Die oorwinning van die God van Israel.
1 VIR die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. 'n Lied.
2 God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg!
3 Soos rook verdryf word, verdryf U hulle; soos was smelt voor die vuur, vergaan die goddelose voor die aangesig van God.
4 Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap.
5 Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: Here is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!
6 'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees is God in sy heilige woning.
7 God laat die eensames woon in 'n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in 'n dor land.
8 o God, toe U uitgetrek het voor u volk, toe U voortgestap het in die wildernis, Sela,
9 het die aarde gebewe! Ook het die hemele gedrup voor die aangesig van God; hierdie Sinai voor die aangesig van God, die God van Israel!
10 Met 'n milde reën het U, o God, u erfdeel besproei; en toe dit moeg was, het Ú dit versterk.
11 U skare het daarin gewoon; U het dit in u goedheid berei vir die ellendige, o God!
12 Die Here het die woord laat hoor — die vroue wat die goeie tyding gebring het, was 'n groot skare:
13 Die konings van die leërskare vlug, hulle vlug; en sy wat tuis gebly het, verdeel die buit.
14 As julle daar lê tussen die veekrale, is die vlerke van die duif oordek met silwer en sy vleuels met liggroen goud.
15 Toe die Almagtige konings daarin verstrooi het, het dit gesneeu op Salmon.
16 'n Berg van God is die berg Basan, 'n berg met toppe is die berg Basan.
17 Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, na die berg wat God begeer het vir sy woning? Ja, die Here sal daar woon tot in ewigheid.
18 Die waens van God is tienduisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid.
19 U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges om daar te woon, o Here God!
20 Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.
21 God is vir ons 'n God van verlossinge, en die Here Here het uitkomste teen die dood.
22 Gewis, God sal die kop van sy vyande verbrysel, die harige skedel van hom wat in sy sondeskuld rondwandel.
23 Die Here het gesê: Ek sal terugbring uit Basan, Ek sal terugbring uit die dieptes van die see;
24 sodat jy jou voet kan steek in bloed, die tong van jou honde van die vyande sy deel kan hê.
25 o God, hulle sien u optogte, die optogte van my God, my Koning in die heiligdom.
26 Vooraan gaan die sangers, daaragter die snaarspelers, tussen jongmeisies in wat die tamboeryn slaan.
27 Loof God, die Here, in die vergaderinge, julle wat is uit die fontein van Israel!
28 Daar is Benjamin, die kleinste, wat oor hulle geheers het; die vorste van Juda — hulle menigte; die vorste van Sébulon, die vorste van Náftali.
29 Jou God het jou sterkte gebied: betoon U sterk, o God, wat vir ons gewerk het!
30 Ter wille van u tempel in Jerusalem sal die konings aan U geskenke bring.
31 Dreig die wilde gedierte van die riet — die trop stiere saam met die kalwers van die volke — die wat hulleself onderwerp met stukke silwer. Hy het die volke verstrooi wat lus het in oorloë.
32 Edeles sal uit Egipte kom, Kus sal haastig sy hande uitsteek na God.
33 o Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Sela.
34 Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef sy stem, 'n magtige stem.
35 Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel en sy sterkte in die wolke.
36 Vreeslik is God uit jou heiligdomme, o Israel! Die God van Israel — Hy gee aan die volk sterkte en kragte. Geloofd sy God!
Jeová, o Deus de Sinai e o do Santuário
Ao cantor-mor. Salmo ou Canção de Davi
1 Sl 12.5;132.8;Nm 10.35Levantar-se-á Deus, dispersos serão os seus inimigos;
e os que o aborrecem fugirão da sua presença.
2 Sl 37.20;Is 9.18;Os 13.3Como a fumaça se dissipa, assim os dissiparás;
Sl 22.14;97.5;Mq 1.4como ao fogo se derrete a cera,
Sl 9.3;37.20;80.16assim à presença de Deus perecerão os iníquos.
3 Mas alegrar-se-ão Sl 32.11;64.10;97.12os justos na presença de Deus;
sim, se regozijarão de alegria.
4 Cantai a Deus, Sl 66.2cantai louvores ao seu nome;
Is 57.14;62.10fazei uma estrada real para aquele que Sl 18.10;68.33;Is 40.3cavalga pelos desertos.
Sl 83.18JÁ é o seu nome; exultai diante dele.
5 Sl 10.14;146.9Pai de órfãos e Dt 10.18juiz de viúvas
é Deus Dt 26.15na sua santa morada.
6 Sl 113.9Deus fez que os solitários constituíssem famílias;
Sl 69.33;102.20;107.10,14;146.7;At 12.7;16.26tira os presos para a prosperidade.
Sl 78.17;107.34,40Os rebeldes, porém, habitam em terra árida.
7 Ó Deus, Sl 78.14;Êx 13.21;Hc 3.13ao partires à frente do teu povo,
Sl 78.52;Jz 5.4ao marchares pelo deserto, (Selá)
8 Sl 77.18;Êx 19.18;Jz 5.4;2Sm 22.8;Jr 10.10tremeu a terra,
Sl 18.9;Jz 5.4;Is 45.8gotejaram também os céus à presença de Deus;
Êx 19.18;Jz 5.5sim, o Sinai tremeu à presença de Deus, do Deus de Israel.
