Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God!
1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die Here.
2 In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die goddelose: Daar is geen vrees van God voor sy oë nie.
3 Want dit vlei hom in sy oë in verband met die uitvind en haat van sy skuld.
4 Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen.
5 Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op 'n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.
6 oHere, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.
7 U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is 'n groot watervloed. Here, U behou mense en diere!
8 Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels.
9 Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge.
10 Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.
11 Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, en u geregtigheid vir die opregtes van hart.
12 Laat die voet van die trotsaard nie oor my kom nie, en laat die hand van die goddelose mense my nie verdryf nie.
13 Daar het die werkers van ongeregtigheid geval; hulle is neergestoot en kan nie weer opstaan nie.
A malícia dos homens e a benignidade de Deus
Ao cantor-mor. Salmo de Davi, servo de Jeová
1 Rm 3.18Diz a Transgressão no coração do iníquo:
Não há medo de Deus diante dos seus olhos.
2 Porque ela o Dt 29.19;Sl 10.11;49.18lisonjeia no seu coração, dizendo
que a sua iniquidade não há de ser descoberta e detestada.
3 Sl 10.7;12.2As palavras da sua boca são iniquidade e dolo;
Sl 94.8;Jr 4.22deixou de ser sábio e de fazer o bem.
4 Pv 4.16;Mq 2.1Maquina a iniquidade no seu leito;
detém-se em Is 65.2caminho que não é bom;
Sl 52.3;Rm 12.9não dá de mão o mal.
5 Sl 57.10;103.11;108.4A tua benignidade, Jeová, chega aos céus;
a tua fidelidade, até as nuvens.
6 Sl 71.19A tua justiça é como as montanhas de Deus;
Sl 77.19;Jó 11.8;Rm 11.33os teus juízos são um abismo profundo.
Sl 104.14-15;145.16;Ne 9.6Tu, Jeová, preservas os homens e os animais.
7 Sl 40.5;139.17Quão preciosa é a tua benignidade, ó Deus!
Os filhos dos homens Sl 57.1;91.4;Rt 2.12refugiam-se debaixo da sombra das tuas asas.
8 Eles serão Sl 63.5;Is 25.6;Jr 31.12-14saciados com a gordura da tua casa.
Far-lhes-ás beber da Sl 46.4;Jó 20.17;At 22.1torrente das tuas delícias.
9 Pois em ti está Jr 2.13a fonte da vida;
na tua luz, veremos a luz.
10 Continua a tua benignidade Jr 22.16aos que te conhecem,
e a tua Sl 24.5justiça, aos retos de coração.
11 Não venha contra mim o pé de soberba.
E não me repila a mão dos iníquos.
12 Ali, estão caídos os que obram a iniquidade;
estão derrubados e não Sl 140.10;Is 26.14se poderão levantar.