Die wraakgerig in Edom.
1 WIE is dit wat daar aankom uit Edom, met bloedrooi klere uit Bosra? Hy daar, pragtig in sy gewaad, wat agteroor buig in die volheid van sy krag? Dit is Ek wat in geregtigheid spreek, wat magtig is om te verlos.
2 Waarom is u gewaad so rooi, en u klere soos dié van een wat die wynpers trap?
3 Ek het die pers alleen getrap, en van die volke was niemand by My nie; en Ek het hulle getrap in my toorn en hulle vertrap in my grimmigheid, sodat hulle lewensap op my klere gespat en Ek my hele gewaad bevlek het.
4 Want die dag van wraak was in my hart, en die jaar van my verlossing het gekom.
5 En Ek het uitgekyk, maar daar was geen helper nie; en Ek het My verbaas, maar daar was niemand wat ondersteun nie. Toe het my arm My gehelp en my grimmigheid het My ondersteun.
6 En Ek het volke vertrap in my toorn en hulle dronk gemaak in my grimmigheid; en Ek het hulle lewensap op die aarde laat afloop.
Boet- en smeekgebed.
7 EK sal die goedertierenhede van die Here prys, die roemryke dade van die Here, ooreenkomstig alles wat die Here aan ons bewys het, en die veelvuldige goedheid jeens die huis van Israel wat Hy aan hulle bewys het, na sy barmhartighede en na die grootheid van sy goedertierenhede.
8 Want Hy het gesê: Hulle is tog my volk, kinders wat nie sal lieg nie. So het Hy dan vir hulle 'n Heiland geword.
9 In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur sy liefde en deur sy medelyde het Hý hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd.
10 Maar húlle was wederstrewig en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in 'n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry.
11 Toe het sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar is Hy wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van sy kudde? Waar is Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?
12 Wat sy heerlike arm laat trek het aan die regterhand van Moses; wat die waters voor hulle uit gekloof het, om vir Hom 'n ewige Naam te maak?
13 Wat hulle deur die watervloede laat trek het soos 'n perd deur die woestyn, sonder om te struikel?
14 Soos vee wat aftrek in die laagte, het die Gees van die Here hulle na die rus gelei. Só het U u volk gelei, om vir U 'n heerlike Naam te maak.
15 Kyk van die hemel neer en aanskou uit u heilige en heerlike woning! Waar is u ywer en u magtige dade? Die ontroering van u binneste en u barmhartighede het hulle jeens my ingehou.
16 Want U is ons Vader! Want Abraham weet van ons nie, en Israel ken ons nie. U, o Here, is ons Vader; ons Verlosser is van ouds af u Naam.
17 Here, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!
18 U heilige volk het dit vir 'n kort rukkie besit; ons teëstanders het u heiligdom vertrap.
19 Ons het geword soos hulle oor wie U nie van ouds af geheers het nie, oor wie u Naam nie uitgeroep is nie.
Deus salva e vinga ao seu povo
1 Quem é este que vem de Is 34.5-6;Sl 137.7Edom, de Is 34.6;Jr 49.13;Am 1.12Bozra, com Is 63.2as vestiduras tintas de escarlate? Este que é glorioso no seu traje, que marcha na plenitude da sua fortaleza? Eu, que falo a justiça, Sf 3.17poderoso para salvar. 2 Por que, então, é vermelho o teu traje, e as tuas vestiduras, como as do que Ap 19.13,15pisa no lagar? 3 Sozinho pisei o lagar, e dos povos não se achava comigo homem algum; Is 22.5;28.3pisei-os na minha ira e Mq 7.10calquei-os aos pés no meu furor, e o seu sangue veio salpicar as minhas vestiduras, e manchei o meu traje todo. 4 Porque Is 34.8;35.4;61.2;Jr 51.6o dia da vingança estava no meu coração, e é chegado o ano dos meus remidos. 5 Olhei, e não houve Is 59.16quem me ajudasse; e admirei-me de que não houvesse quem me sustivesse; pelo que o Is 40.10;51.9;52.10;Sl 44.3;98.1meu próprio braço me trouxe a salvação; e o meu furor, ele me susteve. 6 Is 22.5;34.2;65.12Calquei aos pés os povos na minha ira, e Is 29.9;51.17,21-22embriaguei-os no meu furor, e derramei sobre a terra Is 34.3o seu sangue.
