Pular para o conteúdo
Publicidade

Isaías 49

TB

Die Kneg van die Here, die lig van die volke.

1 HOOR na My, eilande, en luister, volke wat ver is! Die Here het My geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem.

2 En Hy het my mond gemaak soos 'n skerp swaard, in die skaduwee van sy hand het Hy My verberg; en Hy het My 'n skerp pyl gemaak, in sy pylkoker My weggesteek;

3 en Hy het vir My gesê: Jy is my kneg, Israel, in wie Ek My verheerlik.

4 Maar Ék het gesê: Tevergeefs het Ek My vermoei, my krag vir niks en vrugteloos verteer! Nogtans is my reg by die Here, en my loon is by my God.

5 En nou die Here wat My van die moederskoot af geformeer het om sy Kneg te wees, om Jakob na Hom terug te bring en dat Israel by Hom versamel mag word en Ek word geëer in die van die Here, en my God is my sterkte

6 Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot 'n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.

7 So die Here, die Verlosser van Israel, sy Heilige, aan die diep veragte, aan Hom wat 'n afsku is by die volk, 'n Kneg van die heersers: Konings sal dit sien en opstaan, vorste, en hulle sal hul neerbuig ter wille van die Here wat getrou is, van die Heilige van Israel wat U uitverkies het.

Die terugkeer uit Babel.

8 SO die Here: In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van heil het Ek U gehelp; en Ek behoed U en gee U as 'n verbond van die volk, om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe;

9 om te aan die gevangenes: Gaan uit! aan hulle wat in duisternis is: Kom te voorskyn! By die paaie sal hulle wei, en op al die kaal heuwels sal hulle weiveld wees.

10 Hulle sal geen honger en geen dors nie, en die woestyngloed en die son sal hulle nie steek nie; want hulle Ontfermer sal hulle lei en hulle saggies aanbring na die fonteine van water.

11 En Ek sal al my berge tot 'n weg maak, en my grootpaaie sal opgevul wees.

12 Kyk, hulle hiér kom van ver, en kyk, hulle dáár kom van die noorde en van die weste, en hulle dáár kom uit die land van die Siniete.

13 Jubel, o hemele, en juig, aarde; en berge breek uit in gejubel! Want die Here het sy volk getroos en ontferm Hom oor sy ellendiges.

Besware van die kant van die volk.

14 MAAR Sion : Die Here het my verlaat, en die Here het my vergeet!

15 Kan 'n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!

16 Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My.

17 Jou seuns kom gou, maar jou verwoesters en jou vernielers sal van jou af wegtrek.

18 Slaan jou rondom op en kyk: hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe! So waar as Ek leef, spreek die Here, sekerlik sal jy hulle almal aansit soos 'n versiersel, hulle ombind soos 'n bruid.

19 Want jou puinhope en jou verwoeste plekke en jou verwoeste land sekerlik, nou sal jy te nou wees vir die inwoners, en die wat jou verslind het, is ver weg!

20 Nog sal die kinders waarvan jy beroof is, voor jou ore : Die plek is te nou vir my; maak vir my plek, dat ek kan woon!

21 Dan sal jy in jou hart : Wie het vir my hierdie kinders gebaar, aangesien ek kinderloos en onvrugbaar was, verban en verstote? En wie het hulle grootgemaak? Kyk, ek het toe alleen oorgebly; hierdie kinders waar was húlle?

22 So die Here Here: Kyk, Ek sal my hand ophef na die nasies en my banier opsteek na die volke; dan sal hulle jou seuns aan die boesem bring, en jou dogters sal op die skouer gedra word;

23 en konings sal jou oppassers wees, hulle vorstinne jou pleegmoeders; hulle sal voor jou neerbuig met die aangesig na die aarde toe en die stof van jou voete lek; en jy sal weet dat Ek die Here is, dat hulle nie beskaamd staan wat My verwag nie.

24 Sal van 'n held die buit afgeneem word? Of sal die gevangenes van 'n regverdige ontvlug?

25 Waarlik, so die Here: Ja, die gevangenes van die held sal afgeneem word, en die buit van die tiran sal ontvlug; en jou bestryder sal Ék bestry en jou kinders sal Ék verlos.

26 En Ek sal jou verdrukkers hulle eie vlees laat eet, en van hulle eie bloed sal hulle dronk word soos van mos. Dan sal alle vlees gewaar word dat Ek, die Here, jou Heiland is, en jou Verlosser die Magtige van Jakob.

Ricas promessas à desanimada Sião

1 Ouvi-me, Is 42.4ilhas; e escutai, povos Is 66.19de longe. Is 44.2,24;46.3;Jr 1.5Jeová chamou-me desde o ventre, desde as Is 7.14;9.6entranhas de minha mãe, fez menção do meu nome; 2 fez a minha Is 11.4;Hb 4.12;Ap 1.16;2.12,16boca como uma espada aguda e, na Is 51.16sombra da sua mão, me escondeu; fez-me como uma Hc 3.11seta polida, e, na sua aljava, me encobriu 3 e me disse: Tu és o meu servo; és Israel, Is 44.23no qual hei de ser glorificado. 4 Mas eu disse: Debalde tenho Is 65.23trabalhado, inútil e Is 50.6-8;53.10,12vãmente tenho gasto as minhas forças; contudo, certamente, o meu direito está com Jeová, e Is 35.4;59.18a minha recompensa, com o meu Deus.

