81.10;Jó 29.23Abri a minha boca e Sl 42.1arquejei,

pois Sl 119.20suspirei pelos teus mandamentos.

132 Sl 25.16Volta-te para mim e compadece-te de mim,

como costumas fazer aos que amam o teu nome.

133 Firma na tua lei Sl 17.5os meus passos,

Sl 19.13e não se apodere de mim iniquidade alguma.

134 Sl 119.84;142.6Resgata-me da opressão do homem

assim, observarei os teus preceitos.

135 Sl 4.6;31.16;67.1;80.3,7,19;Nm 6.25Faze resplandecer o teu rosto sobre o teu servo

Sl 119.12e ensina-me os teus estatutos.

136 Jr 9.1,18;14.17;Lm 3.48Os meus olhos derramam rios de água,

porque os homens não Sl 119.158observam a tua lei.

Tsadê

137 Sl 116.5;129.4;145.17;Ed 9.15;Jr 12.1;Lm 1.18;Dn 9.7,14Justo és, Jeová,

e retos são os teus juízos.

138 Ordenaste os teus testemunhos com Sl 119.144,172retidão

e com suma Sl 119.86,90fidelidade.

139 O meu Sl 69.9zelo me consome,

porque os meus adversários se esqueceram das tuas palavras.

140 Sl 12.6;19.8Puríssima é a tua palavra;

por isso, é que o teu servo a Sl 119.47ama.

141 Pequeno sou e Sl 22.6desprezado;

contudo, não Sl 119.61me esqueço dos teus preceitos.

142 A tua justiça é justiça eterna,

Sl 119.151,160e a tua lei é verdade.

143 Sobre mim vieram tribulação e angústia;

todavia, os teus mandamentos são a minha Sl 119.24delícia.

144 Os teus Sl 19.9testemunhos são justos para sempre;

Sl 119.27dá-me entendimento, e viverei.

Cofe

145 Tenho clamado Sl 119.10de todo o meu coração; responde-me, Jeová.

Sl 119.22,55Guardarei os teus estatutos.

146 A ti hei clamado; Sl 3.7salva-me,

e observarei os teus testemunhos.

147 Sl 57.8;108.2Antecipo a alva da manhã e clamo;

aguardo com esperança as tuas palavras.

148 Os meus olhos antecipam as vigílias noturnas,

para que eu Sl 119.15medite na tua palavra.

149 Ouve, Sl 119.124segundo a tua benignidade, a minha voz;

Sl 119.25vivifica-me, Jeová, segundo os teus juízos.

150 Aproximam-se os que me perseguem maliciosamente;

eles andam afastados da tua lei.

151 Tu estás Sl 34.18;145.18;Is 50.8perto, Jeová;

e todos os teus mandamentos são Sl 119.142verdade.

152 muito Sl 119.125sei eu dos teus testemunhos

que os fundaste Sl 119.89;Lc 21.33para sempre.

Rexe

153 Considera a minha Sl 119.50aflição e livra-me,

pois não me Sl 119.16;Pv 3.1;Os 4.6esqueço da tua lei.

154 Sl 35.1;1Sm 24.15;Mq 7.9Pleiteia a minha causa e Sl 119.134resgata-me;

vivifica-me segundo a tua palavra.

155 Dos perversos Jó 5.4longe está a salvação,

pois não Sl 119.45,94buscam os teus estatutos.

156 2Sm 24.14Muitas são, Jeová, as tuas ternas misericórdias;

vivifica-me segundo os teus juízos.

157 Muitos são os meus Sl 119.86,161;7.1perseguidores e os meus adversários;

contudo, não me Sl 119.51desvio dos teus testemunhos.

158 Vi os Is 21.2;24.16prevaricadores e Sl 139.21afligi-me,

porque não observam a tua palavra.

159 Considera como Sl 119.47amo os teus preceitos;

Sl 119.25vivifica-me, Jeová, segundo a tua benignidade.

160 A Sl 139.17soma da tua palavra é a Sl 119.142verdade;

cada um dos teus justos juízos dura Sl 119.89,152para sempre.

Chim

161 Sl 119.23;1Sm 24.11;26.18Príncipes me hão perseguido sem causa,

mas o meu coração Sl 119.120teme as tuas palavras.

162 Sl 119.14,111Regozijo-me com a tua palavra,

como quem 1Sm 30.16;Is 9.3acha grande despojo.

163 Sl 119.104,128;31.6;Pv 13.5Odeio e aborreço a mentira;

Sl 119.47amo, porém, a tua lei.

164 Sete vezes no dia te louvo

por causa dos teus Sl 119.7,160justos juízos.

165 Sl 37.11;Pv 3.2;Is 26.3De grande paz gozam os que amam a tua lei,

e Pv 3.23;Is 63.13;1Jo 2.10nada que os faça tropeçar.

166 Tenho Sl 119.81,174;Gn 49.18aguardado com esperança a tua salvação, Jeová,

e tenho cumprido os teus mandamentos.

167 Sl 119.129A minha alma tem observado os teus testemunhos,

e sumamente os Sl 119.47amo.

168 Tenho Sl 119.22observado os teus preceitos e os teus testemunhos,

pois diante de ti estão Sl 139.3;Jó 24.23;Pv 5.21todos os meus caminhos.

Tau

169 Aproxime-se de ti, Jeová, Sl 18.6;102.1;Jó 16.18o meu clamor;

Sl 119.27dá-me entendimento Sl 119.65,154segundo a tua palavra.

170 Chegue à tua presença Sl 28.2;130.2;140.6;143.1a minha súplica;

Sl 22.20;31.2;59.1livra-me segundo a tua palavra.

171 Profiram louvor Sl 51.15;63.3os meus lábios,

pois me Sl 119.12;94.12;Is 2.3;Mq 4.2ensinas os teus estatutos.

172 Celebre Sl 51.14a minha língua a tua lei,

pois Sl 119.138todos os teus mandamentos são justiça.

173 Esteja pronta Sl 37.24;73.23a tua mão para me socorrer,

pois Js 24.22;Lc 10.42escolhi os teus preceitos.

174 Tenho Sl 119.166suspirado pela tua salvação, Jeová,

e a tua lei é Sl 119.24a minha delícia.

175 Viva a Is 55.3minha alma, para que te louve;

auxiliem-me os teus juízos.

176 Tenho Is 53.6;Jr 50.6;Mt 18.12;Lc 15.4andado errante, qual ovelha perdida; busca ao teu servo,

pois Sl 119.16não me esqueço dos teus mandamentos.

Veja também