1 REGVERDIG is U, o Here, as ek met U sou twis. Tog wil ek oor regsake met U spreek: Waarom is die weg van die goddelose voorspoedig? Waarom lewe hulle rustig, almal wat ontrou bedrywe?
2 U het hulle geplant, ook het hulle wortel geskiet; hulle groei, ook dra hulle vrugte. U is naby in hulle mond, maar ver van hulle niere.
3 Maar U, o Here, ken my; U sien my en toets my hart by U. Ruk hulle weg soos slagskape, en heilig hulle vir die dag van slagting.
4 Hoe lank sal die land treur en die plante van die hele veld verdor? Vanweë die boosheid van die wat daarin woon, vergaan diere en voëls; omdat hulle sê: Hy sal ons einde nie sien nie!
5 As jy met voetgangers loop, maak hulle jou moeg: hoe sal jy dan wedywer met die perde? En in 'n land van vrede voel jy jou veilig: hoe sal jy dan maak in die pronkbosse van die Jordaan?
6 Want ook jou broers en die huis van jou vader, ook hulle het troueloos teen jou gehandel; ook hulle roep jou hardop agterna. Glo hulle nie as hulle vriendelik met jou spreek nie.
Verwoesting van die land; voorspelling van die verwoesters.
7 EK het my huis verlaat, Ek het my erfenis verwerp, Ek het die beminde van my siel in die hand van haar vyande gegee.
8 My erfenis het vir My geword soos 'n leeu in die bos; dit het sy stem teen My verhef; daarom het Ek dit gehaat.
9 Is my erfenis dan vir My 'n bont roofvoël? Is daar roofvoëls rondom teen hom? Kom, maak al die wilde diere van die veld bymekaar, laat hulle kom om te eet.
10 Baie herders het my wingerd verniel, hulle het my stuk land vertrap, hulle het my begeerlike stuk land 'n woeste wildernis gemaak,
11 hulle het dit 'n wildernis gemaak; dit treur voor My, verwoes; die hele land is verwoes, omdat daar niemand is wat dit ter harte neem nie.
12 Op al die kaal heuwels in die woestyn het verwoesters gekom, want die swaard van die Here verteer van die een end van die land tot die ander end van die land; daar is geen vrede vir enige vlees nie.
13 Hulle het koring gesaai, maar dorings gemaai; hulle het hul uitgeput sonder om baat te vind. Staan dan beskaamd oor julle inkomste, vanweë die toorngloed van die Here.
14 So sê die Here: Aangaande al my goddelose bure wat die erfenis aantas wat Ek my volk Israel laat erf het — kyk, Ek ruk hulle uit hul land uit, en die huis van Juda sal Ek uit hulle midde wegruk.
15 Maar nadat Ek hulle uitgeruk het, sal Ek My weer oor hulle ontferm; en Ek sal hulle terugbring, elkeen na sy erfenis en elkeen na sy land.
16 En as hulle ywerig die weë van my volk leer om te sweer by my Naam: So waar as die Here leef, soos hulle my volk geleer het om te sweer by Baäl — dan sal hulle onder my volk gebou word.
17 Maar as hulle nie luister nie, dan sal Ek dié nasie heeltemal uitruk en tot niet maak, spreek die Here.
Jeremias queixa-se
1 Jr 11.20;Ed 9.15;Sl 129.4Justo és tu, Jeová, quando eu pleitear contigo; contudo, Jó 13.3pleitearei a causa contigo. Por que prospera Jr 5.27-28;Hc 1.4;Ml 3.15o caminho dos iníquos? Por que vivem em paz todos os que Jr 3.7,20;5.11procedem aleivosamente? 2 Jr 12.17;45.4;Ez 17.5-10Plantaste-os, e lançaram raízes; medraram, dão fruto; Jr 3.10;Is 29.13;Ez 33.31;Tt 1.16perto estás na boca deles, mas longe dos seus rins. 3 Porém tu, Jeová, Sl 139.1-4me conheces; tu me vês e Jr 11.20;Sl 7.9;11.5provas o meu coração para contigo. Jr 17.18;18.21-23;50.27Arranca-os como ovelhas destinadas para o matadouro e prepara-os para o dia da matança. 4 Até quando lamentará Jr 4.28;9.10;23.10a terra, e murchará Jl 1.10-17a erva do campo todo? Por causa da maldade dos que nela habitam, consumidos foram os Os 4.3;Hc 3.17animais e as Jr 4.25aves, porque disseram: Ele não verá o nosso Jr 5.31;Ez 7.2fim.
