Pular para o conteúdo
Publicidade

Daniel 3

TB

Die goue beeld van Nebukadnésar. Die drie vriende van Daniël in die vuuroond.

1 KONING Nebukadnésar het 'n beeld van goud gemaak; sy hoogte was sestig el, sy breedte ses el; hy het dit opgerig in die dal Dura, in die provinsie Babel.

2 Daarna het koning Nebukadnésar die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs, die raadsmanne, die skatmeesters, die regters, die hoofamptenare en al die bestuurders van die provinsies laat versamel, dat hulle moes kom na die inwyding van die beeld wat koning Nebukadnésar opgerig het.

3 Toe het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs, die raadsmanne, die skatmeesters, die regters, die hoofamptenare en al die bestuurders van die provinsies bymekaargekom by die inwyding van die beeld wat koning Nebukadnésar opgerig het, en hulle het voor die beeld gaan staan wat Nebukadnésar opgerig het.

4 En 'n uitroeper het hardop geroep: Julle word aangesê, o volke, nasies en tale,

5 sodra julle die geluid hoor van horing, fluit, siter, luit, harp, doedelsak en van allerhande musiekinstrumente, moet julle neerval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadnésar opgerig het.

6 En hy wat nie neerval en aanbid nie, sal op die daad binne-in die brandende vuuroond gegooi word.

7 Daarom het, op die oomblik toe al die volke die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en van allerhande musiekinstrumente hoor, al die volke, nasies en tale neergeval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadnésar opgerig het.

8 Op grond daarvan het tegelykertyd Chaldeeuse manne nader gekom en die Jode aangeklaag.

9 Daarop het hulle met koning Nebukadnésar gespreek en gesê: Mag die koning vir ewig lewe!

10 U, o koning, het 'n bevel gegee dat elke mens wat die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, moet neerval en die goue beeld aanbid;

11 en dat hy wat nie neerval en aanbid nie, binne-in die brandende vuuroond gegooi moet word.

12 Daar is Joodse manne wat u oor die bestuur van die provinsie Babel aangestel het, Sadrag, Mesag en Abednégo; hierdie manne het hulle, o koning, aan u nie gesteur nie; hulle dien u gode nie en die goue beeld wat u opgerig het, aanbid hulle nie.

13 Toe het Nebukadnésar, toornig en woedend, bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednégo te laat kom. Daarop is die manne voor die koning gebring.

14 En Nebukadnésar het gespreek en vir hulle gesê: Is dit met opset, Sadrag, Mesag en Abednégo, dat julle my gode nie dien nie en die goue beeld wat ek opgerig het, nie aanbid nie?

15 As julle dan nou, sodra julle die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, bereid is om neer te val en die beeld wat ek gemaak het, te aanbid, goed; maar as julle nie aanbid nie, sal julle oombliklik binne-in die brandende vuuroond gegooi word, en wie is die God wat julle uit my hand kan verlos?

16 Sadrag, Mesag en Abednégo het geantwoord en aan koning Nebukadnésar gesê: Ons ag dit nie nodig om u hierop 'n antwoord te gee nie.

17 As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos;

18 maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.

19 Toe het Nebukadnésar baie woedend geword en sy gelaatstrekke het verander teenoor Sadrag, Mesag en Abednégo; as antwoord het hy bevel gegee om die oond sewe maal warmer te maak as wat eintlik nodig was.

20 En aan sommige van die sterkste manne wat in sy leër was, het hy bevel gegee om Sadrag, Mesag en Abednégo te boei, om hulle in die brandende vuuroond te gooi.

21 Toe is daardie manne geboei met hulle mantels, hulle broeke en hulle tulbande en hulle ander klere aan, en hulle is binne-in die brandende vuuroond gegooi.

22 Omdat dan nou die woord van die koning streng en die oond uitermate verhit was, het die vlam van die vuur daardie manne wat Sadrag, Mesag en Abednégo opgeneem het, doodgebrand.

23 Maar daardie drie manne, Sadrag, Mesag en Abednégo, het geboeid binne-in die brandende vuuroond geval.

24 Toe het koning Nebukadnésar verskrik geword en haastig opgestaan; hy het sy raadsmanne toegespreek en gesê: Het ons nie drie manne geboeid binne-in die vuur gegooi nie? Hulle antwoord en aan die koning: Sekerlik, o koning!

25 Hy antwoord en : Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar 'n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van 'n godeseun.

26 Toe het Nebukadnésar nader gekom na die opening van die brandende vuuroond en daarop gesê: Sadrag, Mesag en Abednégo, knegte van die allerhoogste God, gaan uit en kom hier! Toe het Sadrag, Mesag en Abednégo uit die vuuroond uitgegaan.

