God bly getrou!
1 HALLELUJA! Loof die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
2 Wie kan die magtige dade van die Here uitspreek, al sy roem verkondig?
3 Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.
4 Dink aan my, o Here, na die welbehae in u volk, besoek my met u heil,
5 dat ek kan aanskou die geluk van u uitverkorenes, dat ek bly kan wees in die blydskap van u volk, my kan beroem met u erfdeel.
6 Ons het gesondig, saam met ons vaders; ons het verkeerd gedoen, goddeloos gehandel.
7 Ons vaders in Egipte het nie ag gegee op u wonders, hulle het nie gedink aan die menigte van u goedertierenhede nie, maar was wederstrewig by die see, by die Skelfsee.
8 Maar Hy het hulle verlos om sy Naam ontwil, om sy mag bekend te maak.
9 En Hy het die Skelfsee gedreig, sodat dit opgedroog het, en hulle deur die watervloede laat gaan soos deur 'n woestyn.
10 En Hy het hulle verlos uit die hand van die hater en hulle bevry uit die hand van die vyand.
11 En die waters het hulle teëstanders oordek: nie een van hulle het oorgebly nie.
12 Toe het hulle aan sy woorde geglo, hulle het sy lof gesing.
13 Maar hulle het gou sy werke vergeet, op sy raadsbesluit nie gewag nie.
14 En hulle het baie begerig geword in die woestyn en God versoek in die wildernis.
15 Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar in hulle siel 'n maerte gestuur.
16 En hulle was in die laer afgunstig op Moses, op Aäron, die heilige van die Here.
17 Die aarde het oopgegaan en Datan verslind en die bende van Abíram oordek.
18 En 'n vuur het gebrand onder hulle bende, 'n vlam die goddelose aan die brand gesteek.
19 Hulle het by Horeb 'n kalf gemaak en gebuig voor 'n gegote beeld.
20 En hulle het hul Heerlikheid verruil vir die afbeelding van 'n bees wat gras eet.
21 Hulle het God vergeet, hulle Verlosser, wat groot dinge gedoen het in Egipte,
22 wonders in die land van Gam, vreeslike dinge by die Skelfsee.
23 Toe het Hy gesê dat Hy hulle sou verdelg, as Moses, sy uitverkorene, nie voor sy aangesig in die bres gaan staan het om sy grimmigheid af te keer, dat Hy nie sou vernietig nie.
24 Hulle het ook die kosbare land versmaad, sy woord nie geglo nie;
25 en hulle het gemurmureer in hul tente, na die stem van die Here nie geluister nie.
26 Toe het Hy sy hand teen hulle opgehef om hulle neer te slaan in die woestyn,
27 en om hulle nageslag te versprei onder die nasies en hulle te verstrooi in die lande.
28 Ook het hulle hul aan Baäl-Peor gekoppel en die offerandes aan die dooies geëet;
29 en hulle het die Here geterg deur hul dade, sodat 'n plaag onder hulle uitgebreek het.
30 Toe het Pínehas opgetree en gerig geoefen, en die plaag het opgehou;
31 en dit is hom gereken tot geregtigheid, van geslag tot geslag tot in ewigheid.
32 Hulle het Hom ook vertoorn by die waters van Mériba, en dit het met Moses sleg gegaan om hulle ontwil;
33 want hulle was wederstrewig teen sy Gees, sodat hy onverskillig gepraat het met sy lippe.
34 Hulle het die volke nie verdelg soos die Here aan hulle gesê het nie,
35 maar hul met die heidene vermeng en hulle werke geleer.
36 En hulle het hulle afgode gedien, en dit het vir hulle 'n strik geword.
37 Bowendien het hulle hul seuns en hul dogters aan die duiwels geoffer
38 en onskuldige bloed vergiet — die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het — sodat die land deur bloedskuld ontheilig is.
39 En hulle het onrein geword deur hul werke en gehoereer deur hul dade.
40 Toe het die toorn van die Here ontvlam teen sy volk, en Hy het 'n afsku gekry van sy erfdeel.
41 En Hy het hulle in die hand van die heidene gegee, en hulle haters het oor hulle geheers;
42 en hulle vyande het hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig.
