Oordeel oor die vyande van die Here; seëninge oor sy volk.
1 WANT kyk, in dié dae en in dié tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander,
2 sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Jósafat laat aftrek, om daar met hulle 'n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het.
3 En oor my volk het hulle die lot gewerp en 'n jong seun weggegee vir 'n hoer en 'n meisie verkoop vir wyn en dit gedrink.
4 En ook, wat het julle met My te doen, o Tirus en Sidon en al die landstreke van Filistéa? Wil julle My iets vergelde, of wil julle My iets aandoen? Gou, ylings sal Ek julle dade op julle hoof laat neerkom.
5 Want julle het my silwer en my goud geneem en my kosbare skatte na julle tempels gebring.
6 Verder het julle die kinders van Juda en die kinders van Jerusalem aan die kinders van Jawan verkoop, om hulle ver van hul grondgebied te verwyder.
7 Kyk, Ek sal hulle laat opstaan uit die plek waarheen julle hulle verkoop het, en julle dade op julle hoof laat neerkom.
8 En Ek sal julle seuns en julle dogters aan die kinders van Juda verkoop, en dié sal hulle verkoop aan die Sabeërs, aan 'n verafgeleë volk; want die Here het dit gespreek.
9 Roep dit uit onder die nasies, heilig 'n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk!
10 Smee van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is 'n held.
11 Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde, Here, daarheen aftrek!
12 Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.
13 Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.
14 Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die Here in die dal van beslissing!
15 Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in.
16 En die Here brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die Here sal 'n toevlug wees vir sy volk en 'n skuilplek vir die kinders van Israel.
17 Dan sal julle weet dat Ek die Here julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg; dan sal Jerusalem 'n heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie.
18 En op dié dag sal die berge drup van mos en die heuwels vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van water; en uit die huis van die Here sal daar 'n fontein uitkom om die dal Sittim te besproei.
19 Egipte sal 'n woesteny word, en Edom 'n woeste wildernis wees, weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het.
20 Maar Juda sal vir ewig bly, en Jerusalem van geslag tot geslag.
21 En Ek sal hulle bloed onskuldig verklaar, wat Ek tevore nie onskuldig verklaar het nie; en die Here sal op Sion bly woon.
Os juízos de Deus sobre as nações inimigas
1 Pois eis que, naqueles dias e naquele tempo, em que eu Jr 16.15fizer tornar o cativeiro de Judá e de Jerusalém, 2 Is 66.18;Mq 4.12congregarei todas as nações e as farei descer ao Jl 3.12,14vale de Josafá; ali, Is 66.16;Jr 25.31entrarei em juízo com elas por causa do meu povo e por causa da minha herança, Israel, que elas Jr 50.17;Ez 34.6espalharam por entre os povos, Ez 35.10;36.1-5dividindo entre si a terra. 3 Elas Ob 11;Na 3.10deitaram sortes sobre o meu povo; Am 2.6deram um menino por uma meretriz e venderam uma menina por vinho para beberem. 4 Que tendes vós comigo, Am 1.9-10;Zc 9.2-4Tiro, e Sidom, e todas as regiões da Am 1.6-8;Zc 9.5-7Filístia? Acaso, Ez 25.12-17me dareis vós a paga? E, se ma derdes, ligeira e prontamente Is 34.8;59.18vos farei tornar a paga sobre a vossa cabeça. 5 Porquanto 2Rs 12.18;2Cr 21.16-17levastes a minha prata e o meu ouro e metestes nos vossos templos as minhas coisas formosas e preciosas; 6 também vendestes Jl 3.3;Ez 27.13os filhos de Judá e os filhos de Jerusalém aos Zc 9.13filhos dos gregos, para os removerdes longe dos seus confins, 7 eis que os suscitarei do lugar para onde os vendestes 1Sm 15.33e farei tornar a vossa paga sobre a vossa cabeça; 8 venderei Is 14.2;60.14vossos filhos e vossas filhas nas mãos dos filhos de Judá, e eles os venderão aos homens de Jó 1.15;Sl 72.10;Ez 38.19Sabá, a uma nação remota, pois Jeová o disse.
9 Jr 51.27-28Proclamai isto entre as nações: Jr 6.4;Mq 3.5Preparai a guerra; Is 8.9-10;Jr 46.3-4;Zc 14.2-3suscitai os valentes; cheguem-se todos os homens de guerra; subam. 10 Is 2.4;Mq 4.3Forjai espadas das relhas dos vossos arados e lanças, das vossas podadeiras; diga o fraco: Eu sou forte. 11 Ez 38.15-16;Sf 3.8Apressai-vos, e vinde, todas as nações ao redor, e ajuntai-vos; para ali faze, ó Jeová, descer Is 13.3os teus valentes. 12 Suscitem-se as nações e subam Jl 3.2ao vale de Josafá; pois ali me sentarei Sl 7.6;98.9;Is 3.13para julgar todas as nações ao redor. 13 Metei a foice, porque está madura Jr 51.33;Os 6.11a ceifa; vinde, pisai, porque Is 63.3;Lm 1.15o lagar está cheio, e os vasos dos lagares trasbordam, pois grande é Gn 18.20a sua malícia.
14 Is 31.2-8Multidões, multidões Jl 3.2,12no vale da Decisão! Porque Jl 1.15;2.1,11,31o Dia de Jeová está perto, no vale da Decisão. 15 Jl 2.10,31O sol e a lua escurecem, e as estrelas retiram o seu resplendor. 16 Jeová Os 11.10;Am 1.2rugirá de Sião e de Jerusalém Jl 2.11fará ouvir a sua voz; Jl 2.10;Ez 38.19;Ag 2.6os céus e a terra tremerão; Jeová, porém, será Sl 61.3;Is 33.16;Jr 17.17um refúgio para o seu povo e um Jr 16.19;Na 1.7lugar forte para os filhos de Israel. 17 Assim Jl 3.21;Jl 2.27sabereis que eu sou Jeová, vosso Deus, que habita em Sião, meu Is 11.9;56.7;Ez 20.40santo monte; então, Jerusalém Is 4.3;Ob 17será santa, e Is 52.1;Na 1.15estrangeiros não passarão mais por ela.
Judá será restaurado
18 Naquele dia, acontecerá que Am 9.13os montes destilarão vinho doce, e os outeiros Êx 3.8manarão leite, e em todas as Is 30.25;35.6torrentes de Judá correrão águas, e Ez 47.1-12uma fonte sairá da Casa de Jeová e regará o vale de Nm 25.1;Ez 47.8Sitim. 19 O Egito será uma desolação, e Edom, um deserto assolado, por causa da Ob 10violência feita aos filhos de Judá, porque derramaram na sua terra o sangue inocente. 20 Judá, porém, Ez 37.25;Am 9.15permanecerá para sempre, e Jerusalém, de geração em geração. 21 Is 4.4;Ez 36.25Eu purificarei o seu sangue que não purifiquei, pois Jeová Jl 3.17habita em Sião.