Gesig van die skaap- en die bokram.
1 IN die derde jaar van die regering van koning Bélsasar het aan my, Daniël, 'n gesig verskyn ná dié een wat die vorige keer aan my verskyn het.
2 Ek het naamlik in die gesig gesien — terwyl ek kyk, was ek in die vesting Susan wat in die provinsie Elam lê; en ek het in die gesig gesien dat ek my aan die Ulairivier bevind het.
3 En ek het my oë opgeslaan en gesien, en kyk, daar staan 'n ram voor die rivier; en hy het twee horings gehad, en die twee horings was hoog, ook was die een hoër as die ander, en die hoogste het laaste uitgekom.
4 Ek het die ram sien stoot na die weste en na die noorde en na die suide, en al die diere kon voor hom nie standhou nie, en daar was niemand wat uit sy mag gered het nie; maar hy het gedoen net wat hy wou, en het magtig geword.
5 Terwyl ek daarop ag gee, kom daar 'n bokram uit die weste aan oor die oppervlakte van die hele aarde, sonder om aan die grond te raak; en die bok het 'n aansienlike horing tussen sy oë gehad.
6 En hy het na die ram met die twee horings aangekom wat ek voor die rivier sien staan het, en hom in die woede van sy krag stormgeloop.
7 En ek het hom gesien hoe hy tot by die ram kom en op hom verbitterd word en die ram stoot en sy twee horings verbreek; en daar was geen krag in die ram om voor hom stand te hou nie, sodat hy hom teen die grond gegooi en hom vertrap het, en daar was niemand wat die ram uit sy mag gered het nie.
8 En die bok het uitermate magtig geword; maar toe hy sterk was, het die groot horing afgebreek, en vier aansienlike horings het in sy plek uitgekom na die vier windstreke van die hemel.
9 En uit een van dié het 'n horing, eers klein, uitgekom, maar dit het baie groot geword na die suide en na die ooste en na die Pragtige Land toe.
10 En dit het groot geword tot by die leër van die hemel en het sommige van die leër, naamlik van die sterre, op die aarde laat val en hulle vertrap.
11 Selfs tot by die Vors van die leër het dit groot geword, sodat die voortdurende offer Hom ontneem en sy heilige woning neergewerp is.
12 En 'n leër is aan die horing oorgelewer in goddeloosheid saam met die voortdurende offer; en dit het die waarheid op die grond neergewerp en in sy optrede voorspoed gehad.
13 Toe hoor ek 'n heilige spreek; en 'n ander heilige het aan die een wat spreek, gesê: Hoe lank sal die gesig duur — van die voortdurende offer en die ontsettende goddeloosheid — sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word?
14 En hy het vir my gesê: Tweeduisend-driehonderd aande en môres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.
15 En toe ek, Daniël, die gesig gesien het, het ek probeer om dit te verstaan, en kyk, daar het iemand voor my gestaan wat soos 'n man gelyk het.
16 En ek het 'n mensestem gehoor uit die Ulai wat geroep en gesê het: Gabriël, laat hierdie een die gesig verstaan!
17 Toe kom hy by my staanplek; en toe hy kom, het ek geskrik en op my aangesig geval. En hy het vir my gesê: Let op, mensekind, want die gesig sien op die tyd van die einde.
18 En terwyl hy met my spreek, het ek bewusteloos met my aangesig op die grond geval; toe het hy my aangeroer en my op my staanplek opgerig
19 en gesê: Kyk, ek maak jou bekend wat aan die einde van die strafgerig sal gebeur, want dit sien op die bepaalde tyd van die einde.
20 Die ram wat jy gesien het met die twee horings, is die konings van die Meders en die Perse.
21 En die harige bok is die koning van Griekeland; en die groot horing wat tussen sy oë was, dit is die eerste koning.
22 En dat dit gebreek is en vier in sy plek ontstaan het — vier koninkryke sal uit sy volk ontstaan, maar nie met sy krag nie.
23 Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volgemaak het, sal 'n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan.
24 En sy krag sal sterk word, maar nie deur sy krag nie; en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer; en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges.
25 En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van die vorste, maar hy sal sonder toedoen van mensehand verbreek word.
26 En die gesig van die aande en die môres waarvan gespreek is, dit is waarheid; en jý, hou die gesig geheim, want dit sien op 'n verre toekoms.
27 En ek, Daniël, was gedaan en was dae lank siek; daarna het ek opgestaan en die werk van die koning gedoen; en ek was verstom oor die gesig, maar niemand het dit gemerk nie.
A visão dum carneiro e dum bode
1 No Dn 7.1terceiro ano do reinado do rei Dn 5.1,30Belsazar, apareceu-me uma visão, Dn 8.15;Dn 7.15,28;9.2a mim, Daniel, depois daquela que me apareceu no princípio. 2 Eu Dn 8.3;Dn 7.2,15;Nm 12.6vi na visão (ora, foi assim que, quando vi, eu estava no castelo de Ne 1.1;Et 1.2;2.8Susã, que é na província de Gn 10.22;14.1;Is 11.11;Jr 25.25;Ez 32.24Elão), vi na visão e eu estava junto ao rio Dn 8.16Ulai. 3 Então, Dn 10.5levantei os meus olhos e vi, e eis que estava em pé diante do rio um Dn 8.20carneiro que tinha dois chifres: os dois chifres eram altos, mas um era mais alto do que o outro; e o mais alto subiu por último. 4 Vi que o carneiro Dt 33.17;1Rs 22.11;Ez 34.21dava marradas para o ocidente, e para o norte, e para o sul; nenhum animal podia parar diante dele, nem havia quem os Dn 8.7pudesse livrar do poder dele; ele, porém, fazia segundo a sua vontade e, assim, se engrandeceu.
