Elía vlug vir Isébel en kom by die berg Horeb.
1 EN Agab het aan Isébel meegedeel alles wat Elía gedoen het, ja, alles — hoe hy al die profete met die swaard gedood het.
2 Daarop stuur Isébel 'n boodskapper na Elía om te sê: Mag die gode so doen en so daaraan toedoen — sekerlik sal ek môre sulke tyd jou siel maak soos die siel van een van hulle.
3 Toe hy dit sien, het hy hom klaargemaak en ter wille van sy lewe weggegaan. En toe hy in Berséba in Juda aangekom het, het hy sy dienaar daar laat agterbly;
4 maar self het hy 'n dagreis ver die woestyn ingegaan en daar onder 'n besembos gaan sit en gewens dat hy mag sterwe. En hy sê: Dit is genoeg, neem nou my siel weg, Here, want ek is nie beter as my vaders nie.
5 Daarop gaan hy lê en raak onder 'n besembos aan die slaap; en kyk, daar raak 'n engel hom aan en sê vir hom: Staan op, eet!
6 Toe hy opkyk, was daar aan sy koppenent 'n broodkoek, op warm klippe gebak, en 'n kruik water. En hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.
7 En die engel van die Here het weer vir die tweede maal gekom en hom aangeraak en gesê: Staan op, eet; anders is die pad vir jou te veel.
8 Hy het toe opgestaan en geëet en gedrink en deur die krag van die voedsel veertig dae en veertig nagte lank geloop tot by die berg van God, Horeb.
9 En hy het daar in 'n spelonk gegaan en die nag daar oorgebly. En kyk, die woord van die Here het tot hom gekom en vir hom gesê: Wat maak jy hier, Elía?
10 En hy antwoord: Ek het baie geywer vir die Here, die God van die leërskare; want die kinders van Israel het u verbond verlaat, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood, sodat ek alleen oorgebly het, en hulle soek my lewe om dit weg te neem.
11 En Hy sê: Gaan uit en staan op die berg voor die aangesig van die Here. En kyk, die Here het verbygegaan, terwyl 'n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die Here uit; in die wind was die Here nie. En ná die wind 'n aardbewing; in die aardbewing was die Here nie.
12 En ná die aardbewing 'n vuur; in die vuur was die Here nie. En ná die vuur die gesuis van 'n sagte koelte.
13 En toe Elía dit hoor, het hy sy gelaat met sy mantel toegedraai en uitgegaan en by die ingang van die spelonk gaan staan. En daar kom 'n stem na hom wat sê: Wat maak jy hier, Elía?
14 En hy antwoord: Ek het baie geywer vir die Here, die God van die leërskare; want die kinders van Israel het u verbond verlaat, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood, sodat ek alleen oorgebly het; en hulle soek my lewe om dit weg te neem.
15 Maar die Here sê vir hom: Gaan terug op jou pad na die woestyn van Damaskus, en gaan heen en salf Hásael as koning oor Aram.
16 En Jehu, die seun van Nimsi, moet jy salf as koning oor Israel; en Elísa, die seun van Safat, uit Abel-Mehóla, moet jy salf as profeet in jou plek.
17 En die een wat van die swaard van Hásael vryraak, hom sal Jehu doodmaak; en wat van die swaard van Jehu vryraak, hom sal Elísa doodmaak.
18 Maar Ek sal seweduisend in Israel laat oorbly, al die knieë wat nie voor Baäl gekniel en elke mond wat hom nie gesoen het nie.
19 Hy het toe daarvandaan weggegaan en Elísa, die seun van Safat, aangetref terwyl hy aan ploeë was met twaalf paar osse voor hom en hy self by die twaalfde paar was; en Elía het by hom verbygegaan en sy mantel op hom gewerp.
20 Daarop het hy die osse verlaat en agter Elía aan geloop en gesê: Laat ek tog my vader en my moeder soen; daarna sal ek u volg. En hy antwoord hom: Gaan terug, want wat het ek aan jou gedoen?
21 Hy draai toe agter hom om en neem die paar osse en slag dit; en met die osse se trekgoed het hy hulle vleis gekook en aan die mense gegee, en hulle het geëet; daarna het hy hom klaargemaak en Elía gevolg en hom gedien.
