1 EN ek, in die eerste jaar van Daríus, die Meder, het ek opgetree as 'n versterking en beskutting vir hóm.
Voorspellinge in verband met Griekeland.
2 EN nou sal ek jou die waarheid te kenne gee. Kyk, nog drie konings sal opstaan vir die Perse, en die vierde sal groter rykdom verwerf as almal; en as hy sterk is deur sy rykdom, sal hy alles in beweging bring teen die koninkryk van Griekeland.
3 Dan sal 'n dapper koning opstaan wat groot heerskappy sal hê en sal maak net soos hy wil.
4 En as hy opgetree het, sal sy koninkryk verbreek word en na die vier windstreke van die hemel verdeel word; en dit sal nie aan sy nakomelinge behoort en nie wees soos die heerskappy wat hy gehad het nie — want sy koninkryk sal verwoes word en nie aan hulle behoort nie, maar aan ander.
5 En die koning van die Suide sal sterk word, maar een van sy owerstes sal sterker word as hy en heers; sy heerskappy sal 'n groot heerskappy wees.
6 En ná verloop van jare sal hulle 'n bondgenootskap met mekaar aangaan, en die dogter van die koning van die Suide sal na die koning van die Noorde kom om vrede te sluit; maar sy sal die krag van die arm nie behou nie — hy en sy mag sal nie standhou nie, en sy self sal prysgegee word saam met die wat haar gebring het, sowel as hy wat haar verwek het en haar in dié tyd verwerf het.
7 Dan sal een uit die spruite van haar wortels in sy plek oprys en teen die leër optrek, en hy sal in die vesting van die koning van die Noorde indring en teen hulle optree en magtig wees;
8 ja, ook hulle gode en hulle gegote beelde saam met hulle kosbare voorwerpe, silwer en goud, in gevangenskap na Egipte bring, en hy sal jare lank die koning van die Noorde met rus laat.
9 Dan sal dié in die koninkryk van die koning van die Suide intrek, maar hy sal na sy land terugtrek.
10 En sy seuns sal hulle in die oorlog begewe en 'n menigte groot leërs versamel; en hy sal sekerlik aankom en instroom en oorloop, en weer terugkom, en hulle sal oorlog voer tot by sy vesting.
11 Dan sal die koning van die Suide verbitterd word en uittrek en teen hom, die koning van die Noorde, veg, wat ook 'n groot menigte op die been sal bring, maar hierdie menigte sal in sy hand oorgegee word.
12 As die menigte vernietig is, sal sy hart hom verhef; en hy sal tienduisende neerslaan, maar nie sterk bly nie.
13 Dan sal die koning van die Noorde weer 'n groter menigte op die been bring as die eerste, en ná verloop van tyd, van jare, sal hy sekerlik kom met 'n groot leër en 'n groot gevolg.
14 En in dié tye sal baie teen die koning van die Suide opstaan, en die gewelddadige mense van jou volk sal hulle verhef om 'n gesig in vervulling te laat gaan, maar hulle sal omkom.
15 So sal dan die koning van die Noorde kom en 'n wal opwerp en 'n versterkte stad inneem; en die leërs van die Suide sal nie standhou nie, selfs sy uitgesoekte manskappe nie, sodat daar geen krag sal wees om stand te hou nie.
16 En hy wat uit die Noorde teen hom kom, sal maak net soos hy wil, en niemand sal voor hom standhou nie; hy sal ook gaan staan in die Pragtige Land, terwyl daar verdelging in sy hand is.
17 En hy sal sy aangesig daarop rig om met die sterkte van sy hele koninkryk te kom, maar hy sal met hom vrede sluit; en hy sal vir hom 'n jongedogter gee om die land te gronde te rig. Maar dit sal nie tot stand kom nie, en daar sal niks vir hom wees nie.
