Agtste gesig: die vier strydwaens.
1 EN ek het weer my oë opgeslaan en gekyk — daar was vier strydwaens wat tussen die twee berge uit te voorskyn kom, en die berge was berge van koper.
2 Voor die eerste wa was bruin perde, en voor die tweede wa swart perde,
3 en voor die derde wa wit perde, en voor die vierde wa bont perde, sterkes.
4 Daarop het ek aangehef en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer?
5 En die engel het geantwoord en vir my gesê: Dit is die vier winde van die hemel wat uitgaan nadat hulle hul gestel het by die Here van die ganse aarde.
6 Dié met die swart perde trek uit na die land van die noorde, en die wittes trek uit agter hulle aan; en die bontes trek uit na die land van die suide.
7 En toe die sterkes uittrek, het hulle begeer om weg te trek om die aarde te deurkruis; en Hy het gesê: Trek weg, deurkruis die aarde! En hulle het die aarde deurkruis.
8 Toe het Hy my geroep en aan my dit gesê: Kyk, die wat uittrek na die land van die noorde, hulle bring my Gees tot rus in die land van die noorde.
9 En die woord van die Here het tot my gekom en gesê:
10 Neem aan van die ballinge, uit die hand van Héldai, Tobía en Jedája — kom jy op dieselfde dag en gaan na die huis van Josía, die seun van Sefánja, waar hulle uit Babel aangekom het —
11 neem dan aan silwer en goud, en maak 'n kroon en sit dit op die hoof van Josua, die seun van Jósadak, die hoëpriester,
12 en sê vir hom dit: So spreek die Here van die leërskare: Kyk, daar kom 'n Man wie se Naam is Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die tempel van die Here bou.
13 Ja, Hý sal die tempel van die Here bou, en Hý sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon; ook sal Hy 'n priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan.
14 En die kroon moet as gedagtenis bly aan Helem en Tobía en Jedája, en aan die vriendelikheid van die seun van Sefánja in die tempel van die Here.
15 En die wat ver is, sal kom en aan die tempel van die Here bou. Dan sal julle weet dat die Here van die leërskare my na julle gestuur het. En dit sal so wees, as julle nougeset luister na die stem van die Here julle God.
A visão dos quatro carros
1 De novo, Zc 1.18;5.9levantei os meus olhos e vi: eis que Zc 5.5;Zc 1.18;Dn 7.3;8.22quatro carros saíam dentre dois montes, e os montes eram de cobre. 2 No primeiro carro, eram Zc 1.8cavalos vermelhos, no segundo carro, cavalos pretos, 3 no terceiro carro, cavalos brancos, e, no quarto carro, cavalos baios com malhas. 4 Então, falei e perguntei ao anjo que falava comigo: Zc 1.9Que são estes, meu senhor? 5 Respondeu-me o anjo: Estes são Jr 49.36;Ez 37.9;Dn 7.2;11.4;Mt 24.31;Ap 7.1os quatro ventos do céu, que saem de assistirem diante do Senhor de toda a terra. 6 O carro em que estão os cavalos pretos sai para a Jr 1.14-15;4.6;6.1;25.9;46.10;Ez 1.4terra do Norte, e os brancos saíram atrás deles, e os malhados saíram para Is 43.6;Dn 11.5a terra do Sul. 7 Saíram os baios e procuravam andar para Zc 1.10percorrer a terra. Ele disse: Ide, andai pela terra. Andaram, pois, pela terra. 8 Então me clamou a mim e me disse: Eis que aqueles que saem para a terra do Norte Zc 1.15;Ez 5.13;24.13fizeram repousar na terra do Norte o meu Espírito.
Josué é o tipo do Sacerdote-Rei
9 A Zc 1.1;7.1;8.1palavra de Jeová veio a mim, dizendo: 10 Ed 7.14-16;8.26-30;Jr 28.6Recebe da mão dos do cativeiro, a saber, de Heldai, de Tobias e de Jedaías, e vem tu no mesmo dia, e entra na casa de Josias, filho de Sofonias, para a qual vieram de Babilônia; 11 recebe deles ouro e prata, e faze 2Sm 12.30;Sl 21.3;Ct 3.11coroas, e põe-nas na cabeça do sumo sacerdote Zc 3.1;Ed 3.2;Ag 1.1Josué, filho de Jeozadaque. 12 Fala-lhe: Assim diz Jeová dos Exércitos: Eis o homem cujo nome é o Zc 3.8;Is 4.2;11.1;Jr 23.5;33.15Renovo; Is 53.2brotará do seu lugar Zc 4.6-9;Ed 3.8,10;Am 9.11e edificará o templo de Jeová. 13 Ele edificará o templo de Jeová; Is 9.6;11.10;22.24;49.5-6levará a glória, e se assentará, e Sl 9.7dominará no seu trono; será Sl 110.1,4sacerdote sobre o seu trono, e haverá entre os dois o conselho de paz. 14 As Zc 6.11coroas servirão a Helém, e a Tobias, e a Jedaías, e a Hem, filho de Sofonias, de memorial no templo de Jeová. 15 Is 56.6-8;60.10Aqueles que estão longe virão e edificarão no templo de Jeová, e Zc 2.9-11;4.9sabereis que Jeová dos Exércitos me enviou a vós. Isso sucederá se diligentemente Zc 3.7;Is 58.10-14;Jr 7.23obedecerdes à voz de Jeová, vosso Deus.