Pular para o conteúdo
Publicidade

Zacarias 4

TB

Vyfde gesig: die goue kandelaar en die twee olyfbome.

1 EN die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos 'n man wat uit die slaap opgewek word.

2 En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar 'n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is.

3 Ook twee olyfbome langs hom, een aan die regterkant van die oliekan en een aan die linkerkant daarvan.

4 Daarop het ek begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer?

5 En die engel wat met my gespreek het, antwoord en vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.

6 Toe antwoord hy en vir my: Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, die Here van die leërskare.

7 Wie is jy, groot berg? Voor Serubbábel sal jy tot 'n gelykte word! En hy sal die sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe van: Genade, genade oor hom!

8 En die woord van die Here het tot my gekom en gesê:

9 Die hande van Serubbábel het die fondament van hierdie huis gelê, en sy hande sal dit voltooi; dan sal jy weet dat die Here van die leërskare my na julle gestuur het.

10 Want wie verag die dag van klein dinge, terwyl daardie sewe die van die Here wat die ganse aarde deurloop met blydskap die skietlood aanskou in die hand van Serubbábel?

11 Daarop het ek begin spreek en aan hom gesê: Wat beteken hierdie twee olyfbome aan die regterkant van die kandelaar en aan die linkerkant daarvan?

12 En ek het toe nogmaals gespreek en vir hom gesê: Wat beteken die twee olyftakkies aan die kant van die twee goue pype wat goud uit hulle laat uitstroom?

13 Toe antwoord hy my en : Weet jy nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.

14 En hy : Dit is die twee gesalfdes wat by die Here van die ganse aarde staan.

A visão do castiçal de ouro e dos ramos de oliveira

1 Zc 1.9O anjo que falava comigo voltou 1Rs 19.5-7;Jr 31.26e me despertou a mim, como a um homem que é despertado do seu sono. 2 Perguntou-me: Zc 5.2;Jr 1.13Que vês tu? Respondi: Vi, e eis um Êx 25.31,37;Jr 52.19candeeiro todo de ouro, que tem o seu vaso em cima e, sobre si, as suas Ap 4.5sete lâmpadas; sete canudos, e cada um deles vai unir-se a uma das lâmpadas que estão em cima do candeeiro. 3 Vi junto a ele Zc 4.11;Ap 11.4duas oliveiras, uma à direita do vaso e a outra à sua esquerda. 4 Respondi e perguntei ao anjo que falava comigo: Que são essas coisas, Zc 4.5,13;Zc 1.9;6.4meu senhor? 5 Respondeu-me Zc 4.1;Zc 1.9o anjo que falava comigo: Zc 4.13Não sabes o que são elas? Respondi: Não, meu senhor. 6 Ele prosseguiu e me disse: Esta é a palavra de Jeová a Ag 2.4-5Zorobabel, a qual diz: Is 11.2-4;30.1;Os 1.7Não por força nem por poder, mas por meu 2Cr 32.7-8;Ef 6.17Espírito, diz Jeová dos Exércitos. 7 Quem és tu, Zc 14.4-5;Sl 114.4,6;Is 40.3-4;Na 1.5-6ó grande monte? Diante de Zorobabel, tornar-te-ás uma campina; ele produzirá a Zc 4.9pedra angular, dizendo com Ed 3.10-11;Sl 84.11algazarras: Graça, graça a ela! 8 Demais, veio a mim a palavra de Jeová, dizendo: 9 As mãos de Zorobabel Ed 3.8-10;5.16;Ag 2.18têm posto os alicerces desta casa; também as suas mãos Zc 6.12-13;Ed 6.14-15a acabarão; e sabereis que Jeová dos Exércitos me enviou a vós. 10 Quem desprezou o dia das Ne 4.2-4;Am 7.2,5;Ag 2.3coisas pequenas? Pois se regozijarão e verão o Am 7.7-8prumo na mão de Zorobabel, estes Zc 3.9;Ap 8.2sete, que são os olhos de Jeová; Zc 1.10eles discorrem por toda a terra.

11 Então, prossegui e lhe perguntei: Que são estas Zc 4.3duas oliveiras à direita do candeeiro e à sua esquerda? 12 Segunda vez falei e perguntei-lhe: Que são estes dois ramos de oliveira que se acham junto às duas bicas de ouro e que vertem de si ouro? 13 Respondeu-me ele: Zc 4.5Não sabes o que são eles? Tornei-lhe: Não, Zc 4.4-5meu senhor. 14 Disse ele: São os dois Êx 29.7;40.15;1Sm 16.1,12-13;Is 61.1-3;Dn 9.24-26ungidos, que Zc 3.1-7assistem junto ao Mq 4.13Senhor de toda a terra.

Veja também