43 Hy het hulle baiekeer gered; maar húlle was wederstrewig in hulle voorneme. So het hulle dan weggesink deur hul ongeregtigheid.
44 Nogtans het Hy hulle benoudheid aangesien toe Hy hulle smeking gehoor het;
45 en Hy het tot hulle beswil aan sy verbond gedink en berou gekry na die veelheid van sy goedertierenhede.
46 En Hy het hulle medelyde laat vind by almal wat hulle as gevangenes weggevoer het.
47 Verlos ons, Here onse God, en versamel ons uit die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!
48 Geloofd sy die Here, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En laat die hele volk sê: Amen. Halleluja!
As rebeliões de Israel e as libertações de Jeová
1 Sl 105.1;107.1Louvai a Jeová.
Rendei graças a Jeová, porque ele é Sl 100.5bom,
porque 1Cr 16.34,41a sua benignidade dura para sempre.
2 Quem poderá referir Sl 145.4,12;150.2os poderosos feitos de Jeová
ou manifestar todo o seu louvor?
3 Felizes são os que guardam a retidão,
e aquele que Sl 15.2pratica a justiça, em todos os tempos.
4 Lembra-te de mim, Jeová, com a Sl 44.3;119.132misericórdia que dispensas ao teu povo;
visita-me com a tua salvação,
5 para que veja eu a Sl 1.3prosperidade dos teus escolhidos,
para que me Sl 118.15regozije com a alegria da tua nação,
para que me Sl 105.3glorie juntamente com a tua herança.
6 1Rs 8.47;Ed 9.7;Ne 1.7;Jr 3.25;Dn 9.5Pecamos Sl 78.8,57;2Cr 30.7;Ne 9.2;Zc 1.4com nossos pais,
cometemos iniquidade e praticamos o mal.
7 Nossos pais não entenderam as tuas maravilhas no Egito,
Sl 78.11,42;Jz 3.7não se lembraram da multidão das tuas benignidades,
e foram Sl 78.17;Êx 14.11-12rebeldes junto ao mar, ao mar Vermelho.
8 Todavia, ele os salvou Ez 20.9por amor do seu nome,
para lhes Êx 9.16dar a conhecer o seu grande poder.
9 Sl 18.15;78.13;Is 50.2;Na 1.4Repreendeu também o mar Vermelho, o qual Êx 14.21;Is 51.10ficou enxuto;
assim, os Is 63.11-13conduziu pelos abismos como pelo deserto.
10 Êx 14.30Salvou-os da mão de quem os odiava
e Sl 78.42;107.2remiu-os do poder do inimigo.
11 Sl 78.53;Êx 14.28;15.5As águas cobriram os seus adversários;
não ficou deles nem um só.
12 Então, Êx 14.31deram crédito às suas palavras
e Sl 105.43;Êx 15.1-21cantaram-lhe o louvor.
13 Bem depressa Êx 15.24;16.2;17.2se esqueceram das suas obras
e não lhe Sl 107.11aguardaram o conselho;
14 mas Sl 78.18;Nm 11.4;1Co 10.6deixaram-se levar da cobiça no deserto
e Êx 17.2;1Co 10.9tentaram a Deus no ermo.
15 Sl 78.29;Nm 11.31Deu-lhes o que pediram,
mas Is 10.16enviou-lhes magreza às suas almas.
16 Eles Nm 16.3invejaram a Moisés no acampamento
e a Arão, o santo de Jeová.
17 Nm 16.32Abriu-se a terra, que tragou a Datã
e cobriu a gente de Abirão.
18 Ateou-se um Nm 16.35fogo no meio da sua gente;
a chama abrasou os perversos.
19 Em Horebe, Êx 32.4;Dt 9.8;At 7.41fizeram um bezerro
e adoraram uma imagem fundida.
20 Assim, Jr 2.11;Rm 1.23trocaram a sua glória
pelo simulacro de um boi que come erva.
21 Sl 78.11;106.7,13Esqueceram-se de Deus, seu Salvador,
que no Egito fizera Dt 10.21grandezas,
22 Sl 105.27maravilhas na terra de Cam
e coisas tremendas junto ao mar Vermelho.
