Die profeet spoor die Jode tot bekering aan.
1 IN die agtste maand, in die tweede jaar van Daríus, het die woord van die Here gekom tot Sagaría, die seun van Berégja, die seun van Iddo, die profeet, en gesê:
2 Die Here was baie vertoornd op julle vaders.
3 So moet jy dan aan hulle sê: So spreek die Here van die leërskare: Keer terug na My, spreek die Here van die leërskare, en Ek sal na julle terugkeer, sê die Here van die leërskare.
4 Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vroeëre profete geroep en gesê het: So sê die Here van die leërskare: Bekeer julle tog van julle bose weë en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek die Here.
5 Julle vaders — waar is hulle? En sal die profete vir ewig lewe?
6 Maar my woorde en my insettinge wat Ek my knegte, die profete, beveel het, het dit julle vaders nie ingehaal nie, sodat hulle tot inkeer gekom en gesê het: Soos die Here van die leërskare Hom voorgeneem het om aan ons te doen ooreenkomstig ons weë en ons werke, so het Hy met ons gedoen?
Eerste gesig: die perde.
7 OP die vier-en-twintigste dag van die elfde maand, dit is die maand Sebat, in die tweede jaar van Daríus, het die woord van die Here tot die profeet Sagaría, die seun van Berégja, die seun van Iddo, gekom en gesê:
8 Ek het in die nag 'n gesig gesien — daar was 'n man wat op 'n bruin perd ry, en hy het gestaan tussen die mirtebome wat in die diepte was; en agter hom was daar bruin, vos en wit perde.
9 Toe sê ek: Wat beteken dit, my heer? En die engel wat met my gespreek het, antwoord my: Ek sal jou toon wat dit beteken.
10 En die man wat tussen die mirtebome gestaan het, het aangehef en gesê: Dit is hulle wat die Here gestuur het om die aarde te deurkruis.
11 Daarop het hulle die Engel van die Here, wat tussen die mirtebome gestaan het, toegespreek en gesê: Ons het die aarde deurkruis, en kyk, die ganse aarde is stil en rustig.
12 Daarop het die Engel van die Here aangehef en gesê: Here van die leërskare, hoe lank nog bly U sonder ontferming oor Jerusalem en oor die stede van Juda waarop U alreeds sewentig jaar vertoornd was?
13 Toe antwoord die Here die engel wat met my gespreek het, goeie woorde, troosvolle woorde.
14 Daarop sê die engel wat met my gespreek het: Roep en sê: So spreek die Here van die leërskare: Ek ywer oor Jerusalem en oor Sion met 'n groot ywer;
15 maar Ek is grootliks vertoornd oor die sorglose nasies wat, terwyl Ek 'n weinig vertoornd was, die onheil aangehelp het.
16 Daarom, so sê die Here: Ek wend My met ontferming tot Jerusalem; my huis sal daarin gebou word, spreek die Here van die leërskare, en 'n meetsnoer oor Jerusalem gespan word.
17 Roep verder en sê: So spreek die Here van die leërskare: My stede sal weer oorstroom wees van goeie dinge, en die Here sal Sion weer vertroos, en Hy sal Jerusalem weer verkies.
Tweede gesig: die horings en die smede.
18 EN ek het my oë opgeslaan en gekyk — daar was vier horings.
19 Toe sê ek aan die engel wat met my gespreek het: Wat beteken dit? En hy antwoord my: Dit is die horings wat Juda, Israel en Jerusalem verstrooi het.
20 Daarop toon die Here my vier smede.
21 Toe sê ek: Wat kom hulle maak? En Hy antwoord en sê: Dit is die horings wat Juda só verstrooi het dat niemand sy hoof opgehef het nie; maar hierdie manne het gekom om hulle skrik aan te jaag, om die horings van die nasies neer te werp wat die horing teen die land van Juda opgesteek het om dit te verstrooi.
