Jerusalem word opgeëis deur Sánherib.
1 EN in die veertiende jaar van koning Hiskía het Sánherib, die koning van Assirië, opgetrek teen al die versterkte stede van Juda en dit verower.
2 Toe stuur die koning van Assirië die rábsake uit Lagis na Jerusalem, na koning Hiskía met 'n swaar leër; en hy het gaan staan by die watervoor van die Boonste Dam, by die grootpad van die Bleikveld.
3 Daarop gaan Éljakim, die seun van Hilkía, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf, die kanselier, na hom toe uit.
4 En die rábsake sê vir hulle: Sê tog aan Hiskía: So spreek die groot koning, die koning van Assirië: Wat is dit vir 'n vertroue wat jy koester?
5 Jy dink: Net 'n woord van die lippe is raad en dapperheid vir die oorlog. Op wie vertrou jy nou, dat jy teen my in opstand kom?
6 Kyk, jy vertrou op dié geknakte rietstok, op Egipte, wat, as iemand daarop leun, in sy hand ingaan en dit deurboor; so is Farao, die koning van Egipte, vir almal wat op hom vertrou.
7 Maar as jy vir my sê: Ons vertrou op die Here onse God — is dit nie Hy wie se hoogtes en wie se altare Hiskía verwyder het nie deur aan Juda en Jerusalem te sê: Voor hierdie altaar moet julle buig?
8 Nou dan, wed tog met my heer, die koning van Assirië, en ek sal jou tweeduisend perde gee as jy vir jou ruiters daarop kan lewer.
9 Hoe sal jy dan die aanval van 'n enkele goewerneur van my heer se geringste dienaars kan afslaan? Maar jy vertrou op Egipte vir strydwaens en perderuiters!
10 Het ek dan nou sonder die Here teen hierdie land opgetrek om dit te verwoes? Die Here het vir my gesê: Trek op teen hierdie land en verwoes dit.
11 Toe sê Éljakim en Sebna en Joa vir die rábsake: Praat tog met u dienaars Aramees, want ons verstaan dit; en moenie met ons Joods praat voor die ore van die manskappe wat op die muur is nie.
12 Maar die rábsake het gesê: Het my heer my na jou heer en na jou gestuur om hierdie woorde te spreek? Is dit nie na die manne wat op die muur sit, dat hulle hul eie drek kan eet en hul eie water kan drink saam met julle nie?
13 Toe gaan die rábsake staan en roep hardop in die Joodse taal en sê: Hoor die woorde van die groot koning, die koning van Assirië!
14 So sê die koning: Laat Hiskía julle nie bedrieg nie, want hy sal julle nie kan red nie.
15 En Hiskía moet julle nie op die Here laat vertrou nie deur te sê: Die Here sal ons sekerlik red; hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie.
16 Luister nie na Hiskía nie; want so sê die koning van Assirië: Sluit met my vriendskap en trek uit na my toe en eet elkeen van sy wingerdstok en elkeen van sy vyeboom en drink elkeen die water van sy put,
17 totdat ek kom en julle meeneem na 'n land soos julle land, 'n land van koring en mos, 'n land van brood en wingerde.
18 Laat Hiskía julle nie verlei nie deur te sê: Die Here sal ons red! Het die gode van die nasies elkeen sy land gered uit die hand van die koning van Assirië?
19 Waar is die gode van Hamat en Arpad? Waar die gode van Sefarváim? En het hulle miskien Samaría gered uit my hand?
20 Wie is daar onder al die gode van hierdie lande wat hulle land gered het uit my hand, dat die Here Jerusalem uit my hand sou red?
21 Maar hulle het stilgebly en hom niks geantwoord nie; want dit was die bevel van die koning: Julle moet hom nie antwoord nie.
22 Toe het Éljakim, die seun van Hilkía, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en Joa, die seun van Asaf, die kanselier, met geskeurde klere by Hiskía gekom en hom die woorde van die rábsake te kenne gegee.
Senaqueribe invade Judá
1 2Rs 18.13Ora, no décimo quarto ano do Is 1.1rei Ezequias, subiu Senaqueribe, rei da Assíria, contra as cidades fortificadas de Judá e as tomou. 2 Is 36.2—38.8; 2Rs 18.17—20.11;2Cr 32.9-24O rei da Assíria enviou de Laquis a Jerusalém ao rei Ezequias Rabsaqué com um grande exército. Este parou junto ao Is 7.3aqueduto da piscina superior no caminho do campo do lavandeiro. 3 Então, saíram a ter com ele Is 22.20Eliaquim, filho de Hilquias, mordomo, Is 22.15Sebna, secretário, e Joá, filho de Asafe, cronista-mor.
