1 MAAR nou, so sê die Here, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!
2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
3 Want Ek is die Here, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.
4 Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.
5 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.
6 Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,
7 elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.
8 Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het.
Die enigste Verlosser sal nuwe dinge doen.
9 AL die nasies het saam vergader, en die volke is versamel. Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid!
10 Júlle is my getuies, spreek die Here, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is — voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie.
11 Ek, Ek is die Here, en daar is geen Heiland buiten My nie.
12 Ék het verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen ander god onder julle nie; en julle is my getuies, spreek die Here, en Ek is God.
13 Ook van vandag af is Ek dit, en niemand red uit my hand nie; Ek werk, en wie kan dit keer?
14 So sê die Here, jou Losser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil het Ek na Babel gestuur, en Ek sal hulle almal as vlugtelinge laat afdaal, naamlik die Chaldeërs, in die skepe waarop hulle gejuig het.
15 Ek is die Here, julle Heilige; die Skepper van Israel, julle Koning.
16 So sê die Here wat in die see 'n weg en in die sterk waters 'n pad gemaak het,
17 wat waens en perde, leërmag en held laat uittrek het; tesame lê hulle, hulle sal nie opstaan nie; hulle is uitgeblus, soos 'n lamppit uitgedoof.
18 Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.
19 Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak 'n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.
20 Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink.
21 Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig.
Onverdiende genade!
22 NOGTANS het jy Mý nie aangeroep, o Jakob, dat jy jou vir My sou vermoei het nie, o Israel!
23 Jy het vir My nie gebring die kleinvee van jou brandoffers nie, en met jou slagoffers het jy My nie geëer nie; Ek het jou geen oorlas aangedoen met spysoffers en jou nie vermoei met wierook nie.
24 Jy het vir My geen kalmoes met geld gekoop en met die vet van jou slagoffers My nie verkwik nie; maar jy het My oorlas aangedoen met jou sondes, jy het My vermoei met jou ongeregtighede.
25 Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.
26 Maak My indagtig; laat ons teen mekaar pleit; vertel jy, dat jy in die gelyk gestel kan word.
27 Jou eerste vader het gesondig, en jou tolke het teen My oortree.
28 So het Ek dan heilige vorste ontheilig en Jakob aan die banvloek oorgegee en Israel aan beskimpinge.
Jeová é o único Salvador
1 Mas, agora, assim diz Jeová, que Is 43.15te criou, ó Jacó, e que Is 43.7,21;44.2,21,24te formou, ó Israel: Is 43.5Não temas, porque te Is 44.22-23;48.20redimi; Is 43.7;45.3-4;Gn 32.28chamei-te pelo teu nome, Is 43.21tu és meu. 2 Quando Is 8.7-8;Sl 66.12passares pelas águas, Dt 31.6,8serei contigo; quando passares pelos rios, não te submergirão; quando Is 29.6;30.27-29;Dn 3.25,27andares pelo fogo, não serás queimado, nem a chama arderá em ti. 3 Pois eu sou Êx 30.2Jeová, teu Deus, o Santo de Israel, Is 43.11;19.20;45.15,21;49.26;60.16;63.8teu Salvador; como teu resgate dei o Egito; em teu lugar, a Is 20.3-5;Pv 11.8;21.18Etiópia e Sebá. 4 Visto que te tornas precioso aos meus olhos e Is 49.5digno de honra, e Is 63.9eu te amo, portanto darei homens por ti e povos pela tua vida. 5 Is 41.10,14;44.2;Jr 30.10;46.27-28Não temas, porque Is 43.2;8.10eu sou contigo; trarei do Oriente Is 41.8;49.12;61.9a tua semente Is 49.12e te congregarei do Ocidente. 6 Direi ao Sl 107.3Norte: Dá; e ao Sul: Não retenhas. Is 14.2;40.22;60.4;66.20Traze de longe 2Co 6.18meus filhos e das Is 45.22extremidades da terra, minhas filhas; 7 traze todo aquele que é Is 56.5;62.2;Tg 2.7chamado pelo meu nome, e que tenho Is 29.23;Sl 100.3;Ef 2.10criado para Is 44.23;46.13minha glória, e Is 43.1que formei e fiz.