18 Daarna sal hy sy aangesig wend na die kuslande en baie daarvan verower; maar 'n aanvoerder sal aan sy gesmaad 'n einde maak, ja, hy sal sy gesmaad op homself laat terugval.
19 Dan sal hy sy aangesig wend na die vestings van sy land, maar hy sal struikel en val en nie meer gevind word nie.
20 En in sy plek sal iemand optree wat 'n geldinsamelaar deur die pragtigste deel van die koninkryk sal laat deurtrek, maar binne enkele dae sal hy verbreek word, maar nie deur toorn of deur oorlog nie.
21 Daarna sal 'n veragtelike in sy plek optree op wie geen koninklike waardigheid gelê was nie, maar hy sal onverwags kom en met liste die koninkryk bemagtig.
22 En die leërs van die instromende mag sal voor hom weggespoel en verbreek word, en ook die vors van die verbond.
23 Want sodra 'n bondgenootskap met hom aangegaan is, pleeg hy bedrog; en hy sal omhoog kom en met min manskappe sterk word.
24 Onverwags en in die vetste dele van die provinsie sal hy inkom, en hy sal doen wat sy vaders en sy grootvaders nie gedoen het nie: roof en buit en goed sal hy onder hulle uitstrooi en teen vestings planne beraam, maar net vir 'n tyd.
25 En hy sal sy krag en sy hart opwek teen die koning van die Suide met 'n groot leër; en die koning van die Suide sal hom in die oorlog begewe met 'n groot en baie sterk leër, maar hy sal nie standhou nie, want hulle sal planne teen hom beraam.
26 En die wat sy spys eet, sal hom te gronde rig; en sy leër sal wegvloei, en daar sal baie gesneuweldes lê.
27 En wat die twee konings betref, hulle hart sal wees om kwaad te doen; en aan een tafel sal hulle leuens spreek, maar dit sal nie geluk nie, want die einde sal eers op die vasgestelde tyd wees.
28 En hy sal na sy land teruggaan met baie goed, en sy hart sal teen die heilige verbond wees, en hy sal optree en na sy land teruggaan.
29 Op die vasgestelde tyd sal hy terugkeer en in die Suide kom, maar dit sal die laaste keer nie wees soos die eerste keer nie.
30 Want skepe van die Kittiërs sal teen hom kom, en hy sal moedeloos word; dan sal hy teruggaan en sy toorn openbaar teen die heilige verbond en optree; en hy sal teruggaan en ag gee op die wat die heilige verbond versaak het.
31 En deur hom sal leërs op die been gebring word en die heiligdom, die vesting, ontheilig, en hulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel opstel.
32 En die wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy met vleiery afvallig maak, maar die volk wat hulle God ken, sal vashou en optree.
33 En die verstandiges onder die volk sal baie tot insig bring; maar hulle sal struikel deur swaard en vlam, deur gevangenskap en berowing, dae lank.
34 En terwyl hulle struikel, sal hulle met 'n klein hulp ondersteun word; dan sal baie uit listigheid by hulle aansluit.
35 En van die verstandiges sal sommige struikel, om onder hulle loutering en reiniging en suiwering aan te bring tot die tyd van die einde — want dit sal nog duur tot op die vasgestelde tyd.
36 En die koning sal doen net wat hy wil en homself verhef en hom groot hou bo enige god, en teen die God van die gode sal hy wonderbaarlike dinge spreek; en hy sal voorspoedig wees, totdat die grimmigheid ten einde is; want wat vas besluit is, sal uitgevoer word.
37 En op die gode van sy vaders sal hy nie ag slaan nie, en op die liefling van die vroue en op enige god sal hy geen ag gee nie; want hy sal homself bo alles groot hou.
38 Maar in plaas daarvan sal hy die god van die vestings vereer, en die god wat sy vaders nie geken het nie, sal hy met goud en silwer en edelgesteente en kosbaarhede vereer.
