Pular para o conteúdo
Publicidade

Isaías 30

TB

Profesie teen die Egiptiese bondgenootskap.

1 WEE die opstandige kinders, spreek die Here, wat 'n plan uitvoer, maar dit is nie uit My nie; wat 'n verbond sluit, en dit is nie uit my Gees nie, om sonde op sonde te stapel;

2 wat gaan om na Egipte af te trek, en hulle raadpleeg my mond nie, om toevlug te soek onder die beskutting van Farao en om te skuil in die skaduwee van Egipte.

3 Maar die beskutting van Farao sal julle tot skande wees, en die skuiling in die skaduwee van Egipte tot smaadheid.

4 Want hulle vorste is in Soan, en hulle boodskappers het in Hanes aangekom;

5 almal staan beskaamd vanweë die volk wat hulle geen voordeel aanbring nie, geen hulp en geen voordeel nie, maar skande en smaadheid daarby.

6 Godspraak oor die diere van die Suidland. In 'n land van benoudheid en angs, waar leeuin en leeu uitkom, adder en vlieënde draak, vervoer hulle op die rugge van esels hul rykdomme en op die bulte van kamele hul skatte, na 'n volk wat geen voordeel bring nie.

7 En Egipte nietig en leeg is sy hulp; daarom noem ek dit: Rahab wat stilsit.

8 Gaan nou in, skryf dit op 'n tafel in hulle teenwoordigheid en teken dit op in 'n boek, dat dit kan bly vir later dae, vir altyd, tot in ewigheid.

9 Want dit is 'n wederstrewige volk, leuenagtige kinders, kinders wat die wet van die Here nie wil hoor nie;

10 wat aan die sieners : Sien nie! en aan die profete: Profeteer vir ons nie wat reg is nie; spreek vleitaal vir ons, profeteer bedrieëry;

11 wyk af van die weg, buig af van die pad, laat die Heilige van Israel voor ons aangesig verdwyn!

12 Daarom, so die Heilige van Israel: Omdat julle hierdie woord verwerp en vertrou op verdrukking en slinksheid en daarop steun,

13 daarom sal hierdie skuld vir julle wees soos 'n los stuk wat wil val, wat oorhang in 'n hoë muur, waarvan die instorting heeltemal onverwags kom.

14 Ja, Hy sal dit verbreek soos die kruik van 'n pottebakker verbreek word, wat sonder verskoning stukkend geslaan word, sodat by die brokstukke daarvan geen skerf gevind word om vuur uit die vuurherd te gaan haal of om water uit die kuil te skep nie.

15 Want so die Here Here, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie

16 en het gesê: Nee, maar op perde sal ons vlieg daarom sal julle moet vlug! en: Op renperde sal ons ry daarom sal julle vervolgers laat jaag!

17 Eenduisend van julle sal vlug vir die oorlogsgeroep van een enkele, vir die oorlogsgeroep van vyf, totdat julle oorbly soos 'n vlagpaal op 'n bergtop en soos 'n banier op 'n heuwel.

18 En daarom sal die Here met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die Here is 'n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!

19 Want 'n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.

20 Die Here gee julle wel brood van benoudheid en water van bedruktheid, maar jou leraars sal hulle nie langer verberg nie maar jou sal jou leraars sien;

21 en jou ore sal 'n woord agter jou hoor wat : Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.

22 En julle sal verontreinig die oortreksel van jou gesnede beelde van silwer en die beslag van jou gegote beeld van goud; jy sal dit weggooi soos iets wat besoedel is. Weg daarmee! sal jy daarvan .

23 Dan sal Hy reën gee vir die saad waarmee jy die grond besaai, en broodkoring wat die grond voortbring, en dit sal smaaklik en voedsaam wees; jou vee sal in dié dag wei op 'n uitgestrekte weiveld;

24 en die osse en die esels wat die grond bewerk, sal voer met sout eet, wat uitgewan is met skop en gaffel;

25 en op elke hoë berg en op elke verhewe heuwel sal strome wees, waterlope, op die dag van die groot slagting as die torings val.

26 En die lig van die maan sal wees soos die lig van die son, en die lig van die son sal sewevoudig wees, soos die lig van sewe dae, op die dag as die Here die breuk van sy volk verbind en die wond gesond maak wat aan hulle geslaan is.

Die ondergang van Assur.

27 KYK, die Naam van die Here kom van ver af, sy toorn brand, swaar wolke kom op; sy lippe is vol grimmigheid en sy tong soos 'n verterende vuur,

28 en sy asem soos 'n oorlopende stroom wat tot by die nek kom om nasies te sif met 'n sif van vernietiging; en 'n toom wat verkeerd stuur, is in die kakebene van die volke.

29 Die lied sal by julle wees soos in die nag as die fees gevier word, en julle sal vrolik wees van hart soos die wat met die fluite loop, om te kom op die berg van die Here, na die Steenrots van Israel.

