Die Here regeer!
1 DIE Here is Koning; laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees!
2 Wolke en donkerheid is rondom Hom; geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon.
3 'n Vuur gaan voor sy aangesig uit en steek sy teëstanders rondom aan die brand.
4 Sy bliksems verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe.
5 Berge smelt weg soos was voor die aangesig van die Here, voor die aangesig van die Here van die hele aarde.
6 Die hemele verkondig sy geregtigheid, en al die volke sien sy heerlikheid.
7 Beskaamd staan almal wat die beelde dien, wat hulle op afgode beroem; al die gode buig hulle voor Hom neer.
8 Sion hoor dit en is bly, en die dogters van Juda juig oor u oordele, o Here!
9 Want U, Here, is die Allerhoogste oor die hele aarde; U is hoog verhewe bo al die gode.
10 o Liefhebbers van die Here, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose.
11 Die lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart.
12 o Regverdiges, wees bly in die Here, en loof sy heilige gedenknaam!
A majestade e o domínio de Deus
1 Sl 96.10Jeová é Rei; Sl 96.11regozije-se a terra;
alegrem-se Is 42.10,12as numerosas ilhas.
2 Sl 18.11;Êx 19.9;Dt 4.11;1Rs 8.12Nuvens e escuridão estão ao redor dele,
Sl 89.14justiça e juízo são a base do seu trono.
3 Sl 18.8;50.3;Dn 7.10;Hc 3.5Um fogo vai adiante dele
e Ml 4.1;Hb 12.29abrasa ao redor os seus adversários.
4 Sl 77.18Os seus relâmpagos alumiaram o mundo;
a terra viu e Sl 96.9;104.32tremeu.
5 Os montes, como cera, Sl 46.6;Am 9.5;Mq 1.4;Na 1.5se derreteram na presença de Jeová,
na presença Js 3.11do Senhor de toda a terra.
6 Sl 50.6Os céus anunciam a sua justiça,
Sl 98.2;Is 6.3;40.5;66.18e todos os povos veem a sua glória.
7 Sejam envergonhados todos os que Sl 78.58;Is 42.17;44.9,11;Jr 10.14servem a imagens de escultura,
que se gloriam Sl 106.36;Jr 50.2;Hc 2.18de ídolos.
Hb 1.6Todos os deuses prostrem-se diante dele.
8 Sião ouviu e Sl 48.11;Sf 3.14alegrou-se,
e regozijaram-se as filhas de Judá,
por causa dos teus juízos, Jeová.
9 Porquanto tu, Jeová, és Sl 83.18Altíssimo sobre toda a terra,
tu és sobremodo Sl 95.3;96.4;135.5;Êx 13.11exaltado acima de todos os deuses.
10 Vós que amais a Jeová, Pv 8.13;Am 5.15;Rm 12.9odiai o mal;
ele Sl 31.23;145.20;Pv 2.8preserva as almas dos seus santos,
ele Sl 37.40;Jr 15.21;Dn 3.28os livra das mão dos perversos.
11 Sl 112.4;Jó 22.28;Pv 4.18A luz semeia-se para o justo,
e a Sl 64.10alegria, para os retos de coração.
12 Sl 32.11Alegrai-vos, ó justos, em Jeová;
Sl 30.4e rendei graças ao seu santo nome.