39 So sal hy dan optree teen die versterkte vestings met behulp van 'n vreemde god; diegene wat hy erken, sal hy baie eer en hulle oor baie laat heers en grond as beloning uitdeel.
40 Maar in die tyd van die einde sal die koning van die Suide met hom in botsing kom, en die koning van die Noorde sal op hom afstorm met strydwaens en perderuiters en baie skepe, en hy sal daarmee in die lande inkom en instroom en dit oorvloei.
41 Hy sal ook kom in die Pragtige Land, en baie sal struikel; maar hierdie volke sal uit sy hand vryraak: Edom en Moab en die beste deel van die kinders van Ammon.
42 En hy sal sy hand uitsteek teen die lande; ook Egipteland sal nie vrykom nie.
43 En hy sal mag hê oor die skatte van goud en silwer en oor al die kosbaarhede van Egipte, terwyl die Líbiërs en die Kusiete sy voetstappe volg.
44 Maar gerugte uit die ooste en uit die noorde sal hom verskrik; daarom sal hy met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref.
45 En hy sal sy paleistente opslaan tussen die see en die berg van die heilige Prag; maar hy sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie.
1 Quanto a mim, Dn 5.31;9.1no primeiro ano de Dario, o medo, pôs-me em pé para o confirmar e Dn 10.18fortalecer.
2 Agora, eu te mostrarei a Dn 8.26;10.1-21verdade. Eis que se levantarão três reis na Pérsia; e o quarto será muito mais rico do que todos eles. Depois que se tiver tornado forte por meio das suas riquezas, concitará a todos contra o reino da Dn 8.21;10.20Grécia. 3 Levantar-se-á um Dn 8.5,21rei poderoso, que reinará com grande domínio e Dn 11.16,36;Dn 5.19;8.4fará o que lhe aprouver. 4 Quando se levantar, o seu reino será quebrado e se repartirá Dn 8.8,22para os Dn 7.2;8.8;Jr 49.36;Ez 37.9;Zc 2.6;Ap 7.1quatro ventos do céu, porém não para a sua posteridade, nem segundo o seu domínio com que reinou; porque o seu reino será Jr 12.15,17;18.7arrancado até para outros fora destes.
Conflitos entre os reinos do Norte e do Sul
5 O Dn 11.9,11,14,25,40rei do Sul será forte, como também um dos seus príncipes; este será mais forte do que ele e terá o domínio; o domínio grande será o seu domínio. 6 Ao Dn 11.13cabo de anos, eles se aliarão um com o outro; e a filha do Dn 11.7,13,15,40rei do Sul virá ao rei do Norte para ajustar um acordo. Ela, porém, não reterá a força do seu braço, nem subsistirá ele, nem o seu braço. Mas será ela entregue, e bem assim os que a trouxeram, e o que a gerou, e o que a fortaleceu nesses tempos.
7 Mas de um rebento das raízes dela um se levantará no seu lugar, e virá ao exército, e entrará na Dn 11.19,38-39fortaleza do rei do Norte, e procederá contra eles, e prevalecerá. 8 Também Is 37.19;46.1-2;Jr 43.12-13os deuses deles, juntamente com as suas imagens fundidas e com os seus vasos preciosos de prata e de ouro, ele os levará cativos para o Egito; por alguns anos, deixará em paz ao rei do Norte. 9 Este entrará no reino do rei do Sul, mas voltará para a sua terra.
