Die beeld wat Nebukadnésar in sy droom gesien het, word deur Daniël verklaar.
1 EN in die tweede jaar van die regering van Nebukadnésar, het Nebukadnésar 'n droom gehad, sodat sy gees onrustig geword het en dit met sy slaap gedaan was.
2 Toe het die koning bevel gegee om die geleerdes en die besweerders en die towenaars en die Chaldeërs te roep, om vir die koning sy droom uit te lê. Toe hulle kom en voor die koning gaan staan,
3 sê die koning vir hulle: Ek het 'n droom gehad, en my gees is onrustig om die droom te verstaan.
4 Toe het die Chaldeërs met die koning gespreek (Aramees): Mag die koning vir altyd lewe! Vertel u dienaars die droom, en ons sal die uitlegging te kenne gee.
5 Die koning het geantwoord en aan die Chaldeërs gesê: Die saak staan by my vas: as julle die droom en sy uitlegging nie aan my bekend maak nie, sal julle in stukke gekap en van julle huise mishope gemaak word.
6 Maar as julle die droom en sy uitlegging te kenne gee, sal julle geskenke en gawes en groot eer van my ontvang; gee my daarom die droom en sy uitlegging te kenne.
7 Hulle het vir die tweede maal geantwoord en gesê: Laat die koning die droom aan sy dienaars vertel; dan sal ons die uitlegging te kenne gee.
8 Die koning het geantwoord en gesê: Ek weet verseker dat julle tyd wil win, omdat julle sien dat die saak by my vasstaan;
9 want as julle my die droom nie bekend maak nie, is julle vonnis een en dieselfde; julle het naamlik afgespreek om 'n leuenagtige en bedrieglike woord voor my te spreek totdat die tyd weer verander; daarom, vertel my die droom, dan sal ek weet of julle my sy uitlegging kan te kenne gee.
10 Die Chaldeërs het voor die koning geantwoord en gesê: Daar is geen mens op die aardbodem wat die koning se saak sou kan te kenne gee nie; daarom het dan ook geen koning, groot of magtig, ooit so iets van enige geleerde of besweerder of Chaldeër verlang nie.
11 Ja, die saak wat die koning verlang, is swaar, en daar is niemand anders wat dit voor die koning sou kan te kenne gee nie, behalwe die gode wie se woning nie by die vlees is nie.
12 Hieroor het die koning toornig en baie kwaad geword en bevel gegee om al die wyse manne van Babel om te bring.
13 Toe die bevel uitgevaardig is en die wyse manne gedood sou word, het hulle ook Daniël en sy metgeselle gesoek om gedood te word.
14 Daarop het Daniël aan Áriog, die owerste van die koninklike lyfwag wat uitgetrek het om die wyse manne van Babel dood te maak, 'n slim en verstandige antwoord gegee.
15 Hy antwoord en sê vir Áriog, die bevelhebber van die koning: Waarom is die bevel van die kant van die koning so streng? Toe het Áriog aan Daniël die saak meegedeel.
16 Daarop het Daniël ingegaan en die koning versoek dat hy hom tyd moes gee om die uitlegging aan die koning te kenne te gee.
17 Toe gaan Daniël na sy huis en maak aan Hanánja, Mísael en Asárja, sy metgeselle, die saak bekend,
18 en dat hulle barmhartigheid van die God van die hemel moes afsmeek oor hierdie geheim, sodat hulle Daniël en sy metgeselle saam met die orige wyse manne van Babel nie sou ombring nie.
19 Daarop is in 'n naggesig die geheim aan Daniël geopenbaar. Toe het Daniël die God van die hemel geloof.
20 Daniël het toe gespreek en gesê: Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is syne.
21 Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het;
22 Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom.
23 U, God van my vaders, loof en prys ek, want U het my wysheid en krag verleen, en nou het U my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het, want die saak van die koning het U ons bekend gemaak.