Jezabel ameaça a Elias
1 Referiu Acabe a Jezabel tudo o que Elias havia feito e 1Rs 18.40como matara todos os profetas à espada. 2 Jezabel enviou um mensageiro a Elias a dizer-lhe: 1Rs 20.10;2Rs 6.31Assim me façam os deuses e ainda mais, se eu amanhã, a esta hora, não fizer à tua vida o que fizeste à deles. 3 o que vendo, levantou-se, e, para conservar a vida, foi-se, e chegou a Gn 21.31Berseba, que pertence a Judá, e ali deixou o seu criado. 4 Ele, porém, andou pelo deserto o caminho dum dia, e veio, e se assentou debaixo dum junípero; Nm 11.15;Jr 20.14-18;Jn 4.3,8pediu para si a morte e disse: Basta; tira, Jeová, a minha vida, porque eu não sou melhor do que meus pais. 5 Deitou-se e dormiu debaixo de um junípero; eis que Gn 28.11-15um anjo o tocou e lhe disse: Levanta-te e come. 6 Olhou ele e viu junto à cabeça um pão cozido sobre as brasas e uma botija de água. Comeu, e bebeu, e tornou a deitar-se. 7 Voltou segunda vez o anjo de Jeová, e tocou-o, e disse-lhe: Levanta-te e come, porque a viagem é demasiado longa para ti. 8 Levantou-se, e comeu, e bebeu, e, com a força daquela comida, caminhou Êx 24.18;34.28;Dt 9.9-11,18;Mt 4.2quarenta dias e quarenta noites até Êx 3.1;4.27Horebe, o monte de Deus.
Elias no monte de Horebe
9 Entrou ali numa caverna, onde pousou. Eis Êx 33.21-22que lhe veio a palavra de Jeová, e lhe disse: Que fazes aqui, Elias? 10 Ele respondeu: Êx 20.5;34.14Tenho sido zeloso por Jeová, Deus dos Exércitos, porque os filhos de Israel deixaram a tua aliança, Rm 11.4derrubaram os teus altares e mataram à espada os teus profetas; eu, somente eu, fiquei, e procuram tirar-me a vida. 11 Foi-lhe dito: Êx 19.20;24.12,18Sai para fora e põe-te no monte, diante de Jeová. Eis que passava Jeová, e um grande e forte vento fendia os montes e esmigalhava as penhas diante dele; porém Jeová não estava no vento; depois do vento, um terremoto; porém Jeová não estava no terremoto; 12 depois do terremoto, um fogo; porém Jeová não estava no fogo; e, depois do fogo, Jó 4.16;Zc 4.6uma voz dum suave silêncio. 13 Ouvindo-a Elias, Êx 3.6envolveu o rosto na sua capa e saindo para fora, pôs-se à entrada da caverna. Eis 1Rs 19.9que lhe veio uma voz e lhe disse: Que fazes aqui, Elias? 14 Ele respondeu: 1Rs 19.10Tenho sido zeloso por Jeová, Deus de Israel, porque os filhos de Israel deixaram a tua aliança, derrubaram os teus altares e mataram à espada os teus profetas; eu, somente eu, fiquei, e procuram tirar-me a vida.
15 Disse-lhe Jeová: Vai e torna ao teu caminho pelo deserto de Damasco; quando lá chegares, 2Rs 8.8-15ungirás a Hazael em rei sobre a Síria. 16 A 2Rs 9.1-10Jeú, filho de Ninsi, ungi-lo-ás rei sobre Israel; e a 1Rs 19.19-21;2Rs 2.9,15Eliseu, filho de Safate de Abel-Meolá, ungi-lo-ás para ser profeta em teu lugar. 17 2Rs 8.12;13.3,22Quem escapar da espada de Hazael, 2Rs 9.14—10.25Jeú o matará; e quem escapar da espada de Jeú, Eliseu o matará. 18 Rm 11.4Todavia, hei de reservar para mim sete mil em Israel; todos os joelhos que se não dobraram a Baal e toda boca que o Os 13.2não beijou.
Eliseu torna-se o sucessor de Elias
19 Partiu dali Elias e achou Eliseu, filho de Safate, que andava lavrando com doze juntas de bois à sua frente, estando ele com a duodécima; chegando-se Elias a Eliseu, 2Rs 2.8,13-14;1Sm 28.14lançou a sua capa sobre ele. 20 Deixando este os bois, correu após Elias e disse: Mt 8.21-22;Lc 9.61-62;At 20.37Permite-me beijar a meu pai e a minha mãe, e então te seguirei. Elias respondeu-lhe: Torna a voltar, pois que te fiz eu? 21 Voltou Eliseu de seguir a Elias, e tomou a junta de bois, e matou-os, e, com os aparelhos dos bois, 2Sm 24.22cozeu as carnes, e deu-as ao povo, e comeram. Então, se levantou, seguiu a Elias e 1Rs 18.43;2Rs 2.3o servia.