10 Seus filhos farão guerra e congregarão uma multidão de grandes forças, que avançará, Dn 11.26,40;Is 8.8;Jr 46.7-8;51.42inundará e passará para adiante; eles voltarão e farão guerra, até chegarem Dn 11.7à fortaleza dele. 11 O Dn 11.5rei do Sul será movido de Dn 8.7cólera, sairá e pelejará contra ele, a saber, contra o rei do Norte; Dn 11.13este porá em campo uma grande multidão, Dn 11.10e a multidão será entregue nas mãos daquele. 12 A multidão será levada, e o coração dele será exaltado; ele derrubará miríades, porém não prevalecerá. 13 O rei do Norte voltará Dn 11.11e porá em campo uma multidão maior do que a primeira; e marchará ao cabo dos Dn 4.16;12.7tempos, a saber, dos anos, com um grande exército e com muito material. 14 Naqueles tempos, se levantarão muitos contra o rei do Sul; também os violentos dentre o teu povo se levantarão para estabelecer a visão, porém eles cairão. 15 Assim, virá o rei do Norte, levantará um Jr 6.6;Ez 4.2;17.17terrapleno e tomará uma cidade bem fortificada; os braços do Sul não resistirão, nem o seu povo escolhido, nem haverá força para resistir. 16 O que, porém, vier contra ele Dn 11.3,36;Dn 5.19fará o que lhe aprouver, e Js 1.5não haverá quem lhe possa resistir; estará na Dn 11.41;Dn 8.9terra gloriosa, e na sua mão haverá destruição. 17 2Rs 12.17;Ez 4.3,7Resolverá vir com a potência de todo o seu reino e entrará num acordo com ele; dar-lhe-á a filha de mulheres para ele a corromper. Porém ela não subsistirá, nem será para ele. 18 Depois, virará o seu rosto para Gn 10.5;Is 66.19;Jr 2.10;31.10;Sf 2.11as ilhas e tomará muitas; mas um príncipe fará cessar Os 12.14o opróbrio que por ele é ocasionado; além disso fará tornar sobre ele o opróbrio. 19 Então, voltará o seu rosto para as fortalezas da sua terra; Sl 27.2;Jr 40.6mas tropeçará, e cairá, Jó 20.8;Sl 37.36;Ez 26.21e não será achado.
20 Depois, em lugar dele, se levantará um que fará a um Is 60.17exator passar pela glória do reino; porém, dentro de poucos dias, será ele destruído, não em ira nem em batalha. 21 Em seu lugar, se levantará um homem desprezível, a quem eles não haviam dado a honra do reino; mas virá Dn 11.24em tempo de segurança e, Dn 11.32,34com lisonja, obterá o reino. 22 Com os braços duma Dn 11.10;Dn 9.26inundação, serão varridos de diante dele e serão quebrantados, também o príncipe da aliança. 23 Depois de feita com ele a aliança, usará de engano; pois subirá e se tornará forte, com pouca gente. 24 Dn 11.21Em tempo de segurança, virá sobre os Nm 13.20;Ne 9.25;Ez 34.14lugares mais férteis da província; e fará o que nunca fizeram seus pais, nem os pais de seus pais; espalhará entre eles a presa, os despojos e os bens; formará os seus desígnios contra os lugares fortes, por algum tempo. 25 Despertará o seu poder e a sua coragem contra Dn 11.5o rei do Sul com um grande exército; o rei do Sul sairá à batalha com um exército em extremo grande e poderoso, porém não subsistirá, porque formarão desígnios contra ele. 26 Os que comerem o pão dele o destruirão; o seu exército Dn 11.10,40inundará, e muitos cairão mortos. 27 Quanto a ambos esses reis, terão intenção de fazerem Sl 52.1;64.6o mal e, sentados à mesma mesa, Jr 9.3-5;41.1-3falarão mentiras. Porém isso não prosperará, porque ainda virá Dn 11.35,40;Dn 8.19;Hc 2.3o fim no tempo determinado.