9 Sl 78.24;Lv 26.4;Jó 5.10;Ez 34.26Copiosa chuva mandaste, ó Deus,
tu confirmaste a tua herança, quando ela estava cansada.
10 Ali, a tua grei fixou residência;
da tua bondade, ó Deus, Sl 65.9;74.19;78.20;107.9fizeste provisão para os aflitos.
11 O Senhor expede o decreto;
grande é a companhia Êx 15.20;1Sm 18.6das mulheres que publicam as boas-novas.
12 Sl 135.11;Jz 5.19Reis de exércitos fogem; sim, fogem;
aquele que fica em casa Jz 5.30;1Sm 30.24reparte os despojos.
13 Embora vos deiteis Gn 49.14;Jz 5.16entre as cercas dos apriscos,
sois como as asas da pomba, cobertas de prata,
cujas penas maiores o são de ouro amarelo.
14 Quando o Todo-Poderoso ali Js 10.10dispersou os reis,
foi como quando cai neve sobre o monte Jz 9.48Zalmom.
15 Sl 36.6Monte grandíssimo é o monte de Basã,
monte de cabeços é o de Basã.
16 Por que estais vós, montes de cabeços, olhando de inveja
para o monte que Deus Sl 87.1-2;132.13;Dt 12.5escolheu para a sua habitação?
Sl 132.14Jeová habitará nele para sempre.
17 2Rs 6.17;Hc 3.8Os carros de Deus são vinte mil; Dt 33.2;Dn 7.10sim, milhares de milhares;
o Senhor está no meio deles; o Sinai está no santuário.
18 Sl 7.7;47.5;Ef 4.8Subiste ao alto, Jz 5.12levaste cativos os prisioneiros;
recebeste dons dos homens,
mesmo dos rebeldes, para Deus Jeová habitar entre eles.
19 Bendito seja o Senhor,
que diariamente Sl 55.22;Is 46.4leva a nossa carga.
Sl 65.5Deus é a nossa salvação. (Selá)
20 Deus para nós é um Sl 106.43Deus poderoso para salvar;
Sl 49.15;56.13a Jeová, Senhor nosso, pertencem os livramentos da morte.
21 Mas Deus Sl 110.6;Hc 3.13esmigalhará a cabeça dos seus inimigos,
o crânio cabeludo daquele que prossegue nos seus delitos.
22 Disse o Senhor: Am 9.1-3Desde Basã, farei voltar,
fá-los-ei tornar das profundezas do mar,
23 Sl 58.10para que mergulhes o teu pé em sangue
e para que a língua dos teus 1Rs 21.19;Jr 15.3cães haja dos inimigos o seu quinhão.
24 Eles viram, ó Deus, Sl 77.13a tua entrada,
a entrada do meu Deus, do meu Rei, Sl 63.2no santuário.
25 Iam na frente os Sl 47.5;1Cr 13.8;15.6cantores, atrás os tocadores de instrumentos de cordas,
no meio das Êx 15.20;Jz 11.34donzelas que tocavam adufes.
26 Nas congregações, Sl 22.22-23;26.12bendizei a Deus,
ao Senhor, vós que sois da Dt 33.28;Is 48.1fonte de Israel.
27 Ali, está o pequeno Jz 5.14;1Sm 9.21Benjamim, seu chefe;
os príncipes de Judá, em grande número,
os príncipes de Jz 5.18Zebulom, os príncipes de Naftali.
28 O teu Deus Sl 29.11;44.4ordena que sejas forte.
Fortalece, ó Deus, Is 26.12o que obraste por nós.
29 Por causa do teu templo em Jerusalém,
Sl 45.12;72.10;1Rs 10.10,25;2Cr 32.23;Is 18.7os reis te trarão presentes.
30 Repreende a Jó 40.21;Ez 29.3besta-fera dos caniçais,
a multidão dos Sl 22.12touros e os bezerros dos povos,
calcando aos pés os pedaços de prata.
Sl 18.14;89.10Dissipou os povos que se deleitam em guerra.
31 Is 19.19,21Do Egito virão magnates;
Is 45.14;Sf 3.10a Etiópia se dará pressa em estender as mãos para Deus.
32 Sl 102.22Reinos da terra, entoai cânticos a Deus;
Sl 67.4cantai louvores ao Senhor, (Selá)
33 àquele que Sl 18.10;104.3;Dt 33.26monta Dt 10.14;1Rs 8.27sobre os céus dos céus desde a antiguidade;
eis que ele Sl 46.6faz ouvir a sua voz, Sl 29.4voz poderosa.
34 Sl 29.1Atribui força a Deus,
Sl 150.1cuja majestade é sobre Israel, e cuja força está nos céus.
35 Ó Deus, tu és Sl 47.2;66.5;Dt 7.21;10.17terrível no teu santuário.
O Deus de Israel, ele Sl 29.11;Is 40.29dá força e poder ao seu povo.
Sl 66.20;2Co 1.3Bendito seja Deus!