24 Daarom het Daniël ingegaan na Áriog, wat die koning aangestel het om die wyse manne van Babel om te bring; hy het gegaan en vir hom só gesê: Moenie die wyse manne van Babel ombring nie; bring my in voor die koning, dan sal ek aan die koning die uitlegging te kenne gee.
25 Toe het Áriog Daniël haastig voor die koning ingebring en só vir hom gesê: Ek het 'n man onder die ballinge van Juda gevind wat die koning die uitlegging bekend sal maak.
26 Die koning het geantwoord en aan Daniël, wie se naam Béltsasar was, gesê: Is jy in staat om aan my die droom wat ek gesien het, en sy uitlegging bekend te maak?
27 Daniël het in teenwoordigheid van die koning geantwoord en gesê: Die geheim waarna die koning vra, kan die wyse manne, die besweerders, die geleerdes, die waarsêers nie aan die koning te kenne gee nie.
28 Maar daar is 'n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was dit:
29 Wat u betref, o koning, u gedagtes op u bed het opgestyg oor wat hierna sal gebeur, en die Openbaarder van die geheime het u bekend gemaak wat sal gebeur.
30 En wat my betref, hierdie geheim is my geopenbaar, nie deur 'n wysheid wat in my sou wees meer as in al die lewendes nie, maar met die bedoeling dat die uitlegging aan die koning bekend gemaak sal word en u die gedagtes van u hart kan ken.
31 U, o koning, het 'n gesig gehad — kyk, daar was 'n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik.
32 Wat die beeld betref, sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper,
33 sy bene van yster, sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei.
34 U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande 'n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het.
35 Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het 'n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.
36 Dit is die droom; sy uitlegging sal ons nou voor die koning sê:
37 U, o koning, koning van die konings, aan wie die God van die hemel die koningskap, die krag en die sterkte en die eer verleen het,
38 en in wie se hand Hy in die hele bewoonde wêreld die mensekinders, die diere van die veld en die voëls van die hemel gegee het, sodat Hy u as heerser oor hulle almal aangestel het — ú is die hoof van goud.
39 En ná u sal daar 'n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u; daarna 'n ander, 'n derde koninkryk, van koper, wat oor die hele aarde sal heers;
40 en die vierde koninkryk sal hard wees soos yster, juis omdat yster alles fynstamp en verpletter; en soos die yster wat vergruis, sal hy dit alles fynstamp en vergruis.
41 En dat die voete en die tone, soos u gesien het, deels van pottebakkersklei en deels van yster was — dit sal 'n verdeelde koninkryk wees, en van die hardheid van die yster sal daarin wees, omdat u die yster met kleigrond gemeng gesien het.
42 En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is — 'n gedeelte van die koninkryk sal hard en 'n gedeelte sal bros wees.
43 Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het — hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie.
44 Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel 'n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar 'n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan —
45 net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande 'n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar.
46 Toe het koning Nebukadnésar op sy aangesig geval en Daniël aanbid en bevel gegee om aan hom 'n spysoffer en reukoffers te bring.
47 Die koning het Daniël geantwoord en gesê: Waarlik, julle God is die God van die gode en die Here van die konings en die Openbaarder van geheimenisse, daarom was jy in staat om hierdie geheim te openbaar.
48 Toe het die koning Daniël verhef en hom baie, groot geskenke gegee en hom aangestel as heerser oor die hele provinsie Babel en as hoofowerste oor al die wyse manne van Babel.
49 En op versoek van Daniël het die koning Sadrag, Mesag en Abednégo aangestel oor die bestuur van die provinsie Babel, maar Daniël was in die paleis van die koning.