30 En die Here sal sy stem vol majesteit laat hoor en die neerdaling van sy arm laat sien, met grimmige toorn en die vlam van 'n verterende vuur, storm en stortreën en haelkorrels.

31 Want vir die stem van die Here sal Assur verskrik wees; met die stok sal Hy slaan,

32 en elke swaai van die roede wat vir hom beskik is, wat die Here op hom laat val, sal wees onder begeleiding van tamboeryn en sitermusiek, en met 'n uitgeswaaide vegtersarm sal Hy teen hulle veg.

33 Want 'n Tofet is van gister af gereedgemaak, ook is dit vir die koning berei; diep en wyd het Hy die houtstapel daarvan aangelê met vuur en hout in menigte; die asem van die Here is soos 'n stroom van swawel wat dit aan die brand steek.

Vaidade da confiança depositada no Egito

1 Ai dos filhos Is 30.9;1.2,23;65.2rebeldes, diz Jeová, que Is 29.15tomam conselho, porém não de mim; que Is 8.11-12urdem uma teia, porém não pelo meu espírito, para acrescentarem pecado sobre pecado! 2 Que Is 31.1;Jr 43.7se põem a caminho para descer ao Egito e Is 8.19não têm consultado a minha boca, Is 36.9para fugirem ao asilo de Faraó e para confiarem na sombra do Egito! 3 Portanto, o asilo de Faraó se vos tornará Is 20.5-6;36.6;Jr 42.18,22em vergonha, e a confiança na sombra do Egito, em confusão. 4 Pois Is 19.11os seus príncipes estão em Is 19.11Zoã, e os seus embaixadores chegaram a Jr 43.7Hanes. 5 Todos serão Jr 2.36envergonhados de um povo que não lhes pode Is 30.7;31.3aproveitar, Is 30.7;10.3;31.3que não serve de auxílio nem de proveito, porém de vergonha como também de opróbrio.

6 A sentença acerca das Is 46.1-2;1Rs 10.2bestas do Gn 12.9Sul.

Através da terra da Is 5.30;8.22;Êx 5.10,21;Dt 4.20;8.15;Jr 11.4tribulação e angústia, de onde vêm a leoa e o leão, a víbora e Is 14.29;Dt 8.15a serpente ardente e voadora, Is 15.7;46.1-2levam sobre os ombros de jumentinhos as suas riquezas e, sobre as corcovas dos camelos, os seus tesouros, para um povo que não lhes aproveitará. 7 Pois, quanto ao Egito, Is 30.5vão e de nenhum valor é o seu auxílio; por isso, lhe tenho chamado Is 51.9;Jó 9.13;Sl 87.4;89.10Raabe que não se move.

8 Vai, Is 8.1escreve isso numa tabuinha perante eles e registra-o num livro, a fim de que fique até os dias vindouros, para sempre e perpetuamente. 9 Pois é um Is 30.1povo rebelde, Is 28.15;59.3-4são filhos mentirosos, filhos que não querem Is 1.10;5.24;24.5ouvir a instrução de Jeová. 10 Eles dizem aos Is 29.10videntes: Não vejais; e aos profetas: Is 5.20;Jr 11.21;Am 2.12;7.13Não nos profetizeis coisas retas, 1Rs 22.8,13;Jr 6.14;23.17,26;Ez 13.7;Rm 16.18;2Tm 4.3-4falai-nos coisas aprazíveis, profetizai ilusões; 11 apartai-vos do caminho, desviai-vos da vereda, fazei que o Santo de Israel Jó 21.14desapareça de diante de nós. 12 Por isso, assim diz o Santo de Israel: Is 5.24;7.9;8.6Porquanto rejeitais esta palavra, confiais na Is 3.14-15;5.7;59.13opressão e perversidade e sobre elas vos estribais, 13 portanto esta Is 26.21iniquidade vos será como uma Is 58.12;1Rs 20.30;Sl 62.4brecha que, prestes a cair, forma barriga num alto muro, cuja queda vem Is 29.5;47.11de repente, num momento. 14 Jeová o quebrará como se quebra Sl 2.9;Jr 19.10-11um vaso de oleiro, despedaçando-o por completo; de sorte que não se achará entre os seus pedacinhos um caco em que se leve fogo da lareira ou com que se tire água da cisterna.

A prosperidade advirá unicamente por esperar pacientemente na graça de Deus

15 Pois assim disse o Senhor Jeová, o Santo de Israel: Is 7.4;Sl 116.7Voltando e Is 28.12descansando, sereis salvos; Is 32.17no sossego e na confiança, estará a vossa força. Is 30.11-12Vós não quisestes; 16 antes dissestes: Não, mas sobre Is 2.7;31.1,3cavalos fugiremos (portanto, haveis de fugir) e sobre cavalos ligeiros cavalgaremos (portanto, hão de ser ligeiros os que te perseguirem). 17 Lv 26.36;Dt 28.25;32.30;Jó 23.10;Pv 28.1Pela ameaça de um , fugirão mil; e, pela ameaça de cinco, fugireis, até que Is 6.13;27.11fiqueis como um mastro no cume de um monte e como um estandarte sobre um outeiro.