5 Agora, diz Is 44.2Jeová, que me formou desde o ventre para ser o seu servo, para de novo trazer Jacó a ele e Is 14.1;41.14;44.23para se reunir Is 11.12;27.12Israel a ele (Pois sou Is 43.4glorificado aos olhos de Jeová, e o meu Deus se faz a minha Is 12.2fortaleza.), 6 sim, diz ele: Pouco é que sejas o meu servo para suscitares as tribos de Jacó e restaurares Sl 37.28;97.10os que de Israel têm sido preservados; também te porei para a Is 42.6;51.4;At 13.47luz dos gentios, a fim de seres a minha salvação até os Is 48.20confins da terra. 7 Assim diz Jeová, Is 48.17o Redentor de Israel e o Santo dele, ao que é Is 53.3;Sl 22.6-8;69.7-9desprezado dos homens, ao que é aborrecido da nação, ao servo dos que dominam: Is 52.15Reis bem como príncipes verão, se levantarão, Is 19.21,23;27.13;66.23adorarão, por causa de Jeová, que é fiel, por causa do Santo de Israel, que te escolheu.

8 Assim diz Jeová: No tempo Sl 69.13;2Co 6.2aceitável, te respondi e, no dia da salvação, te auxiliei; Is 26.3;27.3;42.6conservar-te-ei e Is 42.6te darei por uma aliança do povo, Is 44.26para restaurares a terra, para distribuíres as herdades assoladas 9 e para dizeres aos que estão Is 42.7;61.1;Lc 4.18em cadeias: Sai; aos que estão em trevas: Mostrai-vos. Eles pastarão nos caminhos, e em todos os Is 41.18altos desnudados haverá o seu pasto. 10 Is 33.16;48.21;Ap 7.16Não terão fome nem sede; não os molestará nem a miragem Sl 121.6nem o sol, porque Is 14.1o que deles se compadece Is 40.11;Sl 23.2os guiará, sim, os conduzirá aos Is 35.7;41.17mananciais de água. 11 Transformarei em caminho Is 40.4todos os meus montes, Is 11.16;19.23;35.8;62.10e as minhas estradas serão exaltadas. 12 Eis que estes virão Is 49.1;60.4de longe, eis que aqueles do Is 43.5-6Norte e do Ocidente, e aqueles outros, da terra de Sinim. 13 Is 44.23Cantai, céus; regozija-te, terra; rompei em cânticos, montes; porque Is 40.1;51.3,12Jeová conforta ao seu povo Is 54.7-8,10e se compadecerá dos seus aflitos.

14 Sião, porém, disse: Is 40.27Jeová desamparou-me, e o Senhor esqueceu-se de mim. 15 Acaso, pode uma mulher esquecer-se de seu filho de peito, de sorte que ela não se compadeça do filho das suas entranhas? Embora as mães se esqueçam, contudo, eu Is 44.21não me esquecerei de ti. 16 Eis que Ct 8.6;Ag 2.23te gravei nas palmas das minhas mãos; os Is 62.6-7;Sl 48.12-13teus muros estão continuamente diante de mim. 17 Os Is 51.14teus filhos se apressam; Is 10.6;37.18sairão para fora de ti os que te destruíam e te assolavam. 18 Is 60.4;Jo 4.35Levanta os teus olhos ao redor e olha; todos estes Is 43.5;54.7;60.4se reúnem Is 49.12e vêm ter comigo. Is 45.23;54.9Por minha vida, juro, diz Jeová, que de todos estes Is 52.1;61.10te vestirás como de um ornamento e te cingirás deles, à moda de uma noiva. 19 Pois, quanto aos teus Is 1.7;3.8;5.6;51.3lugares desertos e desolados e à tua terra arruinada, agora tu, ó Sião, serás, certamente, Is 54.1-2;Zc 10.10estreita demais para os moradores; e os que Sl 56.1-2te devoravam estarão longe. 20 Ainda Is 54.1-3dirão em teus ouvidos os filhos de que fostes privados: Este lugar é demasiadamente estreito para mim; dá-me espaço em que eu habite. 21 Então, Is 29.23;54.6-7dirás no teu coração: Quem me gerou estes, visto que fui privada de meus filhos e sou Is 27.10;Lm 1.1solitária, Is 5.13exilada e errante? Estes, quem os criou? Eis que fui Is 1.8deixada sozinha; Is 60.8estes, onde estavam?

22 Assim diz o Senhor Jeová: Eis que eu levantarei as minhas mãos para as nações e arvorarei o meu Is 11.10,12;18.3;62.10estandarte para os povos; eles Is 14.2;43.6;60.4trarão teus filhos nos braços e tuas filhas, sobre os ombros. 23 Terás Is 14.1-2;60.3,10-11reis por teus aios e as suas rainhas, por tuas amas; diante de ti, Is 45.14;60.14se inclinarão com o rosto em terra Sl 72.9;Mq 7.17e lamberão o dos teus pés; Is 41.20;43.10;60.16saberás que eu sou Jeová e que os que por mim Is 25.9;26.8;Sl 37.9esperam Is 45.17;Sl 25.3;Jl 2.27não serão envergonhados.

24 Acaso, tirar-se-á a presa ao forte ou serão libertados os que são legalmente cativos? 25 Mas assim diz Jeová: Certamente, os Is 10.6;14.1-2;Jr 50.33-34cativos serão tirados ao forte, e a presa do Is 13.11;25.3,5;29.5,20tirano será libertada; porque eu contenderei com o que contende contigo Is 25.9;33.22;35.4e salvarei teus filhos. 26 Os que Is 9.4;14.4;16.4;51.13;54.14te oprimem alimentarei Is 9.20com as suas próprias carnes; e, com o seu próprio sangue, eles se embriagarão como com o mosto. Is 45.6;Ez 39.7Toda carne saberá que eu, Jeová, sou o teu Is 43.3Salvador e que o teu Is 49.7Redentor é o Poderoso de Jacó.

Veja também