Pular para o conteúdo
Publicidade

Jeremias 30

TB

Profesie van die liggaamlike verlossing uit Babel en die geestelike verlossing.

1 DIE woord wat van die Here tot Jeremia gekom het.

2 So spreek die Here, die God van Israel: Skryf vir jou in 'n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het;

3 want kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander, die Here; en Ek sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem.

4 En dit is die woorde wat die Here gespreek het oor Israel en Juda:

5 Want so die Here: Ons het 'n stem van verskrikking gehoor; daar is vrees en geen vrede nie!

6 Vra tog, en kyk of 'n manspersoon baar? Waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe soos een wat baar, en is alle aangesigte in bleekheid verander?

7 Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is 'n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.

8 En op dié dag, spreek die Here van die leërskare, sal Ek sy juk verbreek van jou nek af en jou stroppe stukkend ruk; en vreemdes sal hom nie meer diensbaar maak nie.

9 Maar hulle sal die Here hulle God dien en hulle koning Dawid wat Ek vir hulle sal verwek.

10 Jy dan, wees nie bevrees nie, o my kneg Jakob, spreek die Here; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom skrikmaak.

11 Want Ek is met jou, spreek die Here, om jou te verlos. Want Ek sal 'n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.

12 Want so die Here: Jou verbreking is ongeneeslik, jou wond is smartlik.

13 Niemand verskaf reg aan jou nie; daar is geen medisyne vir die sweer, geen genesing vir jou nie.

14 Al jou minnaars het jou vergeet, hulle vra nie na jou nie; want Ek het jou geslaan soos 'n vyand slaan, met 'n wrede tugtiging, omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes.

15 Wat skreeu jy vanweë jou verbreking, jou smart wat ongeneeslik is? Omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes, het Ek jou hierdie dinge aangedoen.

16 Daarom, almal wat jou opeet, sal opgeëet word; en al jou teëstanders sal almal saam in gevangenskap gaan; en hulle wat jou plunder, sal geplunder word, en Ek sal almal wat jou buitmaak, oorgee as 'n buit.

17 Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die Here; omdat hulle jou noem: die verjaagde. Dit is Sion, hulle, niemand vra na haar nie.

18 So die Here: Kyk, Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan.

19 En uit hulle sal danksegging uitgaan en 'n stem van spelers; en Ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie verminder nie; en Ek sal hulle verheerlik, en hulle sal nie gering word nie.

20 En sy seuns sal wees soos in die voortyd, en sy vergadering sal voor my aangesig bestendig wees; en Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers.

21 En sy maghebber sal uit hom afkomstig wees, en sy heerser uit sy midde voortkom; en Ek sal hom laat aankom, en hy sal nader kom na My toe. Want wie is hy tog wat sy lewe daaraan waag om nader te kom na My toe? spreek die Here.

22 En julle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir julle 'n God wees.

23 Kyk, 'n storm van die Here, grimmigheid het uitgegaan, 'n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.

24 Die toorngloed van die Here sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.

Deus promete trazer do cativeiro o seu povo

1 A palavra que da parte de Jeová veio a Jeremias, dizendo: 2 Assim diz Jeová, Deus de Israel: Jr 25.13;36.4,28,32;Hc 2.2Escreve num livro todas as palavras que te falei. 3 Pois eis que Jr 29.10vêm os dias, diz Jeová, em que Jr 30.18;Jr 29.14;Sl 53.6;Sf 3.20farei voltar o cativeiro do meu povo Jr 3.18de Israel e de Judá, diz Jeová; Jr 16.15;23.7-8;Ez 20.42;36.24fá-los-ei voltar para a terra que dei a seus pais, e eles a possuirão.