Ação de graças, confissões e súplicas do povo de Deus
7 Celebrarei as Is 54.8,10;Sl 25.6;92.2benignidades de Jeová, os louvores de Jeová, segundo tudo o que ele nos tem concedido, e a 1Rs 8.66;Ne 9.25,35grande bondade para com a casa de Israel, a qual bondade ele lhes tem concedido segundo as suas Is 54.7-8;Sl 51.1;86.5,15;Ef 2.4misericórdias e segundo a multidão das suas benignidades. 8 Pois ele disse: Certamente, eles são Is 3.15;51.4;Êx 6.7o meu povo, filhos Is 51.7que não serão falsos; assim se lhes tornou Is 60.16Salvador. 9 Em toda a angústia deles, Jz 10.16foi ele angustiado, Êx 23.20-23;33.14-15e o Anjo da sua face os salvou; no seu Dt 7.7-8amor e na sua clemência, Is 43.1;52.9os remiu, Is 46.3;Dt 1.31;32.10-12os tomou e os levou em todos os dias da antiguidade.
10 Eles, porém, Sl 78.40;106.33;At 7.51;Ef 4.30se rebelaram e lhe contristaram Is 63.11;Sl 51.11o seu Santo Espírito; por isso, ele Sl 106.40se lhes tornou inimigo e pelejou contra eles. 11 Então, Sl 106.44-45se lembrou dos dias da antiguidade, de Moisés e do seu povo, dizendo: Onde está Is 51.9-10o que os tirou do mar com os pastores do seu rebanho? Onde está o que Nm 11.17,25,29;Ag 2.5pôs no meio deles o seu Santo Espírito? 12 o que fez Êx 6.6;15.16o seu braço glorioso andar à mão direita de Moisés; o que Is 11.15;51.10-11;Êx 14.21-22dividiu as águas diante deles, para adquirir para si um nome sempiterno? 13 o que os fez passar pelos abismos como a um cavalo pelo deserto, Jr 31.9sem que tropeçassem? 14 Como o gado que desce ao vale, o Espírito de Js 21.44;23.1Jeová fê-los descansar; assim, Dt 32.12guiaste o teu povo para adquirires um nome glorioso.
15 Dt 26.15;Sl 80.14Atenta lá do céu e olha lá da Sl 68.5;123.1habitação da tua santidade e da tua glória; onde está o Is 9.7;26.11;37.32;42.13;59.17teu zelo e as tuas grandezas? Jr 31.20;Os 11.8O anelo das tuas entranhas e as tuas misericórdias estancaram para mim. 16 Pois tu és nosso Is 1.2;64.8Pai, ainda que Is 29.22;41.8;51.2Abraão não nos conhece e Israel não nos reconhece; tu, Jeová, és nosso Pai; nosso Is 41.14;44.6;60.16Redentor desde a antiguidade é o teu nome. 17 Por que Is 30.28;Ez 14.7-9nos fazes, Jeová, errar dos teus caminhos e Is 29.13-14endureces o nosso coração para te não temermos? Is 52.8;Nm 10.36Volta por amor dos teus servos, das tribos da tua herança. 18 Só Dt 4.26;11.17;28.20por um pouco de tempo, o teu povo santo possuiu o país; os nossos adversários Is 64.11;Sl 74.3-7pisaram o teu santuário. 19 Somos feitos como Lm 3.43-45;1Co 4.13aqueles sobre quem nunca dominaste, como aqueles sobre quem nunca foi invocado o teu nome.