Oorlog tussen Agab en Bénhadad, die koning van Aram.
1 EN Bénhadad, die koning van Aram, het sy hele leër versamel — twee-en-dertig konings was saam met hom, met perde en strydwaens — en opgetrek en Samaría beleër en daarteen geveg.
2 Ook het hy boodskappers na Agab, die koning van Israel, gestuur in die stad
3 en hom laat weet: So sê Bénhadad: U silwer en u goud, dit is myne; en u mooiste vroue en kinders, hulle is myne.
4 Toe antwoord die koning van Israel en sê: Volgens u woord, my heer die koning, ek is uwe met alles wat ek het!
5 Daarop kom die boodskappers weer en sê: So spreek Bénhadad: Ek het u wel laat weet: U silwer en u goud en u vroue en u kinders moet u aan my gee.
6 Maar môre sulke tyd sal ek my dienaars na u stuur, dat hulle u huis en die huise van u dienaars deursoek; en hulle sal alles wat begeerlik is in u oë, in hulle hand lê en wegneem.
7 Toe roep die koning van Israel al die oudstes van die land en sê: Let tog op en kyk hoe die man moeilikheid soek, want hy het na my gestuur om my vroue en my kinders en my silwer en my goud te laat haal, en ek het dit hom nie geweier nie.
8 Maar al die oudstes en die hele volk antwoord hom: Luister nie, en u mag nie inwillig nie.
9 Daarom het hy aan die boodskappers van Bénhadad gesê: Sê aan my heer die koning: Alles wat u die eerste keer u dienaar laat weet het, sal ek doen; maar hierdie ding kan ek nie doen nie. En die boodskappers het weggegaan en hom antwoord gebring.
10 Daarop laat Bénhadad hom weet: Mag die gode so aan my doen en so daaraan toedoen — die puin van Samaría is nie genoeg vir die holle hande van al die manskappe wat my voetstappe volg nie!
11 Maar die koning van Israel het dit geantwoord: Sê vir hom: Die een wat hom vasgord, moet hom nie beroem soos die een wat hom losgord nie.
12 En toe hy hierdie woord hoor, terwyl hy besig was om te drink, hy en die konings in die tente, sê hy aan sy dienaars: Gooi walle op! En hulle het walle opgegooi teen die stad.
13 Opeens kom daar 'n profeet na Agab, die koning van Israel, en sê: So spreek die Here: Het jy hierdie hele groot menigte gesien? Kyk, Ek gee hulle vandag in jou hand, dat jy kan weet dat Ek die Here is.
14 En Agab sê: Deur wie? En hy antwoord: So spreek die Here: Deur die jongmanne van die owerstes van die provinsies. En hy sê: Wie moet die geveg begin? En hy antwoord: U.
15 Toe tel hy die jongmanne van die owerstes van die provinsies, en hulle was tweehonderd-twee-en-dertig; en ná hulle tel hy al die manskappe, al die kinders van Israel: seweduisend.
16 En hulle het op die middag uitgetrek terwyl Bénhadad hom dronk gedrink het in die tente, hy en die konings, die twee-en-dertig konings wat sy bondgenote was.
17 En die jongmanne van die owerstes van die provinsies het eerste uitgetrek. Maar Bénhadad het uitgestuur, en hulle het hom berig gebring en gesê: Uit Samaría het manne uitgetrek.
18 En hy sê: As hulle vir vrede uitgetrek het, gryp hulle lewendig; en as hulle vir oorlog uitgetrek het, gryp hulle lewendig.
19 Daarop trek die jongmanne van die owerstes van die provinsies uit die stad uit en die leër agter hulle aan;
20 en hulle verslaan elkeen sy man, sodat die Arameërs gevlug en Israel hulle agtervolg het. Maar Bénhadad, die koning van Aram, het vrygekom op 'n perd met perderuiters saam.
21 En die koning van Israel het uitgetrek en perde en strydwaens verslaan, sodat hy 'n groot slag onder die Arameërs geslaan het.
22 Toe kom die profeet na die koning van Israel en sê vir hom: Gaan, wees sterk; en ondersoek en kyk wat u moet doen; want ná verloop van 'n jaar sal die koning van Aram teen u optrek.
23 Want die dienaars van die koning van Aram het vir hom gesê: Hulle gode is berggode; daarom was hulle vir ons te sterk; maar as ons met hulle op die vlakte veg, sal ons sekerlik sterker wees as hulle.