28 Então, voltará para a sua terra com muitos bens; o seu coração será posto Dn 11.30contra a santa aliança, fará o que lhe aprouver e voltará para a sua terra. 29 Ao tempo determinado voltará, e entrará no Sul; porém não sucederá na última como Dn 11.23,25na primeira ocasião. 30 Virão contra ele naus de Gn 10.4;Nm 24.24;Is 23.1,12;Jr 2.10Quitim; portanto, será contrariado e voltará. Indignar-se-á Dn 11.28contra a santa aliança e fará o que lhe aprouver; até tornará a vir e atenderá aos que abandonarem a santa aliança. 31 Estarão braços do lado dele Dn 8.11-13;12.11e profanarão o santuário, a saber, a fortaleza, e tirarão o holocausto perpétuo e estabelecerão a Dn 9.27;12.11;Mt 24.15;Mc 13.14abominação que assola. 32 Com Dn 11.21,34lisonjas, perverterá os que procederem impiamente contra a aliança; mas o povo que conhecer ao seu Deus se tornará Mq 5.7-9;Zc 9.13-16;10.3-6forte e fará proezas. 33 Os Dn 12.3que forem sábios entre o povo ensinarão a muitos; contudo, por muitos dias, Mt 24.9;Jo 16.2;Hb 11.34cairão pela espada e pelo fogo, pelo cativeiro e pelo despojo.
34 Ora, quando caírem, serão ajudados com pequeno socorro; mas muitos, Dn 11.21,32;Rm 16.18com lisonjas, Mt 7.15;At 20.29-30se ajuntarão a eles. 35 Alguns dos que são sábios cairão, Dn 12.10;Dt 8.16;Pv 17.3;Zc 13.9;Ml 3.2-3para os acrisolar, Jo 15.2purificar e Ap 7.14embranquecer até Dn 11.27,40o tempo do fim; pois ainda será para o tempo determinado.
36 O rei Dn 11.3,16;Dn 5.19fará como lhe der na vontade; exaltar-se-á, e Dn 5.20;8.11,25;Is 14.13;2Ts 2.4se engrandecerá sobre todo o deus, e Dn 7.8,11;Ap 13.5-6falará coisas maravilhosas contra Dn 2.47;Dt 10.17;Sl 136.2o Deus dos deuses, Dn 8.12e prosperará até que se cumpra Dn 8.19;Is 10.25;26.20a indignação; pois se fará Dn 9.27o que está determinado. 37 Não terá respeito aos deuses de seus pais, nem ao desejo de mulheres, nem fará caso de deus algum; pois sobre tudo Dn 11.36se engrandecerá. 38 Mas no seu lugar honrará ao deus de fortalezas; e a um deus que seus pais não conheceram, ele o honrará com ouro, e prata, e pedras preciosas, e coisas agradáveis. 39 Com o auxílio dum deus estranho, tratará das mais poderosas fortalezas e a todos os que o reconhecerem aumentará de glória; fá-los-á reinar sobre muitos e repartirá a terra por preço.
40 Dn 11.27,35;Dn 12.4,9No tempo do fim, contenderá com ele Dn 11.5,9,11,14,25o rei do Sul. Dn 11.6-7,13,15O rei do Norte virá Is 5.28;Jr 4.13como turbilhão contra ele, com carros, e com cavaleiros, e com muitas naus; entrará nos países, Dn 11.10,26e inundará, e passará. 41 Também entrará na Dn 11.16;Dn 8.9terra gloriosa, e muitos países serão subvertidos; mas da sua mão serão libertados estes: Edom, e Jr 48.47Moabe, e as primícias dos filhos de Jr 49.6Amom. 42 Estenderá a sua mão também contra os países, e a terra do Egito não escapará. 43 Apoderar-se-á dos tesouros de ouro e de prata e de todas as coisas preciosas do Egito; 2Cr 12.3;Na 3.9os líbios e 2Cr 12.3;Ez 30.4-5;Na 3.9os etíopes o seguirão. 44 Mas novas vindas do Oriente e do Norte o perturbarão; e sairão com grande fúria para destruir e extirpar a muitos. 45 Armará as tendas do seu palácio entre o mar e Dn 11.16,41;Dn 8.9o glorioso Dn 9.16,20;Is 11.9;27.13;65.25;66.20monte santo; contudo, virá ao seu fim, e ninguém lhe dará auxílio.