4 São estas as palavras que Jeová falou acerca de Israel e acerca de Judá. 5 Assim diz Jeová: Ouvimos uma voz Jr 6.25;8.16;Is 5.30;Am 5.16-18de tremor; pavor , e não paz. 6 Perguntai, vede se o homem está com dores de parto; porque vejo terem todos os homens as Jr 6.24;22.23mãos sobre os lombos, como Jr 4.31a mulher que está de parto, e por que empalideceram todos os rostos? 7 Ah! Que é Is 2.12;Os 1.11;Jl 2.11grande aquele dia, de sorte Lm 1.12;Dn 9.12que não outro semelhante; e tempo é de Jr 2.27-28;14.8tribulação para Jacó, mas Jr 30.10;Jr 50.19dele será livre. 8 Naquele dia, diz Jeová, Jr 2.20;Is 9.4;Ez 34.27quebrarei o seu jugo de sobre o teu pescoço e romperei Jr 27.2as tuas brochas. Nunca mais estrangeiros Ez 34.27se servirão dele, 9 mas este servirá a Jeová, seu Deus, e a Is 55.3-5;Ez 34.23-24;37.24-25;Os 3.5;Lc 1.69;At 2.30;13.23,34,38Davi, seu rei, que lhe suscitarei. 10 Jr 46.27-28;Is 43.5;44.2Portanto, não temas, servo meu, Jacó, nem te espantes, Israel. Pois eis que Jr 23.3,8;29.14;Is 60.4da terra longínqua te salvarei e, da terra do seu cativeiro, os teus descendentes; Jacó voltará e ficará Jr 33.16;Is 35.9;Os 2.18tranquilo e sossegado, Mq 4.4e ninguém o atemorizará. 11 Eu sou Jr 1.8,19contigo, diz Jeová, para te salvar; por isso, Jr 46.28destruirei totalmente todas as nações entre as quais te espalhei. A ti, porém, Jr 4.27;5.10,18não te destruirei de todo; mas Jr 10.24castigar-te-ei com juízo e, de maneira alguma, te terei por inocente.

12 Pois assim diz Jeová: Jr 30.15;Jr 15.18Incurável é a tua fratura, e gravíssima, a tua ferida. 13 Não quem pleiteie a tua causa. Para a tua ferida, Jr 14.19;46.11não tens remédios nem emplasto. 14 Todos os teus Jr 22.20,22amantes se esqueceram de ti; não te procuram. Pois Lm 2.4-5te feri com ferida de inimigo e com castigo de quem Jr 6.23;50.42é cruel, porque Jr 5.6;32.30-35;44.22grande é a tua iniquidade, e têm-se multiplicado os teus pecados. 15 Por que gritas por causa da tua fratura? Incurável é a tua dor. Por ser grande a tua iniquidade e por se terem multiplicado os teus pecados é que te fiz essas coisas. 16 Portanto, todos os que Jr 2.3;8.16;10.25te devoram serão devorados, e todos os teus adversários Is 14.2;Jl 3.8serão levados, cada um deles para o cativeiro; Jr 50.10os que te despojam serão despojados, e entregarei ao saque todos os que te saqueiam. 17 Pois te restaurarei Jr 8.22;33.6;Sl 107.20a saúde e te curarei das tuas feridas, diz Jeová; porque te chamaram Jr 33.24;Is 11.12;56.8repudiada, dizendo: É ela Sião, a qual ninguém procura.

18 Assim diz Jeová: Eis que Jr 30.3;Jr 31.23farei voltar o cativeiro das tendas de Jacó e me compadecerei das suas moradas; Jr 31.4,38-40a cidade será reedificada sobre o seu montão, e 1Cr 29.1,19;Sl 48.3,13;122.7o palácio será habitado como dantes. 19 Sairá deles Jr 17.26;33.11;Is 12.1;51.3ação de graças e a voz dos Jr 31.4;Sl 126.1-2;Is 51.11;Sf 3.14que se alegram. Jr 33.22Multiplicá-los-ei, e não serão diminuídos; também Is 55.5;60.9os glorificarei, e não serão apoucados. 20 Seus Jr 31.17;Is 54.13filhos serão como em tempos passados, e a sua congregação será Is 54.14estabelecida diante de mim, e castigarei todos os que os oprimem. 21 Deles sairá Jr 30.9;Jr 23.6;33.16;Ez 34.23-24;37.24o seu príncipe, e, do meio deles, o seu regente; Nm 16.5;Sl 65.4fá-lo-ei aproximar, e ele se chegará a mim. Pois quem jamais ousou Jr 50.44;Êx 3.5chegar-se a mim? diz Jeová. 22 Vós sereis o Jr 32.38;Êx 6.7;Os 2.23;Zc 13.9meu povo, eu serei o vosso Deus.

23 Eis que Jr 23.19-20a tempestade de Jeová, seu furor, saiu, sim, uma tempestade varredeira; descarregar-se-á sobre a cabeça dos iníquos. 24 Não retrocederá Jr 4.8o ardor da ira de Jeová, até que ele tenha executado e até que tenha cumprido os desígnios do seu coração. Jr 23.20Nos últimos dias, entendereis isso.

Veja também