5 Estando eu considerando, eis que um Dn 8.21bode vinha do ocidente sobre a face de toda a terra e não tocava na terra; esse bode tinha um Dn 8.8,21;Dn 11.3chifre insigne entre os olhos. 6 Viu o Dn 8.3carneiro que tinha os dois chifres, o qual vi em pé diante do rio, e correu contra ele no furor do seu poder. 7 Eu o vi chegar perto do carneiro e foi Dn 11.11movido de cólera contra ele. Feriu ao carneiro e quebrou-lhe os dois chifres; não havia força no carneiro para lhe resistir; mas o bode Dn 7.7o lançou por terra e o pisou aos pés, e não havia quem pudesse livrar o carneiro do poder dele. 8 O bode se engrandeceu sobremaneira; e, Dn 5.20;2Cr 26.16estando forte, Dn 8.22quebrou-se-lhe o grande chifre, e, em lugar dele, quatro chifres insignes saíram para os Dn 7.2;Ap 7.1quatro ventos do céu.
9 Dum dos chifres saiu Dn 8.23um chifre pequeno e tornou-se muito forte para o sul, e para o oriente, e para a Dn 11.16,41terra gloriosa. 10 Tornou-se forte, até contra o exército do céu; lançou por terra alguns do exército Is 14.13e das estrelas Dn 8.7;Dn 7.7e pisou-os aos pés. 11 Sim, Dn 8.25;Dn 11.36-37;2Rs 19.22-23;2Cr 32.15-17;Is 37.23se engrandeceu até contra o príncipe do exército; tirou dele Dn 11.31;12.11;Ez 46.14o holocausto perpétuo, e o lugar do seu santuário foi deitado abaixo. 12 Por causa da transgressão, foi-lhe entregue o exército, juntamente com o holocausto perpétuo; lançou por terra Is 59.14a verdade, fez o que era do seu agrado e prosperou. 13 Então, ouvi a um Dn 4.13,23santo falar, e outro santo disse àquele que falava: Dn 12.6,8;Sl 74.10;79.5;Is 6.11;Ap 6.10Até quando durará a visão relativamente ao holocausto perpétuo e à transgressão assoladora, visão na qual são entregues tanto o santuário como o exército para serem Is 63.18;Jr 12.10;Lc 21.24;Hb 10.29;Ap 11.2pisados aos pés? 14 Ele me disse: Até Dn 7.25;12.7,11;Ap 11.2-3;12.14;13.5duas mil e trezentas tardes e manhãs; então, o santuário será purificado.
Gabriel interpreta a visão de Daniel
15 Quando eu, sim, Dn 8.1eu, Daniel, tinha visto a visão, procurei entendê-la; e eis que se me apresentou diante uma como aparência Dn 7.13;10.16,18de homem. 16 Ouvi uma voz de homem entre as margens Dn 8.2de Ulai, a qual gritou e disse: Dn 9.21;Lc 1.19,26Gabriel, faze que este homem entenda a visão. 17 Veio, pois, perto do lugar em que eu estava; quando ele veio, fiquei amedrontado e Dn 2.46;Ez 1.28;44.4prostrei-me com o rosto em terra. Porém ele me disse: Entende, filho do homem, pois a visão pertence ao Dn 8.19;Dn 11.35,40tempo do fim. 18 Ora, enquanto ele falava comigo, Dn 10.9;Lc 9.32caí num profundo sono, tendo o meu rosto virado para a terra; ele, porém, Dn 10.10,16,18;Ez 2.2me tocou, pôs-me em pé 19 e disse: Eis que Dn 8.15-17te farei saber o que há de acontecer nos últimos dias da indignação, porque pertence ao tempo determinado do fim. 20 O Dn 8.3carneiro que tu viste, que tinha dois chifres, estes são os reis da Média e da Pérsia. 21 Dn 8.5O bode peludo Dn 10.20é o rei da Grécia; e o chifre grande que ele tem entre os olhos é o primeiro rei. 22 Quanto ao chifre Dn 8.8que se quebrou e em cujo lugar se levantaram quatro, levantar-se-ão da nação quatro reinos, porém não com a força dele. 23 Nos últimos dias dos seus reinos, quando os transgressores tiverem chegado ao auge, levantar-se-á um Dn 8.9-12rei, feroz de cara e entendedor de enigmas. 24 Grande será a sua força, porém não será de si mesmo; Dn 8.11-13;Dn 12.7;Ap 16.6ele destruirá maravilhosamente, prosperará, fará o que quiser e destruirá os poderosos e o povo santo. 25 Pela sua sutileza, fará prosperar o engano na sua mão, e no seu coração Dn 8.11se engrandecerá, e destruirá muitos que vivem em segurança; levantar-se-á contra o príncipe dos príncipes; porém será quebrado Dn 2.34,46;Jó 34.20sem intervir mão de homem. 26 A visão da tarde e da manhã, que foi dita, é Dn 10.1verdadeira. Por isso, Dn 12.4,9encerra tu a visão, pois será para Dn 10.14muitos dias. 27 Eu, Daniel, Dn 7.28;8.17;Hc 3.16desmaiei e fiquei doente por alguns dias; depois, me levantei e tratei dos Dn 6.2negócios do rei. Eu estava espantado da visão, porém Dn 8.15-17não havia quem a entendesse.