Openbaring in natuur en Skriftuur.
1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
2 Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
3 Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:
4 daar is geen spraak en daar is geen woorde nie — onhoorbaar is hulle stem.
5 Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin 'n tent gemaak;
6 en dié is soos 'n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos 'n held om die pad te loop.
7 Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.
8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.
9 Die bevele van die Here is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die Here is suiwer: dit verlig die oë.
10 Die vrees van die Here is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die Here is waarheid — tesame is hulle regverdig.
11 Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.
12 Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon.
13 Die afdwalinge — wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is.
14 Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.
15 Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o Here, my rots en my verlosser!
A excelência da criação e das suas leis, assim como da palavra de Deus
Ao cantor-mor. Salmo de Davi
1 Os Sl 8.1;50.6;Rm 1.19-20céus proclamam a glória de Deus,
e o Gn 1.6-7firmamento anuncia as obras das suas mãos.
2 Um dia profere palavras a Sl 74.16outro dia,
e uma Sl 139.12noite revela conhecimento a outra noite.
3 Não há fala, nem palavras;
não se lhe ouve a voz.
4 Por toda a terra estende-se a sua Rm 10.18linha,
e as suas palavras vão até os confins do mundo.
Neles, Sl 104.2pôs uma tenda para o sol,
5 o qual, como noivo que sai do seu tálamo,
se regozija, como herói, para correr a sua carreira.
6 A Sl 113.3sua saída é desde a extremidade do céu,
e o seu circuito, até os confins dele;
e nada há que ao seu calor se esconda.
7 A lei de Jeová é Sl 119.160perfeita e Sl 23.3refrigera a alma;
o testemunho de Jeová é Sl 93.5fiel e Sl 119.98-100dá sabedoria ao simples.
8 Os preceitos de Jeová são Sl 119.128retos e Sl 119.14alegram o coração;
o mandamento de Jeová é Sl 12.6puro e Sl 36.9esclarece os olhos.
9 O temor de Jeová é limpo e permanece para sempre;
os juízos de Jeová são Sl 119.142verdadeiros e inteiramente Sl 119.138justos.
10 Eles são mais para desejar do que Sl 119.72,127o ouro, sim, do que muito ouro fino;
e são mais Sl 119.103doces do que o mel e o que os favos destilam.
11 Demais disso, por eles é o teu servo Sl 17.4advertido;
e, em os guardar, há grande Sl 24.5-6;Pv 29.18galardão.
12 Quem pode Sl 40.12;139.6discernir os seus erros?
Sl 51.1-2Purifica-me de Sl 90.8;139.23-24faltas secretas.
13 Também de Nm 15.30pecados de presunção guarda ao teu servo;
que eles não Sl 119.133se assenhoreiem de mim; então, serei Sl 18.32perfeito
e ficarei livre de Sl 25.11grande transgressão.
14 Sejam agradáveis as palavras da minha boca e Sl 104.34a meditação do meu coração perante a tua face,
Jeová, Sl 18.2rocha minha e Sl 31.5redentor meu!