8 Faze sair o Is 6.9;42.18-20;Ez 12.2povo cego e que tem olhos e os surdos que têm ouvidos. 9 Sejam Is 34.1;41.1reunidas todas as nações, e congregados os povos; quem, dentre eles, pode Is 41.22-23,26anunciar isso e mostrar-nos coisas já passadas? Produzam Is 44.9as suas testemunhas Is 43.26para que sejam justificados ou ouçam e digam: Verdade é. 10 Is 44.8Vós sois as minhas testemunhas, diz Jeová; Is 42.1o meu servo a quem escolhi, para que saibais, me acrediteis e entendais que Is 41.4eu sou; Is 45.5-6antes de mim, não se formou nenhum deus, nem haverá depois de mim. 11 Eu, sim, eu, sou Jeová; e Is 44.6,8fora de mim não há Is 43.3;45.21;Os 13.4salvador. 12 Eu é que tenho anunciado, que tenho trazido a salvação e que tenho mostrado, e não houve entre vós Dt 32.16;Sl 81.9deus estranho; portanto, Is 43.10;44.8vós sois as minhas testemunhas, e eu sou Deus. 13 Sim, Is 48.16;Sl 90.2de hoje em diante, Is 41.4eu sou, Sl 50.22não há quem possa livrar da minha mão; Is 14.27;Jó 9.12operarei, e quem o impedirá?
Libertação do jugo da Babilônia
14 Assim diz Jeová, vosso Is 41.14Redentor, o Santo de Israel: Por amor de vós, enviei contra Babilônia e, Jr 51.13nos navios em que exultam, Is 13.14-15farei embarcar todos eles como fugitivos, os Is 23.13caldeus. 15 Eu sou Jeová, o vosso Santo, Is 43.1o Criador de Israel, vosso Is 41.21;44.6Rei. 16 Assim diz Jeová, Is 11.15;44.27;50.2;51.10;63.11-12;Êx 14.21-22;Sl 77.19que prepara um caminho no mar e Js 3.15-16uma vereda nas águas impetuosas; 17 que faz sair Êx 15.19o carro e o cavalo, o exército e a força; eles juntos se deitam, nem se levantarão; estão Sl 76.5-6extintos, Is 1.31;Sl 118.12apagados como uma torcida: 18 Is 65.17;Jr 16.14;23.7Não vos lembreis das coisas passadas, nem considereis as antigas. 19 Eis que estou para fazer Is 42.9;48.6;2Co 5.17uma coisa nova; agora sairá à luz; porventura, não a conhecereis? Is 35.1,6;41.18-19;49.10;51.3;Êx 17.6;Nm 20.11;Dt 8.15;Sl 78.16Farei um caminho no deserto e rios, no ermo. 20 Os animais do campo me honrarão, Is 13.22;35.7os chacais e as avestruzes; porque Is 41.17-18;48.21porei águas no deserto e rios, no ermo, a fim de dar de beber ao meu povo, ao meu escolhido, 21 ao povo Is 43.1que formei para mim mesmo, Is 42.12;Sl 102.18;Lc 1.74-75;1Pe 2.9a fim de que manifestassem o meu louvor.
22 Todavia, não me Is 30.9-11tens invocado, ó Jacó; mas de mim Mq 6.3;Ml 1.13;3.14te hás cansado, ó Israel. 23 Am 5.25Não me tens trazido o gado miúdo dos teus holocaustos, Zc 7.5-6;Ml 1.6-8nem me tens honrado com os teus sacrifícios. Não te hei feito Jr 7.21-26servir com ofertas, nem te hei cansado com Êx 30.34;Lv 2.1;24.7incenso. 24 Não me tens comprado por dinheiro Êx 30.23;Jr 6.20cana aromática, nem me tens enchido da gordura dos teus sacrifícios; mas me tens feito servir com os teus pecados, Is 1.14;7.13;Sl 95.10;Ez 6.9;Ml 2.17me tens cansado com as tuas iniquidades.
A clemência de Jeová
25 Eu, eu mesmo, sou o que Is 44.22;55.7;Jr 50.20apago as tuas transgressões Is 37.35;48.9,11;Ez 36.22por amor de mim; Is 38.17;Jr 31.34não me lembrarei dos teus pecados. 26 Aviva-me a memória, Is 1.18;41.1;50.8e juntos entremos em juízo; apresenta a tua causa, Is 43.9para que sejas justificado. 27 Is 51.2;Ez 16.3Teu primeiro pai pecou, e os Is 9.15;28.7;29.10;Jr 5.31teus intérpretes transgrediram contra mim. 28 Portanto, Is 47.6;Lm 2.2,6profanarei os príncipes do santuário, e farei de Jacó um Is 24.6;34.5;Jr 24.9;Dn 9.11;Zc 8.13anátema, e de Israel, um Sl 79.4;Ez 5.15opróbrio.