23 Portanto, Êx 32.10;Dt 9.14;Ez 20.8,13ele disse que ia exterminá-los; assim o teria feito,
Êx 32.11-14;Dt 9.25-29se Moisés, seu escolhido, se não lhe houvesse interposto,
para impedir que a sua ira os destruísse.
24 Eles Nm 14.31desprezaram a Dt 8.7;Jr 3.19;Ez 20.6terra aprazível
e não Dt 1.32;9.23deram crédito à sua palavra;
25 mas Nm 14.2;Dt 1.27murmuraram nas suas tendas
e não deram ouvidos à voz de Jeová.
26 Portanto, levantando a mão, Sl 95.11;Nm 14.28-35;Ez 20.15;Hb 3.11jurou-lhes
que os havia de derribar no deserto;
27 e que também lhes Dt 4.27derribaria entre as nações a sua descendência
e os Sl 44.11dispersaria pelas terras.
28 Nm 25.3;Dt 4.3;Os 9.10Uniram-se também com Baal-Peor
e comeram Nm 25.2os sacrifícios dos mortos.
29 Assim, o Nm 25.4provocaram à ira com as suas ações;
e a praga os assaltou.
30 Então, se Nm 25.7levantou Fineias e executou o juízo.
Assim, cessou a Nm 25.8praga.
31 Isso lhe foi Gn 15.6;Nm 25.11-13imputado por justiça,
em todas as gerações para sempre.
32 Também o Sl 81.7;95.9;Nm 20.2-13indignaram junto às águas de Meribá,
de sorte que, por causa deles, Nm 20.12resultou mal a Moisés.
33 Porque eram Sl 78.40;107.11;Nm 20.3,10rebeldes ao Espírito de Deus,
e Moisés falou imprudentemente com os seus lábios.
34 Não Jz 1.21,27-36exterminaram aos povos,
como Dt 7.2,16Jeová lhes ordenou;
35 antes, se Jz 3.5-6mesclaram com as nações
e aprenderam-lhes as obras.
36 Jz 2.12Serviram-lhes os ídolos,
os quais se lhes converteram em laços.
37 Dt 12.31;32.17;2Rs 17.17;Ez 16.20-21;1Co 10.20Sacrificaram seus filhos e filhas aos demônios
38 e derramaram Sl 94.21o sangue inocente, o sangue de seus Dt 18.10filhos e filhas,
que eles sacrificaram aos ídolos de Canaã.
A terra foi Nm 35.33;Is 24.5;Jr 3.1-2manchada com sangue.
39 Assim, se Lv 18.24;Ez 20.18contaminaram com as suas obras
e se Lv 17.7;Nm 15.39;Jz 2.17;Os 4.12prostituíram nos seus feitos.
40 Por isso, se acendeu a Sl 78.59;Jz 2.14ira de Jeová contra o seu povo,
e ele Lv 26.30;Dt 32.19abominou a sua herança.
41 Jz 2.14;Ne 9.27Entregou-os ao poder das nações,
e, sobre eles, dominavam os que os odiavam.
42 Jz 4.3;10.12Oprimiram-nos também os seus inimigos,
e, sob o poder destes, foram humilhados.
43 Muitas vezes, os Jz 2.16-18livrou;
mas eles, rebeldes, permaneceram Sl 81.12no seu conselho
e, por sua iniquidade, Jz 6.6foram abatidos.
44 Todavia, olhou para a sua angústia,
quando lhes Jz 3.9;6.7;10.10ouviu o clamor;
45 Sl 105.8;Lv 26.42recordou a favor deles a sua aliança
e se Jz 2.18arrependeu segundo a multidão das suas benignidades.
46 Fê-los também receber 1Rs 8.50;2Cr 30.9;Ed 9.9;Ne 1.11;Jr 42.12compaixão
da parte de todos os que os levaram cativos.
47 1Cr 16.35-36Salva-nos, Jeová, Deus nosso,
e Sl 147.2congrega-nos dentre as nações,
para darmos graças ao teu santo nome
e Sl 47.1gloriarmo-nos no teu louvor.
48 Sl 41.13;72.18;89.52Bendito seja Jeová, Deus de Israel,
desde a eternidade até a eternidade!
E diga o povo todo: Amém!
Louvai a Jeová!