4 Disse-lhes 2Rs 18.19Rabsaqué: Dizei a Ezequias: Assim diz o grande rei, o rei da Assíria: Que confiança é essa em que te estribas? 5 Digo, o teu conselho e poder para a guerra são tão somente palavras vãs. Em quem, pois, agora, confias, visto que 2Rs 18.7hás rebelado contra mim? 6 Eis que confias no Egito, Ez 29.6-7no bordão desse caniço esmagado, sobre o qual, se o homem se firmar, ele se lhe meterá pela mão e a traspassará; Is 30.3,5,7;Sl 146.3assim é Faraó, rei do Egito, para todos os que nele confiam. 7 Mas, se me disseres: Confiamos em Jeová, nosso Deus, não é este aquele Dt 12.2-5;2Rs 18.4-5cujos altos e altares Ezequias tirou, dizendo a Judá e a Jerusalém: Diante deste altar adorareis? 8 Agora, pois, dá penhores ao rei da Assíria, meu amo, e dar-te-ei dois mil cavalos, se da tua parte puderes achar homens para montar neles. 9 Como, então, poderás Is 37.29pôr em fuga um só capitão dos menores dos servos do meu amo e Is 20.5;30.2-5,7;31.3confiar no Egito para obteres cavalos e carros? 10 Porventura, subi eu, agora, sem Jeová contra esta terra para a destruir? 1Rs 13.18;22.6,12Disse-me Jeová: Sobe contra esta terra e destrói-a.
11 Então, disseram Eliaquim, Sebna e Joá a Rabsaqué: Rogamos-te que fales aos teus servos na Ed 4.7;Dn 2.4língua aramaica, pois nós a entendemos; e não nos fales Is 36.13na língua dos judeus aos ouvidos do povo que está em cima do muro. 12 Mas Rabsaqué respondeu-lhes: Enviou-me, porventura, o meu amo ao teu amo e a ti para falar essas palavras? Não me enviou aos homens que estão sentados em cima do muro, para que, juntamente convosco, comam o seu excremento e bebam a sua urina?
13 Então, Rabsaqué se pôs em pé 2Cr 32.18e, gritando em alta voz na língua dos judeus, disse: Ouvi as palavras do grande rei, do rei da Assíria. 14 Assim diz o rei: Is 37.10Não vos engane Ezequias, porque não vos poderá livrar. 15 Nem tampouco vos faça Ezequias Is 36.18,20;37.10-11confiar em Jeová, dizendo: Jeová, na verdade, nos livrará; esta cidade não será entregue nas mãos do rei da Assíria. 16 Não deis ouvidos a Ezequias. Pois assim diz o rei da Assíria: Fazei as vossas pazes comigo e saí para mim; coma cada um de vós da sua 1Rs 4.25;Mq 4.4;Zc 3.10vinha e da sua figueira e beba cada um Pv 5.15as águas da sua cisterna; 17 até que eu venha e vos transfira para uma terra que é semelhante a vossa terra, terra de trigo e de mosto, terra de pão e de vinho. 18 Guardai-vos não vos iluda Ezequias, dizendo: Is 36.15Jeová nos livrará. Acaso, os deuses das nações livraram cada um a sua terra das mãos do rei da Assíria? 19 Onde estão os deuses de Is 10.9-11;37.11-13;Jr 49.23Hamate e Arpade? Onde estão os deuses de Sefarvaim? Livraram 2Rs 17.6eles de minha mão a Samaria? 20 1Rs 20.23,28Entre todos os deuses das terras, quais são os que livraram da minha mão a sua terra, para que Is 36.15Jeová possa livrar da minha mão a Jerusalém?
21 Eles, porém, se calaram e não lhe responderam palavra. Pois o rei ordenou, dizendo: Não lhe respondais. 22 Então, Is 36.3;22.20Eliaquim, filho de Hilquias, mordomo, e Is 22.15Sebna, secretário, e Joá, filho de Asafe, cronista-mor, vieram ter com Ezequias, rasgados os vestidos, e lhe referiram as palavras de Rabsaqué.