O rei esquece o sonho que teve
1 No Dn 1.1segundo ano do reinado de Nabucodonosor, teve Nabucodonosor Dn 2.3;Dn 4.5;Gn 40.5-8;41.1;Jó 33.15-17sonhos; e o seu espírito ficou perturbado, Dn 6.18;Et 6.1e passou-se-lhe o sono. 2 Então, o rei mandou chamar os Dn 2.10,27;Dn 1.20;4.6;5.7;Gn 41.8;Is 47.12-13mágicos, e os encantadores, e os feiticeiros, e os caldeus, para que declarassem ao rei os sonhos. Assim, vieram e se apresentaram diante do rei. 3 O rei disse-lhes: Dn 4.5;Gn 40.8;41.15Tive um sonho, e para saber o sonho está perturbado o meu espírito. 4 Os caldeus disseram ao rei em Ed 4.7;Is 36.11aramaico: Dn 3.9;5.10Ó rei, vive eternamente; Dn 2.7;Dn 4.7dize aos teus servos o sonho, e mostraremos a interpretação. 5 Respondeu o rei aos caldeus: A coisa já me fugiu da memória; se não me fizerdes saber o sonho e a sua interpretação, sereis Dn 2.12;Dn 3.29;Ed 6.11despedaçados, e as vossas casas serão feitas um monturo. 6 Mas, se mostrardes o sonho e a sua interpretação, recebereis de mim Dn 2.48;Dn 5.7,16,29dádivas, e prêmios, e grande honra; portanto, mostrai-me o sonho e a sua interpretação. 7 Responderam pela segunda vez: Dn 2.4Diga o rei aos seus servos o sonho, e lhe mostraremos a interpretação. 8 Respondeu o rei: Certamente, eu sei que quereis ganhar tempo, porque vedes que a coisa já me fugiu da memória. 9 Mas, se não me fizerdes saber o sonho, não há para vós senão Dn 3.15;Et 4.11uma só lei; pois tendes preparado palavras mentirosas e corruptas para as proferir na minha presença, até que se mude o tempo. Portanto, dizei-me o sonho, Is 41.23e saberei se me podeis mostrar a sua interpretação. 10 Responderam os caldeus na presença do rei: Dn 2.27Não há homem sobre a terra que possa mostrar a questão do rei; porquanto nenhum rei, nem senhor, nem régulo tem feito semelhante pedido a qualquer Dn 2.2,27mágico, ou encantador, ou caldeu. 11 É coisa rara a que o rei exige, e não há outro que a possa mostrar na presença do rei, senão os Dn 5.11;Gn 41.39deuses, cuja Êx 29.45;Is 57.15morada não é com a carne. 12 Por essa razão, ficou o rei Dn 2.5;Dn 3.13,19;Sl 76.10irado e em extremo furioso e ordenou que perecessem todos os sábios de Babilônia. 13 Assim, saiu o decreto, e os sábios estavam para serem mortos; e buscaram Dn 1.19-20a Daniel e seus companheiros, para que fossem mortos.
Daniel pede ao rei um prazo e tem uma visão
14 Então, Daniel respondeu avisada e prudentemente a Dn 2.24Arioque, Gn 37.36;Jr 39.9;52.12,14capitão da guarda do rei, que tinha saído para matar os sábios de Babilônia; 15 sim, respondeu e perguntou a Arioque, capitão do rei: Por que razão é o decreto tão Dn 3.22urgente da parte do rei? Então, Arioque fez Dn 2.1-12saber a coisa a Daniel. 16 Dn 1.19Entrando Daniel, pediu ao rei que lhe designasse o tempo e que ele mostraria ao rei a interpretação.