18 Por esse motivo, Is 42.14,16;48.9;Jn 3.4,10;2Pe 3.9,15esperará Jeová para se apiedar de vós e Is 2.11,17;33.5se levantará para ter compaixão de vós, porque Jeová é Is 5.16;28.17;61.8Deus de juízos; bem-aventurados todos os que por Is 8.17;25.9;26.8;33.2ele esperam. 19 Na verdade, o povo Is 65.9;Ez 37.25,28habitará em Sião, em Jerusalém. Is 25.8;60.20;61.1-3Tu não chorarás mais; certamente, se compadecerá de ti à voz do seu clamor; quando te ouvir, Is 58.9;65.24;Sl 50.15;Mt 7.7-11te responderá. 20 Embora Jeová vos 1Rs 22.27;Sl 80.5pão de adversidade e água de aflição, contudo, Sl 74.9;Am 8.11não se esconderão mais os teus mestres; os teus olhos verão os teus mestres. 21 Quando vos Is 29.24desviardes para a direita e quando vos desviardes para a esquerda, os teus ouvidos ouvirão atrás de ti uma palavra, dizendo: Este é o Is 35.8-9;42.16;Sl 25.8-9;Pv 3.6caminho, andai por ele. 22 Is 2.18,20;31.7Contaminareis a cobertura das tuas Is 46.6;Êx 32.2,4;Jz 17.3-4imagens esculpidas, de prata, e a vestidura das tuas imagens fundidas, de ouro; lançá-las-ás fora como coisa imunda e dir-lhe-ás: Mt 4.10Vai-te daqui!

23 Jeová Is 1.19;62.8-9;65.21-22;Sl 65.9-13;104.13-14dará chuva para a tua semente, com a qual semearás a terra, e pão da novidade da terra, o qual será pingue e abundante. Naquele dia, será apascentado Is 32.20;Sl 144.13;Os 4.16o teu gado em largos pastos. 24 Também os bois e os jumentinhos que lavram a terra comerão feno com sal, feno que terá sido Mt 3.12;Lc 3.17alimpado com a e com a joeira. 25 Sobre Is 35.6-7;41.18;43.19-20todo o monte elevado e sobre todo o outeiro alto haverá ribeiros e torrentes de águas, no dia da grande Is 34.2matança, quando Is 2.15;32.14;33.18caírem as torres. 26 Demais, Is 24.23;60.19-20;Ap 21.23;22.5a luz da lua será como a luz do sol, e a luz do sol será sétupla como a luz de sete dias, no dia em que Is 61.1Jeová atar a Is 30.13-14;1.6ferida do seu povo e Is 33.24;Dt 32.39;Jó 5.18;Jr 33.6;Os 6.1-2curar o golpe da sua chaga.

27 Eis que o Is 59.19nome de Jeová vem de longe, Is 10.17ardendo na sua ira e numa densa massa de fumo; os seus lábios estão cheios de Is 10.5;13.5;66.14indignação, e a sua língua é como Is 66.15um fogo devorante. 28 Is 30.33;11.4;2Ts 2.8O seu assopro é como uma torrente que Is 8.8inunda e chega até o pescoço Am 9.9para cirandar as nações com a ciranda de vaidade; Is 37.29;2Rs 19.28um freio que induz ao erro estará nos queixos dos povos. 29 Is 12.1;26.1O vosso cântico será como o da noite em que se guarda Sl 42.4uma santa festividade; e a alegria do vosso coração, como a de quem se põe a caminho ao som da 1Sm 10.5;1Rs 1.40flauta Is 2.3para ir ao monte de Jeová, Is 17.10;26.4;44.8à Rocha de Israel. 30 Jeová fará ouvir a sua Is 66.6voz gloriosa e mostrará a descida do seu braço na Is 30.27;10.5;26.20indignação da sua ira, na chama de um fogo devorante, no arrebentar de nuvens, Is 28.2,17;32.19na tempestade de chuva e na saraiva. 31 Pois, Is 11.4pela voz de Jeová, será despedaçado Is 10.12;14.25;31.8o assírio, a quem ele feriu Is 10.26;11.4com a vara. 32 Cada varada que Jeová lhe aplicar Is 10.24com a vara para isso destinada será com 1Sm 18.6;Jr 31.4tambores e harpas; e pelejará contra eles em batalhas Ez 32.10em que agitará essa vara. 33 Na verdade, 2Rs 23.10;Jr 7.31;19.6Tofete está, de muito, preparado; sim, para o rei está aparelhado. Foi feito profundo e dilatado; a sua pira tem fogo e muita lenha; Is 30.27-28;10.16-17;11.4;Sl 18.8o assopro de Jeová, como uma torrente Is 34.9;Gn 19.24de enxofre, é o que o acende.

Veja também