27 Daarop het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs en die raadsmanne van die koning vergader en aan daardie manne gesien dat die vuur geen mag oor hulle liggame gehad en die hare van hulle hoof nie geskroei het nie, en dat hulle mantels geen verandering ondergaan en die reuk van die vuur nie aan hulle gekom het nie.

28 Daarop het Nebukadnésar gespreek en gesê: Geloofd sy die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, wat sy engel gestuur en sy knegte verlos het wat hulle op Hom verlaat het en die bevel van die koning oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het om geen ander god te dien of te aanbid nie, behalwe hulle God.

29 Daarom word deur my bevel gegee dat enige volk, nasie of taal wat oneerbiedig spreek oor die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, stukkend gekap en van sy huis 'n mishoop gemaak sal word, omdat daar geen ander god is wat so kan verlos nie.

30 Toe het die koning Sadrag, Mesag en Abednégo voorspoedig laat wees in die provinsie Babel.

A estátua de ouro de Nabucodonosor

1 O rei Nabucodonosor fez uma Dn 2.31;Is 46.6;Jr 16.20;Hc 2.19imagem de ouro que tinha sessenta cúbitos de alto e seis cúbitos de largo; levantou-a no campo de Dura, Dn 3.30;Dn 2.48na província de Babilônia. 2 Então, o rei Nabucodonosor mandou ajuntar os Dn 3.3,27;Dn 6.1-7sátrapas, os deputados, os governadores, os juízes, os tesoureiros, os conselheiros, os magistrados e todos os régulos das províncias, para que viessem à dedicação da imagem que o rei Nabucodonosor tinha levantado. 3 Os sátrapas, os deputados, os governadores, os juízes, os tesoureiros, os conselheiros, os magistrados e todos os régulos das províncias se ajuntaram para a dedicação da imagem que o rei Nabucodonosor tinha levantado; e estavam em diante da imagem que o rei Nabucodonosor tinha levantado. 4 Nisso, o pregoeiro clamou Dn 4.14;Is 40.9;58.1;Ap 18.2em alta voz: A vós, Dn 3.7;Dn 4.1;6.25ó povos, nações e línguas, se vos ordena 5 que, no ponto em que Dn 3.7,10,15ouvirdes o som da corneta, da flauta, da harpa, da sacabuxa, do saltério, da sinfonia, e de toda sorte de música, Dn 2.46vos prostrareis e adorareis a imagem de ouro que o rei Nabucodonosor levantou. 6 Todo aquele que não se prostrar e adorar será na mesma hora Dn 3.11,15,21;Dn 6.7lançado no meio duma Jr 29.22;Ez 22.18-22;Mt 13.42,50;Ap 9.2;14.11fornalha de fogo ardente. 7 Portanto, no momento em que todos os povos Dn 3.5ouviram o som da corneta, da flauta, da harpa, da sacabuxa, do saltério e de toda sorte de música, se prostraram Dn 3.4todos os povos, nações e línguas e adoraram a imagem de ouro que o rei Nabucodonosor tinha levantado.

8 Por isso, nesse tempo, se chegaram alguns homens Dn 2.2,10;4.7caldeus e Dn 6.12-13;Ed 4.12-16;Et 3.8-9acusaram aos judeus. 9 Disseram ao rei Nabucodonosor: Dn 2.4;5.10Ó rei, vive eternamente. 10 Tu, ó rei, Dn 3.4-6;Dn 6.12;Et 3.12-14fizeste um decreto que todo o homem que ouvir o som da corneta, da flauta, da harpa, da sacabuxa, do saltério, da sinfonia e de toda sorte de música Dn 3.5,7,15se prostrasse e adorasse a imagem de ouro. 11 Todo aquele que não se prostrar a adorar seja lançado no meio duma fornalha de fogo ardente. 12 uns judeus, que Dn 2.49constituíste sobre os negócios da província de Babilônia: Dn 1.7Sadraque, Mesaque e Abede-Nego; esses homens, ó rei, Dn 6.13não fizeram caso de ti; não servem aos teus deuses, nem adoram a imagem de ouro que levantaste.

