Danklied van die verlostes.
1 LOOF die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
2 Dit moet die verlostes van die Here sê, wat Hy uit die nood verlos het
3 en uit die lande versamel het, van die ooste en die weste, van die noorde en van die see af.
4 Hulle het gedwaal in die woestyn, op woeste paaie; 'n stad om in te woon het hulle nie gevind nie.
5 Honger, ook dors was hulle; hulle siel het in hulle versmag.
6 Toe het hulle die Here aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered.
7 En Hy het hulle gelei op 'n regte pad om te gaan na 'n stad om in te woon.
8 Laat hulle die Here loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
9 want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul.
10 Die wat in duisternis en doodskaduwee gesit het, gevang in ellende en ysters —
11 omdat hulle wederstrewig was teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het,
12 het Hy hulle hart deur moeite verneder; hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie.
13 Toe het hulle die Here aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.
14 Hy het hulle uit duisternis en doodskaduwee laat uitgaan en hulle bande verbreek.
15 Laat hulle die Here loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
16 want Hy het koperdeure verbreek en ystergrendels stukkend geslaan.
17 Die wat dwase was vanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtighede gepynig is —
18 hulle siel het 'n afsku gehad van elke soort voedsel, en hulle het tot by die poorte van die dood gekom.
19 Toe het hulle die Here aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.
20 Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.
21 Laat hulle die Here loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
22 en laat hulle lofoffers bring en met gejubel sy werke vertel.
23 Die wat na die see toe afdaal in skepe, wat handel drywe op die groot waters —
24 húlle het die werke van die Here gesien en sy wonders in die diepte.
25 Want Hy het gespreek en 'n stormwind laat opsteek wat die golwe daarvan opgesweep het.
26 Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes — hulle siel het vergaan van wee.
27 Hulle het getuimel en gewaggel soos 'n dronk man, en al hulle wysheid is verwar.
28 Toe het hulle die Here aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei.
29 Hy het die storm 'n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword.
30 Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte.
31 Laat hulle die Here loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders.
32 En laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die volk en Hom roem in die kring van die oudstes.
33 Hy het riviere 'n woestyn gemaak en waterfonteine 'n dorsland,
34 vrugbare land 'n brak aarde, oor die boosheid van die wat daarin woon.
35 Hy het die woestyn 'n waterplas gemaak en die dor land waterfonteine;
36 en Hy het hongeriges daar laat bly, en hulle het 'n stad gestig om in te woon.
37 En hulle het lande gesaai en wingerde geplant wat vrugte as opbrings verskaf het.
38 En Hy het hulle geseën, sodat hulle sterk vermenigvuldig het, en hulle vee het Hy nie min gemaak nie.
39 Toe het hulle min geword en weggesink deur die druk van onheil en kommer —
40 Hy wat veragting uitstort oor edeles en hulle laat dwaal in 'n woeste wêreld, sonder pad —
41 Hy het die behoeftige beskerm teen verdrukking en die geslagte soos kuddes gemaak.
42 Die opregtes sien dit en is bly, maar alle ongeregtigheid hou sy mond toe.
43 Wie wys is, laat hy op hierdie dinge ag gee, en laat hulle let op die goedertierenhede van die Here.
LIVRO V
A bondade de Deus em proteger os viajantes, os encarcerados, os doentes, os que navegam e, em geral, todos os homens
1 Sl 106.1Dai graças a Jeová, porque ele é bom;
porque a sua benignidade dura para sempre.
2 Digam-no os Is 35.9-10;62.12;63.4remidos de Jeová,
os quais ele Sl 78.42;106.10remiu da mão do adversário
3 Sl 106.47;Dt 30.3;Ne 1.9;Is 11.12;43.5;56.8;Ez 11.17;20.34e os congregou dentre as terras,
do Oriente e do Ocidente,
do Norte e do Sul.
4 Nm 14.33;32.13;Dt 2.7;Js 5.6;14.10Andaram no deserto errantes por caminho ermo;
não acharam Sl 107.7,36cidade alguma em que morassem.
5 Andavam famintos e sedentos;
neles, desfalecia Sl 77.3a sua alma.
6 Na sua tribulação, Sl 107.13,19,28;50.15clamaram a Jeová,
e ele os livrou das suas angústias.
7 Conduziu-os também Sl 5.8;Ed 8.21;Jr 31.9por caminho direito,
para que fossem ter a uma Sl 107.4,36cidade em que morassem.
8 Sl 107.15,21,31Deem graças a Jeová pela sua benignidade
e pelas suas maravilhas para com os filhos dos homens!
9 Porque ele Sl 22.26;63.5;103.5sacia a alma sequiosa
e Sl 146.7;Mt 5.6;Lc 1.53enche de bens a alma faminta.