Exortação ao arrependimento
1 No Zc 1.7;Zc 7.1;Ed 4.24;6.15;Ag 1.1,15;2.1,10,20oitavo mês, no segundo ano de Dario, veio a palavra de Jeová ao profeta Zc 7.1;Ed 5.1;6.14;Mt 23.35;Lc 11.51Zacarias, filho de Berequias, filho de Ne 12.4,16Ido, dizendo: 2 Jeová Zc 1.15;2Cr 36.16;Jr 44.6irou-se fortemente contra vossos pais. 3 Portanto, dize-lhes: Assim diz Jeová dos Exércitos: Is 31.6;Ml 3.7Tornai para mim, diz Jeová dos Exércitos, e tornarei para vós, diz Jeová dos Exércitos. 4 Não sejais Sl 78.8;106.6-7como vossos pais, a quem clamavam 2Cr 24.19;36.15os profetas anteriores, dizendo: Assim diz Jeová dos Exércitos: Is 1.16-19;Jr 4.1;Ez 33.11Tornai, agora, dos vossos maus caminhos e dos vossos maus feitos. Contudo, Jr 6.17;11.7-8não ouviram, nem me escutaram, diz Jeová. 5 Vossos Jó 14.10-12;Ec 1.4;Lm 5.7pais, onde estão? Jo 8.52E os profetas, vivem eles para sempre? 6 Mas as minhas palavras e os meus estatutos que ordenei aos profetas meus servos Jr 12.16-17;44.28-29;Am 9.10não recaíram eles sobre vossos pais? Tornaram e disseram: Lm 2.17Assim como Jeová dos Exércitos resolveu fazer a nós segundo os nossos caminhos e segundo os nossos feitos, assim ele nos tratou.
A primeira visão: os cavalos
7 Aos vinte e quatro dias do Zc 1.1undécimo mês, que é o mês sebate, no segundo ano de Dario, veio a palavra de Jeová ao profeta Zacarias, filho de Berequias, filho de Ido, dizendo: 8 Tive de noite uma visão, e eis um homem montado num Zc 6.2cavalo vermelho. Ele estava parado entre Zc 1.10-11;Ne 8.15;Is 41.19;55.13as murteiras que estavam no vale; atrás dele estavam cavalos Zc 6.2-3vermelhos, baios e brancos. 9 Então, perguntei: Zc 1.19;Zc 4.4-5,13;6.4Meu senhor, quem são estes? Respondeu-me Zc 2.3;4.5;5.5;6.4-5o anjo que falava comigo: Mostrar-te-ei quem são estes. 10 Respondeu o homem que estava parado entre as murteiras e disse: Estes são os que Jeová tem enviado para Zc 1.11;Zc 4.10;6.5-8;Jó 1.7correrem a terra. 11 Eles responderam ao anjo de Jeová Zc 1.8,10que estava parado entre as murteiras e disseram: Nós temos corrido a terra, e eis que Zc 1.15;Is 14.7a terra toda está quieta e em descanso.
12 Então, respondeu o anjo de Jeová: Sl 74.10;Jr 12.4;Hc 1.2Até quando, Jeová dos Exércitos, Sl 102.13;Jr 30.18não terás tu compaixão de Jerusalém e das cidades de Judá, contra as quais tens alimentado Sl 102.10;Jr 15.17indignação estes Jr 25.11;29.10;Dn 9.2setenta anos? 13 Jeová respondeu Zc 1.9;Zc 4.1ao anjo que falava comigo com palavras boas, Is 40.1-2;57.18palavras consoladoras. 14 Assim, o anjo que falava comigo me disse: Zc 1.17;Is 40.2,6Clama, dizendo: Assim diz Jeová dos Exércitos: Zc 8.2Zelo a Jerusalém e a Sião com grande zelo. 15 Eu, Zc 1.2com grande indignação, estou indignado com as nações que estão Sl 123.4;Jr 48.11em descanso; porque eu estava um pouco indignado, mas eles Am 1.11auxiliaram o mal. 16 Portanto, assim diz Jeová: Acabo Zc 2.10-11;Is 54.8-10de voltar para Jerusalém com misericórdia; nela será edificada a minha Zc 4.9;Ed 6.14-15casa, diz Jeová dos Exércitos, Zc 2.2,4;Jr 31.39e o cordel será estendido sobre Jerusalém. 17 Torna a clamar, dizendo: Assim diz Jeová dos Exércitos: As minhas Is 44.26;61.4cidades ainda se trasbordarão de bens; Jeová ainda Is 51.3confortará a Sião e ainda Zc 2.12escolherá a Jerusalém.
A segunda visão: os quatro chifres e os quatros ferreiros
18 Levantei os meus olhos e vi, e eis quatro chifres. 19 Eu perguntei ao anjo que falava comigo: Que são estes? Ele me respondeu: Estes são 1Rs 22.11;Sl 75.4-5;Am 6.13os chifres que espalharam a Judá, a Israel e a Jerusalém. 20 Jeová mostrou-me quatro Is 44.12;54.16ferreiros. 21 Então, perguntei: Que vêm estes a fazer? Ele respondeu: Estes são Zc 1.19;Lm 2.17os chifres que espalharam a Judá, de tal sorte que ninguém levantou a sua cabeça; mas estes são vindos para lhes meterem medo, para Sl 75.10abaterem os chifres das nações que levantaram o seu chifre contra a terra de Judá, a fim de a espalhar.