Pular para o conteúdo
Publicidade

Isaías 32

TB

Die Messiaanse heilstaat.

1 KYK, 'n koning sal regeer in geregtigheid, en die vorste sal heers volgens reg.

2 En elkeen sal wees soos 'n toevlug teen die wind en 'n skuiling teen die stortreën, soos waterstrome in 'n dor streek, soos die skaduwee van 'n swaar rots in 'n land wat versmag.

3 Dan sal nie meer verblind wees die van die wat sien nie; en die ore van hulle wat hoor, sal luister;

4 en die hart van die onbedagsames sal leer om te verstaan, en die tong van die hakkelaars sal gou wees om duidelik te spreek;

5 die dwaas sal nie meer 'n edele genoem word nie, en van die skelm sal nie gesê word dat hy vernaam is nie.

6 Want 'n dwaas spreek dwaasheid en sy hart bring onheil voort, deur goddeloosheid te bedrywe en dwaling te spreek oor die Here, deur die begeerte van die hongerige onvervuld te laat en die drank van die dorstige te laat ontbreek.

7 En die skelm sy middele is sleg, beraam skandelike dade om die ellendiges te ruïneer met leuentaal, ook as die behoeftige spreek wat reg is.

8 Maar die edele beraam edele dade, en hou stand in wat edel is.

Valse en ware gerustheid.

9 STAAN op, geruste vroue, hoor my stem! Sorgelose dogters, luister na my woord!

10 'n Jaar en 'n paar dae en julle sal sidder, sorgelose dogters! Want dit is gedaan met die druiwe-oes, daar sal geen insameling van vrugte kom nie.

11 Bewe, geruste vroue! Sidder, sorgelose dogters! Trek julle uit, ontbloot julle en gord rougewade om julle lendene.

12 Hulle slaan op die bors vanweë die begeerlike velde, vanweë die vrugbare wingerdstok;

13 vanweë die akkers van my volk wat met dorings en distels opskiet, ja, vanweë al die huise van vreugde van die uitgelate stad.

14 Want die paleis is verlate, die stadsgewoel is in eensaamheid verander; die Heuwel en die Wagtoring dien as spelonke vir ewig, 'n vreugde vir die wilde-esels, 'n weiveld vir die troppe vee

15 totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan word die woestyn 'n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir 'n bos gereken.

16 En die reg woon in die woestyn, en die geregtigheid hou verblyf in die vrugteboord.

17 En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.

18 En my volk sal woon in 'n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus.

19 Maar dit sal hael as die bos inmekaarstort en die stad wegsak in die laagte.

20 Welgeluksalig is julle wat by alle waters saai, wat die voet van os en esel vry laat loop!

Reinado do justo rei

1 Eis que, em justiça, reinará Is 9.6-7;11.4-5;Sl 72.1-4;Jr 23.5;33.15;Ez 37.24;Zc 9.9um rei, e, em retidão, governarão príncipes. 2 Um varão servirá de Is 4.6;25.4abrigo contra o vento, de esconderijo contra a tempestade, de Is 35.6;41.18;43.19-20rios de água numa terra árida e de sombra de uma grande penha numa terra sedenta. 3 Is 29.18Os olhos dos que veem não se ofuscarão, e os ouvidos dos que ouvem escutarão. 4 Também o coração dos Is 29.24temerários entenderá o conhecimento, e a língua dos gagos estará pronta a falar distintamente. 5 1Sm 25.25O tolo não será mais chamado nobre, nem o fraudulento será mais intitulado generoso. 6 Pois o tolo falará tolices, e o seu coração Is 59.7,13;Pv 19.3;24.7-9obrará a iniquidade, para praticar Is 9.17;10.6a profanidade e proferir Is 3.12;9.15-16erros contra Jeová, para Is 3.15;10.2deixar vazia a alma do faminto e fazer faltar a bebida ao sedento. 7 Também as maquinações do fraudulento são más; é ele Jr 5.26-28;Mq 7.3quem forma planos sinistros para perder Is 11.4;29.19;61.1os mansos com palavras mentirosas, Is 5.23ainda quando o pobre fala o que é justo. 8 Êx 35.21-29;1Cr 29.6-9,17;Pv 11.25;2Co 9.6-11O nobre, porém, forma planos nobres e neles permanecerá.

Admoestação às mulheres

9 Levantai-vos, Is 47.8;Sf 2.15mulheres indolentes, e ouvi a minha voz; Is 28.23escutai, filhas descuidadas, o meu discurso. 10 Num ano e dias, sereis perturbadas, mulheres descuidadas, pois a Is 5.5-6;7.23;24.7vindima está consumida, e não virá a colheita. 11 Tremei, mulheres indolentes, Is 22.12turbai-vos, ó descuidadas; Is 47.2despi-vos, ponde-vos nuas e cingi de saco os vossos lombos. 12 Na 2.7Baterão nos seus peitos por causa dos campos aprazíveis, por causa da vinha frutífera. 13 Is 5.6,10,17;27.10Espinhos e abrolhos virão sobre a terra do meu povo, sobre todas as casas de alegria, numa Is 22.2;23.7cidade jubilosa. 14 Is 13.22;25.2;34.13O palácio será abandonado; Is 6.11;22.2;24.10,12a cidade populosa ficará deserta; o outeiro e a atalaia servirão de Is 13.21;34.13covis para sempre, folga dos Sl 104.11;Jr 14.6asnos monteses e pasto dos rebanhos; 15 até que sobre nós se derrame Is 11.2;44.3;59.21;Ez 39.29;Jl 2.28o Espírito do alto, o deserto se torne Is 29.17;35.1-2;Sl 107.35em campo fértil e o campo fértil seja reputado por um bosque.

16 Então, o Is 33.5juízo habitará no deserto, e a justiça morará no campo fértil. 17 Is 2.4;Sl 72.2-3;85.8;119.165;Rm 14.17;Tg 3.18A obra da justiça será a paz; e o efeito da justiça será o Is 30.15sossego e confiança para sempre. 18 O meu povo habitará em Is 26.3,12morada de paz e Is 11.10;14.3;30.15;Os 2.18-23;Zc 2.5;3.10em lugares quietos de descanso. 19 Mas haverá Is 28.2,17;30.30saraiva quando cair o Is 10.18-19,34bosque, e Is 24.10,12;26.5;27.10;29.4a cidade será de todo abatida. 20 Is 30.23-24;Ec 11.1Felizes sois vós os que semeais junto a todas as águas, que deixais livres os pés do boi e do jumento.

Veja também