Die kosbare Hoeksteen.
1 WEE die trotse kroon van die dronkaards van Efraim, en wee die blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal van hulle wat deur die wyn verslaan is.
2 Kyk, die Here het een wat sterk en magtig is, soos 'n haelstorm, 'n storm vol verwoesting, soos 'n stortbui van geweldige, oorlopende waters wat teen die grond gooi met krag.
3 Met voete sal vertrap word die trotse kroon van die dronkaards van Efraim;
4 en die blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal, sal wees soos 'n voorvy voor die vrugte-oes: iemand sien dit skaars of, terwyl dit nog in sy hand is, sluk hy dit weg.
5 In dié dag sal die Here van die leërskare wees tot 'n sierlike kroon en 'n pragtige krans vir die oorblyfsel van sy volk,
6 en tot 'n gees van strafgerig vir hom wat sit oor die gereg, en tot 'n sterkte vir hulle wat die geveg terugdring na die poort toe.
7 En ook die manne hier wankel deur die wyn en waggel deur sterk drank; priester en profeet wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hulle waggel van sterk drank, hulle wankel as hulle gesigte sien, hulle waggel by die regspraak.
8 Want al die tafels is vol walglike uitbraaksel, sodat daar geen plek is nie.
9 Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is?
10 Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier 'n bietjie, daar 'n bietjie.
11 Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur 'n vreemde tong met hierdie volk spreek,
12 Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie.
13 Daarom sal die woord van die Here vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier 'n bietjie, daar 'n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.
14 Daarom, hoor die woord van die Here, julle spotters, heersers oor hierdie volk wat in Jerusalem is!
15 Omdat julle sê: Ons het 'n verbond met die dood gesluit, en met die doderyk het ons 'n verdrag aangegaan; as die golwende gésel deurtrek, sal hy na ons nie kom nie; want ons het die leuen ons skuilplek gemaak en ons in bedrog weggesteek —
16 daarom, so sê die Here Here: Kyk, Ek lê in Sion 'n grondsteen, 'n beproefde steen, 'n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie.
17 En Ek sal die reg tot 'n riglyn maak, en die geregtigheid tot 'n skietlood; en die hael sal die leuendak wegruk en die water die skuilplek wegspoel.
18 En julle verbond met die dood sal uitgewis word, en julle verdrag met die doderyk nie standhou nie; as die golwende gésel deurtrek, sal julle deur hom vertrap word.
19 So dikwels as hy deurtrek, sal hy julle gryp; want môre vir môre sal hy deurtrek, by dag en by nag. En dit sal net verskrikking wees om so 'n openbaring te verneem.
20 Want die bed sal te kort wees dat iemand hom daarop kan uitrek, en die kombers te smal dat iemand hom daarin kan toedraai.
21 Want die Here sal Hom gereed maak soos by die berg Pérasim; Hy sal aanstorm soos in die dal by Gíbeon om sy werk te doen — vreemd is sy werk! En om sy daad te verrig — ongehoord is sy daad!
22 Gedra julle dan nou nie soos spotters, dat julle bande nie vaster word nie; want ek het van die Here Here van die leërskare gehoor 'n verdelging wat vas besluit is, oor die hele aarde.
23 Luister, en hoor na my stem; let op, en hoor my woord!
24 Ploeg die ploeër die hele dag om te saai? Skeur hy sy akker oop, en eg hy die hele dag?
25 Is dit nie só nie: As hy dit bo-op gelykgemaak het, gooi hy swart komyn uit en strooi komyn en saai koring in rye en gars in vakke en spelt langs die kant.
26 En sy God het hom onderrig hoe om dit te doen, Hy leer hom.
27 Want swart komyn word nie met die slee gedors nie, en die wawiel word nie oor komyn gerol nie; maar swart komyn word uitgeslaan met 'n stok en komyn met 'n hout.
28 Word broodkoring fyngestamp? Nee, nie altyddeur dors hulle dit nie; en al dryf hulle die wawiel en die perde daaroor — hulle stamp dit nie fyn nie.
29 Ook dit kom van die Here van die leërskare: Hy is wonderbaar van raad, groot van beleid.
O anúncio do castigo de Efraim e de Judá por causa da sua impenitência
1 Ai da vaidosa coroa dos Is 28.7;Os 7.5bêbados de Is 9.9Efraim e da flor caduca do seu glorioso ornamento que está sobre a cabeça do vale fertilíssimo dos que são vencidos de vinho. 2 Eis que o Senhor tem um Is 8.7;40.10valente e poderoso; como tempestade de Is 28.17;30.30;32.19;Ez 13.11saraiva, Is 29.6tormenta destruidora, como tempestade de Is 8.6-7;30.28;Na 1.8grandes águas que trasbordam, ele, com a mão, derrubará por terra. 3 Is 28.18;26.6Aos pés será pisada a vaidosa coroa dos bêbados de Efraim; 4 e a flor caduca do seu glorioso ornamento, que está sobre a cabeça do vale fertilíssimo, será como o Os 9.10;Mq 7.1;Na 3.12figo temporão que amadurece antes do verão, o qual, quando alguém o vir, pondo nele os olhos, o devora, mal tomando-o nas mãos. 5 Naquele dia, Is 41.16;45.25;60.1,19Jeová dos Exércitos servirá de Is 62.3coroa de glória e de diadema de Is 4.2formosura para o restante do seu povo, 6 Is 11.2;32.15-16;1Rs 3.28;Jo 5.30de espírito de juízo para quem está sentado para julgar e de Is 25.4;2Cr 32.6-8fortaleza para os que fazem voltar a batalha até a porta.