17 Então, Daniel foi para casa e fez saber a coisa a Dn 1.6Hananias, Misael e Azarias, seus companheiros, 18 para que Dn 2.23;Et 4.15-16;Is 37.4;Jr 33.3;Ez 36.37pedissem Dn 9.9misericórdia ao Deus do céu no tocante a esse segredo, a fim de que Daniel e seus companheiros Gn 18.28;Ml 3.18não perecessem juntamente com o resto dos sábios de Babilônia. 19 Então, foi Dn 2.22,27-29;Dn 4.9o segredo revelado a Daniel numa Dn 1.17;7.2,7,13;Nm 12.6;Jó 33.15-16visão noturna. Depois, Daniel bendisse ao Deus do céu. 20 Disse Daniel: Sl 103.1-2;113.1-2Bendito seja o nome de Deus para todo o sempre, pois dele são Dn 2.21-23;1Cr 29.11-12;Jó 12.13,16-22a sabedoria e a força. 21 Ele Dn 2.9;Dn 7.25;Sl 31.15muda os tempos e as estações; Dn 4.17,32;Jó 12.18;Sl 75.6-7remove os reis e estabelece os reis; dá 2Rs 3.9-10;4.29;Tg 1.5sabedoria aos sábios e conhecimento aos que sabem discernir; 22 Dn 2.19,28;Jó 12.22revela as coisas profundas e escondidas; Jó 26.6;Sl 139.12;Is 45.7;Jr 23.24sabe o que está nas trevas, e com ele Dn 5.11,14;Sl 36.9;1Jo 1.5mora a luz. 23 A ti, Gn 31.42;Êx 3.15Deus de meus pais, eu te dou graças e te louvo, que me deste Dn 2.21;Dn 1.17sabedoria e força e, agora, me fizeste saber o que Dn 2.18,29-30;Sl 21.2,4te havíamos pedido; porque nos revelaste a questão do rei. 24 Por isso, entrou Daniel a Dn 2.14Arioque, a quem o rei tinha constituído para perder os sábios de Babilônia; entrou e disse-lhe assim: Dn 2.12-13;At 27.24Não percas os sábios de Babilônia; leva-me à presença do rei, e mostrarei ao rei a interpretação.
Daniel traz à memória do rei o sonho que este tivera
25 Então, Arioque, depressa, Gn 41.14levou Daniel à presença do rei e lhe disse assim: Achei um homem dentre Dn 1.6;5.13;6.13os filhos do cativeiro de Judá que fará saber ao rei a interpretação. 26 Respondeu o rei e disse a Daniel, cujo nome era Dn 1.7;4.8;5.12Beltessazar: Podes fazer-me saber Dn 2.3-7;4.18o sonho que vi e a sua interpretação? 27 Respondeu Daniel perante o rei e disse: O segredo que o rei tem exigido, não o podem mostrar ao rei Dn 2.2,10-11;Dn 5.7-8nem sábios, nem encantadores, nem mágicos, nem feiticeiros; 28 mas há no céu Dn 2.22,45;Gn 40.8;41.16um Deus que revela segredos, e ele tem feito saber ao rei Nabucodonosor o que há de acontecer nos Dn 10.14;Gn 49.1;Is 2.2;Mq 4.1últimos dias. O teu sonho Dn 4.5e as visões da tua cabeça na tua cama são estes: 29 Quanto a ti, ó rei, estando tu na cama, entraram os teus pensamentos na mente, sobre o que havia de acontecer no futuro; e aquele Dn 2.22,47que revela segredos te descobriu o que há de acontecer. 30 Mas, quanto a mim, não me foi revelado esse segredo Dn 1.17;Gn 41.16por ter eu mais sabedoria que qualquer outro vivente, mas para Is 45.3que ficasse manifesta ao rei a interpretação e para que soubesses os Sl 139.2;Am 4.13pensamentos do teu coração.
31 Tu, ó rei, estavas olhando, e eis uma grande imagem. Essa imagem, que era enorme e cujo resplendor era excelente, tinha-se em pé diante de ti; e a sua vista era Dn 7.7;Is 25.3-5;Hc 1.7espantosa. 32 Quanto a essa imagem, a sua Dn 2.38;Dn 4.22,30cabeça era de ouro fino, o seu Dn 2.39peito e os seus braços, de prata, o seu ventre e as suas coxas, de cobre, 33 as suas Dn 2.40pernas, de ferro, Dn 2.41-43os seus pés, em parte de ferro, em parte de barro. 34 Estavas vendo até que uma Dn 2.44-45pedra foi cortada Dn 8.25;Zc 4.6sem auxílio de mãos, a qual feriu a imagem nos seus pés, que eram de ferro e de barro, Sl 2.9;Is 60.12e os fez em pedaços. 35 Então, foi juntamente feito em pedaços o ferro, o barro, o cobre, a prata e o ouro e se tornaram como Sl 1.4;Is 17.13;41.15-16;Os 13.3a pragana das eiras de estio; e o vento levou-os, de sorte Sl 37.10,36que não se achou lugar para eles. A pedra que feriu a imagem tornou-se Is 2.2;Mq 4.1uma grande montanha, que encheu a terra toda.