24 Daarom, doen hierdie ding: Verwyder die konings, elkeen uit sy plek, en stel goewerneurs aan in hulle plek.
25 En werf self vir u 'n leër soos die leër wat u verloor het, en perde soos dié perde, en strydwaens soos dié waens; en laat ons teen hulle in die vlakte veg; dan sal ons sekerlik sterker wees as hulle. En hy het na hulle geluister en so gedoen.
26 En ná verloop van 'n jaar het Bénhadad die Arameërs gemonster en opgetrek na Afek om teen Israel te veg.
27 Die kinders van Israel is ook gemonster en van lewensmiddele voorsien, en het hulle tegemoetgetrek; en die kinders van Israel het teenoor hulle laer opgeslaan soos twee klompies bokke, terwyl die land vol Arameërs was.
28 Toe kom die man van God nader en sê aan die koning van Israel: So spreek die Here: Omdat die Arameërs gesê het: Die Here is 'n god van die berge, en Hy is nie 'n god van die laagtes nie — daarom sal Ek hierdie hele groot menigte in jou hand gee, dat julle kan weet dat Ek die Here is.
29 En hulle was sewe dae lank teenoor mekaar gelaer; maar op die sewende dag het die geveg begin, en die kinders van Israel het van die Arameërs honderdduisend voetgangers op een dag verslaan.
30 En die wat oor was, het na Afek, na die stad gevlug, en die muur het op die sewen-en-twintigduisend man geval wat oor was. Bénhadad, wat ook die stad ingegaan het, het van kamer tot kamer gevlug.
31 Toe sê sy dienaars vir hom: Kyk tog, ons het gehoor dat die konings van die huis van Israel genadige konings is; laat ons tog rouklere om ons heupe bind en bande om ons hoofde en uitgaan na die koning van Israel; moontlik sal hy u in die lewe behou.
32 Toe het hulle rouklere om hul heupe vasgegord en bande om hul hoofde en na die koning van Israel gekom en gesê: U dienaar Bénhadad sê: Laat my tog lewe! En hy antwoord: Lewe hy dan nog? Hy is my broer.
33 En die manne het hulle dit dadelik toegeëien as 'n gunstige voorteken van sy kant en gesê: Bénhadad is u broer! Daarop sê hy: Gaan haal hom. En Bénhadad het uitgekom na hom, en hy het hom op die wa laat klim.
34 En Bénhadad sê vir hom: Die stede wat my vader van u vader afgeneem het, sal ek teruggee, en u kan vir u winkelstrate aanlê in Damaskus soos my vader in Samaría aangelê het. En ek, sê Agab, sal u op hierdie verbond laat gaan. Hy het toe 'n verbond met hom gesluit en hom laat gaan.
35 Daarna het 'n sekere man uit die profete-seuns deur die woord van die Here aan sy maat gesê: Slaan my tog! Maar die man het geweier om hom te slaan.
36 Toe sê hy vir hom: Omdat jy nie na die stem van die Here geluister het nie, kyk, as jy van my af weggaan, sal 'n leeu jou doodmaak. En toe hy van hom af weggaan, het 'n leeu hom gekry en hom gedood.
37 Daarna het hy 'n ander man gekry en gesê: Slaan my tog! En die man het hom so geslaan, dat hy hom gewond het.
38 Toe vertrek die profeet en gaan die koning op die pad voorstaan; daarby maak hy homself onkenbaar met 'n verband oor sy oë.
39 En terwyl die koning verbygaan, roep hy na die koning en sê: U dienaar het uitgetrek in die geveg; en daar kom iemand eenkant toe en bring 'n man na my en sê: Bewaak hierdie man; as hy ooit gemis word, sal jou lewe in die plek van sy lewe wees, of jy sal 'n talent silwer moet betaal.
40 Maar onderwyl u dienaar hier en daar besig was, het hy verdwyn. Toe sê die koning van Israel vir hom: So is jou vonnis: jy het dit self bepaal.
41 Daarop neem hy gou die verband van sy oë af weg en die koning van Israel herken hom, dat hy een van die profete was.
42 En hy sê vir hom: So spreek die Here: Omdat jy die man wat deur my banvloek getref was, uit die hand laat gaan het, daarom sal jou siel in die plek van sy siel en jou volk in die plek van sy volk wees.