7 Mas também estes Is 5.11,22;22.13;56.12;Os 4.11cambaleiam por causa do vinho e não podem ter-se em pé por causa da bebida forte; Is 24.2o sacerdote e Is 9.15o profeta cambaleiam por causa da bebida forte, são absorvidos pelo vinho, não podem ter-se em pé por causa da Hc 2.15-16bebida forte; cambaleiam Is 29.11na visão, tropeçam no Is 59.11,14juízo. 8 Pois todas as mesas estão cheias de Jr 48.26vômito e sujidade, de modo que não há lugar que esteja limpo.
9 Is 28.26;2.3;30.20;48.17;50.4;54.13A quem ensinará ele o conhecimento? A quem fará entender a mensagem? Aos Sl 131.2;Hb 5.12-13;1Pe 2.2desmamados e aos que foram arrancados dos peitos. 10 Pois é 2Cr 36.15;Ne 9.30preceito sobre preceito, preceito sobre preceito; regra sobre regra, regra sobre regra; um pouco aqui, um pouco ali.
11 Na verdade, por Is 33.19;1Co 14.21lábios de gago e em língua estranha, falará ele a este povo, 12 a quem disse: Este é Is 11.10;30.15;32.17-18;Jr 6.16;Mt 11.28-29o descanso, dai descanso ao cansado; e este é o refrigério; todavia, não quiseram ouvir. 13 Portanto, a palavra de Jeová lhes será preceito sobre preceito, preceito sobre preceito; regra sobre regra, regra sobre regra; um pouco aqui, um pouco ali; para que vão, e Is 8.15;Mt 21.44caiam para trás, e fiquem quebrantados, enlaçados e presos.
Decreto de destruição contra Jerusalém
14 Por isso, Is 28.22;1.10ouvi a palavra de Jeová, homens Is 29.20escarnecedores, que tendes o domínio sobre este povo que está em Jerusalém. 15 Porquanto tendes dito: Temos feito uma Is 28.18aliança com a morte e com o Sheol, um pacto; quando passar Is 28.2;8.8;30.28;Dn 11.22o flagelo trasbordante, não chegará a nós; porque temos feito Is 9.15;30.9;44.20;59.3-4;Ez 13.22mentiras o nosso refúgio, e debaixo da falsidade nos Is 29.15temos escondido. 16 Portanto, assim diz o Senhor Jeová: Rm 9.33;10.11;1Pe 2.6Eis que ponho em Sião como alicerce Is 8.14-15;Sl 118.22;Mt 21.42;Mc 12.10;Lc 20.17;At 4.11;Ef 2.20uma pedra, pedra provada, pedra preciosa do ângulo de firme fundamento; aquele que crer não se apressará. 17 Farei juízo a regra, Is 5.16;30.18;61.8;2Rs 21.13;Am 7.7-9e justiça, o prumo. Is 28.2A saraiva varrerá o refúgio de mentiras, e as águas inundarão o esconderijo. 18 A vossa Is 28.15aliança com a morte será Is 7.7;8.10anulada, e o vosso pacto com o Sheol não subsistirá; quando passar o Is 28.15flagelo trasbordante, sereis Is 28.3;Dn 8.13por ele pisados. 19 2Rs 24.2Todas as vezes que passar, vos arrebatará; porque, Is 50.4de manhã em manhã, passará, de dia e de noite; e será simplesmente um Jó 6.4;18.11;24.17;Sl 55.4;88.15;Jr 15.8;Lm 2.22horror o entender a mensagem. 20 Pois a cama é tão curta, que nela ninguém se pode estender, e a Is 59.6coberta, tão estreita, que com ela ninguém se pode cobrir. 21 Porque Jeová se levantará como no monte de 2Sm 5.20;1Cr 14.11Perazim, mostrar-se-á irado como no vale de Js 10.10,12;2Sm 5.25;1Cr 14.16Gibeão, para fazer a sua Is 10.12;29.14;65.7obra, a sua Lm 2.15;3.33;Lc 19.41-44obra estranha, e para executar a sua tarefa, a sua tarefa estranha. 22 Agora, pois, não sejais Is 28.14escarnecedores, para que não se façam mais fortes os vossos grilhões, porque do Senhor Jeová dos Exércitos tenho ouvido falar em Is 10.22-23uma consumação, e esta já determinada, sobre toda a terra.
Uma parábola da lavoura
23 Dai atenção e ouvi a minha voz; escutai e ouvi o meu discurso. 24 Acaso, o lavrador está sempre lavrando, a fim de semear? Está ele sempre abrindo e esterroando a sua terra? 25 Depois de lhe ter nivelado a superfície, não semeia a nigela, não espalha o Mt 23.23cominho, não lança Êx 9.32o trigo a eito, a cevada no lugar determinado e a espelta na margem? 26 Pois o seu Deus o instrui devidamente e o ensina. 27 Porquanto a nigela não se trilha Am 1.3com trilho, nem sobre o cominho passa a roda de carro; mas a nigela é debulhada com a vara, e o cominho, com um pau. 28 Acaso, é esmiuçado o trigo? Não; o lavrador nem sempre o está debulhando, nem sempre está fazendo passar por cima dele a roda do seu carro e os seus cavalos; não o esmiúça. 29 Também isso procede de Jeová dos Exércitos, Is 9.6que é maravilhoso em conselho e Is 31.2;Rm 11.33grande em sabedoria.