Os amigos de Daniel são lançados na fornalha ardente

13 Então, Nabucodonosor, na Dn 3.19;Dn 2.12sua raiva e fúria, mandou que fossem trazidos Sadraque, Mesaque e Abede-Nego. Logo, foram esses homens trazidos perante o rei. 14 Disse-lhes Nabucodonosor: É de propósito, Sadraque, Mesaque e Abede-Nego, que não servis aos Dn 3.1;Dn 4.8;Is 46.1;Jr 50.2meus deuses, nem adorais a imagem que levantei? 15 Agora, pois, se estais prontos, no momento em que Dn 3.5-6ouvirdes o som da corneta, da flauta, da harpa, da sacabuxa, do saltério, da sinfonia e de toda sorte de música, para vos prostrardes e adorardes a imagem que fiz, bem está; se, porém, não adorardes, sereis, na mesma hora, lançados Dn 3.6numa fornalha de fogo ardente. Dn 2.47;Êx 5.2;Is 36.18-20Quem é esse deus que vos livrará das minhas mãos? 16 Responderam ao rei Dn 3.12;Dn 1.7Sadraque, Mesaque e Abede-Nego: Ó Nabucodonosor, não necessitamos de te responder nesse particular. 17 Se assim for, o nosso Jó 5.19;Sl 27.1-2;Is 26.3-4;Jr 1.8;15.20-21Deus, a quem nós servimos, pode livrar-nos da fornalha de fogo ardente; e ele de nos livrar das tuas mãos, ó rei. 18 Dn 3.28;Js 24.15;1Rs 19.14,18;Is 51.12-13Mas, se não, fica tu sabendo, ó rei, que não havemos de servir aos teus deuses, nem adorar a imagem de ouro que levantaste.

19 Então, Nabucodonosor se encheu de Dn 3.13;Et 7.7furor, e se mudou o aspecto Dn 5.6do seu semblante contra Dn 3.12;Dn 1.7Sadraque, Mesaque e Abede-Nego; portanto, falou e ordenou que se acendesse a fornalha Lv 26.18,21,24,28sete vezes mais do que se costumava acender. 20 Deu ordem a uns valentes que estavam no seu exército que Dn 3.23-25atassem a Sadraque, Mesaque e Abede-Nego Dn 3.6e os lançassem na fornalha de fogo ardente. 21 Então, esses homens foram ligados, vestidos de seus Dn 3.27calções, suas túnicas, suas capas e suas outras roupas e foram lançados no meio da fornalha de fogo ardente. 22 Visto que a ordem do rei era Dn 2.15;Êx 12.33urgente e a fornalha estava sobremaneira acesa, as chamas do fogo mataram aqueles homens que carregaram a Sadraque, Mesaque e Abede-Nego. 23 Estes três homens, Sadraque, Mesaque e Abede-Nego, caíram Dn 3.21ligados no meio da fornalha de fogo ardente.

O rei muda de pensar

24 O rei Nabucodonosor ficou Dn 4.19espantado e levantou-se depressa; disse aos seus conselheiros: Não lançamos nós no meio do fogo três homens ligados? Responderam ao rei: Verdade é, ó rei. 25 Disse ele: Eis que eu vejo quatro homens soltos, Sl 91.3-9;Is 43.2que andam no meio do fogo e não recebem dano; e o aspecto do quarto é semelhante a um filho Jr 1.8,19;15.21;Ez 34.10dos deuses. 26 Então, chegando-se Nabucodonosor à porta da fornalha de fogo ardente, falou e disse: Sadraque, Mesaque e Abede-Nego, servos do Dn 3.17;Dn 4.2Deus Altíssimo, saí e vinde. Logo, Sadraque, Mesaque e Abede-Nego Dt 4.20;1Rs 8.51;Jr 11.4saíram do meio do fogo. 27 Os Dn 3.2sátrapas, os deputados, os governadores e os conselheiros do rei, estando reunidos, viram estes homens, que Is 43.2;Hb 11.34o fogo não teve poder sobre os seus corpos, nem foram chamuscados os cabelos da sua cabeça, nem sofreram mudança Dn 3.21os seus calções, nem por eles tinha passado o cheiro de fogo.

28 Falou Nabucodonosor e disse: Bendito seja o Dn 3.15;Dn 2.47Deus de Sadraque, Mesaque e Abede-Nego, que Dn 3.25;Dn 6.22;Sl 34.7-8;Is 37.36;At 5.19;12.7enviou o seu Anjo e livrou os seus servos, que Sl 22.4-5;Is 26.3-4confiaram nele, Ed 6.11os quais violaram a palavra do rei Dn 3.18e entregaram os seus corpos, para que Dn 3.16-18não servissem, nem adorassem deus algum, senão o seu Deus. 29 Portanto, Dn 6.26faço um decreto que todo povo, nação e língua que proferir alguma blasfêmia contra o Deus de Dn 3.12;Dn 1.7,19;2.17,49Sadraque, Mesaque e Abede-Nego seja despedaçado, e as suas Dn 2.5;Ed 6.11casas sejam feitas um monturo; Dn 3.15;Dn 2.47porque não outro deus que possa livrar desta maneira. 30 Então, o rei Dn 3.12;Dn 2.49deu promoção a Sadraque, Mesaque e Abede-Nego na província de Babilônia.

Veja também