Resposta de Jeová
5 Se, correndo com os que iam a pé, te fizeram cansar, então, como podes Jr 26.8;36.26;38.4-6competir com os cavalos? Embora numa terra de paz estejas seguro, como hás de fazer na Jr 49.19;50.44soberba do Jordão? 6 Pois até teus Jr 9.4-5;Gn 37.4-11;Jó 6.15;Sl 69.8irmãos, e a casa de teu pai, até esses mesmos se houveram aleivosamente contigo; até esses clamaram após ti a grandes vozes. Não te fies deles, ainda que te dirijam Sl 12.2;Pv 26.25boas palavras.
O país é devastado. Profecia contra os seus devastadores
7 Jr 7.29;23.39;Is 2.6Deixei a minha casa, abandonei a minha herança; entreguei a Jr 12.15;Lm 2.1;Os 11.1-8amada da minha alma às mãos dos seus inimigos. 8 A minha herança tornou-se-me como leão no bosque; Is 59.13levantou a voz contra mim; por isso, Os 9.15;Am 6.8eu a aborreço. 9 Acaso, é para mim a minha herança como uma ave de rapina de várias cores? Acaso, 2Rs 24.2;Ez 23.22-25as aves de rapina se voltam contra ela de todos os lados? Ide, ajuntai todos os Jr 7.33;15.3;34.20;Is 56.9animais do campo, trazei-os para a devorarem. 10 Muitos pastores Jr 23.1destruíram a minha Sl 80.8-16;Is 5.1-7vinha, Is 63.18calcaram aos pés a minha porção, fizeram da minha Jr 3.19;Lm 1.10aprazível porção um ermo desolado. 11 Tornaram-na em desolação; ela, assolada, Jr 12.4;Jr 14.2;23.10pranteia ao meu pesar. Jr 4.20,27;25.11Toda a terra está devastada, porque ninguém Is 42.25toma isso a peito. 12 Sobre todos os Jr 3.2,21altos escalvados do deserto são vindos despojadores, porque Jr 47.6;Is 34.6;Am 9.4a espada de Jeová devora desde uma até outra extremidade da terra; Jr 16.5;30.5não há paz para nenhuma carne. 13 Lv 26.16;Dt 28.38;Mq 6.15;Ag 1.6Semearam trigo, mas ceifaram espinhos; Jr 9.5;Is 55.2cansaram-se, mas não recebem proveito algum. Envergonhados sereis dos vossos Jr 17.10frutos por causa do Jr 4.26;25.37-38ardor da ira de Jeová.
14 Assim diz Jeová acerca de todos os meus Jr 49.1,7;Sf 2.8-10maus vizinhos, que Jr 2.3;50.11-12;Zc 2.8tocam a herança que fiz herdar o meu povo de Israel: Eis que os Dt 30.3;Sl 106.47;Is 11.11-16arrancarei a eles da sua terra e arrancarei a casa de Judá do meio deles. 15 Depois de os ter eu arrancado, Jr 48.47;49.6,39tornarei e me compadecerei deles; fá-los-ei voltar, cada um para a sua herança e cada um para a sua terra. 16 Se Is 42.6;49.6aprenderem diligentemente os caminhos do meu povo, Jr 4.2jurando pelo meu nome… Pela vida de Jeová, assim como ensinaram o meu povo a Jr 5.7;Js 23.7jurar por Baal; serão Jr 3.17;4.2;16.19edificados no meio do meu povo. 17 Porém, se não ouvirem, Sl 2.8-12;Is 60.12arrancarei essa nação, arrancando-a e destruindo-a, diz Jeová.