Daniel interpreta o sonho
36 Este é o sonho; e diremos a sua Dn 2.24interpretação na presença do rei. 37 Tu, ó rei, és Is 47.5;Jr 27.6-7;Ez 26.7rei de reis, ao qual Dn 4.25,32o Deus do céu deu o reino, Sl 62.11o poder, a força e a glória; 38 e, onde quer que habitem os filhos dos homens, nas tuas mãos entregou Dn 4.21-22;Sl 50.10-11os animais do campo e as aves do céu e te fez reinar sobre todos eles; tu és Dn 2.32a cabeça de ouro. 39 Depois de ti, se levantará Dn 2.32outro reino inferior a ti; e outro terceiro, de cobre, o qual dominará sobre a terra toda. 40 Dn 2.33O quarto reino será forte como ferro, porquanto o ferro faz em pedaços e subjuga todas as coisas; como o ferro esmiúça todas essas coisas, assim ele fará em pedaços e esmiuçará. 41 Porque viste Dn 2.33os pés e os dedos, em parte de barro de oleiro e em parte de ferro, será ele um reino dividido; mas nele haverá alguma coisa da firmeza do ferro, porquanto viste o ferro misturado com o barro de lodo. 42 Como os dedos dos pés eram em parte de ferro e em parte de barro, assim o reino será em parte firme e em parte frágil. 43 Porque viste o ferro misturado com o barro de lodo, misturar-se-ão com a semente de homens; porém não se apegarão um a outro, assim como o ferro não se une com o barro. 44 Nos dias desses reis, Is 9.6-7suscitará o Dn 2.28,37Deus do céu um Dn 4.3,34;6.26;7.14,27;Sl 145.13;Ez 37.25;Mq 4.7reino que não será jamais destruído, nem passará a soberania deste a outro povo; Dn 2.34-35;Sl 2.9;Is 60.12mas fará em pedaços e consumirá todos esses reinos, e ele mesmo subsistirá para sempre, 45 porquanto viste que do monte foi cortada uma Dn 2.34-35pedra Dn 8.25sem auxílio de mãos e que ela fez em pedaços o ferro, o cobre, o barro, a prata e o ouro; Dn 2.29;Dt 10.17;2Sm 7.22;Sl 48.1;Jr 32.18-19;Ml 1.11o Grande Deus fez saber ao rei o que Gn 41.28,32há de acontecer no futuro. Certo é o sonho, e fiel, a sua interpretação.
Daniel é promovido pelo rei
46 Então, o rei Nabucodonosor Dn 8.17caiu sobre o rosto, e Dn 3.5,7;At 10.25;14.13;Ap 19.10;22.8adorou a Daniel, e ordenou que lhe oferecessem uma oblação e Lv 26.31perfumes suaves. 47 Disse o rei a Daniel: Na verdade, Dn 3.15;4.25o vosso Deus é Dn 11.36;Dt 10.17;Sl 136.2-3o Deus dos deuses e o Senhor dos reis Dn 2.22,30;Am 3.7e que revela segredos, pois que pudeste revelar este segredo. 48 Então, o rei Dn 2.6;Dn 5.16,29;Gn 41.39-43engrandeceu a Daniel, e lhe deu muitos grandes dons, e fê-lo reinar sobre Dn 3.1,12,30a província toda de Babilônia e ser Dn 5.11o principal governador sobre todos os Dn 2.27sábios de Babilônia. 49 Fez Daniel uma petição ao rei, e este Dn 3.12constituiu superintendentes dos negócios da província de Babilônia Dn 1.7a Sadraque, Mesaque e Abede-Nego; Daniel, porém, estava Et 2.19,21;Am 5.15na porta do rei.