Bedreiginge teen Jerusalem en Juda.
1 DIE woord van die Here wat gekom het tot Sefánja, die seun van Kusi, die seun van Gedálja, die seun van Amárja, die seun van Hiskía, in die dae van Josía, die seun van Amon, koning van Juda.
2 Saamskraap, wegraap sal Ek alles van die aardbodem af weg, spreek die Here.
3 Ek sal wegraap mense en diere, Ek sal wegraap die voëls van die hemel en die visse van die see en die struikelblokke saam met die goddelose, ja, Ek sal die mense uitroei van die aardbodem af weg, spreek die Here.
4 En Ek sal my hand uitstrek teen Juda en teen al die inwoners van Jerusalem; Ek sal ook uit hierdie plek uitroei wat van Baäl oorgebly het, die naam van die afgodsdienaars saam met die priesters;
5 en die wat op die dakke die leër van die hemel aanbid; en die aanbidders wat by die Here sweer en sweer by Milkom.
6 Ook die wat van die Here afvallig word en wat die Here nie soek en Hom nie raadpleeg nie.
7 Swyg voor die Here Here! Want die dag van die Here is naby; want die Here het 'n offer berei, sy gaste geheilig.
8 En op die dag van die offer van die Here sal Ek besoeking doen oor die vorste en die prinse en oor almal wat uitlandse klere dra.
9 Ek sal ook op dié dag besoeking doen oor almal wat oor die drumpel spring, wat die huis van hulle here vul met geweld en bedrog.
10 En op dié dag, spreek die Here — hoor! 'n geskreeu van die Vispoort af en 'n gehuil van die Nuwe Stad af en 'n groot gekraak van die heuwels af!
11 Huil, o inwoners van die Vysel! want al die koopmans gaan te gronde, almal wat geld afweeg, word uitgeroei.
12 En in dié tyd sal Ek Jerusalem met lanterns deursoek en besoeking doen oor die manne wat dik geword het op hulle afsaksel, wat in hulle hart sê: Die Here doen geen goed en Hy doen geen kwaad nie.
13 En hulle rykdom sal geplunder word, en hulle huise verwoes word; en as hulle huise bou, sal hulle dit nie bewoon nie; en as hulle wingerde plant, sal hulle die wyn daarvan nie drink nie.
14 Naby is die groot dag van die Here, naby en baie haastig. Hoor! die dag van die Here! Bitterlik skreeu die held daar.
15 Dié dag is 'n dag van grimmigheid, 'n dag van benoudheid en angs, 'n dag van woestheid en verwoesting, 'n dag van duisternis en donkerheid, 'n dag van wolke en wolkenag,
16 'n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die hoë hoekvestings.
17 En Ek sal die mense in benoudheid bring, en hulle sal rondloop soos blindes, omdat hulle teen die Here gesondig het; en hulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek.
18 Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die Here te red nie, maar deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde verteer word; want Hy bring vernietiging, ja, 'n verskriklike, oor die inwoners van die aarde.
Ameaças contra Judá e Jerusalém
1 Palavra de Jeová que veio a Sofonias, filho de Cusi, filho de Gileade, filho de Amarias, filho de Ezequias, nos dias de 2Rs 22.1—23.34; 2Cr 34.1—35.25;Jr 1.2;22.11Josias, filho de 2Rs 21.18-26;2Cr 33.20-25Amom, rei de Judá.
2 Hei de Jr 7.20;Ez 33.27-28consumir por completo tudo de sobre a face da terra, diz Jeová. 3 Consumirei Is 6.11-12os homens e os animais; consumirei Jr 4.25;9.10as aves do céu, e os peixes do mar, Ez 7.19;14.3-4,8e os tropeços juntamente com os ímpios; e de sobre a face da terra exterminarei os homens, diz Jeová. 4 Jr 6.12;Ez 6.14Estenderei a minha mão sobre Judá e sobre todos os habitantes de Jerusalém; Mq 5.13exterminarei deste lugar o resto de Baal e o nome dos 2Rs 23.5;Os 10.5chemarins juntamente com os sacerdotes; 5 os que adoram 2Rs 23.12;Jr 19.13o exército do céu sobre os telhados e os adoradores que Jr 5.2,7;7.9-10juram a Jeová e juram por Jr 49.1Milcom; 6 os que Is 1.4se têm desviado de andar em seguimento de Jeová e os que não Is 9.13têm buscado a Jeová, nem têm perguntado por ele.
7 Hc 2.20;Zc 2.13Cala-te diante do Senhor Jeová, porque o Sf 1.14Dia de Jeová está perto; pois Jeová tem preparado Is 34.6;Jr 46.10um sacrifício, 1Sm 16.5;Is 13.3tem santificado os seus hóspedes. 8 No dia do sacrifício de Jeová, Is 24.21;Hc 1.10castigarei os príncipes, e os filhos do rei, e os que se vestem de Is 2.6trajes estrangeiros. 9 Naquele dia, castigarei todos os que saltam por cima do limiar, os quais enchem de Jr 5.27;Am 3.10violência e de dolo a casa do seu amo. 10 Naquele dia, diz Jeová, haverá uma voz de Is 22.5;Am 8.3clamor desde a 2Cr 33.14porta dos peixes, e um uivo desde 2Cr 34.22o segundo quarteirão, e grande quebrantamento desde os 2Sm 5.7;Ez 6.13outeiros. 11 Uivai, habitantes de Mactés, porque desfeito está todo o povo de Sf 2.5;Zc 14.21Canaã; exterminados os que estavam carregados Jó 27.16-17;Os 9.6de prata. 12 Naquele tempo, Jr 16.16-17;Ez 9.4-11;Am 9.1-3esquadrinharei a Jerusalém com velas e castigarei os homens que estão Jr 48.11;Am 6.1encravados nas suas fezes; os quais dizem no seu coração: Jeová Ez 8.12;9.9não fará o bem, nem fará o mal. 13 As riquezas deles se tornarão Jr 15.13;17.3em despojo, e as suas casas, em desolação; Am 5.11;Mq 6.15edificarão casas, mas nelas não habitarão; plantarão vinhas, porém não lhes beberão o vinho.
14 Jr 30.7;Jl 2.11;Ml 4.5O grande Sf 1.7;Ez 7.7,12;30.3;Jl 1.15;3.14Dia de Jeová está perto e vem chegando a toda a pressa, a saber, a voz do Dia de Jeová; ali, o valente Ez 7.16-18clama amargamente. 15 Esse dia é dia de indignação, dia de Is 22.5tribulação e angústia, dia de alvoroço e de assolação, dia de trevas e de escuridão, dia de Jl 2.2-31;Am 5.18-20nuvens e negrume, 16 dia da Jr 4.19trombeta e do alarido, contra as Is 2.12-15cidades fortificadas e contra os baluartes altos. 17 Trarei Jr 10.18angústia sobre os homens, e eles andarão Dt 28.29como cegos, porque pecaram contra Jeová; Ez 24.7-8o sangue deles será derramado como pó, e a sua Jr 8.2;9.22carne, como esterco. 18 Ez 7.19Nem a sua prata nem o seu ouro os poderá livrar no dia da indignação de Jeová; mas pelo fogo do seu zelo Sf 3.8será devorada a terra toda; porque Ez 7.5-7ele dará fim, sim, fim repentino a todos os que habitam na terra.