43 En die koning van Israel het na sy huis getrek, verbitterd en toornig, en hy het in Samaría aangekom.
Guerra entre Acabe e Ben-Hadade
1 1Rs 15.18,20;2Rs 6.24Ben-Hadade, rei da Síria, ajuntou todo o seu exército; e 1Rs 22.31havia com ele trinta e dois reis, e cavalos, e carros. Subindo, 1Rs 16.24;2Rs 6.24,29sitiou a Samaria e pelejou contra ela. 2 Enviou mensageiros a Acabe, rei de Israel, na cidade, e disse-lhe: Assim diz Ben-Hadade: 3 A tua prata e o teu ouro é meu; também o melhor de tuas mulheres e filhos é meu. 4 O rei de Israel respondeu: É conforme a tua palavra, ó rei, meu senhor; eu sou teu, e tudo o que tenho. 5 Voltaram os mensageiros e disseram: Assim diz Ben-Hadade: Enviei-te, na verdade, mensageiros que dissessem: Tu me hás de entregar a tua prata, e o teu ouro, e tuas mulheres, e teus filhos. 6 Amanhã a estas horas, te enviarei os meus servos, que esquadrinharão a tua casa e as casas dos teus servos; meterão as mãos em tudo o que tens de precioso e o levarão.
7 O rei de Israel chamou todos os anciãos da terra e disse-lhes: Notai e 2Rs 5.7vede como este homem procura o mal; pois me mandou pedir minhas mulheres, meus filhos, a minha prata e o meu ouro; e não lhos neguei a ele. 8 Todos os anciãos e todo o povo lhe disseram: Não ouças, nem consintas. 9 Pelo que disse aos mensageiros de Ben-Hadade: Dizei ao rei, meu senhor: Farei tudo o que mandaste pedir no princípio ao teu servo; mas essa coisa não a posso fazer. Foram-se os mensageiros, e referiram-lhe a resposta. 10 Ben-Hadade tornou a enviar-lhe mensageiros e disse-lhe: 1Rs 19.2;2Rs 6.31Assim me façam os deuses e ainda mais, se o pó de Samaria bastar para encher as mãos de todo o povo que me segue. 11 O rei de Israel respondeu: Dizei-lhe: Pv 27.1Não se vanglorie quem veste as armas como quem as depõe. 12 Quando Ben-Hadade ouviu essa resposta, 1Rs 16.9estando bebendo com os reis nas tendas, disse aos seus servos: Ponde-vos de prontidão. Puseram-se de prontidão contra a cidade.
13 Eis que um profeta, chegando-se a Acabe, rei de Israel, lhe disse: Assim diz Jeová: Vês toda esta grande multidão? Pois, hoje, 1Rs 20.28a entregarei nas tuas mãos, e 1Rs 18.36saberás que eu sou Jeová. 14 Perguntou Acabe: Por quem? Ele respondeu: Assim diz Jeová: Pelos servos dos príncipes das províncias. Acabe perguntou: Quem começará a batalha? Respondeu ele: Tu. 15 Então, fez revista dos servos dos príncipes das províncias, e eram duzentos e trinta e dois; depois deles, fez revista de todo o povo, a saber, dos filhos de Israel, e eram sete mil.
Os siros são derrotados
16 Saíram ao meio-dia. 1Rs 20.12Ben-Hadade, porém, estava bebendo e embriagando-se nas tendas com os trinta e dois reis que o ajudavam. 17 Saíram primeiro os servos dos príncipes das províncias; e Ben-Hadade enviou espias, que lhe vieram dizer: São homens que saíram de Samaria. 18 2Rs 14.8-12Ele disse: Ou eles venham tratar de paz, tomai-os vivos; ou venham pelejar, tomai-os vivos. 19 Os servos dos príncipes das províncias e o exército que os seguia saíram da cidade. 20 Eles feriram, cada um ao que se lhe opunha; e os siros fugiram, e Israel os perseguiu. Ben-Hadade, rei da Síria, escapou a cavalo com cavaleiros. 21 Saiu o rei de Israel e feriu os cavalos e os carros, fazendo nos siros grande matança.
22 Então, o 1Rs 20.13profeta se chegou ao rei de Israel e lhe disse: Vai, fortifica-te, considera e vê o que fazes, porque, 1Rs 20.26;2Sm 11.1daqui a um ano, subirá o rei da Síria contra ti. 23 Os servos do rei da Síria disseram-lhe: 1Rs 14.23O seu deus é deus de montes; por isso, eram mais fortes do que nós; mas pelejemos contra eles em planície e, com certeza, seremos mais fortes do que eles. 24 Faze isto: tira os reis, cada um do seu lugar, e substitui-os por capitães, 25 e forma um exército igual em número ao que perdeste, cavalo por cavalo e carro por carro. Pelejaremos contra eles em planície e, com certeza, seremos mais fortes do que eles. Ele deu ouvidos ao que disseram e assim o fez.