10 Aqueles que Sl 143.3;Is 42.7;Mq 7.8;Lc 1.79se assentaram nas trevas e na sombra da morte,
Sl 102.20;Jó 36.8presos em aflição e em ferros,
11 por se Sl 78.40;106.7rebelarem contra as palavras de Deus
e Nm 15.31;2Cr 36.16;Pv 1.25;Is 5.24desprezarem o conselho do Altíssimo,
12 de modo que lhes abateu com trabalho o coração;
caíram, e não houve Sl 22.11;72.12quem os socorresse.
13 Então, Sl 107.6clamaram a Jeová, na sua tribulação,
e ele os livrou das suas angústias.
14 Sl 86.13;107.10Tirou-os das trevas e da sombra da morte
e Sl 116.16;Jr 2.20;30.8;Na 1.13;Lc 13.16;At 12.7despedaçou-lhes as cadeias.
15 Deem graças a Jeová pela sua benignidade
e pelas suas maravilhas para com os filhos dos homens!
16 Porque Is 45.1-2arrombou as portas de bronze
e cortou as trancas de ferro.
17 Os estultos, por causa da sua transgressão
e Is 65.6-7;Jr 30.14-15;Ez 24.23por causa das suas iniquidades, são aflitos.
18 A sua Sl 102.4;Jó 33.20alma aborrece toda sorte de comida,
e eles Sl 88.3;Jó 33.22se aproximam Sl 9.13;Jó 38.17das portas da morte.
19 Na sua tribulação, clamam a Jeová,
e ele os livra das suas angústias.
20 Sl 147.15,18;Mt 8.8Envia a sua palavra, e os Sl 30.2;103.3;147.3;2Rs 20.5sara,
Sl 30.3;49.15;56.13;103.4;Jó 33.28,30e livra-os dos seus perigos.
21 Deem graças a Jeová pela sua benignidade
e pelas suas maravilhas para com os filhos dos homens!
22 Ofereçam Sl 50.14;116.17;Lv 7.12sacrifícios de ação de graças
e Sl 9.11;73.28;118.17celebrem as suas obras com canto de júbilo.
23 Aqueles que Is 42.10;Jn 1.3descem ao mar, embarcando em navios,
aqueles que fazem tráfico nas grandes águas,
24 estes veem as obras de Jeová
e as suas maravilhas no profundo.
25 Pois ele Sl 105.31,34manda e faz levantar Sl 148.8;Jn 1.4o vento tempestuoso,
que Sl 93.3-4eleva as ondas do mar.
26 Eles montam ao céu, descem ao abismo;
Sl 22.14;119.28esvaece-lhes a alma de aflição.
27 Balouçam, e Jó 12.25;Is 24.20cambaleiam como um bêbado,
e perdem todo o tino.
28 Na sua tribulação, clamam a Jeová,
e ele os tira das suas angústias.
29 Sl 65.7;89.9;Mt 8.26;Lc 8.24Torna a tempestade em bonança,
de maneira que acalmam as ondas.
30 Então, eles se alegram, porque as ondas se aquietaram;
assim, ele os conduz ao porto que desejam.
31 Deem graças a Jeová pela sua benignidade
e pelas suas Sl 78.4;111.4maravilhas para com os filhos dos homens!
32 Sl 34.3;99.5;Is 25.1Exaltem-no também Sl 22.22,25na assembleia do povo
Sl 35.18e louvem-no no concílio dos anciãos!
33 Ele Sl 74.15;Is 42.15;50.2converte rios em deserto
e mananciais de água, em terra sedenta;
34 Gn 13.10;14.3;19.24-25;Dt 29.23terra fértil, em Jó 39.6;Jr 17.6deserto salgado,
por causa da maldade dos que nela habitam.
35 Sl 105.41;114.8;Is 35.6-7;41.18Converte o deserto em lago de água
e a terra seca, em mananciais de água.
36 Ali, faz habitar os famintos,
os quais edificam uma Sl 107.4,7cidade em que habitem.
37 Eles semeiam campos e 2Rs 19.29;Is 65.21;Am 9.14plantam vinhas
que produzam frutos abundantes.
38 Também os abençoa, de sorte que se Gn 12.2;17.20;Êx 1.7;Dt 1.10multiplicam sobremaneira;
e não Dt 7.14permite que o seu gado diminua.
39 São, depois, Ez 5.11;29.15reduzidos a poucos e Sl 38.6;44.25;57.6abatidos
Pela opressão, pela adversidade e pela tristeza.
40 Ele Jó 12.21lança o desprezo sobre príncipes
Jó 12.24e os faz vagar Dt 32.10no ermo, onde não há caminho.
41 Todavia, Sl 59.1;113.7-8;1Sm 2.8põe o necessitado num alto retiro, fora do alcance da aflição,
Sl 113.9;Jó 21.11e dá-lhe famílias como um rebanho.
42 Veem os Sl 52.6;Jó 22.19retos e alegram-se;
e toda a Sl 63.11;Jó 5.16;Rm 3.19iniquidade fechará a boca.
43 Quem é Sl 64.9;Jr 9.12;Os 14.9sábio observe essas coisas,
e ponderem os que são tais as Sl 107.1benignidades de Jeová.