26 Passado 1Rs 20.22um ano, fez Ben-Hadade revista dos siros e subiu a 2Rs 13.17Afeca para pelejar contra Israel. 27 Também dos filhos de Israel se fez revista, e foram providos de víveres e marcharam contra eles. Os filhos de Israel acamparam-se em frente deles, como dois pequenos rebanhos de cabritos; Jz 6.3-5;1Sm 13.5-8os siros, porém, enchiam a terra. 28 Chegou 1Rs 17.18um homem de Deus e disse ao rei de Israel: Assim diz Jeová: Porque os Siros disseram: 1Rs 20.23Jeová é deus de montes e não é deus de vales, portanto, 1Rs 20.13entregarei toda esta grande multidão nas tuas mãos, e sabereis que eu sou Jeová. 29 Estiveram acampados sete dias uns em frente de outros. Ao sétimo dia, deu-se batalha, e os filhos de Israel, num dia, mataram dos siros cerca de cem mil homens de pé. 30 Os restantes, porém, fugiram para 1Rs 20.26Afeca e entraram na cidade; e caiu o muro sobre vinte e sete mil homens que restavam. Ben-Hadade fugiu, entrou na cidade e meteu-se 1Rs 22.25;2Cr 18.24numa câmara interior.
Acabe vence os siros e faz aliança com o seu rei
31 Disseram-lhe 1Rs 20.23-26os servos: Eis que temos ouvido dizer que os reis da casa de Israel são clementes; Gn 37.34;2Sm 3.31ponhamos, pois, sacos sobre os lombos e cordas à roda das cabeças e saiamos a ter com o rei de Israel; talvez ele te salve a vida. 32 1Rs 20.31Cingiram-se de sacos pelos lombos, puseram cordas à roda das cabeças e, indo ter com o rei de Israel, disseram: 1Rs 20.3-6Diz o teu servo Ben-Hadade: Concede-me a vida. O rei de Israel disse: Vive ele ainda? Ele é meu irmão. 33 Ora, os homens observavam atenciosamente, e logo se apoderaram da expressão que tinha usado, e disseram: Teu irmão Ben-Hadade! Ele disse: Ide, trazei-mo. Ben-Hadade saiu a ter com ele; e ele o fez subir ao carro. 34 Ben-Hadade disse-lhe: Restituirei a ti 1Rs 15.20as cidades que meu pai tomou a teu pai; e farás para ti ruas em Damasco, como meu pai as fez em Samaria. Eu, disse Acabe, feita esta aliança, te deixarei ir. Fez a aliança com ele e o deixou ir.
35 Ora, certo homem dentre 2Rs 2.3-7os filhos dos profetas disse, 1Rs 13.17-18por ordem de Jeová, ao seu companheiro: Fere-me, te peço. O homem recusou feri-lo. 36 Ele lhe disse: Porquanto não obedeceste a voz de Jeová, eis que, em te apartando de mim, te matará um leão. Logo que dele se apartara, 1Rs 13.24um leão o encontrou e matou. 37 Tendo ele encontrado outro homem, disse-lhe: Fere-me, te peço. O homem o bateu e feriu. 38 Partiu o profeta, ficou esperando ao rei no caminho e 1Rs 14.2disfarçou-se, cobrindo os olhos com o seu turbante. 39 Ao passar o rei, gritou e disse: O teu servo estava no meio da peleja; eis um homem, voltando-se, me trouxe outro homem e disse: Guarda-me este homem; se ele vier de qualquer maneira a faltar, 2Rs 10.24a tua vida responderá pela vida dele ou senão pagarás um talento de prata. 40 Estando o teu servo ocupado na peleja de uma e outra parte, ele desapareceu. Respondeu-lhe o rei de Israel: Esta será a tua sentença; tu mesmo a pronunciaste. 41 Ele se apressou e tirou de sobre os olhos o turbante; e o rei de Israel reconheceu que era um dos profetas. 42 Ele lhe disse: Assim diz Jeová: Porquanto deixaste escapar da tua mão o homem que eu havia votado à destruição, portanto, a 1Rs 20.39tua vida responderá pela vida dele, e o teu povo, pelo povo dele. 43 Foi-se o 1Rs 21.4rei de Israel, desgostoso e indignado, para sua casa e veio para Samaria.